NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 13 "Die Bediening van Versoening" 


“Dit alles is die werk van God. Hy het
ons deur Christus met Homself versoen
en aan ons die bediening van die
versoening toevertrou.”
2Korinthiërs 5:18

Elkeen wat hierdie werkboek lees ken iemand wat huidiglik in ‘n “slegte” huwelik of ‘n huweliks krisis is. Wanneer jou vriendin of familie lid die besonderhede deel, voel jy hopeloos, magteloos en baie kwaad vir die “ander persoon.” Jy bid vir jou vriendin of familie lid, probeer om hulle te troos en bied hulp aan, maar wat behoort jy eintlik te doen? Huweliks vernietiging kom na ons toe in epidemiese proporsies; wat moet ons doen? Moet ons hulle help? En as die antwoord “ja” is, dan hoe moet ons aan die wat stukkend is, die wat kwaad en/of seer het, bediening gee?  

God gee ons die bediening van versoening. God gee almal van ons (die wat die Here Jesus Christus as hulle Redder eis) die bediening van versoening soos 2Kor. 5:18-19 stel: “Dit is alles die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wĂȘreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.”

Daar is baie verse wat ons in hierdie les sal bestudeer wat bevestig dat ons dié moet help wie na ons toe kom, maar ons moet BAIE versigtig wees om hulle te help volgens die riglyne in die Bybel. Toe ek in die middel van verwoesting en die ineenstorting van my huwelik was, het almal, en ek bedoel almal, raad gehad. Dit het my nie lank geneem om uit te vind dat ander mense se raad moontlik verdere skade kon aanrig nie.

Ek het gevind dat goed bedoelende familie lede, wie definitief vir my, ons kinders (en selfs Dan) omgegee het, vir my advies gegee het, wat ek gevolg het en wat uiteindelik voortgegaan het om ons huwelik te vernietig. Dit was toe ek keelvol was vir die nagevolge van ander mense se opinies volg (wat hulle gekry het van vriende of programme soos Oprah Winfrey), dat ek besluit het om eerstens; nie met ander te praat oor my situasie nie, en tweedens; om seker te maak dat wat ek besig was om te doen met God se Woord opgelyn het. Hierdie is die twee kern beginsels wat die grondslag van ons bediening is.

Tog, selfs toe God my tot bediening geroep het, kan ek eerlik sĂȘ ek het te veel foute gemaak soos wat ander na my toe gekom het vir hulp. Dit is een ding om die Here vir jouself te soek, maar ‘n groter verantwoordelikheid om iemand anders te help of te lei. Ek het ‘n verbintenis aan die vrouens in my bediening gemaak dat ek hulle net sal vertel wat ek gedoen het, of sou doen, as ek dieselfde of ‘n soortgelyke probleem in die gesig moes staar EN net as dit oplyn met die Skrif. 

Ek sien dit as ‘n eer om in hierdie hoofstuk die geleentheid te hĂȘ om my foute met jou te deel, saam met wat die Here my gewys het, soos ek Hom gesoek het, wat baie vrugte voortgebring het gedurende my bediening aan vrouens in huwelike.

Baie mans en vrouens wat weet van ons bediening, stuur hulle familie en vriende na ons toe, en met reg, maar daar is sommige mense met wie net jy kontak sal hĂȘ. Net soos die pastoor van jou kerk nie die enigste een is wat geroep is om die evangelie aan die verlorenes te verkondig nie, moet jy ook kundig wees om ander na versoening te lei.

Ons is gesante van Christus. Vir wie werk ons wanneer die Here iemand na ons toe stuur? Ons is gesante van Christus. “Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” 2Kor. 5:20. ‘n Gesant word omskryf as “‘n diplomatiese beampte van die hoogste rang gestuur as ‘n langtermyn verteenwoordiger na ‘n ander.”  Ons moet Christus verteenwoordig in al ons handelinge met hierdie persoon wie die Here na ons toe gestuur het. Die posisie is “langtermyn,” wat beteken dat ons geroep is om die persoon deur te sien tot die oorwinning van hulle huwelik. Maar, wat ek geleer het, ons posisie kan nie in die pad staan van hulle persoonlike verhouding met Jesus as hulle “Redder” nie, ons kan ook nie die plek van die Heilige Gees inneem soos wat ons jnr. heilige gees probeer speel nie, aangesien dit onvermydelik in die pad van hulle versoening sal staan.   

So die goeie nuus is dat jy nie ALLEEN, of sonder ondersteuning, in jou strewe sal wees nie. Die nie-so-goeie nuus vir sommige van julle is dat dit gaan beteken dat julle meer op die Heilige Gees sal moet staatmaak vir leiding, as op jouself. Jy sal God se beginsels moet ken eerder as om aan te hou om jou gedagtes en jou idees te deel. “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sĂȘ die Here; soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optrede.” Jes. 55:8-9.

Om effektief in bediening te wees, sal jy jou gedagtes moet hernu met God se Woord, met Sy idees en met Sy beginsels. Jy sal jouself daarvan moet weerhou om vir haar te vertel “wat jou vriendin gedoen het” of “wat jy gehoor het op ‘n geselsprogram.” Selfs sommige van die Christelike boeke wat jy oor die huwelik gelees het, het moontlik jou gedagtes gevul met idees of tegnieke wat ongetwyfeld hulle huwelik sal vernietig eerder as dit genees. “Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.” Ps. 107:20. Wat die Here jou vra om te doen, as SY verteenwoordiger, is om Hom te verteenwoordig, Sy leringe, Sy beginsels, in die gees van Sy liefde en barmhartigheid, deur Sy Woord te gebruik.

Alhoewel ek geseĂ«n was om die “pad te geloop het,” en ‘n herstelde huwelik verkry het, en na ‘n dekade van huweliks krisis bediening, kan ek eerlik sĂȘ ek het geen aardse idee wat om te doen wanneer iemand my vra om hulp vir hulle huwelik wat besig is om te mislik of vernietig is nie. Hoeveel keer het ek by die Here gepleit om my te help om te weet wat om te doen, nie te doen, en te sĂȘ of nie te sĂȘ, vir die seer en desperate vrou? Tensy jy heeltemal van die Heilige Gees afhanklik is in nederigheid van gedagtes, WETENDE dat jy nie in staat is om die persoon te help sonder Hom wat deur jou werk nie, sal jy veroorsaak dat die persoon wie jy probeer help, struikel te midde van die vyand se aanval op hulle lewens en huwelik. In Lukas 17:1-2 het Jesus gewaarsku, “Jesus het vir sy dissipels gesĂȘ: ‘Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word.’”  So let op na die raad of simpatie wat jy gee as jy nie in totale en volkome diensbaarheid van die Here is nie.

Jy is vir My ‘n struikelblok. Matteus 16:23 sĂȘ, “Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesĂȘ: ‘Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hĂȘ nie, maar aan wat die mense wil hĂȘ.’” Een van die beste maniere om jou vriendin of familielid te vernietig is deur te faal om die rede, of redes, te verstaan wat gelei het tot die huweliks vernietiging en/of om kant te kies in die saak. Kom ons praat eers oor die redes agter die vernietiging.

Wat Het Veroorsaak dat die Huwelik Vernietig Is?

Wanneer jy die Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel boek lees, wat terloops ‘n vereiste is vir hierdie les, sal jy onmiddelik agterkom dat dit begin met troos. Die troos is gebaseer op die feit dat God die situasie toegelaat het vir hulle beswil, sodat Hy hulle nader aan Hom kan bring. En as ‘n ambassadeur, sal jy hulle moet help om hulle pad na, of terug na Hom toe, te vind. Dit is nie jou plek om Sy plek te vat nie, maar om hulle na Hom toe te draai vir troos. Vir sommige is dit ‘n baie moeilike ding om te doen. Jy mag dalk die gawe van genade besit, maar as hierdie gawe nie deur die Heilige Gees beheer word nie kan dit per ongeluk die wat jy probeer help, beseer.

Ons moet troos, maar “met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,” nie apart van, of in plaas van God nie. 2Kor. 1:3-5 sĂȘ dit op hierdie manier: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons ‘n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ‘n oorvloed van bemoediging deur Christus.” 

So die eerste, hoof- en belangrikste rede waarom hierdie beproewing voorgekom het, is dat die Here die krisis wil gebruik as ‘n manier om die persoon na Hom, of terug na Hom, te draai. Dit moet in die voorgrond van jou gedagtes wees en hierdie doel moet voorrang, in enige en alle kontak, geniet met diĂ© wat om hulp soek. Dit is nie vir jou om nader aan hulle te kom nie (alhoewel dit gebeur) en dit is ook nie vir hulle om nader aan hulle eggenoot te kom nie (alhoewel dit ook gebeur, gewoonlik soos wat hulle in die Here se beeld omskep word), maar die enigste doel is om ‘n diep en blywende verhouding met die Here deur hierdie pynlike, en dikwels lang beproewing te verkry. As jy hierdie belangrikste rede mis, sal jy in die pad van die Here se werk staan. Jy mag alles doen wat jy kan om te probeer om die probleme “reg te maak” en oplossings vir hulle te vind. Jy moet die versoeking weerstaan en in plaas daarvan hulle help om die Here te soek vir Sy oplossing, Sy troos en Sy leiding.    

Nie aan My toegewy. Die tweede rede hoekom die moeilikheid plaasgevind het, word in Hosea 4:6 gevind. Dit sĂȘ, “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” Meeste van ons het in die huwelik getree en sukkel deur daardie huwelik sonder om die beginsels van die huwelik te ken of te verstaan. Daarom, word ons vernietig vir daardie tekort aan kennis. Om hierdie beginsel verder te vat, as ons onbewus is of nie die  kennis het om te weet wat om te doen, of nie te doen, wanneer ‘n krisis die huwelik tref nie, sal ons die huwelik verder beskadig.

Vir jou om iemand anders te help, sal jy die beginsels self moet ken. Doen jy? Het jy geleer om jouself te bewys as “‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig”? 2Tim. 2:15. Wel dan, “lĂȘ jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” 2Tim. 2:15. Die werkboek, saam met die Herstel Jou Huwelik boek, sal jou help. Maar, as jy wel enige ander hulpbronne gebruik, wees weereens versigtig dat dit gestig is op die Skrif, en nie net die Skrif aanhaal nie.

Baie skrywers hou daarvan om die Bybel aan te haal om ‘n punt te bewys; maar die beginsel moet op die Bybel gegrond wees sodat dit sal bly staan wanneer beproewings daarteen kom. “Elkeen wat dan hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op ‘n rots gebou het. Die strortreĂ«n het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.” Matt. 7:24-25.   

Die skrywers moet hulleself ook bewys aan hul vrugte. Of jy dit wil glo of nie daar is BAIE vals profete in die wĂȘreld vandag. En baie het ‘n menigte volgelinge, dalk selfs jy. Jesus het ons gewaarsku in Matt. 7:15-20, “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”

Nietemin, as jy die Woord nie self ken nie, kan jy maklik mislei word. Hoe meer kennis ek van die Woord het, hoe meer is ek in staat om skrywers se foute te onderskei. Ek het sommige skrywers se werk gelees wat later die pad byster geraak het, maar as ek nie ‘n ferm kennis van die Woord gehad het nie, sou ek dit as waarheid geneem het. My absolute gunsteling skrywers gebruik baie Bybel verse. Leer om God se Woord goed genoeg te ken sodat jy foute kan raaksien in wat jy lees en glo.  Gebruik dan die Woord gereeld wanneer jy in bediening is.  Hoekom? Want
...

“Die Here se voorskrifte is volkome, dit gee nuwe lewenskrag.

Die bepalings van die Here is betroubaar; dit maak die eenvoudige verstandig.

Die Here se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart.

Die opdragte van die Here is duidelik; dit gee insig vir die lewe.

Die gebooie van die Here is suiwer, dit bly vir altyd staan.

Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig.

Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud.

Hulle is soeter as heuning, as druppels van ‘n heuningkoek.

Dis ‘n waarskuwing vir u dienaar,

En ‘n groot beloning vir diĂ© wat dit gehoorsaam.

Wie kan sy eie oortredings verstaan?

Spreek my vry oor verborge sondes,

en bewaar my van opsetlike sondes!

[Laat dit jou gebed wees]

Laat hulle nie oor my heers nie.

Dan sal ek vry wees van skuld, en onskuldig aan groot oortredings.

Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart

vir U aanneemlik wees,  O HERE my rots en my Verlosser.” Ps. 19:8-15.

Kant Kies

Wanneer jy na iets luister wat tussen twee individuele gebeur het, is dit net natuurlik om die persoon se kant te kies van wie jy die storie gehoor het. Tog, Spreuke waarsku ons, “Iemand wat in ‘n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom.” Spr. 18:17. Vertrou my, alles wat jy hoor is nie alles wat daar is ten opsige van die saak nie. Net nadat Dan my gelos het, was daar geen twyfel wie se skuld dit was nie. Nietemin, dit het die Here gevat om MY te wys dat ek BAIE te doen gehad het met ons huwelik se vernietiging. In al my jare in bediening, het ek nog NOOIT ‘n eensydige situasie gesien nie, al het dit aan die begin so “voorgekom”. Of daar owerspel of mishandeling was, alkohol of dwelms aan die man se kant, het ek nog NOOIT gesien dat die VROU ONSKULDIG was aan foute wat uiteindelik die huwelik vernietig het nie.  

Op hierdie stadium lyk dit logies om na die ander kant van die storie te gaan luister. Beraders doen dit deur albei partye in te bring sodat hulle dit, in die berader se teenwoordigheid as skeidsregter, dinge kan uit baklei. Die sal nie hierdie metode aanraai nie, en om die waarheid te sĂȘ, weier ek om een van die partye te wees. Ek was eenkeer in hierdie penarie geplaas toe ek geroep was om ‘n vrou, wat in die tronk was, te ontmoet. Toe ek daar aangekom het, was haar man ook daar. Die vrou was in haar glorie omdat sy verkeerdelik aangeneem het dat ek daar sal wees om te oordeel wie reg of verkeerd was. Ek het eenvoudig geloop. Ek het dit op Skriftelike gronde gedoen. “God het nie sy Seun na die wĂȘreld toe gestuur om die wĂȘreld te veroordeel nie , maar sodat die wĂȘreld deur Hom gered kan word.” Joh. 3:17. As God nie vir Jesus gestuur het om die wĂȘreld te OORDEEL nie, is ek seker Hy het ook nie vir my (of jou) gestuur nie. 

Moet jouself nie toelaat om in die middel van ‘n situasie te kom om te probeer oordeel wie wat gedoen het nie. Ons is nie geroep om dit te doen nie. Ons moet eerder waarheid en troos bedien soos wat ons die Here soek om ons te lei. Dit lei my tot een van die baie lesse wat ek geleer het in die gebied van bediening.

*Moet NOOIT na woede luister nie; maar troos en luister na dié wat hulle pyn en seer uitdruk.

Wanneer iemand skryf of ek geroep word om in my eie kerk bediening te gee, weier ek om na woede te luister. Dit is nie net nutteloos om aan iemand in hierdie toestand van emosie bediening te gee nie, maar dit is ook aansteeklik! Spr. 22:24-25 waarsku, “Moenie maats maak met ‘n opvlieĂ«nde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie: dalk leer jy sy maniere en beland jy in lewensgevaar.”

*Moet NOOIT na ‘n geskinder luister nie. Ek weier om te luister na wat ‘n vrou se man gedoen het of besig is om te doen.

Behalwe om nie na iemand se woede te luister nie, weier ek ook om na baie besonderhede te luister vir verskeie redes: eerstens, om die persoon wat deel te spaar van uitwissing. Ps. 101:5 waarsku, “Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis; hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie.” Wanneer ek iemand toelaat om aanhoudend lasterlike besonderhede oor hulle eggenoot te deel, stel ek hulle op vir uitwissing. Dan het ek vir hulle ‘n strik gestel. Dit is seker vir jou so moeilik om te verstaan aangesien dit is hoe meeste berading sessies gedoen word, en ons is nuuskierig en ons hou daarvan om besonderhede te hoor. Is dit nie hoekom jy al daardie verskriklike programme kyk waar elke persoon sy familie en vriende  beskinder vir die hele wĂȘreld om te aanskou nie? Dit is die goed waarna ons NOOIT moet luister nie vir baie redes. Hier is net ‘n paar van hulle:  

  1. Omdat dit ‘n skande is om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. Efe. 5:7-13: “Met sulke mense moet julle niks te doen hĂȘ nie. VroeĂȘr was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig; Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val.” Daarom, moenie deelnemers wees wanneer hulle probeer om vir jou die besonderhede te vertel van wat gebeur het, of besig is om in hulle huwelike te gebeur nie.
  2. Omdat dit jou sal skei van die ander party in die huwelik. “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” Spr. 16:28. “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende.” Spr. 17:9. Hoe dikwels het ek dinge gehoor, voordat ek kans gehad het om iemand in ons kerk te stop, oor haar man wat een van ons pastore was, ‘n ouderling of ‘n intieme vriend/vriendin van my en Dan? Ieder en elke keer het ek ‘n baie moeilike tyd om na haar man te kyk in dieselfde lig. Ek het moeite om nie aan daardie persoon te dink in die negatiewe lig wat sy vrou hom in gestel het nie. En ek voel altyd dat my gesigsuitdrukking wys “Ek weet alles van jou af!”   

Wanneer mans en vroue hulle eVennote vind, waarsku ons hulle oor die deel van besonderhede vir die einste redes wat hierbo genoem is. Nietemin, daar is ‘n teenmiddel vir die gevoelens wat sal opkom wanneer jy vir ‘n paartjie bediening gee. As jy ooit in hierdie strik van die vyand gevang word, stop eerstens die persoon wie probeer deel, en tweedens, wees getrou om te bid vir hulle eggenoot. Daar is geen beter manier om haatlike gevoelens te genees nie, wat jy wel sal kry wanneer jy sommige van hierdie verslae hoor, as om vir jou nuwe vyand te bid. Matteus 5:44, 46 vertel ons, “Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle vyande liefhĂȘ, en julle moet bid vir diĂ© wat julle vervolg [of iemand vir wie jy lief is]...As julle net diĂ© liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?” 

Jy sal jou vriendin of familielid nie GOED doen as jy hul eggenoot se oortredings teen hul hou nie. Moenie toelaat dat die vyand jou intrek om sy vuil werk te doen en daardie vrou te help om haar eie huis te vernietig nie! Wanneer jy na besonderhede luister kan jy nie help om bitter teenoor die oortreder te word nie. “Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.” Hebr. 12:15. Ek het een keer in ‘n Bill Gothard seminaar gehoor dat God Sy GENADE net aan die persoon gee wat in die middel van die boosheid is, nie aan die een wat dit aanskou of die een wat later van die onreg hoor nie. Ons moet BAIE versigtig wees om nie ‘n situasie te oordeel nie, selfs nie wanneer ons dit aanskou nie. Ons is nie bevoeg om na die hart van een van die persone te kyk nie, of die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die gebeurtenis. 

Met dit alles in gedagte, HOE kan ons dan help?

  • Luister na die seer.
  • Troos hulle in hulle pyn.
  • Maak hulle gees en hulle tong stil.
  • Bid vir en saam met hulle.
  • Moedig hulle aan om hulle eie tekortkominge te deel.
  • Wys hulle die waarheid uit die Woord, en stel hulle voor aan die beginsels van die Herstel en Wyse Vrou boek.
  • Loop saam hulle, sy aan sy, in die rigting van herstel—eerstens hulle versoening met God, dan versoening met hulle eggenoot.

Luister na die seerkry. “Troos, troos my volk,’ sĂȘ julle God.” Jes. 40:1(NLV). As God jou al ooit in enigiets getroos het, dan is jy in staat om jou vriendin of familielid in enigiets waardeur hulle nou gaan, te troos. Want “In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.” 2Kor. 1:4.  Dit was een van die redes hoekom jy deurgegaan het wat jy deurgegaan het, om die deernis te hĂȘ om ander te troos wat nodig het om die Here, te midde van hulle pyn, te vind. Jy hoef nie noodwendig met die oorsaak van hulle pyn te identifiseer nie, maar jy kan sekerlik met die foltering van hulle pyn identifiseer.

Maak hulle gees en tong stil. Sodra jy hulle toegelaat het om hulle seerkry en pyn (nie hulle woede nie) te deel, maak hulle dan stil met liefde.  Is dit nie hoe die Here jou hanteer nie?  O, die liefde van die Here — om te weet dat Hy vir ons omgee!  SĂȘ vir hulle jy is lief vir hulle en herinner hulle (of vertel hulle vir die eerste keer) dat die Here hulle liefhet.  Sodra hulle hul seerkry een keer gedeel het, moet jy hulle stop. Moet hulle nie toelaat om, om en om te gaan en nog pyn op te bring nie.  Gewoonlik in die tweede “rondte” vlam woede op.  Dit is tyd vir jou om die praatwerk te doen. So, sodra jy vir hulle gesĂȘ het dat jy hulle liefhet, en dat God hulle liefhet, stop en bid vir hulle (en vir wysheid om hulle te lei).   

As jy fisies by hulle is, en nie bediening oor die telefoon gee nie, maak seker jy gee hulle ‘n drukkie en/of hou hulle in jou omhelsing. Jy weet dat hulle onbemin en alleen voel. Aanraking is ‘n wonderlike hulpmiddel om uit te reik na die wat seer het en om hulle na hulle Redder toe te trek.  Jesus het baie mense aangeraak, veral die wat onrein gevoel het. As jy nie ‘n “vatterige” persoon is nie, vra dan vir die Here om jou in staat te stel om Sy ambassadeur te wees en jou te seĂ«n met hierdie vermoĂ«.

Toe ek hierdie bediening in 1990 begin het, was ek nie ‘n persoon wat dit geniet het om mense, buite my familie, aan te raak of drukkies te gee nie; dit was nie hoe ek groot gemaak was nie, nog minder was dit in my natuur. Miskien is jy ook so. Maar God het ‘n manier om verby die manier wat ons groot gemaak is, te gaan en ons Sy natuur te gee. Nie net het ek die voorreg gehad om mense wat gebroke en selfs vuil en onwelreikend is, drukkies te gee en vas te hou nie, maar ek het ook onlangs die “mantel” van ‘n susterlike soen gekry. Dit het taamlik onverwags gebeur toe ‘n baie invloedryke en welbekende vrou in ons land my ‘n drukkie gegee het, my wang gesoen het en gesĂȘ het sy is lief vir my.

Kort daarna, het ek ‘n gebroke vrou by die altaar ontmoet wat afgekom het vir gebed. Ek het vir haar ‘n drukkie gegee, gesoen en vir haar gesĂȘ dat ek haar liefhet, alles voordat ek besef het wat ek besig was om te doen! Wat ookal daardie muur binne my was — vrees, selfbewustheid of ‘n tekort aan deernis — die soen van hierdie invloedryke vrou wat gewillig was om my te omhels en lief te hĂȘ, was soos Elia se mantel wat op Elisa se skouers gegooi is. O, dat die Here jou ook, hierdie kosbare mantel sal gee wat nie opgewerk of opgemaak kan word nie, maar wat eintlik die arms en soene is van die Een vir wie jy en ek ambassadeurs is — die Koning van konings!    

Bid

Ek sal My woorde in sy mond gee. ‘n Vrou wat geroep is om ‘n “bedienaar van versoening” te wees, moet ‘n vrou van gebed wees. Jy moet nie net bid vir die vrouens aan wie jy bediening gee nie, maar ook dat die Here deur jou sal praat.  Hoe gevaarlik en arrogant om vir een minuut te glo dat ons enige wysheid in onsself het. Selfs al is ons goed vertroud met ons kennis van die Bybel omdat dit verband hou met ons bediening, hoe weet ons regtig wat agter die skerms van hierdie vrou se lewe aangaan?

Deut. 18:18 “Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy wees. Ek sal my woorde in sy mond gee, en hy sal sy volksgenote alles sĂȘ wat Ek hom beveel.”

Jes. 51:16 “Ek het vir jou gesĂȘ wat jy moet sĂȘ, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelĂȘ en vir Sion gesĂȘ: ‘Jy is my volk.’”

Jer. 1:9 “Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesĂȘ: ‘Ek het nou my woorde in jou mond gelĂȘ.’”

Met totale en volkome afhanklikheid van God vir hoe en wat ons moet sĂȘ vir die vrouens met huweliks probleme, kan ons God toelaat om deur ons te praat; dus is ons nie op ons eie nie, maar bloot boodskappers van die Een wat ons gestuur het.

Bid saam met hulle. Dit mag jou verras, maar daar is baie vrouens, selfs in die kerk, wat nie gemaklik is om hardop te bid nie. Sommige weet glad nie hoe om te bid nie. Dit is deel van jou bediening — om ander te leer hoe om te bid. Maar as jy nie ‘n biddende persoon is nie, dan gaan jy dit moeilik vind om ander te lei. Maak seker dat wanneer jy saam met hulle bid, dat jy versigtig sal wees om nie te fleurig of te spiritueel te wees nie. Dit sal veroorsaak dat hulle voel dat hulle nooit in staat sal wees om “goed genoeg” te bid nie. 

Ek hou daarvan om eerstens ‘n kort en eenvoudige gebed te bid, dan te stop en hulle te vra om te bid. As hulle huiwer, moedig ek hulle aan deur vir hulle te sĂȘ dat bid dieselfde is as om met God of die Here te praat; dit is dieselfde as wanneer hulle met my praat. Meeste sal vir ‘n rukkie huiwer (sommige vir ‘n lang ruk), maar ek probeer om lank genoeg stil te bly sodat hulle daardie eerste tree kan neem. Sodra hulle aan die gang kom, maak hulle hulle harte oop en is hulle oppad na ‘n spesiale en intieme wandel met die Here. My gunsteling seĂ«ninge kom wanneer ek in staat is om die wat nog nooit gebid het nie aan te moedig; hierdie vrouens bid die soetste, mees kinderlike gebede wat my dikwels na trane toe dryf. 

“Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16.

Bid vir hulle. So dikwels versuim ons om te bid. Ons sĂȘ ons sal vir iemand bid, maar te dikwels vergeet ons heeltemal. Die beste oplossing is om daar en dan vir jou vriendin, jou familielid, jou mede-werker of die vrou by die kerk te bid. Daar is niks wat ‘n ander persoon se hart meer aanraak as om te hoor hoe iemand na God toe uitroep of die hemel aanraak om hulle onthalwe nie. Wanneer ek in die voorportaal van ons kerk genader word deur iemand wat vir my vra of ek vir hulle of iemand anders sal bid, het ek onlangs die gewoonte aangekweek om hulle hande te neem en te sĂȘ, “Kom ons bid.” Ek gee nie om wie in die omtrek is of wat ander dink nie.   

Later, sal die Here hulle gewoonlik weer na jou gedagtes toe bring, maar net vir in geval, hou ek ‘n klein spiraal-gebonde notaboek by my en skryf neer vir wie ek belowe het om te bid, sodat ek hulle later by my gebedskaarte kan voeg.

Hou ons nie op om vir julle te bid nie. Om deur die Gees “gelei” te word is wonderlik wanneer Hy getrou ‘n vrou op jou hart plaas om voor te bid, maar ons moet ywerig en getrou wees om elke dag vir haar te bid. Ek hou daarvan om ‘n 3x5 kaartjie te maak met haar naam daarop. Ek las spesifieke dinge wat sy met my gedeel het, in potlood by, sodat ek getrou in my toewyding is om vir haar te bid. Sommige vrouens hou daarvan om ‘n gebeds notaboekie aan te hou.  Maak nie saak watter metode jy gebuik nie, maak seker dat jy nie nalaat om te bid vir die wat God na jou toe gestuur het nie.

“Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hĂȘ aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.” Kol. 1:9-12.

Tot Eer van die Here Lewe

Die verse wat jy nou net in Kolossense gelees het, is ‘n wonderlike riglyn van hoe jy vir elke vrou kan bid wat God na jou toe gestuur het. Kom ons kyk in diepte na die verse om wonderlike insigte te kry oor wat God in haar lewe wil bereik terwyl jy haar sagkens lei op haar pad na herstel. 

Om te vra dat jy:

  • “Vervul mag word met die kennis van Sy wil in alle wysheid en geestelike insig..
  • Sodat julle waardig voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei...
  • Met alle krag bekragtig word volgens die mag van Sy heerlikheid tot all lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap...
  • Die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaka het om deel te hĂȘ aan die erfdeel van die heiliges in die lig.” K1:9-12.

Dit is interessant dat die eerste vers, “Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle Sy wil duidelik sal laat ken
” dieselfde komponente vir ‘n huis bou bevat as in Spreuke: “Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lĂȘ, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.” Spr. 24:3-4.  

Onderrig dit Wat Goed Is

Duidelik moet jy die vrou in jou bediening aanmoedig om haar gedagtes te hernu met die maniere en voorskrifte van God. Die beste manier sal wees om haar gereeld te ontmoet en een keer, saam met haar, deur hierdie reeks te gaan sodra sy deur die “krisis” gekom het. (Dit is wat die Herstel Jou Huwelik boek ontwerp is om te doen: om die huwelik uit die krisis te kry.) As jy versigtig is om gebed en onderrig jou hoof doelwitte vir julle ontmoetings te maak, sal dit so baie laster, selfbejammering, debatering en/of omstredenheid elimineer. Neem beheer van julle ontmoetings deur met gebed te begin en om dadelik met die bediening van onderrig te begin. Jy sal sien dat daar min tyd sal oorbly vir ydel praatjies, mompel, kla en laster.   

“Net so moet jy vir die ouer vroue sĂȘ hulle gedrag moet diĂ© wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:3. Dit is ‘n groot taak om ‘n vrou te onderrig of aan te moedig in alles wat ons geroep is om te wees, maar nou is dit so maklik as om ‘n vriendin na jou huis toe te nooi, koffie te maak en die “Wees Bemoedig” opnames te kyk. Baie vrouens voel onvoldoende om ‘n vrou na die Here toe te lei of te haar te lei om ‘n goddelike vrou te word; nietemin, ENIGE vrou is bekwaam om haar huis  oop te stel en ‘n ander vrou te nooi om ‘n paar uur, een keer ‘n week, saam met haar te spandeer. (Vir meer kennis oor hoe om onderrig te gee, sien Les 16, “Vrouens Moedig die Jong Vrouens aan” )    

As jy ongemaklik is om haar alleen te ontmoet (of jy weet sy is ongemaklik om jou alleen te ontmoet), bid dan om ‘n paar van jou vriendinne of haar vriendinne bymekaar te kry, een keer per week.  Dit kan beplan word rondom kos, wat mense altyd laat uitkom. Gebruik net die video opnames om die les te doen. Baie vrouens wat klasse lei vind dit so verfrissend omdat hulle nie die “slegte persoon” of die “spirituele een” is wat die waarheid praat nie. Dit is ek op die video vir wie hulle kan kwaad word. En as hulle wel kwaad word, onthou om met hulle saam te stem. Probeer om te verstaan waar hulle vandaan kom. Kies hulle kant. Dit is Bybels en mag die enigste manier wees om hulle te kry om terug te kom.

Matt. 5:25, sĂȘ “As iemand ‘n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en diĂ© jou in die tronk sit nie.”

Spr. 18:19 sĂȘ dat “‘n Verontregte broer is ontoegankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort.”

En ten laaste, Spr. 16:21 sĂȘ dat “‘n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ‘n ander leer.”

As jy “wys in hart” is, sal jy oordeelkundig wees. Die vrouens wat gewoonlik die waarheid teenstaan is gelowiges wat in rebellie lewe of nie ware weder-gebore gelowiges is nie. Dit neem die werking van die Heilige Gees om jou te help onderskei tussen saamstem en sagmoedig wees, of om die waarheid met vrymoedigheid te deel. Aangesien jy op God se missie is, sal Hy getrou wees solank jy op Hom vertrou om jou te lei. Wees net versigtig dat jy nie “...op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spr. 3:5.    

Nietemin, ons almal maak foute. Dit is onrealisties om te glo dat jy nie die verkeerde ding sal doen en dalk teregwys toe jy moes saamgestem het, of omgekeer nie. Dit is wat jy doen wanneer jy ‘n fout maak wat sal openbaar of jy die karakter van ‘n goddelike vrou het en of jy net deur die bewegings gaan. “Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op
” Spr. 24:16. By die eerste en beste geleentheid, gaan na haar toe en wees nederig en erken jou fout. Moenie wag vir die vyand om in te kom en jou arrogansie te gebruik om iemand anders te vang wat swak in gees is nie. Matt. 5:23 sĂȘ vir ons hoe belangrik dit is. “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.”   

In Spr. 28:13 word ons gewaarsku teen die gevaar van foute wegsteek, en gee ‘n belofte aan die een wat getrou is om te bely wanneer hy of sy ‘n fout gemaak het. “Wie sy sonde wegsteek. moet niks goed te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”

Nadat jy in privaatheid na haar toe gegaan het, en daar was ander wat jou fout aanskou het, is dit net reg dat jy vir hulle ook vertel. Sedert ek geleer het van die enorme seĂ«ning wat “oor my swakhede roem” inhou,  probeer ek eintlik geleenthede vind om ander van my foute te vertel. “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sĂȘ Hy: ‘GOD WEERSTAAN HOOGMOEDIGES, MAAR AAN NEDERIGES GEE HY GENADE.’” Jak. 4:6. “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” 2Kor. 12:9.

Die duiwel sal deur ons trots werk. In plaas daarvan om ons aan te moedig om ons foute en swakhede te deel, sal hy ons aanhits om ons “oorwinnings” met ander te deel, wie ons dan sal vlei vir werk “welgedaan” Spr. 29:5 waarsku ons, “‘n Man wat ‘n ander vlei, is besig om hom in ‘n strik te laat loop.” Ons almal hou daarvan dat mense ons bewonder; ongelukkig is dit niks anders as ‘n strik nie. Daarom, wanneer jy ‘n oorwinning deel met enigiemand, maak seker dat dit is WAT DIE HERE GEDOEN HET! As jy moet roem, roem in Hom! 2Kor. 10:17 sĂȘ vir ons, “HY WAT ROEM MOET IN DIE HERE ROEM.” Ons is eenvoudig vaartuie wat Hy gekies het. Hoe kan ons, die klavier, roem oor die musiek wat gespeel word wanneer dit die Pianis, die Here, is wat die ware Musikant is?

Jy moet geheel en al AFHANKLIK wees van die Here vir elke skuif wat jy maak, vir elke tree wat jy gee. As ‘n leier en ‘n onderwyser, jy sal verantwoordelik wees vir almal wat die Here aan jou gegee het. “Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee.” Hebr. 13:17.

Versoen die WĂȘreld met Homself

Laat ons weereens ons openings verse, 2Kor. 5:18-19 lees, “Dit is alles die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wĂȘreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.”

Die hoof fokus van jou “bediening van versoening” MOET wees om jou vriendin of groep vrouens te lei om te versoen met die Here. Na ‘n dekade van bediening in huweliks krisisse, is daar een ding waarvan ek oortuig is, en dit is dat huweliks probleme niks meer as geestelike probleme is wat hulself in ‘n huwelik manifesteer nie. Daarom is ons doel, joune en myne, as “bedienaars van versoening,” om by die wortel van die probleem uit te kom: om na die bron van die verwoesting te kyk, wat hulle desperate behoefte vir ‘n nabye en intieme verhouding met die Here is. Ons begin deur God toe te laat om deur ons te werk soos Hy ‘n beroep op die gebroke en desperate vrou doen om Hom op ‘n nuwe, diep en wonderlike manier te vind. “Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 2Kor. 5:20. 

Die woord beroep beteken om “‘n ernstige versoek te rig.” Die vers gaan verder en sĂȘ ‘n tweede keer: “ons smeek julle namens Christus...” Alhoewel die vrou aan wie jy bediening gee mag dink dit is haar man wat met Christus versoen moet word, is die waarheid egter dat Hy haar eerste wil hĂȘ! In meeste gevalle, is dit die vrou wie die Here eerste probeer bereik in ‘n huweliks krisis. Die vrou, glo ek, is die “hart” van die huweliks verhouding, en dit is die “hart” wat eerste na God gedraai moet word voor die kop (die man) sal terugdraai. Maar, ‘n harde hart kan nie gedraai word nie; dit moet gebreek word.

Gebrokenheid

‘n Vrou wat in ‘n huweliks krisis is, sal kwaad of gebroke wees. Somtyds sien jy albei van hierdie emosies, wat dikwels beteken dat die woede gebreek is, maar nog nie heeltemal nie. Nadat ek vir jare probeer het om vrouens in albei kategorieĂ« te help, het ek besluit dat ek nie aan ‘n vrou bediening sal gee wat nie by ‘n plek van gebrokenheid gekom het nie, vir drie redes:

  1. Daar is regtig geen punt nie. Maak nie saak wat ek sĂȘ nie, of hoe ek dit met haar deel nie, selfs om my seerkry van die verlede te deel en deursigtig oor my eie sondes en tekortkominge te wees, sy kan my nie hoor nie. My woorde is nie in staat om ‘n hart van klip te penetreer, wat deur woede gewys word, nie. “As iemand kan hoor, moet hy hierna luister!” Open. 13:9. Sy is eenvoudig nie geĂŻnteresseerd in wat ek te sĂȘ het nie.

Op hierdie stadium is sy eenvouding besig om te probeer om iemand te kry om na haar kant te luister en haar kant te kies. “Want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor en hulle tot verdigsels wend
” 2Tim. 4:3.

  1. As ek my tyd en energie gebruik om aan ‘n hardvogtige vrou bediening te gee, wat kwaad is vir haar man, kwaad is vir God wat toegelaat het dat dit gebeur, en nou kwaad is vir my omdat ek haar probeer help op ‘n manier wat sy nie gehelp wil word nie, dan sal ek uitgemergel wees, en ek sal nie beskikbaar wees om aan die vrouens bediening te gee wat gebroke is en gewillig is om genees te word nie. “Maar ek sĂȘ vir julle: ‘Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.’” Joh. 4:35. Daar is baie harte wat ryp is vir die oes; moenie die fout maak om ‘n siel te probeer oes voordat dit ryp is nie.
  2. My teregwysing of berisping sal uiteindelik veroorsaak dat sy nog kwater sal word. Spr. 29:1 waarsku ons, “‘n Man wat hom bly verset teen teregwysings, kom skielik tot ‘n val en staan nie weer op nie.” Dit is vir hierdie rede dat ons vir vrouens sĂȘ om nie aan te hou om by hul mans te pleit nie — want dit sal onvermydelik ‘n volledige breek in die verhouding veroorsaak. Dieselfde geld vir jou verhouding met jou vriendin, familielid of mede-werker. God is die ENIGSTE een wat ‘n hart van klip kan vat en dit in ‘n hart van vleis verander. “Ek sal hulle ‘n ander hart gee en ‘n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ‘n hart van vleis gee
” Eseg. 11:19.

Listige aanslag van die duiwel. “Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.” Efe. 6:11. ‘n Listige aanslag is ‘n “geheime en geslepe plan, spesiaal ontwerp om skade en kwaad te veroorsaak, ‘n sistematiese plan van aksie.” Dit is ‘n aanslag van die duiwel om jou te laat voel asof jy meer moet doen (meer praat, meer oorreed) om jou vriendin tot inkeer te bring. Geen hoeveelheid praat sal haar breek nie. Dit is die Here se werk. Hy sal toelaat dat nuwe dinge gebeur, meer van die situasie openbaar word, of selfs ‘n groter krisis toelaat om haar tot by ‘n plek te bring waar sy sal weet dat sy Hom nodig het. Moenie in God se pad staan nie.

Moenie van jouself meer dink nie. Ter byvoeging, moenie toelaat dat die duiwel jou probeer oorreed dat jou roeping tot bediening, meer is as wat dit is nie. “Kragtens die genade wat aan my gegee is, sĂȘ ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lĂȘ jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.” Rom. 12:3. Ons is die Here se ambassadeurs, niks meer en niks minder nie. Dit is belaglik vir ‘n V.N. of ander regerings ambassadeur om namens homself op te tree, eerder as om om namens die president of leier van die land wat wat hy verteenwoordig, op te tree. 

‘n Ambassadeur (gesant) is die “tussenganger” wat sy of haar vaardigheid gebruik om twee partye te versoen wat “in stryd” is met mekaar. “Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” 2Kor. 5:20.

Genesing

“Hulle het ‘n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sĂȘ net: ‘Alles is reg! Alles is reg!’ Maar niks is reg nie.” Jer. 6:14.

Oppervlakigge genesing. Enige tyd wat ons die plek van die groot Geneesheer wil inneem of ‘n helende salf wil aansmeer sonder God se Woord, sal ons ander oppervlakkig genees. Dit sal “lyk” asof hulle genees is, maar diep binne groei die kanker nog steeds. Jer. 8:22 vra ons, “Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie ‘n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie?” Daar is ‘n helende salf in die Woord van God; daar is ‘n Dokter, so hoekom is die geestelike gesondheid van God se mense, die Christene, in so ‘n verwoeste toestand? Omdat ons na filosofieĂ« van die mensdom gedraai het, ons fokus gerig het op die gedagtes van die mens, die psige, eerder as die gees. Alhoewel dit waar is dat die psige die middelpunt van  gedagtes en gedrag is, en miskien selfs die siel van ‘n mens, is dit die gees wat blywend is. Die gees is die middelpunt van ons bestaan en die behoefte aan God en Sy Woord, wat ons gees voed en genees.   

“Maar Hy (Jesus) antwoord: ‘Daar staan geskrywe: ‘n MENS LEEF NIE NET VAN BROOD NIE MAAR VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD KOM.’ ” Matt. 4:4 

Om die woord van God weg te hou of te beperk van die vrou wat gebroke is, is om haar siel te laat honger lei vir die voeding waarvoor sy so desperaat is. En net soos wanneer ‘n persoon liggaamlik verhonger is, word die water en kos stadig maar gereeld gegee totdat hulle hulleself kan voer. Eers vloeistowwe, dan later vleis: “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.” 1Pet. 2:2  

Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak. Ps. 107:20 sĂȘ dat “Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak, en hulle aan die dood laat ontkom.” Jy moet Sy Woord gebruik wanneer jy probeer om diĂ© wat seer en gebroke harte het, te genees. Niks anders sal deug nie. Niks anders as die suiwer, onveranderde Woord van God sal deug nie. Moet dit nie afwater nie; dit moet in vol sterkte gegee word om die wonderbaarlike genesing teweeg te bring wat net Hy kan bereik. Dit is hoekom so baie vrouens vir ons skryf oor die ongelooflike transformasie wat ons herstel boek (of een van ons ander boeke) teweeg gebring het in hulle lewens. Dit is omdat dit MEESTAL Skrif is; dit genees hulle diep in hulle gees, wat die transformasie teweeg bring. Wanneer dit gepaard gaan met die “woord van my getuienis,” is dit ‘n kragtige, dubbel vuishou wat hulle verlos van die aanslae van die bose een soos wat dit hulle siele kalmeer en streel.

Verlate

‘n Verlate en verworpe vrou het liefde, begrip, en dikwels ons tyd nodig. Nietemin, moet ons doel wees, weereens, om haar aan die Een wat “haar nooit sal verlaat, of in die steek laat nie” (Hebr. 13:5), voor te stel of weer voor te stel. Ons kan nie altyd daar wees vir haar nie, ons moet ook nie probeer nie. As ons toelaat dat sy afhanklik van ons word, eerder as van die Here, het ons meer skade aangerig as goed. Ons moet hierdie kragtige en vertroostende beginsels met haar deel: “‘Dit is die HERE wat jou teruggeroep het van jou smart. Jy was soos ‘n jong vrou wat deur haar man verstoot is,’ sĂȘ jou God” Jes. 54:6 NLV.

SĂȘ vir haar, “Jou Skepper sal ook jou man wees [in hierdie tyd]. Die Here, die Almagtige, is sy Naam. Die Heilige van Israel is jou Redder. Hy is die God van die hele wĂȘreld!” Jes. 54:5NLV. Wanneer sy waarlik die “minnaar van haar siel” vind, sal sy geen ander nodig hĂȘ nie—nie jy nie en ook nie haar man nie, want “my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Fil. 4:19. Wanneer ‘n vrou, wat eers “bedroef in gees” was, se “behoeftigheid” weg is, sal dit vir haar man voorkom asof sy “straal” en sal sy hart terugdraai na haar toe.

Nie Hulle Oortredinge Teen Hulle Tel Nie

Joh. 3:17 “God het nie sy Seun na die wĂȘreld toe gestuur om die wĂȘreld te veroordeel nie, maar sodat die wĂȘreld deur Hom gered kan word.”

Matt. 7:1-2 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie, met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.”

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie.”

Met ‘n bediening van versoening, moet jy onslae raak van alle en elke tipe oordeel. Jy mag deernis hĂȘ vir die vrouens aan wie jy bediening gee, maar as jy daar stop en haar man oordeel, dan het jy die doel van jou roeping gemis. Dit mag jou werk wees om na haar seerkry te luister, maar jy moenie oordeel oor enige een van hulle spreek nie. Glo my, dit is amper onmoontlik om te doen. Die enigste manier vir jou om dit te bereik is om die “gedagtes van Christus “te hĂȘ wie “jammer gekry het.” Jesus het verby hulle sondes gekyk, hulle trane en hulle ellende. Net deur Hom, soos wat Sy gees in ons bly, sal ons die groot kommissie vind en vervul. 

Dit is nie ons plek om vas te stel wie meer verkeerd is nie. In plaas daarvan is ons opdrag om die Woord van God op so ‘n manier te oor te dra dat die vrou na die Een wat haar kan genees, verander en herstel, gelei sal word.

Ten einde laaste, voordat ons die hoofstuk afsluit, laat my net een waarskuwing deel. Maak seker dat jy net aan VROUENS bediening gee. Die enigste man aan wie jy veilig bediening kan gee, moet bloed-verwant wees: jou seun, jou broer of jou pa. Geen een van diĂ© moet “stief” wees nie. Die duiwel is BAIE slim. Ek het vrouens gesien wat in owerspel en ontrouheid vasgevang word wanneer hulle probeer om ‘n intieme vriend of familielid te help wat nie bloed-verwant is nie. En moenie jouself verhef en dink dit sal “nooit gebeur” nie. Niemand van ons is bo enigiets nie. Dit is net deur die genade van God, dat ek en jy nie geswig het voor ontrouheid nie, want sonder Hom, is ons niks!

In ‘n situasie wat ‘n man jou nader, is dit wys om hom na jou man toe te stuur, of vir hom die mans se Herstel Jou Huwelik boek te gee. As hulle terugkom om daaroor te praat, stuur hulle dan vriendelik, maar ferm, na ons bediening se gemeenskap (fellowship) vir ondersteuning en aanmoediging. Of, as jy van enige ander man weet wat in ‘n soortgelyke situasie is, moedig hulle aan om saam te vergader as aanmoedigings vennote.

Ter Afsluiting

Ons is ambassadeurs van Hom wie ons gestuur het. Ons is die reddende skakel tussen die vrou in nood en vernietiging. Ons bid deur “in die gaping te staan,” sodat Hy iemand daar sal vind. Ons moet uitreik na hulle toe, hulle bring na, of terugbring na, hulle Redder toe. Ons moet hulle koester in die maniere en vermanings van die Here, deur hulle te leer wat goed en reg is.

Ons moenie hulle of hulle mans oordeel nie. Ons moenie die plek inneem van die Een wat ons gestuur het nie. Ons moet hulle nie oppervlakkig genees deur vir hulle filosofieĂ« van die mens te gee nie, of om die waarheid en die krag van Sy Woord af te water nie. Ons moenie probeer om aan ‘n vrou wat nog kwaad en nie gebroke is, bediening te gee nie, maar om plek te los vir God om die werk wat Hy begin het, klaar te maak.

Dit is ‘n hoĂ« roeping om ‘n ambassadeur van Christus in die bediening van versoening te wees. Dit is moeilik en pynlik maar baie lonend. Wanneer jy kies om na die slagveld van huweliks vernietiging gestuur te word sal jy jouself in ‘n plek plaas waar jy wonderwerke eerstehands sien gebeur. Dit is ‘n werk wat ek sterk aanbeveel.

Toe het ek die Here hoor vra:

“Wie kan Ek stuur?

Wie sal ons boodskapper wees?”

Ek het geantwoord:

Hier is ek! Stuur my!”

Jesaja 6:8


Persoonlike verbintenis: Om die bediening van vesoening te erken en aanvaar.
“Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het en deur my waarneming van die epidemie van skeiding en egskeiding, wat in die wĂȘreld vandag plaasvind;  verbind ek myself daartoe om my wil aan die Here se begeerte oor te gee dat ek Sy ambassadeur sal wees. Ek sal getrou wees om hoop deur pamflette of “Hoop kaarte” aan te bied en ook gewillig wees om my tyd te belĂȘ en hulle na die Een toe te lei wat kan genees en herstel.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui