Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
en wie se vertroue die Here is.
—Jeremiah 17:7

 

Toe hierdie boek vir die eerste keer geskryf is, was dit omdat so baie mans en vroue voortdurend gebel of aan RMI geskryf het, desperaat vir hulp wanneer hul man of vrou vir hulle gesĂȘ het dat hy/sy van plan was om‘n egskeiding aanhangig te maak, of alreeds het. Hierdie boek het so baie mense gehelp, wat ek geweet het sou aanhou om RMI te kontak, gewoonlik paniekerig, aangesien niemand van ons ooit regtig voorbereid is om egskeiding in die gesig te staar vanuit ‘n gelowige se standpunt nie—deur geloof!

Selfs in die kerk word egskeiding as ‘n doodsvonnis behandel, iets wat gevrees moet word, of iets waarvan “herstel” moet word. Maar, as jy met entoesiasme daardeur gaan, eerder as vrees, deur hierdie eenvoudige beginsels te volg, waarborg ek jou dat jy ‘n nuwe man of vrou sal wees, eerder as ‘n gebroke een.

Hoe meer jy jou “gedagtes hernu” deur die waarheid in hierdie boek te lees, hoe meer sal jy die leuens van die wĂȘreld vervang met geloof in jou Here. Dan, hoe meer geloof jy het, hoe meer sal die vrees verdwyn wat jy ervaar. En, selfs beter, wat sal oorbly sal die “vrede wat alle verstand te bowe gaan” wees. En as jy “’n onuitspreeklike en onbeskryflike blydskap” wil ervaar, dan moet jy hierdie waarhede omhels en daarop voed sodat jy in staat is om entoesiasties daardeur te gaan, eerder as vreesbevange met ontsteltenis.

Terloops, moet nooit, ooit die Bybelverse oorslaan nie, selfs al ken jy hulle alreeds uit jou kop uit. Die verse sal iets wonderliks aan jou gees doen. Daar is ‘n “reiniging met die water en die Woord” wat jou gedagtes, siel en gees sal reinig. Dit sal die vuur van vrees blus en jou begin op jou pad na daardie oorvloedige lewe. Begin deur hierdie vers te lees:

“Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lĂȘ, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed” (Spreuke 24:3-4)

Deur hierdie boek deur te lees, glo ek, sal jy die wysheid, insig en kennis verkry wat jy nodig sal hĂȘ om die “regte ding” te doen, deur eerstens jou prokureur af te dank en op te hou om te probeer baklei teen die egskeiding, gebaseer op hierdie kragtige beginsel wat Jesus vir ons geleer het:

“Julle het gehoor dat daar gesĂȘ is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere’” (Matteus 5:38-40).

Hoe kan jy dit doen? Eenvoudig


“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5-6).

Die wysheid wat verkry word deur hierdie boek te lees, veral die Bybelverse, sal jou help om te weet “wat” om te doen, maar die enigste manier om insig te verkry is om gehoorsaam te wees aan wat jy weet reg is, soos wat jy in Matteus 5:38-40 hierbo gelees het, om op te hou verset!!

Volgende kom die kennis, wat jou sal help om te onderskei hoe om die volgende krisis te hanteer, en hoe om ander te help lei wie deur dieselfde of soortgelyke beproewings gaan. So baie mans en vroue wat op hulself fokus, die mense rondom hul ignoreer wat hulp nodig het, vind dat hulle hul eie herstel verbeur aangesien ‘n ander beginsel wat julle moet gehoorsaam is: “Gee en vir julle sal gegee word.”

Dank Jou Prokureur Af

Deur jou prokureur af te dank en nie meer in die pad te staan van jou eggenoot se pogings om van jou te skei nie, sal geloof en vertroue in die Here verg. Hierdie geloof, glo ek, sal verkry word deur die vele, fantastiese getuienisse te lees van diegene wat gekies het om die Here te vertrou, en “Hy het hulle gered uit hulle ellende”!

“
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende” (Psalms 107:6).

“Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende” (Psalms 107:13).

“
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende” (Psalms 107:19).

“Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei” (Psalms 107:28).

Het jy agtergekom dat God dit vier keer gesĂȘ het?!

As jy geseĂ«n wil word, moet jy op die Here vertrou, heeltemal en alleenlik. Hier is wat die Bybel sĂȘ:

“So sĂȘ die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos 'n kaal bossie in droĂ« wĂȘreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wĂȘreld waar niemand woon nie.

“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die HERE stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel AS dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droĂ« jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie” (Jeremia 17:5-8).

Ek het alles wat ek deurgemaak het in hierdie boek geskryf, wat uiterste vrymoedigheid is wat gekom het om te kyk hoe God my en so baie ander aan wie ek bevoorreg was om bediening te gee, verlos het. Ons Here en Redder het ons almal verlos van die “leeu se bek” en van die “vurige oond” soos wat Hy ons “deur die dal van doodskaduwee” gelei het van prokureurs, ekskeiding dokumente en vrees wat ons probeer verlam het.

Toe ek oorspronklik begin het om hierdie boek te skryf, het ek verstaan wat jy nou in die gesig staar, want my dokumente was deur die balju by my deur afgelewer (toe ek alleen met twee klein seuntjies in ‘n armsalige meenthuis gebly het). Daar was baie leuens in my egskeiding dokumente (wat opgemaak was deur my man en die AV), en in my dokumente was’n bedrag kinderonderhoud genoem wat ek geweet het nooit in die behoeftes van ‘n enkel ma met kinders sou voorsien nie. Ek het ook geweet deur nie hof toe te gaan nie, sou ek “volgens verstek verloor” het en het niemand anders se getuienis gehad om vir my te vertel wat dit sou beteken as my egskeiding finaal was nie.

En net soos jy, moes ek ook “wandel in geloof” toe almal, insluitende Christene en pastore, vir my gesĂȘ het om “’n goeie Christen prokureur te kry om jouself en jou klein kindertjies te beskerm”. En deur dit nie te doen nie, was daar vir my gesĂȘ dat ek ‘n dwaas was en selfs “verdien” het wat sou gebeur, want ek wou nie probeer om my eie kinders te beskerm nie.

Maar, hierdie keer, jare later, het God dit goedgedink om my ‘n groter geloofswandel te laat stap. Hierdie keer toe my man ‘n egskeiding teen my aanhangig gemaak het, het ek ses kinders gehad wat nog in die huis gebly het, en hy was vasberade om geen onderhoud vir die kinders te betaal nie. Hierdie keer was ek gevra om duisende en duisenke dollars se skuld oor te neem wat hy geweier het om te betaal. Hierdie keer het die Here my gevra om die dokumente entoesiasties te teken en in te stem met dit alles en meer, Hy wou ‘n getuienis vir jou gehad het!.

“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie” (Openbaring 12:11).

As gevolg van die getuienis wat die Here net vir jou ontwerp het, hoef jy nie jou egskeiding in die gesig te staar met verskrikking of die onbekende nie. Ek het die pad gestap om soedoende vir jou ‘n veilige en seker pad te gee. Alles wat ek met jou in hierdie boek deel, is iets waardeur ek geleef het.

Liewe vriend/vriendin, ons God is getrou en kragtiger as enige prokureur, of enige eggenoot of vriend/vriendin, of enige omstandighede wat teen jou mag kom! Jy sal dieselfde vreugde ervaar wat ek ervaar het gedurende my egskeiding, as jy eenvoudig op Hom vertrou en jou hart oopmaak vir Sy liefde.

“Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees
” (1 Johannes 4:18).

En deur die baie getuienisse van die getroue mans en vroue wat die beginsels van hierdie boek toegepas het, belowe ek dat as jy net ‘n klein bietjie geloof het, kan jy verder gaan as net vrede—jy sal VREUGDE ervaar, net soos ek hierdie tweede keer doen!!

Hou net jou oë op die Een wie jou maklik kan red van enige vernietiging, wat jou eerder wil seën. Moenie toelaat dat vrees jou beroof van die seëninge van vrede en vreugde nie. Vrees is die vyand se manier om Christene te druk om te doen wat die vyand weet tot hul vernietiging sal lei.

Jy sal nooit jou wonderwerk verkry as jy in vrees funksioneer nie. Vertroue, geloof en gehoorsaamheid aan Sy Woord sal oorwinning teweeg bring en ‘n getuienis om met ander te deel!

Mag die Here jou seën met onspreeklike blydskap as jy jou prokureur afdank en Jesus se hand vat!

Hier is die eerste getuienis:

Dit het alles Gebeur vir ‘n Rede!!

“My man het uitgetrek en het saam met die AV, ‘n medewerker, gebly. Hy was nie gelukkig nie en het ongewens in ons 20+ jaar huwelik gevoel. Voordat ek besluit het om die Here te vertrou vir my huwelik, het ek vir hom eposse gestuur waarin ek Bybelverse aangehaal het en sy sondes en foute uitgewys het. Dit was die verkeerde manier om dinge te hanteer! Hy het sedertdien met my gedeel dat dit hom net kwaad gemaak het en dat dit vir hom ‘n bevestiging was dat hy die regte ding gedoen het toe hy my verlaat het!

Na omtrent ses weke wat ons uitmekaar was en na 'n egskeiding toe beweeg het, het ek besef dat egskeiding nie die antwoord hoef te wees nie. Dit was toe ‘n pastor vriend aan die ander kant van die land, my na die Restore Ministries webwerf verwys het. Ek het dadelik hulle boeke bestel en hulle binne ‘n paar dae gelees.

Ek het nie dadelik my prokureur afgedank nie. Ek het ‘n moeilike tyd gehad met die gedagte om my prokureur af te dank, maar ek het daaroor gebid en binne ‘n paar dae het ek geweet dat ek dit sal moet deurvoer. Die oomblik toe ek my prokureur afdank was daar dadelik ‘n las van my afgelig! Almal, jy moet daardie stap neem! My uitkyk het dadelik verander!

Ek het geweet dat God die enigste een was wat my huwelik kon herstel; dit was slegs ‘n kwessie van dae voordat ek die veranderinge in myself kon sien en sou stop om te dink oor wat ek gedoen het om te verander. Ek het besef dit was nie ek nie—dit was God wat op ongelooflike maniere gewerk het! Die veranderinge het gekom nadat ek begin besef het wat ek verkeerd gedoen het, God gevra het om my te verander en gebid het vir Sy wil om te geskied in ons huwelik. Ek moes dit alles aan God oorgee en totaal op Hom vertrou.

My man het klein veranderinge begin sien wanneer hy vinnig vir die kinders of die pos 'n draai gemaak het. ‘n Gemeenskaplike vriend het ook vir hom vertel hoe baie ek verander het. Ek het vir my man gevra om my te vergewe vir my twisgierigheid in die verlede. Om verby daardie maniere te kom was vir my ‘n verligting, dit is soveel beter om ‘n nie-twisgierige lewe te leef! Die lewe is soveel meer genotvol en ek is ook gelukkiger. Natuurlik kom dit ook van die Gees van God wat in my leef!

My man kon homself nie indink dat die veranderinge werklik was nie en dat ek nie net ‘n front voorgehou het om hom te probeer terugkry vir die verkeerde redes nie. Ons het nie baie gepraat nie maar sou af en toe eposse stuur om oor die kinders te praat. Net soos Erin in haar boek sĂȘ het hy my partykeer getoets wanneer hy met my gepraat het. Ek het dit op verskeie geleenthede gevoel gebeur waar hy iets sou sĂȘ om te kyk of ek reageer. Ek het nie reageer soos ek in die verlede sou reageer nie, wat vir hom gewys het dat ek werklik ‘n nuwe persoon was.

Daar was verkeie funksies wat oor die vakansie sou opkom en ek het gehoop dat ons hulle saam sou bywoon as man en vrou. Dit het nie gebeur nie. Ek en die kinders was saam met my familie by ‘n oord vir Kersfees, ek het my man genooi en hom laat weet dat hy enige tyd van die week by ons kan aansluit. Ek het gebid dat hy Kersfees sou opdaag—dit was al wat ek wou gehad het! Ek het in die bed geklim en gehuil en gebid, maar ek het besef dat dit sou gebeur in God se tydsberekening, nie myne nie. Die oomblik toe ek aan God erken het dat Hy alleen kon weet wanneer ons albei gereed was, het herstel gebeur.

Dit was die 28ste Desember, en my man het by die oord opgedaag. Ek het dit nie verwag nie, en my man het eers 30 min voor hy ons tuisdorp verlaat het oppad na die oord, geweet dat hy huis toe sou kom! Hy was nie seker hoekom hy daar was nie, maar ek het hom verseker dat dit God was wat hom gebring het.

Dames [en here], wees seker om alles aan God oor te gee. Wanneer jy wag en ‘n slegte dag het, bid en bid dan nog! As dit nie vir my geloof, vir ons wonderlike God en gebed was nie, sou ek nie deurgekom het nie! Moenie in die vlees baklei nie—dit sal jou net frustreer en jou herstel stadiger maak. Ek het gevind dat so baie dinge gebeur het net soos Erin gesĂȘ het dit sou in die Herstel en Wyse Vrou boeke. Ek het haar advies gevolg, die Bybelverse gelees en gebid, dit is wat my deurgekry het. Dit sal jou ook deurkry.

“As God jou daartoe bring, sal Hy jou daardeur bring.” Dit het alles vir ‘n rede gebeur. God het ‘n plan gehad, en nou is ek en my man soveel gelukkiger. Ons leef vir God, ons het ‘n fantastiese huwelik en dit word elke dag beter!

Dankie Erin vir jou bediening. Dit is wonderlik hoe jy so baie huwelike gehelp het, ons s’n ingesluit! God is wonderlik, en wat ‘n geskenk het Hy vir jou gegee!

~ Lydia in Colorado—nou HERSTEL!

Weer Bymekaar Na 19 Maande!

Hierdie donasie kom saam met lofprysing aan God vir wat Hy gedoen het! Ek en my man is weer bymekaar nadat ons vir 19 maande uitmekaar was! Nadat ons vir ‘n jaar uitmekaar was, het my man ‘n egskeiding aanhangig gemaak en verklaar dat daar geen manier was wat hy ooit weer sou terugkom na my toe nie.

Ek het jou boeke gelees en na jou bandopnames geluister en ek moet sĂȘ, ek was baie skepties oor sommige dinge wat jy te sĂȘ gehad het—dit het redelik radikaal gelyk— veral die deel om my prokureur te laat gaan. Maar, gedurende die maande wat ek en my man uitmekaar was, het ek aan die Here vasgeklou, regtig probeer om Hom met my hele hart te soek. God was so getrou en het my deur al die ongelooflike beproewings van skeiding gedra en het so volkome voorsien in alles wat ek nodig gehad het!

Gedurende die tyd wat ons uitmekaar was, het ek twee klein kindertjies gehad, ouderdomme vier en twee, en ek was drie maande swanger met ons derde kind. My man het my ook van ons bankrekening afgesny, so ek het geen inkomste gehad nie. Dit was ongelooflik stresvol en moeilik, maar as ek terugkyk, is dit so wonderlik om te sien hoe God so liefdevol na my omgesien het deur alles wat ek in die gesig gestaar het. Hy het my beskerm en my na ‘n plek van rus in Hom gebring.

In Februarie, na 15 maande uitmekaar, het ek uiteindelik besluit om my prokureur af te dank. Dit was heeltemal ‘n daad van geloof want my man was uiters vyandig teenoor my. Die egskeiding was ook op hande en ons het nie ooreengekom oor enige finansiĂ«le of huwelik skikking nie. Ek het op God vertrou om vir my te voorsien.

Ek het ongelooflike druk van my prokureurs ervaar om nie te doen wat ek gedoen het nie. Ek dink nie hulle het met opset propeer om my bang te maak nie—ek is seker hulle het gevoel dat hulle net hul werk probeer doen en omsien na my belange—maar hulle het vir my streng waarskuwings gegee dat ek myself onbeskermd los en dat my man se prokureur sou probeer om my te misbruik. Ten spyte van die druk en vrees, het ek voortgegaan en die prokureurs afgedank. Ek het vir God gesĂȘ dat ek enige gelde wat aan my terugbetaal sou word van die retensiefooi wat ek betaal het, aan Hom sou gee.

So—prys die Here!—hierdie geld is van die wettige retensiefooi. Was dit nie vir die wysheid wat ek deur julle bediening ontvang het nie, sou ek dalk nooit my prokureurs afgedank het nie (en ek sou heel moontlik in die egskeidingshof beland het). Binne ‘n maand wat ek hulle afgedank het, het my man sy egskeiding teruggetrek! En nou, uiteindelik, na ‘n ongelooflike reis, het my man weer by my en ons drie kinders ingetrek. God het my man se hart heeltemal na my toe teruggedraai. Prys God—ek kan Hom nie genoeg prys nie!

~ Darlene* in Virginia—nou HERSTEL.

Het jy hierdie tipe geloof? Spaar die geld wat jy vir ‘n prokureur sou betaal, wat jou huwelik sal verwoes, en skenk dit waar jy ‘n oorvloedige oes sal maai deur huwelike te help herstel!

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui