Dag 8

Man is weer Getroud

maar eers 3 GETUIENISSE!

Huwelik Herstel NA ‘n Egskeiding!!!!

Ek moes net vir jou ‘n e-pos stuur en jou vertel dat ek en my man verlede Vrydag weer getroud is!! NUWE RINGE en alles!!!!!

Eer aan ons God wat ons ALTYD lei om in Christus Jesus te triomfeer! Ons God is by magte om ons te verlos uit die kake van die leeu; ek is ten volle oortuig dat ons God in staat is om te doen wat Hy beloof het!

Dankie vir jou daaglikse bemoediging en vir die wysheid en raad van God wat jy in ons lewens gesaai het deur al jou boeke, video's, webwerf-gemeenskap en die voorbereiding wat jy deur die Woord en jou getuienis gedeel het om my voor te berei vir die dae wat voorlĂȘ. Ek ervaar en verwag opgewonde dat die laaste heerlikheid van hierdie huis groter sal wees as die vorige! Ons God is 'n hersteller van meer as alles wat ons voorheen gehad het. God seĂ«n Herstel Bedieninge ryklik! Ons God is waarlik 'n Hersteller van die puinhope, 'n Hersteller van die verwoesting van ons geslagte!

~Faith* in Nebraska, HERSTEL

Huwelik Herstel Na ‘n 5-Maande Skeiding!

Baie dankie dat jy gehoorsaam was en hierdie bediening begin het. Dit het my werklik gehelp. Alle lof kom God ons Vader toe—my huwelik is na slegs 5 maande van skeiding herstel!!! Ek het my trouringe teruggesit nadat ek die betekenis daarvan gelees het, maar hierdie keer met die regte fokus op wie ek moes fokus, Jesus!!!

Kort nadat ek heeltemal laat gaan het en die Here eerste gemaak het, het my man 01:00 gebel en gevra of ek die motorhuisdeur wil oopmaak, want hy was oppad huis toe!!!! Dit het gewerk want nou vertrou ek God en pas die beginsels toe wat ek in al jou boeke en video's geleer het!!!!

Baie dankie!!!!

~Kitty* in Wisconsin, HERSTEL

Ongelooflike Suksesse tot Herstel en Daarna!

Ek was jare lank desperaat voordat ek Restore Ministries gevind het—sedert 1995. Ek het julle gevind deur 'n ander bediening wat RMI as 'n alternatief gelys het. Ek het geleer en gelees en herlees "Hoe God jou huwelik kan en sal herstel." Ek het besef dat ek God onteer het deur my man en ons gesin eerste te plaas. Ek was 'n ware skynheilige, want ek was nie 'n ware minnaar van die Here nie. Dis toe dat ek begin stilbly. Ek het briewe geskryf aan al die mense met wie ek gepraat het en vir hulle my eie tekortkominge en sondes vertel (nie my man nie, want ek het geweet my eerste liefde moet God wees en om nie my man te beĂŻndruk nie). In plaas van hoe ek hom agter sy rug afgebreek het, het ek begin om my man in ons dogter se oĂ« op te bou en haar aan te moedig om haar pa onvoorwaardelik lief te hĂȘ.

Ek het geleer dat al wat ek ooit nodig gehad het, Jesus Christus was. Ek het ook geleer watter skat my man en familie werklik is (wat God vir my gegee het, wat ek die Here in die begin oor aanbid het). Hoe waar dat jy die hele wĂȘreld kan wen, maar as die Here nie eerste is nie, dan is jou gesin nie by jou nie, dit is 'n leĂ« valse bestaan. 

Meestal het ek besef om nie my man te bespot of vrae te vra nie en die rede daarvoor was dat dit nie saak gemaak het nie. Ek het deur gebed geleer dat God die situasie verander het soos Hy gedoen het om my te verander om Hom meer te wil hĂȘ. Wat 'n verrassing dat ek nie hoef te bedel nie, ook nie hoef te dreig nie, en ook nie hoef te skree soos ek gedoen het nie. Ek moes laat gaan, vriendelik wees met almal en bid (BAIE met God gepraat en na God geluister). Daar was baie ernstige veranderinge om in my te maak en God maak steeds ernstige lewensveranderinge in my. Om die waarheid te sĂȘ, ek het nog 'n lang pad om te gaan.

Soos ek begin verander het en my hart duidelik vir Hom was, het God die situasie omgedraai. Nadat my man teruggekom het by die huis, moes ek die plekke besoek en die dinge doen wat hy met haar (die AV) gedoen het. Ek was steeds besig om aan die binnekant te sterf. Dit was baie seer. As ek nie die Wees Aangemoedig-video's gehad het nie, sou ek onder die druk mee gegee het.

Ek het nog steeds die video's, maar die meeste het ek aangegee om ander vrouens te help (ek het begin om ander te help wat ek glo baie te doen gehad het met hoe dinge in my verhoudings begin verander het). 'n "Wyse vrou bou haar huis" werkboek het twee weke gelede 'n nuwe huis gekry by 'n vrou wat besig was om haar huis af te breek. Al hierdie hulpbronne was so benodig deur ander! Die video's en "Hoe God jou huwelik kan en sal herstel" was noodsaaklik vir my herstel. My raad—"Kry soveel as wat jy kan!"

My man is nou 'n bietjie meer as 'n jaar by die huis. Dit was baie moeilik, want die toetse is moeiliker en hoekom Hy my moes verfyn soos Hy gedoen het. Dames, moenie moed opgee nie. Ek loof God omdat my man met sy arms om my slaap en my hand vashou en gedurig sĂȘ dat hy lief vir my is. Ek loof God want daar was 'n tyd toe hy daardie dinge nie eens vir my gesĂȘ het nie. En hoe meer ek op die Here verlief raak, hoe meer liefdevol en beminlik is my man teenoor my, net soos Erin gesĂȘ het hy sou wees.

Hier is nog 'n opwindende detail—ek is nou al 25 jaar getroud en ek het my man gesmeek om die Woord van God saam met my te lees. Nadat ek op die Here verlief geraak het, het ek dit met hom sien gebeur!! Hy maak my nou soms wakker, en dring dikwels daarop aan om die Bybel te lees en saam met my te bid. Nou lees en bid ons elke oggend sedert Oktober!!! Hy lees en verduidelik die Woord vir my, en toe sewe maande later (nadat ek opgehou het om kerk toe te gaan) het die Here my man kerk toe gelei!! Hy gaan nou al vir ‘n jaar!!! Ek gee al die eer aan God. Ek kan net vir God dankie sĂȘ.

~Kelly in New York, HERSTEL

So jou Man is Weer Getroud—
En Jy Voel Baie Alleen

Mag ons begin deur te sĂȘ dat jou situasie vir die meeste mense die ergste scenario is om God te glo vir ‘n herstelde huwelik. Maar dit is net omdat meeste mense geen idee het wat jou huidige huweliksstatus werklik beteken nie. Dit beteken dat jy nou in die BESTE moontlike situasie is om die Oorvloedige Lewe te leef en te ervaar!! 

En hier is nog goeie nuus...

Die statistieke vir ‘n eerste huwelik om in egskeiding te eindig, is meer as 50% in die die kerk, die tweede huwelik het meer as 80% kans om in egskeiding op te eindig. En elke daarop volgende huwelik daarna—is die suksessyfer selfs minder as 20%. So, as jy bekommerd is omdat jou man weer getroud is, is daar ‘n baie groot kans dat daai huwelik nie gaan hou nie.

Fokus op GOD en jy het alreeds die oorwinning.

Die vraag is EGTER, nie OF dit moontlik is vir jou huwelik om herstel te word nie, aangesien Hy sĂȘ dat dit moontlik is:

Matteus 19:26
"Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Markus 10:27
"Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”  

Lukas 18:27
"Daarop antwoord Hy: 'Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.”

Lukas 1:37
“Niks is vir God onmoontlik nie.”

Die vraag is HOEKOM jou huwelik nie net in egskeiding geëindig het nie, maar HOEKOM jou eks-man (weggehardloop) en weer getrou het?

Dit is waarop ons wil begin fokus. So as jy in staat is om jou gedagtes te HERNU met die beginsels in hierdie afdeling van die lesse, dan sal jy jouself nooit kan indink hoe vinnig jou herstel kan omkeer nie.

As jy gereed is, kom ons begin. Dit mag dalk brutaal klink, maar as jy uithou, is jy oppad na herstel soos geen ander!! Hier gaan ons...

Van jare se bediening aan vrouens (en mans) en om ‘n voorste ry sitplek te hĂȘ om te aanskou hoe huwelike wat na ons toe kom wanneer hulle uitmekaar is, aanbeweeg na skei, en die wat geskei is opeindig met hulle gades wat weer trou, is daar een algemene patroon wat dit veroorsaak het.

Dit is omdat hulle gefaal het om hulle huwelike en mans te LAAT GAAN, asook dan later die eks-man. EN die hoof rede het niks met die man te doen nie, dit is as gevolg van jou wat NIE aan God vasklou nie—die HERE is nie EERSTE in jou lewe nie. Jy mag glo Hy is, maar die vrugte spreek anders.

Aan Hulle Vrugte sal julle Hulle ken

Matt. 7:15-20 sĂȘ vir ons, “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken”. Wat is sover die vrugte van jou staan, agterna te sit en sover nie jou man te laat gaan nie? Is jy enigsins nader aan herstel?

Hier is drie dodelike vrugte wat mag plaasvind wanneer jy voortgaan om “te staan vir jou huwelik” NA ‘n hertroue plaasgevind het.

1. Geestelike trots. “Die FarisieĂ«r het gaan staan en by homself so gebid: 'O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieĂ«rs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee
'" —Lukas 18:11-13. Het jy na ander wat nie in “verbondshuwelike” is nie as sondaars gekyk? Wanneer jy glo dat jou man se huwelik ongeldig is, omdat jy glo dat hy nog jou man is, dan verhef jy jouself bo ander, wat trots is. 

2. Ignoreer of minimaliseer die krag van God se gestorte bloed. Baie glo foutiewelik dat Jesus se bloed nie in staat is om die sonde van owerspel, wat veroorsaak is wanneer iemand skei en weer trou, te kan dek nie. “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers...sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sondes laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van God.” —1 KorintiĂ«rs. 6:9-11

God doen en kan owerspel vergewe! “Toe sĂȘ Jesus: 'Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.’” —Johannes 8:11.

3. Deur ANDER te veroordeel, word die Oortuiging van die Heilge Gees op hulle lewens verhinder. Solank as wat jy jou man oordeel (en die ander vrou) en hulle beskou as die sondaar(s) en jou man se huwelik te veroordeel, dan sal die oortuiging nooit gebeur nie. 1 Tessalonisense 1:5 sĂȘ, “want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met die krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging
”

3. God sĂȘ dat HY “my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets my afskuweliks” in Psalm 88:8. Dat HY “laat my vriende en bure ver van my af staan” in Psalm 88:19. Wanneer ‘n vrou voortgaan om haar man agterna te sit wanneer die Here hom verwyder het, beteken dit dat jy afgodery pleeg! Eksodus 20:3 sĂȘ, “Jy mag naas My geen ander gode hĂȘ nie.” Dit beteken geen ander god soos jou huwelik of jou man nie. 

God moet EERSTE in jou lewe wees. As Hy is en Hy het gekies om jou man van jou af te verwyder, dan sal jy konsentreer op jou verhouding met die Here eerder as om jou vorige man na te sit wat nou weer getroud is.

Dit is ‘n GOEIE ding om ongetroud te bly. Net voor my man huis toe gekom het (maar ek het geen idee dat hy naby was nie), het ek die sterkste begeerte gehad om ongetroud te bly. Nie omdat ek hom nie meer by die huis wou hĂȘ en my huwelik herstel nie, maar omdat ek gevind het dat ek nie ‘n man gehad het om te behaag nie, het my laat konsentreer om my Here en Redder te behaag!

“Vir die ongetroudes en die weduwees sĂȘ ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek.” —1 KorintiĂ«rs 7:8

“Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wĂȘreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit sĂȘ ek vir julle beswil. Ek wil julle nie aan bande lĂȘ nie, maar ek wil hĂȘ julle moet in eerbaarheid lewe en in ONVERDEELDE toewyding aan die Here.” —1 KorintiĂ«rs 7:34-35

Kan JY tevrede wees om ongetroud te bly? As jy NIE kan nie, dan moet jy mooi kyk wie regtig EERSTE in jou lewe is?

Meeste van die vrouens aan wie ek bedien het, wie nog “staan” na ‘n hertroue plaasgevind het, is meer behep met hulle vorige mans as die wie se mans nie weer getroud is nie. Om hulle mans terug te kry blyk asof dit die belangrikste doel in hulle lewens is. Of jou man weer getroud is of nie, jou belangrikste doel MOET wees om ‘n diep verhouding met jou Here en Redder te hĂȘ. Hy moet eerste in jou lewe wees. Indien nie nou nie, WANNEER dan?  

Het jou strewe om jou huwelik te herstel veroorsaak dat jy struikel? Het dit veroorsaak dat jy geestelik arrogant geword het? Het dit afgodery geword? Het jy onvrugbaar geword in jou Christelike wandel as gevolg van jou begeerte na jou vorige eggenoot en vorige huwelik?

So wat is die oplossing?

Sny dit af, en Gooi dit weg van Jou af.

Matteus 5:29-30 gee ons die oplossing: “As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is beter at net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou liggaam in die hel brand.”

Dit is tyd om dit af te sny—heeltemal! As jy enige van die "Be Encouraged" video reekse gesien of gehoor het, dan weet jy hoekom my man my gelos het en die ‘haat muur” nog op was, maar die Here het my gelei om hom te vertel dat hy vry was om te gaan.

Ja, dit was ‘n skrikkerige sprong van geloof. Niemand kon vir my sĂȘ hoe dit sou uitdraai nie. Ek het net geweet, as gevolg van die twee verse wat ek gedeel het en die gelykenis van die verlore seun, dat ek deur aan te hou “vashou” aan my lewe, ek teen God se Woord sal gaan aangesien


Matteus 16:25 sĂȘ: "want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.”

Daarom, het ek besluit om te gehoorsaam ongeag die nagevolge en om my geloof en hoop totaal in God te plaas. Dames, dit was ‘n GROOT keerpunt in my lewe en my toekoms!

Is jy gewillig om jou lewe te laat gaan sodat jy die oorvloedige lewe wat God vir jou het kan vind? Ek sal jou grootliks aanbeveel om die Here na te streef oor wat ek met jou gedeel het, deur elke dag oor en oor elke Skriflesing te gaan. Dan as jy skuldig voel, om offisieel jou man te vry te stel!

Maar HOE?

Bid oor ‘n brief om vir jou man te skryf. Op hierdie manier, kan jy beheer hĂȘ oor wat gesĂȘ word en kan jy dit verskeie kere weer lees voordat jy dit stuur. Jy kan dalk iets soos dit stuur:

“Hallo, ek weet dat om aan jou vas te hou en te hoop dat ons weer terug bymekaar kom, dit druk op jou geplaas het en jou lewe ellendig gemaak het. Ek wil hĂȘ dat jy moet weet dat ek uiteindelik jou advies geneem het en stappe begin maak het om aan te gaan met my lewe.

Ek wil hĂȘ jy moet weet dat jy vry is om jou lewe te lei sonder om oor my bekommerd te wees. Ek is jammer oor hoe my obsessie dit vir jou moeilik gemaak het om tyd saam ons kinders (en kleinkinders) te spandeer. Ek wil hĂȘ jy moet weet dat dit alles verby is. Jy mag na familiebyeenkomste gaan sonder om te voel dat ek jou lewe oordeel of dat ek agter jou aan is.

As dit sal help, sal ek nie vir ‘n hele jaar na enige verjaarsdagvieringe of vakansies toe gaan nie om aan jou my opregtigheid te bewys en my begeerte om jou finaal die vryheid te gee wat jy vir te lank verdien het. Vergewe my asseblief omdat ek so ‘n dwaas was. Ek beplan ook om die huis te verkoop soos wat jy my so dikwels gevra het om te doen, om aan jou te bewys dat ek bedoel wat ek sĂȘ. Nog een ding, ek weet hoe moeilik dit vir jou was om jou vriende en jou kerk te verlaat. Ek beplan om na nuwe vriende en ‘n nuwe kerk te begin soek as nog ‘n manier van aanbeweeg. 

Erin"

Neem asseblief kennis: Moenie begin met “Liefste” of eindig met “Liefde” nie. MOENIE verklarings maak van “altyd lief vir jou” of selfs “hoop ons kan vriende wees” nie. Ook, moenie enige “klein praatjies” insluit of die kinders daarby inbring nie. 

*Gebruik wat van toepassing op jou situasie is uit hierdie voorbeeld en voeg by in ander areas waar jy voorheen GEWEIER het om te laat gaan. Bid ook of jy dit moet pos of dit per hand moet aflewer sodat jy weet dat hy dits al ontvang en NIE die nuwe vrou nie. Probeer om dit ook vir dieselfde redes nie te epos nie. 

Getuienis

‘n Vrou uit KaliforniĂ« het aan my geskryf oor die herstel van haar huwelik. Dinge het goed verloop vir hulle albei en beide ek en sy was hoopvol dat haar huwelik spoedig herstel sou word. Op ‘n dag het sy egter deur ‘n vriendin gehoor dat haar man met die ander vrou getroud is. Moedeloos het sy vir my geskryf, “Wat nou?” Ek het met van wat jy sopas gelees het met haar gedeel. Sy het terug geskryf en my bedank. Sy het gesĂȘ die oomblik wat sy tevrede met God se oĂ«nskynlike wil vir haar lewe geraak het, en sy haar wil vir Syne prysgegee het, was sy in vrede en tevrede om ‘n enkel lewe te lei en nooit weer te trou nie (sy was in haar vroeĂ« dertigs).

Binne ‘n jaar, het sy vir my geskryf en gesĂȘ dat haar vorige man haar gekontak het. Hy het gesĂȘ dat hy besef dat hy die grootste fout van sy lewe gemaak het! Dat hy en sy vrou alreeds uitmekaar is en ‘n egskeiding aanhangig gemaak was. Hy wou geweet het of sy dit sou oorweeg om weer met hom uit te gaan en of sy dit net sou oorweeg na hy wettiglik geskei is. Hy het vir haar gesĂȘ dat dit sy voorneme was om weer met haar te trou as sy hom wou hĂȘ! Sy was nie gevlei of borrelend nie, INSTEDE daarvan het sy hom gevra om haar NIE weer te kontak nie aangesien hy nog ‘n getroude man was. ‘n Paar maande later het hy haar weer gekontak, en gesĂȘ dat sy egskeiding finaal was, en hy het haar weer en weer begin vra om met hom uit te gaan. Uiteindelik het hy haar oorreed en hulle is weer getroud en verwag hul eerste kind.

Ek het die beginsel van om ‘n man HEELTEMAL te laat gaan, aan elke vrou wat na ons toe kom vir hulp gedeel. Maar selfs meer duidelik aan die wie se mans weer getroud was. So ver het almal behalwe een die beginsel van die hand gewys—almal behalwe hierdie een wat nou ‘n herstelde huwelik het. Hierdie EEN vrou was nog nooit by ‘n Verbond=gebaseerde bediening nie. Sy het nog nooit van “verbond” huwelike gehoor nie, ‘n term wat uit ‘n Skriflesing in Maleagi geneem is. In ons bediening, het ons nog nooit een man of een vrou gesien wat terugkeer na ‘n hertroue nie, behalwe hierdie EEN. Maar weer, laat ek beklemtoon, dit was die enigste

Toe hy alleen gelos was, het haar vorige man die volle impak van sy verkeerde besluit om met die ander vrou te trou gevoel. Hy het nie van sy vorige vrou gesien of gehoor gedurende die hele tyd wat hulle uit mekaar was nie, hy moes haar opspoor om haar te vind (hulle het nie kinders gehad nie). Ek sĂȘ dit vir die wat bang is om te laat gaan, met die vrees dat God nie in staat sal wees om die persoon terug te bring sodra hulle vry is om te loop en nie agterna gesit word nie.

Die ander rede waarom dit gewerk het, is omdat dit in ‘n man se natuur is om agterna te sit en harder sal probeer as hy glo dat hy dit nie kan kry nie! Vrouens en selfs jong meisies is nou die wat die agternasit doen en word mishandel en misbruik as gevolg daarvan! Dit is onnatuurlik. Dink aan sport, jag en die mededigendheid van mans. Hulle hou van ‘n uitdaging en verloor gou belangstelling, en beweeg aan na die volgende uitdaging.

Hoekom word JY nie jou man se uitdaging nie? Wees dit wat hy agternasit—maar moenie speletjies speel nie! In plaas daarvan streef God na, nie deur meer godsdienstig te wees nie, maar in ‘n vervulde verhouding wat jou sal laat STRAAL soos wat Hy jou van BINNE verander! En sodra die transformasie kompleet is, belowe ek jou dat jou man daarvan sal hoor selfs al probeer jy om dit ‘n geheim te hou. God sal SY ONTHULLING op die perfekte oomblik orkestreer wanneer jy die mees stralendste is, en nadat die ander vrou bitter en snydend geword het.

Spreuke 5:3-4 “Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.

Psalm 34:5 “DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap.”

Daar is baie getuienisse hieronder wat jou sal aanmoedig om God toe te laat om jou te verander deur Sy liefde en deur te laat gaan en getrou aan Hom te word!! Maar eers...

Vroeër het ons die vraag gevra HOEKOM jou huwelik nie net in egskeiding geëindig het nie, maar HOEKOM jou eks-man (weggehardloop) en weer getrou het? 

Dit is waarop ons wil begin fokus. So as jy in staat is om jou gedagtes te HERNU met die beginsels in hierdie afdeling van die lesse, dan sal jy jouself nooit kan indink hoe vinnig jou herstel kan omkeer nie.

As jy gereed is, kom ons begin. Dit mag dalk brutaal lyk, maar as jy uithou, is jy oppad na herstel soos geen ander nie!! Hier gaan ons


Van jare se bediening aan vrouens (en mans) en om ‘n voorste ry sitplek te hĂȘ om te aanskou hoe huwelike wat na ons toe kom wanneer hulle uitmekaar is, aanbeweeg na skei, en die wat geskei is  opeindig met hulle gades wat weer trou, is daar een algemene patroon wat dit veroorsaak het.

Dit is omdat hulle gefaal het om hulle huwelike en mans te LAAT GAAN, asook dan later die eks-man. EN die hoof rede het niks met die man te doen nie, dit is as gevolg van jou wat NIE aan God vasklou nie—die HERE is nie EERSTE in jou lewe nie. Jy mag glo Hy is, maar die vrugte spreek anders.

Om nie te laat gaan nie en ook voort te gaan asof jy getroud is wanneer dit kom by intimiteit. Daar is egter geen beter manier om herstel te voorkom deur met ‘n eks-man te slaap nie.

Aan Hulle Vrugte sal julle Hulle ken

Matt. 7:15-20 sĂȘ vir ons, “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken”. Wat is sover die vrugte van jou staan, agterna te sit en sover nie jou man te laat gaan nie? Is jy enigsins nader aan herstel?

Wat is die vrugte van jou wat voortgaan om te maak asof jy getroud is wanneer jy in werklikheid nie is nie? Miskien deur intiem met jou eks te wees, al praat hy daarvan om die AV te los en weer met jou te trou, gebeur sy beloftes nooit nie—is jy bereid om op hierdie manier te lewe?

Intimiteit

Sodra jy begin om te verander, en die twisgierige vrou met ‘n stil en sagmoedige gees te vervang, en ook te laat gaan van jou man, sal jy Goeie Vrugte begin sien. Gou sal dinge begin omkeer tot die punt dat jou eks-man moontlik sal wil begin om weer intiem met jou te wees. Die absolute ergste ding wat jy kan doen is om te maak asof jy nog getroud is en met jou eks-man te slaap.

Toe my man my gelos het, en na ‘n jaar vir my vertel het dat hy deur die ander vrou gedruk word om my te skei, het ek na God toe gegaan met dit wat vir my vertel het, wel, sou deurgaan. Hy het my egter verseker dat dit nodig was vir die getuienis. Nie lank daarna nie het Hy my begin voorberei op die “verandering” in my situasie. Toe ek begin verander het, het ons intimeit weer begin al was ons uitmekaar en het hy saam die ander vrou gebly. Maar toe die egskeiding deurgegaan het, het die Here vir my gesĂȘ, dat as ons weer intiem sou wees, dit sou wees soos twee persone wat nie getroud was nie—en dit sou verkeerd wees!

My gesukkel het begin om te weet of ek hom moes waarsku oor hoe dinge sou verander, maar ek het geweet dat hy dit sou sien as ‘n taktiek om hom te probeer kry om die egskeiding te stop, so ek het die beginsel in Spreuke 17:28 gevolg “As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse.”

Omdat ek nie die egskeidingsverhoor bygewoon het nie, maar by “afwesigheid” verloor het, was ek nie seker of die egskeiding deur gegaan het of nie, so ‘n dag of twee na die hofdatum, het ek my man gevra of dit toegestaan was. Toe hy gesĂȘ het dat dit toegestaan was, het ek geweet om NIE weer intiem met hom te verkeer nie, nie totdat ons weer wettiglik getroud was nie. Dit het nie gegaan oor my man of my eks-man nie, maar oor God.

Die redenasie dat ons “in God se oĂ«â€ getroud was, is ‘n lokval uit die put van hel. Baie vrouens wat gebruik en misbruik is en nooit wettiglik getroud is nie, gebruik dieselfde leuens—vrouens wat lelik daardeur seergemaak word. Ek het geweet dat God my wou beskerm en dat ek aan my hemelse Vader behoort het, wat nie sou wou hĂȘ het dat ek gebruik word nie. Hy wou gehad het dat ek rein bly en wag vir my eks-man se hart om teruggedraai te word na my toe en weer met my te trou.

So later daardie dag toe my ex-man gesellig met my begin word het, het ek geweet dat ek iets sou moes sĂȘ. Ek het weg van hom af beweeg en hom vertel dat aangesien ons nie meer wettiglik getroud was nie, ons nie meer intiem kon verkeer nie. In die begin het hy gedink ek maak ‘n grap, maar toe hy begin besef het dat ek ernstig was, het hy begin om die gedeelte in Die Skrif van “een vlees” aan te haal. Ek het egter vir hom gesĂȘ dat ons nie wettiglik getroud was nie en dat ek die wet gehoorsaam moet wees, net soos voor ons getroud was.

Berustend, het hy gesĂȘ dat hy my besluit sou respekteer maar het nogsteeds voortgegaan om my te soen. Ek het weggetrek van hom af en hom laat weet om dinge te STOP voordat dit te ver gaan en dat dit reg vir hom sou wees omdat hy terug gaan na sy woonstel toe waar iemand vir hom gewag het om mee intiem te verkeer (die AV), maar dat ek alleen agterbly en niemand gehad het nie. Dat om te hartstogtelik te word te moeilik sou wees en dat net ‘n vinnige hallo en totsiens soen was wat ons van nou af sou doen.

Ja, dit is toe dat hy uitgestorm het, net soos ‘n tienerseun wie se meisie nie seks met hom wou hĂȘ nie, maar ek het geweet dat dit deel van God se plan was om my te herstel. Ek het onthou wat my ouma gesĂȘ het, dat “mans nie die koei sou koop terwyl hulle verniet melk kon kry nie.” Ek wou weer trou en nie net ‘n owerspeelster soos die AV word nie, so ek wou nie net ingee nie. Maar raai wat? Dis toe dat my eks-man begin het om agter my aan te loop!! Hy het so soetsappig begin, dat ek seker was dit was om my weer terug in die bed saam hom te kry, maar ek wou nie ingee aan my toewyding om rein te bly en te wag tot ons weer getroud was nie.

Dit het minder as ‘n week vir hom geneem, wat my agternasit het met liefdevolle verklarings, geskenke en elke manier om my terug te wen, voordat hy verklaar het: “Deur van jou te skei was die GROOTSTE fout van my lewe!!” Het ek voortgegaan om met hom te slaap, twyfel ek of ek ooit daardie woorde sou hoor! Hy het my vertel dat seks met haar aaklig en gespanne was. Eventueel het hy op die bank begin slaap. Dit het sy begeerte na my versterk, en nou hou hy aan om my te vertel hoe spyt hy was dat hy my geskei het. Ek hou daarvan om dit te hoor!! Sekerlik, hy kon gaan soek het of met ander vrouens begin slaap het, maar wanneer ‘n man iets wil hĂȘ wat hy nie kan kry nie, is dit in sy natuur om dit selfs meer te wil hĂȘ. 

Wat as jy alreeds met jou eks-man geslaap het?

Soos met alles, is dit nooit te laat in God se oĂ« om Hom en Sy Woord te begin vereer nie. Begin reg daar waar jy nou is en volg die waarheid van Sy woord wat sĂȘ “die waarheid sal jou vrymaak.” Wees eerlik en erken dat jy nie meer wettiglik getroud is nie; daarom is dit verkeerd om met enige man intiem te verkeer.

Laat weet jou eks-man oor jou nuutgevonde skuldbevinding en maak dan baie seker dat jy jouself nooit in die situasie plaas waar dit ooit weer kan gebeur nie. Bly weg van hartstogtelike soene af en selfs as jy nie in die omtrek is (of wanneer hy is) moenie flieks kyk wat daardie passie in jou sal aanvuur nie. Gedurende die tyd wat ek my weerhou het van intimiteit, het ek baie gevas, wat my gehelp het om my vleeslike begeertes dood te maak. Maar wat my die meeste gehelp het was om hom nie te soen of naby hom te kom nie, wat gemaak het dat my eks-man my selfs meer wou hĂȘ! 

MEER Getuienisse

“Dankie dankie dankie ek het gedoen wat julle gesĂȘ het en kort daarna wou my eks met my slaap. Maar omdat ek God en Sy Woord wou vereer, het ek vir hom gesĂȘ dat ek is so jammer is, maar dat ek net nie kan nie. Soos julle gesĂȘ het, het hy alles probeer, toe het hy een oggend op die punt van die bed gesit en onbeheersd begin huil. Ek het teruggestaan en wou hom nie troos nie omdat dit kon lei dat ons intiem begin raak en ek het dit geweet. Dit het hom net nog meer droewig gemaak en hy het die ander vrou begin vloek wie hy gesĂȘ het hom gemaak het om van my te skei. Ek is nie seker of dit waar is nie, maar van daardie dag af praat hy aanhoudend oor hoe hy die ander vrou gaan los en ons praat oor trouplanne!! Hy wil my op die wittebrood neem wat ons nooit gehad het nie omdat hy ‘n deel van sy lewe mis wat ons as man en vrou gehad het!!—dit is soos ‘n splinternuwe begin. Toe hy eers begin praat het van weer trou, was dit net om hof toe te gaan en dit weer wettig te maak. Nou wil hy hĂȘ ons moet ‘n mooi troue hĂȘ met ons kinders, vriende en sy familie. Wow, doen dinge op die regte manier, God se manier, wat vol seĂ«ninge is wat ek myself nooit kon indink nie!!!”

Judy in Wisconsin

~~~~~~~~~

Liefste Erin, soos jy en almal wat my uit my Bio ken, het ek in dieselfde slaggat geval deur met my eks-man te slaap nadat ek na die opname: “Sex and the Stander” geluister het toe hy weer begin omkom het—en hy het my gou weer gelos vir ‘n ander vrou. Ek hoop almal leer uit hierdie groot fout wat ek gemaak het. Ek persoonlik glo dat die enigste manier om hierdie lokval van die vyand te vermy, is om die beginsel van “laat gaan” te volg en aan die Here “vas te klou” en Hom as jou Man te neem.

Hierdie onderwerp (laat gaan) en die slaggat om te verlang na “verbode vrugte” kon makliker op sigself ‘n hoofstuk gewees het, omdat daar so baie getuienisse is wat hierdie beginsel bekragtig wanneer dit gevolg of ignoreer word. Mag julle geseĂ«n word wat hierdie diepsinnige waarhede gedeel het om ons van vernietiging te help red. Ek wens net ek het dit voorheen geweet en gevolg en as ek dit gedoen het, is ek seker dat ek nie nou nog vir herstel sou wag nie, dat dit alreeds sou gebeur het!

~Helen in Louisiana

As jy van ‘n “staanders” agtergrond af kom, sal ek jou aanmoedig om op Helen se naam te klik en deur haar bio en vorige Aanmoedigers te lees om te leer oor die slaggate van hulle onbybelse taktieke. Helen is baie deursigtig oor hoe hulle nie werk nie en hoe jy vir ewig ‘n “staander” sal bly.

En omdat intimiteit ‘n moeilike onderwerp is, word dit ook in die V&A boek gedek wanneer vrouens van hulle mans geskei is.

VRAAG: Die egskeiding het deur gegaan so, natuulik, gaan intimiteit nie gebeur nie?

ANTWOORD: As die egskeiding deur gegaan het, is intimiteit verbode TENSY jy geskei wil bly. As jy jou eks-man wil hertrou dan moet jy doen wat reg is sodat God jou sal eer en jy Hom sal eer.

VRAAG: [Staat: Kalifornie. Huidige Huweliksstatus: geskei.] My man en ek het geskei maar het weer terug bymekaar gekom (ek het met my twisgierige houding my huis afgebreek). Ek het geloop en later besef dat dit ‘n fout was, maar dit was te laat, hy wou my nie terug gehad het nie. Nadat ek julle boek en werkboek gelees het, het God begin beweeg, ons het mekaar begin sien en met mekaar gepraat. Nou is ek swanger en hy is ontsteld en kwaad en wens ons het nooit weer met mekaar begin praat nie. Wat doen ek nou? Bly ek weg? En laat hom afkoel of moet ek nog steeds ‘n vrou vir hom wees? Hy wil selfs hĂȘ dat ek ‘n aborsie moet kry


ANTWOORD: Jy moet hom tyd gee deur vir ‘n rukkie apart te bly. Bid dat God sy hart na jou en die baba toe sal terugdraai. Jy het genoem dat jy geskei is, toe weer terug bymekaar. Het jy weer getrou, of was jy nog steeds geskei toe julle weer intiem geraak het? Ek is seker in die boek wat jy gelees het, dat sodra ‘n egskeiding plaasgevind het, jy nie intiem moet wees nie. Wanneer ‘n regter beslis dat jy nie meer getroud is nie, moet ons gehoorsaam, “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God” (Rom. 13:1). Ek het baie tragedies gesien wanneer dit oortree word. Daar is nagevolge vir die oortreding van God se Woord, selfs al was dit onwetend. “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie” (Hos. 4:6).

As jy intiem was terwyl jy geskei is, moet jy dit voor die Here bely. Bid dan vir ‘n geleentheid om voor jou man te bieg. Onthou wanneer jy met hom praat, om in te stem, met ENIGE IETS wat hy sĂȘ, of bly stil. (Matt. 5:25) As hy jou weer vra om ‘n aborsie te kry, sĂȘ vir hom dat jy daaroor sal moet bid. BID DAN!! Aangesien julle nie meer getroud is nie, word daar nie van jou VEREIS om onderdanig te wees nie. Toe jou man van jou geskei het, het hy daardie voorreg verloor, so die baba is in geen gevaar nie.

Wanneer ‘n vrou ‘n begeerte het om haar huwelik te herstel, onderwerp sy haarself GEWILLIGLIK. Dit is haar keuse om dit te doen as ‘n voorbeeld van haar geloof dat haar huwelik herstel sal word. Dit is wat ek gedoen het. Nietemin, as ek gevra was om teen God te sondig, soos wat jy gevra was om te doen, sou ek nie gewilliglik myself onderwerp het nie. Nietemin, ‘n vrou wat getroud is moet in ALLE dinge onderwerp, en vertrou dat die Here haar getrou sal uitlewer—omdat Hy getrou IS!!! “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees” (Efe. 5:24). Selfs al is ons mans ongehoorsaam aan die woord soos Abraham was. “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal julle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys... as julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters” (1 Pet. 3:1-2,6).

VRAAG: My man het in Julie van my geskei. Voor ons geskei was, was ek en hy nog steeds intiem. Ek het gewonder of ek hom moet verwerp indien hy nou intiem sou wou raak. Ek is verward daaroor omdat Die Skrif sĂȘ “ons is saam gevoeg tot die dood” maar dan is daar egskeidingspapiere wat deur die mensdom ingestel is. Wat verdring die ander? In my hart voel ek nie om van hom geskei nie maar ek is seker dat dit is hoe elke vrou voel. Ek bekommer my dat sy begeertes die oorhand sal kry, omdat hy gesĂȘ het dat hy ‘n vasektomie wil kry sodat hy nie weer ‘n fout maak en nog ‘n baba verwek nie. Ek weet hy sien iemand en ek is seker sy sit druk op hom om intiem te wees. Wat beveel jy aan moet ek oor hom, myself en haar bid aangaande die situasie?

ANTWOORD: As jy die vrouens se herstelboek het, kan jy die antwoord aan die einde van die eerste hoofstuk vind. Basies is Die Skrif duidelik dat God ons as een vlees sien, maar Hy sĂȘ ook vir ons dat ons onder die wet is vir ons beskerming. Die wet wat sĂȘ jy is geskei; daarom, wettiglik is jy nie meer getroud nie.

Jesus het die wet gevolg deur belasting te betaal en Homself toe te laat om gevang en vervolg te word. Hy het Homself nie bo die wet geplaas nie; ons kan niks minder doen nie.

“Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God af kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. ‘n Mens hoef nie vir di owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf” (Rom. 13,:1-4).

Kan ek Weer Trou?

NEE! 1 KorintiĂ«rs 7:39 is baie duidelik, “‘n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe. As hy sterwe, is sy vry om te trou met wie sy wil, mits dit met ‘n gelowige is.”

Oor die jare het ons baie vrouens gehad wat nie in staat was om hulle mans, in hulle harte, te laat gaan nie, en dit het daartoe gelei dat hulle met iemand nuut trou. Omdat hulle gevoel het asof hulle gefaal het, en het hulle opgehou om aan herstel te dink en iemand nuut gevind om mee te trou. 

Die eerste e-pos kom altyd na ons bediening toe om ons te laat weet hoe gelukkig die vrou is nadat sy met iemand nuut getrou het. Dit begin basies om ons te vertel hoe VERKEERD ons is in ons ferm oortuiging teen hertrou. Dan, binne maande, maar gewoonlik sowat ‘n jaar in die nuwe huwelik, skryf hierdie selfde vrouens DESPERAAT aan ons vir hulp en skryf bladsye en bladsye hoe berouvol sy is en vra wat sy nou kan doen.

Dit is dan wat sy haar fout besef, en die grootste meerderheid is van hierdie vrouens wat so getrou ons bediening finansieel onderhou! Kan jy jou dit verbeel!! Hulle is so ongelukkig in die nuwe huwelik en wil desperaat ons bediening ondersteun wat die waarheid praat. Omdat hierdie nuwe mans eintlik “goeie mans” is, kan hierdie vrouens hulle self nie sover kry om oor hulle foute of die bediening te praat nie. Hulle vra vir ons om die waarheid met vrymoedigheid te praat en vra dat JY om hulle onthalwe bedien word voordat jy nie dieselfde fout begaan nie. 

So, is jy gereed om op Bediening te begin fokus?

Of jy nou in jou 20’s of 60’s is, daar is vrouens of meisies wat DESPERAAT leiding nodig het!

“Net so moet jy ook vir die ouer vroue sĂȘ hulle gedrag moet diĂ© wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” –Titus 2:3-5 

Begin om te Bedien

Vir die van julle wat gewillig is om julle lewens toe te wy deur “oor jou swakhede te roem” en om jonger en/of seer vrouens te help bedien, kan julle, julle bediening sommer reg hier by RMIOU begin! Vir nou, hou net aan om hierdie lesse te leer en besef dat Hy jou geroep het om ANDER te help.  

Eerlik, is wat jy sĂȘ regtig waar??

“U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers”—Psalm 119:24

V&A

Vraag:

Hallo, ek het hulp nodig om iets te interpreteer. Die vorige materiale het my soveel vrede gegee dat ek gevoel het ek was nie meer in ‘n krisis nie, ek het selfs my vreugde teruggekry. Maar nou het my situasie omgekeer, my eks is weer getroud EN verwag nou, want hy het ‘n omgekeerde operasie gekry om in staat te wees om swanger te raak...Beteken dit ek hou nog steeds vas tot die punt waar herstel nie toegelaat word nie of dit nie God se wil is nie, aangesien dit so vĂȘr gegaan het? Natuurlik is my hart gebreek, wat nie reg is nie, want kinders is seĂ«ninge van God af. Ek sal werklik julle gedagtes waardeer.   

Baie dankie,

Sandra

Antwoord:

Psalm 92:5-7 Afr 83 Vertaling

“U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. Groot is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. Wie dit nie besef nie is ‘n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word.”

Jesaja 30:18 Afr 83 Vertaling

God is Genadig en Regverdig

“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.”

Niks is onmoontlik nie, maar my onmiddelike interpretasie is dat so hartgebroke soos wat Sandra is, breek my hart vir die Here wat wil hĂȘ sy moet Hom wil hĂȘ. Dit herinner my baie aan ‘n liewe vriendin wie baie naby aan New Orleans gebly het. 

Toe haar man uitvind dat sy meisie swanger was, het hy besluit om met die AV te trou. My vriendin het egter al lank terug haar man laat gaan en die Here begin nastreef en saam met my gewerk om ander vrouens te help. 

Oor die volgende jaar of twee, het my vriendin se tienerdogter by haar halfsuster betrokke begin raak en begin om die kleuter na hulle huis toe te bring, dikwels vir ‘n naweek. My vriendin het voor ons groep gekom, nadat sy persoonlik met my gepraat het, en gebieg oor die haat wat sy vir sy dogter gevoel het en dat sy skaam was oor hoe sy teenoor ‘n onskuldige babadogtertjie gevoel het. Daardie aand het sy geween en was sy genees. Die wrok was vervang met ‘n liefde vir hierdie klein dogtertjie. 

Dit was seker ‘n jaar later toe dinge in sy nuwe huwelik begin uitrafel het. Die AV (nou sy eggenoot) het begin om nie huis toe te kom nie. Sy het in een van die nabye casinos gewerk en omdat haar man op die boortorings gewerk het, het hy uitgevind dat sy hulle klein dogtertjie by die kinderoppasser vir dae gelos word. Omdat hy nie geweet het wat om te doen nie, het hy na sy eks-vrou toe gedraai vir hulp. Hy het haar vir my vriendin gegee om na te kyk (en sy dogter wie nou in haar twintigs was maar verloof was)—alles as gevolg van haar liefde vir sy dogter. 

My vriendin het hoegenaamd GEEN gevoelens gehad nie, maar ek het haar aangemoedig dat dit ‘n goeie ding was...om haar oĂ« en hart by die Here te hou...ek het haar herinner hoe aaklig dit vir die Here, wat jou man is, as jy ‘n hoer is.

Die AV het van haar eks geskei en hom toesig oor hulle dogter gegee, nadat sy gebieg het dat sy swanger geraak het om hom te kry om in elk geval met haar te trou. 

Na sy egskeiding het hy my vriendin gevra om met hom te trou om sy dogter ‘n huis te gee en omdat hy gesien het wat ‘n wonderlike vrou sy altyd was. Maar my vriendin het hom van die hand gewys, gesĂȘ sy was ‘n gelowige, dat die Here nou haar Man was (sy het hom die vers in die bybel gewys), maar dat sy sou voortgaan om hom te help om sy dogter groot te maak en aan haar as haar eie te dink...  

Hartgebroke, het haar man met die enigste Christen van wie hy geweet het op die boortoring, gepraat. Net om uit te vind dat daar ‘n groep Christene was wat daaglikse Bybelstudies gehad het, waarby hy aangesluit het. Nadat hy die Here aanvaar het en wedergebore is, het haar man ‘n nuwe mens geword. Hy het nie eens soos dieselfde ou gelyk toe ek hom gesien het nie. ‘n Jaar later is hulle getroud.

Moenie die punt miskyk nie. As gevolg van my vriendin wat getrou was aan haar Man was sy in staat om haar hart veilig te hou en toe te laat dat die Here was wat sy nodig gehad het. En nie net om haar onthalwe nie, maar vir haar man se onthalwe. Hy het spasie gehad om te sien met wie hy getrou het en om dan my vriendin na te sit. En toe dit gefaal het, het hy in sy seer na die Here toe gedraai.

Die ander groot deel van hierdie herstel was dat my vriendin die persoon was wat by kerke omgegaan het om die kerksekretaresse te laat weet oor ons gemeenskapsvergaderings een keer per week. Sy het ‘n Bybelstudie klas in die middel van die week by haar huis begin, en deur die Wyse Vrou gegaan en haar dogter het begin om in te sit. Sy en haar dogter het toe ‘n groep vir ouer tienerdogters begin, en die verandering in haar dogter was ongelooflik. Haar vriende het ook begin verander, en het begin om anders te lyk en anders aan te trek EN sy het opgehou om met ouens uit te gaan. Toe sy wel getroud het, het sy haar verloofde by ‘n jeuggroep ontmoet en hy was nie soos die ouens met wie sy voorheen uit gegaan het nie, ouens soos haar pa. Sy is getroud voor haar pa gered was, maar voor dit was sy aangetrokke tot ouens soos haar pa.

~ Erin

“Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hĂȘ, en dit in oorvloed” —Johannes 10:10

Vind die Oorvloedige Lewe
Oorvloedige Lewe Kursus 1

Die beste ding wat jy kan doen is om Sy bruid te word,
en te begin om die oorvloedige lewe te vind wat Hy gesterf het om vir jou te gee!
Laat gaan om selfs te dink aan jou vorige man en vind uiteindelik Ware Liefde!!

Verstaan die beginselfs van Trouringe
Om Jou Trouringe Te Dra Of Nie

Om jou trouringe te dra of nie, is redelik belangrik ten opsigte van jou herstel.      

In hierdie Trouring-LES hoop ons om dit duidelik te maak of jy jou trouring moet dra of nie—en om te weet wat om te doen. Wees DAN seker om terug te kom hierheen en: 

DIEN ‘n “Oorkom Struikelblokke” LOFVERSLAG in, KLIK HIER.

Hoe meer eg en deursigtig jy kan wees, hoe meer sal dit ander vrouens help om met jou te identifiseer, en hoe makliker vir die wat na jou volg🙂

Maak seker jy het ons bonusles gelees—veral as jy van ‘n “staanders” bediening af gekom het, om te sien hoe dinge sal verander AS God toelaat dat die egskeiding deurgaan.

Maak seker jy het ons bonus les gelees—veral as jy van ‘n “staanders” bediening af gekom het.

Bonus Lesse

Geskei & Intimiteit

“...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” —Joh 8:32 

Nou is dit tyd om HIER TE KLIK en jou hart teenoor die Here uit te stort in jou joernaal “Wat ek Geleer Het.”  

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui