NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 12 "Kinders is Geskenke van die Here" 

“Seuns is geskenke van die Here,
kinders word deur Hom gegee.
Psalm 127:3.

As ons na ons samelewing kyk en aborsie, kindermishandeling en bloedskande sien, wonder ons wanneer ons land begin het om kinders te haat. Die Bybel sĂȘ vir ons dat daar twee fondasies is, een gebou op die rots en die ander een op sinkende sand. Vrouens, ons is op sinkende sand en nou is ons grootliks verwoes. (Matt. 7:26).

Gelukkig is die onvrugbare. Jesus het voorspel dat daar ‘n tyd gaan wees wat treuriger gaan wees as Sy kruisiging. Die tyd is nou! Toe die Joodse vrouens gerou en geween het oor Jesus, het Hy na hulle toe gedraai en gesĂȘ, “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, want daar kom dae waarin hulle sal sĂȘ: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en diĂ© wat nooit ‘n kind in die wĂȘreld gebring het of gevoed het nie.’” Lukas 23:28-29. Hoeveel keer het jy vrouens gehoor wat aan swanger vrouens sĂȘ, “Liewer jy as ek”? Hoeveel keer het jy gehoor vrouens met klein kinders (selfs Christelike vrouens) sĂȘ, “Daar is geen manier nie, ek gaan nie nog kinders hĂȘ nie!”? 

En God het hulle geseĂ«n. Jesus het die laagste punt in sy lewe in die gesig gestaar, tog het Hy gesĂȘ daar sal ‘n tyd kom wat dit erger sal wees! Wanneer jy die feministiese beweging sien en hoe hulle druk vir lesbianisme en die vermindering of eliminasie van kinders, kan jy sien dat ons aan die begin is van die tyd waarvan Jesus praat. Rou en ween jy soos wat Jesus gesĂȘ het die dogters van Jerusalem moet? Of, glo jy die misleiding? “Toe het God hulle geseĂ«n:“ ‘Wees vrugbaar, word baie en bewoon al die waters van die see. En laat die voĂ«ls baie word op die land.’” Gen. 1:22.

Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’? Hoe het die “anti-kinders” beweging begin? Dit het omtrent 30 jaar terug begin toe geboortebeperking ‘n moontlikheid geword het en ons sink sedertdien. Geboorte beperking sĂȘ:

Ek wil nog nie kinders hĂȘ nie.

Ek wil nie te veel kinders hĂȘ nie - een, twee, drie, of selfs vier, maar niks meer nie!

Ek wil hulle nie te na aan mekaar hĂȘ nie.

As, en ek sĂȘ as, ek kinders wil hĂȘ wil ek hulle hĂȘ wanneer ek wil, hoe dikwels ek wil, en hoeveel of hoe min ek wil. God is nie meer in beheer nie; ek is! Ek weet wat die beste is vir my en wat ek kan hanteer. Ek kies my eie lot, Here!

“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sĂȘ nie?” Lukas 6:46.

Wees vrugbaar. Om Jesus as die Here van jou lewe te hĂȘ, moet jy Sy leringe en sy beginsels volg. “Toe het God hulle geseĂ«n en vir hulle gesĂȘ: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voĂ«ls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Gen. 1:28.

As die Here die huis nie bou nie. Ons moet gewillig wees om so baie of so min kinders te hĂȘ as wat God goed dink. “As die Here die huis nie bou nie, swoeg diĂ© wat daaraan bou, tevergeefs.” Ps. 127:1. Laat Hom toe om jou familie te bou, een swangerskap op ‘n slag.

Omdat julle lou is. Toe ons Christene die “grys areas” begin verdra het met die begin van natuurlike familie beplanning, was dit makliker om in donkerder grys areas in te glip, die Pil en die Mirena IUD. Nou is daar die swart area - ABORSIE! “Maar nou, omdat julle lou is [geboorte beperking gebruik], nie warm nie [vertrou heeltemal op God vir jou vrugbaarheid], en ook nie koud nie [wat aborsie is], gaan Ek julle uit My mond uitspoeg.” Open. 3:16. Hoe kan ons wat aborsie haat (en miskien selfs vir die Pro-lewe beweging werk) ‘n vrou wat aborsie oorweeg, oorreed dat die kind wat sy dra ‘n seĂ«n is, wanneer ons self ‘n seĂ«ning weier?

Wemel op die aarde. In Mary Pride se boek “The way home”, verklaar sy: “Familie beplanning is die ‘ma van aborsie.’ Sodra egpare na kinders kyk as ‘skepsels wat hulself gemaak het,’ word alle eerbied vir menslike lewe verloor. Kinders, as ‘n geskenk van God, wat ons nederig ontvang is een ding; kinders as artikels wat ons self vervaardig het, is ‘n ander. Jy kan doen wat jy wil met iets wat jy self gemaak het. Met gevolg, aborsie, bloedskande, kindermishandeling.” “En al die lewende wesens wat by jou is, van watter soort hulle ook al is: voĂ«ls, diere en alles wat kruip. Hulle moet saam met jou uitgaan. Hulle moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.” Gen. 8:17.

Word baie op die aarde. God het gesĂȘ “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde en bewerk dit.” in Gen. 1:22, Gen. 1:28, Gen. 8:17, Gen. 9:1, Gen. 9:7, Gen. 35:11, Gen. 48:4, Lev. 26:9, Deut. 7:13, Deut. 8:1, Deut. 30:16, Jer. 30:19, Jer. 33:22 en Heb. 6:14. Hy het dit 14 keer vir ons gesĂȘ!!

“Maar jĂșlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie!” Gen. 9:7.

“God het verder vir hom gesĂȘ: ‘Ek is God die Almagtige. Wees vrugbaar en word ‘n groot nasie. Baie nasies sal van jou afstam. Jy sal die voorvader wees van konings.’ ” Gen. 35;11.

“Maar Ek sal self diĂ© van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word.” Jer. 23:3. 

Bewoon die aarde. Maar het ons nie alreeds die aarde bewoon nie? Ons hoor deesdae voortdurend van die gevreesde “oorpopulasie probleem,” maar twee deskundiges gee ons ‘n ander prentjie:

“Ons kan die hele wĂȘreld se populasie in die staat van Texas inpas en elke man, vrou en kind kan 186 vierkante meter toegeken word [die gemiddelde huis is tussen 130 en 170 vierkante meter], dan sal die res van die wĂȘreld leeg wees.” Mary Pride se The Way Home, bl. 62.

“Elke persoon in die wĂȘreld kan staan, sonder om aan mekaar te raak, binne die stad Jacksonville, Florida, se grense.” Bill Gothard se Institute of Basic Life principles (IBLP) Publications

Bewoon die aarde. Die Waarheid is dat ons ‘n nasie is wat besig is om dood te gaan! Dit beteken dat ons onsself nie vervang nie. Een van die “vrugte” van ons ongehoorsaamheid is dat ons weet dat die Sosiale Sekuriteit, wat bedoel is vir ons, nooit sal wees nie. Daar sal nie genoeg kinders wees om te werk om die fondse te voorsien wanneer ons oud is nie. “God het vir Noag en sy seuns geseĂ«n en vir hulle gesĂȘ: ‘Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.’ ” Gen. 9:1.

Geskenke van die Here. Maar ek is bang dat as ek God toelaat om beheer te hĂȘ, Hy vir my 20 kinders gaan gee! Glo ons werklik wat die Bybel sĂȘ? “Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur hom gegee.” Psalm 127:3. Ons Christene is kieskeurig oor watter seĂ«ninge ons gaan ontvang. Gee ons meer karre, ‘n groter huis en hoĂ«r posisies in ons werk en die ekstra verantwoordelikheid, beproewings en werk wat daarmee gepaard gaan. Maar om “hemels naam,” moet ons nie nog kinders gee nie! God sĂȘ dat kinders ‘n beloning is en nie ‘n vloek is nie! Ons is gebreinspoel deur die feministe en die wĂȘreld se standpunt! As ‘n Christen, wie kies jy om te glo, God of die feministe?

Nie kinderloos gelaat nie. Statistieke wys dat in ontwikkelde lande, die gemiddelde vrou sonder geboorte beperking, vyf of  ses kinders sal hĂȘ, nie twintig nie. Kyk na die Bybel. Noag het net drie gehad, Sara net een, Rebekka en Ragel het albei net twee gehad. Dames, dit was voor geboorte beperking. Groot families was die uitsondering in die Bybel, en ook die meeste geseĂ«n. 

Lea het ses seuns en ‘n dogter gehad, maar Ragel het net twee seuns gehad. “Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefgehad het nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het.” Gen. 29:31. “God het op Ragel ag geslaan en haar gebed verhoor. Hy het haar nie langer kinderloos gelaat nie.” Gen. 30:22. God gee presies hoeveel kinders Hy vir elke vrou wil gee. Hy gee hulle in presies die perfekte orde en in Sy perfekte tyd. In jou begeerte om jou vrugbaarheid te beheer, het jy ‘n seĂ«ning gemis? “God het verder vir hom gesĂȘ, “Ek is God die Almagtige. Wees vrugbaar en word ‘n groot nasie. Baie nasies sal van jou afstam. Jy sal die voorvader wees van konings.” Gen. 35:11.

Weerhou om kinders te hĂȘ. Om nie kinders te hĂȘ is God se vloek of straf. “En as hulle aan tempel prostitusie deelneem, sal hulle nie kinders hĂȘ nie.” Hosea 4:10. “Dit was nadat die Here elke vrou in die huis weerhou het om kinders te hĂȘ. Die Here het dit gedoen oor wat gebeur het met Sara die vrou van Abraham.” Gen. 20:18. Dit bewys aan ons dat dit God is wat die baarmoeder oop en toe maak. “Die Here het elke vrou weerhou om kinders te hĂȘ
”Gen. 20:18. “ Het die Here vir haar kinders gegee.” Gen. 29:31.

In elke behoefte voorsien. Maar wat as ons nie kan voorsien vir nog kinders nie? Wat ons kort kom is geloof. Eis hierdie vers: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Fil. 4:19. Ons moet ons prioriteite herevalueer. Kan jou behoeftes eintlik “begeertes” wees? “Ons is die rykste mense in die geskiedenis, tog vrees ons die kostes van kinders grootmaak die meeste.” Mary pride se The Way Home, bl.48. Laat ons “
.vry van geldgierigheid” wees. 1Tim. 3:3.  

Sy wie by die huis bly. As ‘n tuisteskepper kan jy hierdie vers eis in jou strewe om vir jou familie te voorsien. “...was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel!” Ps. 68:12. Baie van ons, omdat ons by die huis is, koop by motorhuis verkopings en spaarsaamheids winkels. Ook, baie mense met groot families het gedeel dat die vrouens wat verkies het om hulle families te beperk, vir hulle sakke en bokse gegee het met handelsmerk kledingstukke.

Moet ons daarmee tevrede wees. Baie van wat jy vir jou kinders wil gee is iets wat hulle later sal ruĂŻneer en lei tot hulle ondergang. Is die kinders wat “alles het” - die speelgoed, klere en hulle eie kamers - nie die bederfste, ondankbaarste en mislukste nie? Is dit nie dieselfde kinders wat as tieners betrokke raak by dwelms en kultusse, of dikwels selfmoord neigings het nie? Hier is wat die Bybel sĂȘ: “As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar diĂ© wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.” 1Tim. 6:8-9.

Om tevrede te wees. Wil jy hĂȘ jou kinders moet ontevrede wees wanneer hulle getroud is omdat jy hulle met soveel rykdom opgestel het? Behoort jy nie jou dogters te leer om tevrede te wees sodat hulle nie geforseer sal wees om buite die huis te werk nie? Behoort ons doel met ons seuns nie te wees om hul goeie werk etiket te leer nie? Was dit nie die ryk man wat van Jesus af weggeloop het en nie die koninkryk kon binnegaan nie? Onthou jy hoe moeilik dit is vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan.? 

So dit is nie dat ons bang is dat ons nie aan die behoeftes van ons kinders en ons toekomstige kinders kan voorsien nie. Ons is mislei en maak eintlik die besluit gebaseer op om “begeertes” te voorsien wat na hulle ondergang sal lei. “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. 
” Heb. 13:5.

Geldgierigheid. Dit lyk asof die kinders van vandag neig om twee keer so lank ‘n finansiĂ«le las te wees as tevore. Die bydraes van kinders aan die familie en die samelewing is nou vir jare vertraag terwyl hulle speel en skool toe gaan. Die jong mense van vorige generasies het gehelp met die bewaring van kos, maak van klere, en die ploeg en oes van die lande, of hulle het as vakleerlinge gewerk om die familie finansieĂ«l te help. Teen die tyd wat hulle hulle tienerjare bereik het, het hulle duidelik ‘n aanwins in plaas van ‘n las geword. Ons almal weet van baie jong mense wat nog steeds van hulle ouers afhanklik is in hulle twintigs. Dit is selfs nadat die ouers duur betaal het vir tersiĂȘre opleiding. Vra jouself hoekom jy voel dit is belangrik om jou kinders Universiteit toe te stuur; is dit vir goddelike karakter? “Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.” 1Tim. 6:10.

Vrees. In plaas van die vrees vir ‘kinders hĂȘ,” waarvan die wĂȘreld ons aanhoudend vertel, kom ons praat oor die vrees waarvan hulle ons nie vertel nie. Ons mis nie net seĂ«ninge nie, maar ons lewe gevaarlik deur wat ons gebruik om God se seĂ«ninge te keer. Onthou, “Moenie julle self mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.” Gal. 6:7. Hoekom sal ons ‘n saad saai (deur intiem te verkeer) en dan nie die vrugte van die baarmoeder (‘n baba) oes nie? Met aborsie, pluk ons die wortel reg uit die grond uit! Dames, hoe kan jy op God vir jou redding vertrou, maar nie vir die hoeveelheid kinders wat jy moet baar nie? Ons vertrou Hom vir ons ewigheid, tog kan ons nie op Hom vertrou vir ons vrugbaarheid nie!  

Vermenigvuldig jou saad. Wat is die gevare om jou eie vrugbaarheid te keer? “Die Pil - ‘n afdryfmiddel; dit steur die voering van die uterus (endometrium), wat verseker dat met enige moontlike swangerskap, die fetus homself nie behoorlik kan inplant nie. Dus, die baba gaan dood van die honger op die ouderdom van sewe tot nege dae. Die klein babatjie word dan deur die baarmoeder verwerp - ‘n slagoffer van aborsie. Die pil veroorsaak ook hoĂ« bloeddruk, bloed klonte, diabetes - daarom is daar ‘n styging in moederlike diabetes en ‘n verpligte toets word nou aanbeveel vir almal.” (Informasie van verskeie IBLP publikasies). “Ek sal jou baie seĂ«n, en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem.” Gen. 22:17.  

Swoeg die wat daaraan bou tevergeefs. Baie van ons glo in Natuurlike Familie Beplanning. Ons glo dat as ons en ons mans ons familie “natuurlik beplan” het, dat ons saam met God gewerk het. Was ons nie net verantwoordelik nie? Nee. Ons het nog steeds gesĂȘ ons weet, bo God, wat die beste was vir ons families. Diegene van ons wat besluit het om op God te vertrou het ongelooflike vryheid ervaar. Deur die verantwoordelikheid aan God te gee, was ‘n groot las gelig. Sommige van ons het nie nog kinders gehad nie en ander het nog ‘n paar gehad. Deur op die HERE te vertrou om ons huis te bou, het ons die sekerheid dat ons Sy beste gehad het. “As die Here die huis nie bou nie, swoeg diĂ© wat daaraan bou, tevergeefs
” Ps. 127:1.

Saad op die grond. Wat van daardie voorbehoed maatreĂ«ls wat deur mans gebruik word, die versperring metodes? Nie verbasend nie, die Bybel het hulle almal gedek, toe die “saad op die grond kom.” Gen. 38:9. “Hy het gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie.  Maar wat Onan gedoen het, was verkeerd in die oĂ« van die Here, en Hy het ook vir hĂłm laat sterf.” Gen. 38:9-10.

Kinderloos. As vrouens “God” begin speel met hulle liggame deur te besluit wanneer en of hulle swanger gaan wees, begin hulle om oor die lewe of dood van die baba wat hulle dra, te besluit. Wanneer ons die leuen volg wat diegene wat pro-aborsie is gebruik: “ons kan doen wat ons wil met ons liggame,” sien ons die nagevolge.

Onvrugbaarheid. So baie vrouens is nie in staat om swanger te raak nie as gevolg van geboorte beperkings, veelvuldige geselle, en skade van vorige aborsies. Dit het ‘n obsessie onder Amerikaanse vrouens laat ontstaan om ‘n kind te hĂȘ “teen enige prys.” “Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het.” Gen. 29:31. As ‘n resultaat, het ons:

Aborsie. Daar word vir ons vertel dat dit verkeerd is om toe te laat dat “ongewenste” kinders gebore word. Maar die Waarheid is dat daardie babas defnitief gewens is. Die lang jare van wag om ‘n baba aan te neem is bewys daarvan.

In vitro bevrugting. Baie sien niks verkeerd met proefbuis babas vir kinderlose paartjies nie. Nou word ons daarvan bewus gemaak dat baie van die bevrugte eiers in die Petri bakkie weggegooi word en ook uit die baarmoeder aborteer word. Aangesien hierdie metode so duur is, plant die dokters etlike bevrugte eiers in, met die hoop dat sommige van hulle sal vassit. Baie kere sal ‘n “veelvoudige swangerskap” plaasvind en die paartjie besluit “watter en hoeveel” gespaar sal word en watter aborteer sal word. Baie van ons is ook bewus van die dokter wat sy eie sperm gebruik het, om tyd en geld te spaar, en daar word geskat dat hy die pa van honderde kinders in die Chicago area is.

Surrogaat moeders. Hierdie is vrouens wat betaal word om ‘n man se kind vir ‘n ander vrou te dra. Dit is niks nuuts nie. Hagar is die eerste en mees bekendste surrogaat moeder. Die haat wat Sara gevoel het vir haar en die armoede van Ismael en Hagar, om nie eens te praat van die oorloĂ« wat tot vandag toe nog voortduur nie, vertel ons van hierdie sondige manier om ‘n kind “ten enige koste” te kry!

Onbetaalde prostitusie. Die leuen van “vrye liefde” is niks meer as vrouens wat hulself as prostitute uitgee nie. Maar vrouens het die prys betaal. Vandat die feministiese beweging begin het en die uitvinding van die pil, is die “enkele nag van passie” veronderstel om ons reg as vrouens te wees. Nou het ons wydverspreide veneriese siektes, VIGS, onbeplande swangerskappe, aborsies, onvrugbaarheid, geestelike en emosionele skande, hoĂ«r selfmoord syfers (veral onder tieners) en lae selfbeeld. Hierdie is sommige van die resultate van die vryheid om nie God se Wette toe te pas nie.

Homoseksualiteit. Nou is ek seker dat jy wonder hoe geboorte beperking en sterilisasie homoseksualiteit aangemoedig en versprei het. “Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversitiet.” Rom. 1:26-27. Ons het sommige van die “verdiende straf” vir hulle perversiteit gesien. VIGS is steierend, vernaamlik onder homoseksueles. Wanneer vrouens kinders verag, en ophou om die vrugte van hulle baarmoeders te baar en hulleself vrywillig laat steriliseer, is dit onnatuurlik! Homoseksueles glo (die wat die moontlike resultaat van die samekoms van man en vrou verwyder het) die duidelike boodskap dat fisiese samekoms vir plesier is en nie om vrugte van die man se saad te produseer nie.  

Kom ons som op wat God ons sover vertel het uit Sy Woord, aangesien “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel
.” 2Tim. 3:16:

Kinders is ‘n seĂ«n. (Gen. 1:22, Gen. 1:28)

Seuns is geskenke van die Here. (Ps. 127:3)

Die Here het vir haar kinders gegee.(Gen. 20:18, Gen. 29:31)

God het ons beveel om te vermenigvuldig en die aarde te vul. (Gen. 1:22, Gen. 1:28, Gen. 8:17, Gen. 9:1, Gen. 48:4, Lev. 26:9, Deut. 7:13, Deut. 8:1, Deut. 30:16, Jer. 30:19, Jer. 33:22 en Heb. 6:14.)

Die aarde is nie gevul nie; ons is nie oorbevolk nie.

Ons moet nie wat ons kinders wil hĂȘ vir hulle gee nie anders sal dit tot hulle verderf lei.

God sal in al ons behoeftes voorsien; ons hoef nie bekommerd te wees nie. (Fil. 4:19)

Nie almal sal geseĂ«n word met ‘n groot familie nie; sommige sal net een of twee kinders hĂȘ sonder om “God te help” met geboorte beperking of sterilisasie.

Deur enige vorm van geboorte beperking of sterilisasie te gebruik, lĂȘ ons vir ons ‘n vloek of straf op soos God aan diĂ© in die Bybel gedoen het. (Gen. 38:9-10)

Ons kan nie regtig sĂȘ ons is Pro-lewe as ons geboorte beperking gebruik nie aangesien dit die fondasie van aborsie is.

Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het. Wat doen jy as jy nog kinders wil hĂȘ en jou man wil nie? Eerstens moet jy bid en vergifinis vra vir enige iets wat jy dalk gedoen het wat hom laat wegdraai het van sy begeerte dat dit “goed” met hom moet gaan aangesien, “Soos pyle in die hand van ‘n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het!...” Ps. 127:5 KJV. Mompel en kla jy oor al die “werk” wat jy moet doen van die kinders wat God jou alreeds gegee het? “Doen alles sonder kla of teĂ«praat.” Fil. 2:14. Wanneer jou man van die werk af kom, maak jy hom jou gelyke en verwag van hom om jou in die huis te help? “Verder het die Here God gesĂȘ: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.’ ” Gen. 2:18. Is jou kinders aangenaam om by te wees of is hulle oproerig en disrespekvol? Regeer hulle jou en jou huis? “‘n Kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.” Spr. 29:15. (Moenie les 15, “Jou ma se Leringe” mis nie.)  

Vaders en kinders met mekaar versoen. Bid hierdie drie Bybel verse: (1) Vra die Here om in jou man se hart te praat aangaande toekomstige kinders. “Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee.” Ps 127:3.  (2) Vra God om jou man met jou kinders en toekomstige kinders te versoen. “Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal te vernietig nie.” Maleagi 4:6. (3) Vra die Here om jou man se hart te draai. “Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” Spr. 21:1. As jou man aandring dat jy aanhou om die pil te gebruik of om uit te kyk vir tekens van vrugbaarheid; moenie sy gesag weerstaan nie; bid net. Vertrou dat God hom sal lei. Jou man is uiteindelik verantwoordelik, nie jy nie. Wat jy verantwoordelik voor is, is om onderdanig te wees aan die gesag wat God oor jou geplaas het, en dit is jou man. “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.” Efe. 5:24    

Wat doen jy as jou man ‘n vasektomie gehad het of jy het ‘n tubal ligasie? Baie paartjies het by my gebieg dat hulle ‘n groot las dra omdat hulle die grootste fout van hulle lewens gemaak het deur hulself te laat steriliseer. Sommige van hulle het stappe geneem om hierdie permanente sterilisasie om te keer. Jy kan uitvind hoe om hierdie fout om te keer.  Daar is dokters wat dit kan omkeer. Voordat jy daarteen besluit as gevolg van die koste, bid dat God die fondse sal voorsien. Hy is die God van die onmoontlike en ‘n God van tweede kanse!  

Elke gedagte gevangene. Wat doen jy as dit jy was wat besluit het om jou kinders te beperk of te spasieer? Ondersoek jou motiewe en jou vrese. Is jou motief selfsugtigheid, om meer materialistiese dinge te hĂȘ of meer tyd vir jou “self”? As jy daardie leun gekoop het, onthou die Bybel vers: “Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.” Markus 10:43-44. ‘n Moeder, veral ‘n moeder van baie kinders, is beslis in ‘n plek van diensbaarheid. God sĂȘ dat ons groot is! Om ‘n dienaar te wees was die boodskap wat Jesus gepraat en gelewe het toe Hy op die aarde geloop het, en een van Sy mees vergete boodskappe vandag. Vernietig vals redenasies. “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” 2Kor. 10:5. 

Krag soek by sterflike mense. Voel jy oorweldig met die kinders wat jy het? Kyk eers of jy God se wysheid in Spreuke volg aangaande kinders se opvoeding. (Sien les 15, “Jou ma se Leringe” en die boek Workers@Home want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het
.” Hosea 4:6.) Moet nie staat maak op Christelike of sekulĂȘre kinder deskundiges of skrywers nie; gaan na die Skrywer en Skepper van jou kinders vir die antwoorde. “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue op die Here stel.” Jer. 17:7. “Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense
” Jer. 17:5. Kyk of alles wat jy vir jou kinders doen (al die buitemuurse aktiwiteite) ewigheids waarde het. “Snoei” die wat nie kwalifiseer nie tot ‘n absolute minimum. Dit is Satan wat jou gedaan maak en veroorsaak dat jy verslaan word sodat hy sy doel kan bereik om “te keer dat meer Christelike kinders gebore word!” 

As jy vir ‘n mens bang is kan jy in ‘n strik beland. Is dit die vrees vir die geboorte? Begin om jou geboorte besluite te ondersoek om ‘n manier te vind wat die naaste aan God se doel vir geboorte is. Vertrou op Hom en hoe Hy jou perfekte liggaam geskape het, die liggaam wat die baba dra wat in jou baarmoeder gevorm word. Sal Hy sĂȘ dat jy “op jou eie” is wanneer die tyd vir die geboorte aanbreek, of selfs om die kind te voed? Het Hy tekort gekom in hoe Hy jou gemaak het, selfs al het Hy hierdie perfekte baba binne jou geskape? “As jy vir ‘n mens bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.” Spr. 29:25.

Daar is ‘n wonderlike en KRAGTIGE boek wat ek nou onlangs gelees het wat ek hoogs aanbeveel vir elke vrou om te lees en te glo -- Supernatural Childbirth by Jackie Mize! ‘n Ma van 6 (wat ‘n herstelde huwelik het en wie se man ‘n dokter is) het my daarvan vertel. Sy sĂȘ sy het haar eerste drie natuurlik gehad, die laaste drie het sy bonatuurlik gehad en PYNLOOS!! Ek het die boek bestel en was totaal sprakeloos. Ek gaan hierdie beginsels en Bybel verse gebruik om my drie dogters voor te berei vir toekomstige swangerskappe (en myne ook as die Here planne het om vir ons nog te gee!). Jy kan getuienisse op Amazon.com lees, maar na my vriendin se getuienis en nadat ek die boek gelees het, is ek heeltemal oortuig dat dit nie net moontlik is nie, maar God se plan vir Sy eie!

My volk gaan onder. “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” Hosea 4:6. Watse kennis kan verkry word deur soveel gebroke en moeilike huwelike te sien? ‘n Tekort aan onderdanigheid of om ‘n rebelse gees te hĂȘ sal uiteindelik jou huwelik verwoes en jou weerhou om beskerming te ontvang. As jou man kinders begeer of nie, onderwerp jouself aan hom. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe. 5:22, Kol. 3:18, 1Pet. 3:1 (Sien les 8, “Vrouens Wees Onderdanig,” want “ My volk gaan onder omdat julle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp ek jou
.” Hosea 4:6.)     

Goeie huisvrouens. Wanneer jy buite die huis werk, word die kinders wat jy het, en enige toekomstige babas, ‘n las en nie ‘n seĂ«n nie, omdat baie van jou salaris na kindersorg toe gaan. Een vrou het gesit en haar profyt uitgewerk vir voltydse werk. Sy het uitgevind dat sy net R13.00 per uur uitgekry het nadat sy vir kindersorg vir haar drie kinders betaal het. Deur die huis te verlaat is gewoonlik deel van Satan se plan om te verdeel en oorwin. Jy moet aanhoudend bid om in jou huis te bly. Omdat so baie vrouens buite die huis werk, is ons huise leeg en stort in duie. “Verstandig en kuis, goeie huis-vrouens
.” Titus 2:5. (Sien les 14, “Die Maniere van Haar Huishouding,” want “ My volk gaan onder omdat julle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp ek jou
.” Hosea 4:6.) Ook, om verder te gaan swot is ‘n groot bydraer vir vrouens wat in owerspel verval en geforseer word om klein kindertjies te los. Eva wou kennis gehad het en het dit begeer. “...maar God weet dat julle oĂ« sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” Gen. 3:5. 

Sy sal haar redding vind in moederskap. God het ‘n belofte vir die wat God vertrou aangaande moederskap. “Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe en daarby beskeie bly.” 1Tim 2:15. Hier is net ‘n paar voorbeelde: 

Twee van die mees twisgierige vrouens wat ek al ooit ontmoet het, is moeders van groot families en is geseĂ«nd met uiters toegewyde mans. Hulle huwelike word “beskerm.”

Ons het vrouens gehad wat deel hoe, deur swangerskap of ‘n jong baba, hulle “gespaar” was van moeilike situasies. Hulle was “beskerm” teen eksterne moeilikheid.

Een vrou was medies gespaar omdat elke keer wat haar dokter ‘n mediese prosedure wou uitvoer, wat nou as gevaarlik bestempel word, was sy swanger. Sy was fisies “beskerm.”

‘n Ander vrou het gesĂȘ dat haar skoonouers haar man aanhoudend gepla het om haar te kry om terug te gaan werk toe en ‘n verdienste in te bring. Toe haar vierde kind gebore is het haar man navraag oor dagsorg gedoen en uitgevind dat hulle eintlik geld sal verloor as sy vrou gewerk het. Sy ouers het opgehou om druk toe te pas. Sy was “beskerm1” en kon in haar huis bly.

Ter Afsluiting

Wie is die vyand? Uiteindelik, is dit Satan. Dit is wie agter sonde is, en die wat na sy leuens luister is sy slawe. Ons het baie vokale woordvoerders vir hom; op hierdie tydstip staan hulle bekend as feministe. Hulle doel is om God se manier vir vrouens om kinders te hĂȘ en te baar te verdraai. Die NOW organisasie haat mans letterlik en het na ander vrouens gedraai vir hulle geselskap en na die regering vir hulle beskerming. Hierdie is die vrouens wat jy naboots as jy weier om te baar en die bevel om “vrugbaar te wees en te vermenigvuldig” te gehoorsaam. Hierdie selfde vrouens wat nooit ‘n man sal ken of wil ken nie, het die massas oorreed om hulle eie kinders “dood te maak of te vermoor” as ‘n opoffering aan die feministiese god van “self”. Mag God ons vergewe omdat ons luister en saamstem met hulle leuens, “want hy is ‘n leuenaar, en die vader van die leuen.” (Joh. 8:44)

Doen wat Ek sĂȘ. As jy kies om die wĂȘreld se oortuigings te volg,  het jy uiteindelik gekies om Satan se slaaf te wees en hom te volg. As jy sĂȘ jy glo God, gehoorsaam Hom! “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sĂȘ nie?” Lukas 6:46. Het jy besluit om die Here te vra vir Sy redding, maar Hy is nie regtig jou Heer en Meester nie? As Hy jou Here is, dan tree so op. As babas ‘n seĂ«n is, dan tree so op en vertrou God met jou vrugbaarheid! 

Mag God Jou Seën!

Jou vrou is in jou huis

soos ‘n vrugbare wingerdstok,

jou seuns is rondom jou tafel

soos jong olyfboompies!

Psalm 128:3.

Persoonlike verbintenis: Om op God te vertrou in alle areas van my lewe, insluitende die baar van kinders. “Gebaseer op wat ek uit die Woord van God geleer het en deur die vrugte van die generasie se ongehoorsaamheid waar te neem, verbind en gee ek my liggaam oor aan die Here. As ek verby die ouderdom is om kinders te baar, of permanent nie in staat is om swanger te word nie, verbind ek my daartoe om die Waarheid te deel en oor my foute aan ander te bieg sodat hulle ontmoedig sal wees om dieselfde foute te begaan.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui