NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 17 "Vroue, Moedig Die Jong Vrouens Aan"  


Net so moet jy ook vir die ouer vroue sĂȘ hulle gedrag
moet diĂ© wees van mense wat ‘n heilige lewe lei.
Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie.
Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer
om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens,
onderdanig aan hulle mans.  Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.
Titus 2:3-5   

In ons samelewing soek die jonger vrouens “deskundiges” om hulle te help met hulle huwelike, geboorte en hul kinders se opleiding. Hierdie jong vrouens het grootliks die idee van huisvrou wees en onderdanigheid aan hul mans verwerp.  Deur hul optrede laster en doen hul die Woord van God onwetend oneer aan. “Om verstandig en kuis te wees, goeie huisvouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:5.

Kan hulle blameer word? Waar is die ouer vrouens wat die jonger vrouens kan aanmoedig en leer om hulle rolle as eggenote, moeders en tuisteskeppers, vol te staan?

Die ouer vrou lees nou hierdie werkboek. Dit is jy.  Maak nie saak wat jou ouderdom is nie, jy is ‘n ouer vrou vir iemand anders. Selfs ‘n jong vrou in haar twintigs, kan ‘n meisie in haar tienerjare beĂŻnvloed. En as ons nie die tyd neem om hierdie jong vrouens te leer en te beĂŻnvloed nie, wat anders kan hulle doen as om die wĂȘreld se sieninge and standaarde te soek?

Titus 2:4-5 "sodat hulle [ouer vrouens] die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in diskrediet kom nie.” 

Baie van julle bemoedig en leer jonger vrouens en julle weet dit nie eers nie. Julle leer hulle deur julle voorbeeld. Jong vrouens in jou kerk, jou buurt, jou werksplek, en familie lede (jou dogters, niggies en jonger susters) - hulle almal kyk.  Wat sien hulle? Is jy ‘n voorbeeld van ‘n goddelike vrou, of ‘n vrou wat voorgee om ‘n Christen te wees maar wat nie die openingsvers navolg nie?

2Kor: 3:2AFR83: “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.”

2Kor: 3:2AFR53:  “Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense.”

Jou lewe is ‘n aanbevelingsbrief, of ‘n brief, wat gelees word deur vrouens wie jy ken, asook vrouens wie jy nie ken nie.  Bring jou lewe glorie aan God?

As dit nie is nie, wat gaan jy daaromtrent doen?

Wat om Hulle te Leer

Daar is baie dinge wat ons die jonger vrouens kan leer, maar gee God ons enige riglyne of aanwysings oor wat ons hulle moet leer? God los dit nie oor aan ons gunsteling onderwerpe of ons passies of ons voorkeure nie. Die Bybel gee duidelik vir ons ‘n spesifieke buitelyn. Maar voordat Hy vir ons Sy lys gee, som Hy dit reg aan die begin op met, “Leer die gesonde leer.” Dan brei Hy uit oor hierdie eerste voorvereiste met die lys in Titus 2:3:

hulle moet goeie raad gee sodat hulle die jonger vrouens kan leer...

om liefdevol teenoor hulle mans

en kinders te wees

verstandig en

kuis

goeie huisvrouens

onderdanig aan hulle mans

[sodat] die woord van God nie in diskrediet kom nie.

Weet -Lewe -Praat

Of jy wil of nie, jou lewe praat met ander, jy het nie ‘n keuse nie. Ons lewens is ons briewe “vir almal om te lees en te verstaan.” Ek weet nie van jou nie, maar ek wil hĂȘ dat my lewe Jesus wys. Mense is nie beĂŻndruk met jou Christelike plakker, of vis, op jou kar nie. Hulle is nie beĂŻndruk met die kruis wat jy om jou nek dra, of die Bybel wat jy saam met jou dra nie. Hulle kyk na jou lewe, jou houding en jou liefde (of tekort aan liefde) vir ander. Dit is my gebed dat hierdie verse oortuiging in jou hart gebring het en dat jy die volgende stap sal neem na ‘n lewe wat fluister “Jesus.” 

Om jou lewe te verander moet jy hierdie drie dinge, in hierdie volgorde, doen:

  1. Ken die Woord van God.
  2. Lewe die Woord van God.
  3. Spreek die Woord van God.

Ken Dit

“LĂȘ jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God weg dra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” 2 Tim. 2:15. As jy nie iets weet nie, kan jy dit nie uitleef nie. As dit die eerste keer is wat jy hierdie werkboek lees, het jy gesien dat deur die waarheid te leer, jy vrygemaak word in baie areas waar jy eers gebonde was. Dit is nie die krag van hierdie werkboek nie; dit is die krag van Sy Woord.

Liewe vriendin, jy het alreeds die eerste stap geneem na ‘n lewe wat jonger vrouens sal aanmoedig. Deur hierdie kursus te neem het jy alreeds die Woord van God begin bestudeer soos wat dit van toepassing is op vrouens en die kwessies wat vrouens in die gesig staar. Meeste van ons, indien nie ons almal nie, het ons huise op sinkende sand gebou. Ons opinies en leefstyle was nie die resultaat van kennis oor wat God dink nie; in plaas daarvan het ons leermeesters bymekaargemaak wat net sal sĂȘ wat ons graag wil hoor.

Maar nou is ons almal op dieselfde plek; ons is almal by die glorieryke punt in ons lewens waar ons oop is en die waarheid soek. Ek weet, want jy het hierdie werkboek, wat jou skuldig bevind en moeilik is om te sluk in vandag se wĂȘreld, gesoek. Ons weet dat terwyl ons ons gedagtes hernu het met net ‘n paar van God se beginsels, waarvan ons eers onbewus was, ons geweldige veranderinge in ons lewens gesien het. Dit motiveer my en jou om meer te wil hĂȘ.

Sodra jy die waarheid ken, moet jy jou ou gedagtes en ou opinies met die waarheid vervang. Soos wat jy deur hierdie werkboek gelees het, as jy die 3x5 kaartjies gemaak het soos wat ek voorgestel het, dan is jy goed oppad na ‘n nuwe lewe wat die lewens van ander sal verander. 

“Julle moenie aan hierdie sondige wĂȘreld gelyk raak nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Rom. 12:2. God se manier om ons te verander is eenvoudig en perfek. Hy sĂȘ vir ons in hierdie vers dat wanneer ons ons gedagtes vernuwe, ons gedagtes sal verander. Bo en behalwe dit alles, bewys ons ook, deur ons lewens, wat die ware wil van God is vir ‘n vrou - dit wat goed is, aanvaarbaar en perfek! Hallelujah!

Hoeveel keer het ons onsself al PROBEER verander? En elke keer as ons probeer, word ons weer verslaan. Dan voeg ons meer nederlae by ons lewens deur te probeer om ander te verander, wat selfs ‘n groter kans het om te misluk. God se weĂ« is anders.  Sy weĂ« is ver bo ons weĂ« en redenasies. 

Jes. 55:9AFR53 “Want soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is My weĂ« hoĂ«r as julle weĂ« en my gedagtes as julle gedagtes.”

Spr. 3:5  “Vertrou volkome op die HERE en moenie op jou eie insigte staatmaak nie."

Die enigste manier hoe ons onsself kan verander, is om ons gedagtes te hernu, of nuut te maak. Die enigste manier om ander te verander, is om saam met hulle in liefde, wat geduldig, goedhartig ens. is, te lewe. Soos ek voorheen genoem het, die 3x5 kaart metode werk as jy dit gebruik. Ek weet, want in my verstand is daar honderde Skrifgedeeltes wat my gedagtes vervang het, asook die manier hoe ek gedink het. En sonder enige moeite van my kant af, het my lewe begin verander as gevolg van die Skrifgedeeltes wat ek oor en oor gelees het. Baie vrouens wat nou herstelde huwelike het, het vir my gesĂȘ dat dit hulle lewens verander het. Bygevoeg, baie het geskryf om met my te deel dat hulle hulle boeke letterlik stukkend gelees het, hulle het dit meer as 50 keer gelees! Deur soveel van God se Woord in jou gedagtes te plaas sal ongetwyfeld ‘n totale getransformeerde lewe as ‘n resultaat hĂȘ.

Leef Dit

Sodra jou gedagtes hernu is deur ‘n spesifieke beginsel, sal jou lewe natuurlik die verandering begin reflekteer. Bygevoeg, ons moet ook gewillig wees om die nodige veranderinge te maak en nie die wil van God kompromeer wat in ons gedagtes kom bly het nie. Die veranderinge sal te voorskyn kom in die manier hoe ons optree en reageer as iets gebeur, die prioriteite in ons lewens en selfs ons begeertes of doelwitte. Al hierdie dinge sal begin om ons hernude gedagtes te reflekteer. Maar, as ons probeer om aan ou gewoontes of vriendskappe vas te hou, wat nie by ons nuwe gedagtes pas nie, sal ons in die lokval van dubbelsinnigheid trap.

Jakobus 1:6-8 “Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here af sal ontvang nie.

Wanneer ons voortgaan om te assosieer met dié wat nie nou dieselfde dink as ons nie, of aan ou gewoontes vasklou, sal twywel in ons gedagtes kom. Ons begin om aan die geldigheid van die beginsel te twyfel. In plaas daarvan, moet ons nie huiwer om ons hernude gedagtes na die volgende vlak te neem deur die veranderinge in ons lewens te maak wat die Heilige Gees gevra het nie.

Ongelukkig maak te veel die fout en huiwer om gehoorsaam te wees aan die Heilige Gees se leiding in hul lewens. Dit is in die middel van hierdie huiwering wat ons onsself in ‘n gevaarlike staat van dubbelhartigheid vind. Hierdie ongelukkige staat is waar, ek glo, meeste Christene vandag lewe. Dit is hoekom hulle nie  oorvloedige seĂ«ninge van God ontvang nie en nie Sy oorvloedige lewe leef, soos wat Hy belowe het nie. God sĂȘ vir ons dat die wat dubbelhartig is, NIKS van Hom moet verwag nie. Dit begin alles deur die waarheid te ken, maar dan faal om die waarheid te leef.

Ons sien dit dikwels in ons bediening. Wanneer iemand uitvind wat die waarheid is oor om op God te vertrou vir ‘n spesifieke area van haar lewe, deur hernuwing van haar gedagtes kom sy onder oortuiging. Maar as gevolg van vrees, rebellie of apatie, faal sy om haar lewe op te lyn met haar oortuiging. Binnekort is daar ‘n patroon van mislukking en verwaring volg:  die “dubbelhartige” mens beginsel word geaktiveer.

Teen hierdie tyd, wil baie vrouens by my weet wat hulle moet doen omtrent hulle nuut gevonde oortuigings, wanneer hulle mans nog nie hierdie oortuigings deel nie. Dit is wanneer die beginsels in “Wen sonder ‘n Woord, Hoofstuk 5,” gevolg moet word.  As jy versigtig is om NIE te manipuleer nie, opgehou het om jou eie sin te probeer kry en as jy vir jou man die stil en sagmoedige gees gewys het wat gewillig en gretig is om sy leiding te volg; dan sal jy, wanneer ‘n situasie opduik, nie net in staat wees om jou nuwe oortuiging met jou man te deel nie, maar as gevolg van jou sagmoedige gees sal hy heel moontlik ook wil reageer op jou nuwe oortuigings.

As jy so radikaal en wonderlik verander het in jou houding teenoor jou man, sal jou man, soos wat reg aan die begin van die werkboek genoem is, ‘n afskrif wil kry van die mans handleiding. Dit sal jou in ‘n perfekte posisie plaas sodat jou hele familie daardie “brief wat almal lees,” kan word. Jou positiewe invloed kan ‘n radikale effek op die wĂȘreld rondom jou hĂȘ wanneer dit nie net jy is wat verander het nie, maar wanneer jou verandering oorgeloop het in die lewens van jou man en jou kinders. Dit gebeur die heeltyd in my lewe en in ons bediening - mag dit in jou lewe gebeur!

Spreek Dit Uit

Sodra jou gedagtes hernu is en jou lewe reflekteer jou hernude gedagtes, sal God jou bediening aan ander vrouens begin. Een van vandag se grootste behoeftes, is vir vrouens om aan ander vrouens bediening te gee. Daar is baie jong vrouens wat na kweekskole toe gaan om vroulike predikante te word. Persoonlik stel ek nie belang in wat hulle te sĂȘ het nie. Ek stel belang in ‘n vrou wat die lewe geleef het wat ek geroep is om te lewe (as ‘n vrou, moeder en tuisteskepper) en daardeur gekom het as ‘n oorwinaar. Ek wil nie hĂȘ iemand moet die pad aanwys nie; ek wil hĂȘ hulle moes ‘n brug gebou het oor die diep riviere en valleie wat hulle persoonlik oorgesteek het.

Toe ek my sterwende vader moes versorg, het ek na ‘n ouer vrou gekyk wat haar bedleĂȘnde moeder moes versorg. Ek het geweet dat sy my gevoellens en die swaarkry wat ek ervaar het, sou verstaan. Wetende dat sy dit gedoen het en nie net oorleef het nie, maar ‘n beter persoon geword het as gevolg van die ondervinding, het vir my die moed en voorbeeld gegee om hierdie moeilike taak te voltooi. Ek kan nie vir julle sĂȘ hoeveel keer haar voorbeeld my gehelp het om aan te gaan nie, nie net om my sterwende vader te versorg nie, maar ook later toe ek my sterwende moeder moes versorg. Daar is baie min wat ‘n radikaal verskillende lewe sal leef, ‘n lewe wat “Jesus.” fluister. Maar die wat dit doen, is die wat die koers van die wĂȘreld verander en dit nie eers weet nie.

God sal jou ministerie begin, heel waarskynlik, tussen die grense van jou familie, vriende, kerk en gemeenskap. Later, as jy voortgaan om te groei, sal God jou gebied uitbrei. Wie sou ooit kon droom dat die Here ‘n persoon met ‘n gebroke hart, soos myself, sou neem en my toelaat om rondom die wĂȘreld in die bediening te wees? Sekerlik nie ek nie!

2Kro: 16:9 “Die HERE het sy oĂ« oral op die aarde sodat Hy diĂ© kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.”

God soek jou. Hy wil jou gebruik. Net een persoon soos jouself, kan duisende lewens verander as jy net na die waarheid soek, kom uit jou gemaksone, laat toe dat die oortuigings jou verander en begin om jou lewe op te lyn met jou nuut gevonde beginsels. God sal die res doen.

Ek weet nie van jou nie, maar ek wil hĂȘ dat God die duiwel vra om my te oorweeg soos hy Job oorweeg het. Ek wil hĂȘ God moet hierdie vreesbevange vrou, wat agter hierdie rekenaar wegkruip, vat en haar ‘n “magtige krygsman” maak soos Gideon. Ek wil so groot geloof hĂȘ dat ek, soos Abraham, ‘n vriend van God kan wees. Ek wil soos Dawid “‘n man na God se hart” wees en soos Enoch, die plesier hĂȘ om saam met God te loop. Ek wil die wysheid van Salomo hĂȘ om bediening aan die vrouens van hierdie wĂȘreld te gee. Ek wil ‘n leier soos Moses wees, sodat ek God se mense uit die slawerny van die wĂȘreld kan lei, deur die woestyn, na die Beloofde Land. Ek wil hĂȘ God moet so tevrede met my lewe wees, dat my kinders as gevolg van my geseĂ«n sal wees, soos Dawid se kinders en nageslag.

Jy mag dalk sĂȘ “onmoontlik,” maar ek weet dit is moontlik. God het dit gesĂȘ en ek glo dit. “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.’” Markus 10:27.

Vrugte!

Matt. 7:16 “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.  Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?” Matt. 7:20 “So sal julle die vals profete dan aan hul vrugte ken.”

Hoe vind die jonger vroue jou? Hulle vind jou deur jou vrugte! Wanneer vrouens na my kyk vir persoonlike hulp om hul kinders op te lei, sĂȘ ek vir hulle om dames in hul kerk te soek wat goed gemanierde kinders het. Hulle is daar, tog is hulle somtyds moeilik om te vind. Hierdie is die kinders wat dikwels in die kerk by hulle ouers sit, eerder as om na die kinderkerk te gaan, maar jy kan hulle dalk nie raaksien nie, omdat hulle nie ontwrigtend is nie.  Jy neem nie notisie van hulle nie, want hulle hardloop nie saam met die ander kinders, op en af in die gange nie. Maar wanneer jy hulle vind, weet jy dit.

Alhoewel ek totaal in my huwelik opgemors het, as gevolg van my onkunde oor die beginsels van die huwelik, het ek ‘n bietjie beter gedoen met my ouerskap en nou het ek BAIE vrugte daarvan. Ons word voortdurend geprys oor ons kinders en hulle gedrag. Dit is my vrugte in die area van kinders.

Jong vrouens moet ‘n gelukkige vrou sien voordat hulle wil hĂȘ wat sy het. Dit is ‘n kragtige evangelisasie hulpmiddel. My ouer suster, wat nou onlangs ‘n kragtige, aan-die-brand Christen geword het, het vir my gesĂȘ dat ek die grootste invloed was wat haar na die Here gelei het. Sy het reguit gesĂȘ, “Ek wou gehad het wat jy gehad het!” Sy het gesĂȘ sy het my kinders, my lewe en die seĂ«ninge waarin ek gelewe het, gesien en gesĂȘ, “Hoekom nie ek nie!” Terwyl ek met haar gepraat het, het sy besef Wie in die middel van my lewe was en Wie die gewer van hierdie seĂ«ninge was. Dit is evangelisasie!

So baie mense praat en preek vir hulle familie lede totdat hulle blou in die gesig is, en kan nie verstaan hoekom hulle nie die Here of enige van ons raad wil aanvaar nie. Maar as ons ongelukkig is, miserabel in ons huwelike, ‘n vuil huis het en meeste van die tyd uitgeput en ontsenu voorkom, wie sou wou hĂȘ wat ons het om aan te bied? Maar, as jy ‘n lewe kan lei, nie VRY van beproewings nie, maar eerder met die seĂ«ninge wat ‘n vrou volg wat die Here prys in die middel van daardie beproewinge, is dit ‘n lewe wat die moeite werd is om te wil hĂȘ.

Dit gebeur nie oornag nie. Dit is ‘n proses. Persoonlik het ek soos ‘n totale MALKOP, moroon of ‘n dwaas begin lyk - maar ek het uitgedraai om ‘n “dwaas vir die Here te wees!!” God in Sy oneindige wysheid “het dit wat vir die wĂȘreld onsin is, uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wĂȘreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam.” 1Kor. 1:27.

Ek het opgehou om te debatteer of om te probeer om hulle te maak verstaan hoekom ek gedoen het wat ek gedoen het. Hulle het ons gekonfronteer oor die hoeveelheid kinders wat ons aangehou het om te hĂȘ, die manier wat ons hulle gedissiplineer het, ons besluit om hulle eerder by die huis te leer as om hulle skool toe te stuur, my “staan by my man” wat in owerspel betrokke was en ons geen-afspraak praktyke vir ons tieners wat nou in hulle twintigs is. Maar dit het my nie lank geneem om te sien dat ek hulle, of enige iemand, nie sou oorreed deur wat ek gesĂȘ het nie;  ek moes dit lank genoeg uitleef om vrugte te dra.

Jer: 17:7-8 “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die HERE stel; die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droĂ« jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.” 

Ek hou van die manier wat daardie vers lees: “wat sy vertroue in die HERE stel; die mens vir wie die HERE ‘n veilige vesting IS.” As jou vertroue in Hom en in Sy Woord en in Sy beloftes is, dan belowe ek jou dat teen die einde, jy nie beskaamd sal staan nie.

Vervul Jou Roeping

Toe my vierde kind gebore was, was ek in my vroeĂ« dertigs. Hierdie kind, ‘n dogter, sou my lewe vir ewig verander. Ek het geweet eendag sou sy opkyk na my en my navolg, soos wat sy ‘n vrou geword het. Ek het geweet ek het hulp nodig gehad...

Toe ek die die gedeelte in Titus 2 ontdek het, oor die “ouer vrouens wat die jonger vrouens moet leer,” het ek na my pastoor toe gegaan en hom gevra waar ek ‘n “ouer vrou kan vind” om my te leer. Sy antwoord was eenvoudig, “ek weet nie.” As ‘n vrou na jou pastoor toe moet gaan, vandag, en dieselfde vraag vra, wat sou sy reaksie wees?

Ongelukkig weet die meeste jong vrouens nie eers dat die Bybel hulle vertel waar hulle hulp moet kry nie, en selfs al het hulle geweet, sal hulle jou vind? Dit was in my hart sedert daardie dag wat my huis geval het; om ‘n ouer vrou te wees, wat jonger vrouens help om te voorkom dat hulle huise val. Ek het so baie foute gemaak wat vermy kon gewees het, as ek net ‘n goddelike vrou gehad het wat gewillig was om my te wys wat die Bybel sĂȘ en my lief genoeg gehad het om my te sĂȘ wanneer ek ‘n fatale fout gemaak het, soos met my twisgierigheid, wat die oorsaak van my huwelik se vernietiging was. En nou, om dinge te bemoeilik, wil die meeste jong vrouens nie na enigiemand luister oor enigiets nie. Hulle raadpleeg “kenners” oor hul kinders se opvoeding, eerder as die vrou wat die goed opgevoede kinders het. Hulle luister na geselsprogramme om “advies” te kry van ander dwase, arrogante vrouens wat in die wĂȘreld is en volg die fatale advies met hul mans.

Die werkboek, voel ek, is net een van die maniere wat die Here my “die begeertes van my hart gegee het.” My bediening, vir die grootste gedeelte, word spandeer om desperate vrouens te help, wie sopas uitgevind het dat hul man saam met hul beste vriendin slaap, by haar ingetrek het of ‘n skeisaak aanhanig gemaak het. My hart, vir JARE al, is om op ‘n manier die pyn en die hartseer te voorkom wat ek moes verduur. Eerder as om te wag vir die probleem om te ontstaan, laat ons almal die roeping op ons lewens vervul, as die “ouer vrou,” en nooi vrouens wat ons ken om ‘n Wyse Vrou te bestudeer.

Meeste groepe word gebore wanneer twee eensgesinde vriendinne bymekaar kom en deur die werkboek werk. Dan, wonder bo wonder, ontmoet hulle iemand wat sal voordeel trek uit die informasie en hulle nooi haar na die volgende byeenkoms. Hulle groep groei per woord van mond en die vrugte is ongelooflik: vrouens word gered, huwelike word herstel en vrouens verlaat die werksplek om na hulle kinders om te sien. Kort daarna ontdek hulle dat hulle die ouer vrouens is wat in die regte behoeftes van die vrouens in hulle kerk, buurt en vriende kring, BEDIENING gee.

God se manier gebeur dikwels nie deur ‘n raad van direkteure of ‘n stem nie. Sy manier begin met vrouens, soos jy en miskien jou vriendin, wat meer van God in hul lewens wil hĂȘ. Hulle wil hĂȘ hul lewens moet anders wees en hulle kom toevallig af op ‘n Wyse Vrou, wat hulle anders vind as enigiets wat hulle al ooit gelees of gehoor het. Die boodskap is moeilik om in te neem, maar kort daarna vind hul “vrede”. Hulle is vir ewig verander deur die krag van God en die beginsels en beloftes van Sy Woord.

Het God ‘n las op jou hart geplaas vir die vrouens in jou lewe, kerk en gemeenskap? Dan wil ek ‘n beroep op jou doen om te begin bid om jou huis oop te maak vir die vrouens wat die Here na jou toe wil stuur. As jy ‘n DVD-speler en ‘n ketel het, dan is jy gereed om die wĂȘreld om jou te verander. Dit mag dalk net die eerste stap in jou bediening wees om vrouens met die evangelie te bereik en om diĂ© met gebroke harte in die kerk te genees. Sal jy die roeping wat die Here op jou lewe het, vervul? 

Ek Sal Nie Skaam Wees Nie

God belowe dat as ons na Hom kyk, as ons op Hom vertrou, as ons Sy gebooie nakom oor hoe om te lewe en ons nie laat ontstel nie, nie toe te laat dat kritiek en omstredenheid veroorsaak dat ons ‘n kompromie aangaan oor wat ons weet die waarheid is nie, dan sal ons ook, nie beskaamd staan nie. 

Ps. 34:5 “Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap.”

Ps. 119:6NLV “Dan sal ek nie tot skande kom as ek maar net my oĂ« op al U gebooie hou nie.”

Ps. 127:5NLV “Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle [kinders] is. Hy sal nie beskaamd word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie.”

Jes. 50:7NLV “Omdat die oppermagtige Here my help, sal ek nie in die skande kom nie. Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie.”

Dit is nie ‘n maklike pad om in vandag se lewe, ‘n sterk Christelike vrou te wees en die leringe van die Here en Sy Woord te volg nie, maar dis is belonend. Dit gaan nie daaroor om ‘n godsdienstige lewe te lei nie. Om godsdienstig te wees, doen meer om mense af te skrik van God, as om hulle vir Hom te wen. Dit is om ‘n vrug-draende lewe te lei, wat kom van hernude gedagtes, gevolg deur ‘n selfopofferende lewe. Dit is ‘n lewe wat wys deur die manier wat jy die Here se liefde uitstraal en die ten toon stelling van die vrugte wat uitspruit uit ‘n lewe wat toegewy is om Hom lief te hĂȘ. Dit gaan oor om die evangelie uit te leef, nie net in woord, maar ook in daad. “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.” Rom. 1:16. Sal jy by my aansluit?

“Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie;

en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil ‘n gevangene is nie.

Inteendeel dra jou deel van ontberings vir die Evangelie

met die krag wat God jou gee
”

2Timoteus 1:8


Mag Jou Lewe die Jonger Vrouens Aanmoedig en Leer!


Persoonlike verbintenis: Om my lewe ‘n lewende brief te maak wat glorie aan God sal bring.
“Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself daartoe om te leer, leef en die waarheid te praat aan die jonger vrouens in my lewe. Ek sal by die huis begin en van daar af uit beweeg soos die Here lei.”
 


Soos wat ek hierdie werkboek afsluit, laat my Johannes 21:25 aanhaal.

“Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het.

Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek,

sou die hele wĂȘreld nie genoeg plek vir die boeke hĂȘ nie.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui