“Hy Het My Vasgehou Gedurende Elke Oomblik wat Ek Geval Het”

 

Paloma, hoe het jou herstel eintlik begin?

Wel, ek het nie die presiese datum nie, maar ek kan sê dat my huwelik eintlik begin uitmekaar val het op my troue. Die vyand was subtiel besig met ons in die aanval en ongelukkig het ons nie ‘n idee van die erns daarvan wat besig was om te gebeur besef nie. Toe ons dit besef het, het ons alreeds baie baklei, ons het mekaar nie met dieselfde respek behandel as wat ons het soos tot voordat ons getroud is nie. 

Toe, finaal, in die middel van Desember het my man die huis verlaat en al sy goed geneem en niks agtergelaat nie. Hy het gesê dat hy nie meer lief is vir my nie en kon nie met my getroud wees nie. As ons getroud gebly het, sou hy ‘n lewe van valsheid gelewe het want hy kon my eenvoudig nie gelukkig maak nie. Hy het terug na sy ouers se huis getrek, en destyds is ek nie seker of daar enige vrou by betrokke was nie. Ek het geweet dat as ek uitgevind het daar was iemand, ek meer verpletterd sou wees as wat ek was.

Hoe het God jou situasie verander soos jy Hom heelhartig uitgesoek het?

In die begin, in die eerste maand van my reis, het ek diep geval. Ek het kwaad geword en my man vir alles wat besig was om te gebeur blameer. Ons het nog baie gestry, en ons het verskeie kere oor die telefoon baklei en ek het baie dinge gesê wat ek nie moes gesê of genoem het nie. Ek alles gesê wat ek was so kwaad. Dit was toe, omtrent daardie tyd, dat ek op die internet gegaan het, ek die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en sal Herstel gevind het. Ek het dit afgelaai en begin om dit dadelik te lees!

Ek was verstom oor hoe alles wat ek daar geskryf het eintlik presies wat ek besig was om deur te gaan, Dit was toe dat ek verstaan het dat God my na hierdie boek toe gelei het, omdat alles op die Woord van God gebaseer was. Ek het begin om die kursusse te doen, en elkeen van die lesse te joernaal, en seker gemaak dat ek die daaglikse bemoediger gelees het. Alles was wonderlik! Deur al hierdie hulpbronne, het ek gou al my foute agtergekom, gesien hoe baie dit bygedra het tot ons verwydering, en het myself totaal aan God gegee. 

En elke dag was God besig om my hart te hervorm, nie net as gevolg van die joernale nie maar ook ‘n manier om vir Hom te skryf—spesiaal om my foute aan Hom te bieg. My eerste gebed, deur in elke les in te gaan was altyd om God te vra om my te hervorm, om alles wat verkeerd in my was te verander, omdat ek ‘n vrou na aan God se hart wou wees. Alhoewel ek wonderbaarlik verander wou wees, het my hervorming geleidelik gebeur. Tog het die Here kragtig in my lewe opgetree, en my elke oomblik wat ek geval het vasgehou.  Elke keer wat ek mismoedig geword het, het Hy my getroos.

Dwarsdeur my reis was die Here my getroue Metgesel en het my nooit maak twyfel nie, wetend dat ek hierdie reis kon voltooi—selfs wanneer die omstandighede teenstrydig was as wat ek verwag het om te gebeur. Ek het baie vir die geestelike hervorming van my man ook gebid, want ek het geweet dat alles wat met ons gebeur het uit ‘n geestelike krisis gebeur het. Dit het gebeur omdat ons albei van God af wegbeweeg het en die vyand het hierdie afstand gebruik om te probeer on ons huwelik te vernietig.

Watter beginsels, uit God se Woord (of deur ons hulpbronne), Paloma, het die Here jou gedurende hierdie beproewing geleer?

Wat van kardinale belang vir my herstel was toe ek die beginsel van Laat Gaan toegepas het. Alhoewel hy nie geskakel het nie, hy het nie boodskappe gestuur nie, hy het nie vir my gesoek nie, ek het geweier om hom te kontak. Dit het hom baie gepla omdat ek hom altyd agterna gesit het, hom geskakel, hom uitgelok, van die dag wat ons ontmoet het. Maar God het my gewys die eerste keer wat ek my man eerste in my lewe geplaas het en dat ek hom van hierdie “troon” af moet verwyder—want die Here alleen is bedoel is om hierdie plek in my lewe te beset. En so toe begin ek om heeltemal op die Here staat te maak, my man in my hart en gedagtes onttroon. Op hierdie keerpunt, was daar nie meer smart in my hart nie. Mense kon nie verstaan hoe ek so gelukkig kon wees en God so dien nie, alhoewel meeste geweet het dat ek besig was om deur hierdie ontstellende tribulasie gegaan het so kort nadat ek getroud is. Maar ek het die Here met my hele hart gesoek en ek was totaal oorreed dat my huwelik herstel sou wees, en gou herstel, as ek voort gegaan het met wat ek besig was om te doen, en my daaglikse reis met Hom te volg.  

Wat was die moeilikste tye wat God jou deur gehelp het Paloma?

Daar was baie moeilike tye, soos toe die vyand mense gebruik het om my aan te val, insluitende mense na aan my soos my moeder. Ek was baie hartseer hieroor, omdat ek nie ‘n bitter vrou wou wees nie. Ek wou gelukkig met my nuwe HM wees. Dit was omtrent hierdie tyd wat ek die Vind die Oorvloedige Lewe begin lees het, so ek het my HM ontdek. Omdat ek gevra het, het Hy die onmoontlike gedoen, my altyd styf vasgehou toe ek Sy liefde die meeste nodig gehad het. My trane het in vreugde verander.

Paloma, wat was die “keerpunt” van jou herstel?

Ek was baie seker dat my huwelik herstel sou word, soos wat ek gesê het net omdat God daardie sekerheid in my hart geplaas het. En soos wat ek nader aan die einde van my reis gekom het, het ek begin droom dat hy op die punt staan om terug te kom. Toe ek wakker word, omdat ek nog altyd baie romanties was, het ek baie tyd spandeer om my te verbeel hoe my herstel sou gebeur. Ek het gedagdroom, en my verbeel dat my man my skakel om aandete saam hom te geniet en te sê dat hy jammer was, dat hy lief was vir my en dat hy wou huis toe kom. Ek het baie getuienisse van herstelde huwelike gelees en gewonder hoe my eie sou lyk. Maar soos ons almal weet, ons planne is nie God se planne nie, en Hy het dit vir my op ‘n baie harde en tragiese manier gewys. Nietemin het dit gedien om my te wys dat hy soewerein is in Sy besluite. Ook dat ons, nooit vir ‘n oomblik, moet probeer verbeel wat in ons toekoms is nie. In plaas daarvan moet ons op Hom vertrou soos wat hy Sy plan ontvou.

Vertel vir ons HOE dit gebeur het Paloma? Het jou man net by die voordeur ingestap? Paloma, het jy dit vermoed of kon jy sê dat jy geweet het dat die herstel naby was?

My man was alreeds nader aan my. Teen hierdie tyd het hy vir my begin boodskappe stuur en vir my en my seun gevra om oor te kom, en hy was versigtig om al ons rekeninge te betaal.

Tog, gedurende ‘n gesprek met sy moeder (sy het my altyd gevra om na haar huis toe te kom en my seun saam te bring sodat sy hom kon sien), het sy vir my gesê dat sy met my man gepraat het en hy het baie twyfel gewys om hom ooit met my te verenig en terug te kom huis toe. Sy het vir my gesê dat somtyds het hy gevoel asof om huis toe te kom maar hy was bang. Onmiddelik het ek geweet dat dit die vyand was wat aan sy verstand werk, en hom aan sy sonde gebonde gehou het.

In April, omtrent vier maande in my reis, het ek die laaste gesprek met my skoonma gehad. Ons het amper vir ‘n uur gesels. Sy het gesê sy was baie seker dat teen Paasfees ons weer bymekaar sou wees.

Die gesprek het die aand voor Goeie Vrydag plaas gevind. Die daaropvolgende dag, het ‘n tragedie plaasgevind. Ek het die ergste oomblikke van my lewe beleef. My skoonma het ‘n slagoffer geword nadat sy in ‘n voorval op die straat vermoor is. My skoonma is op slag dood. My skoonma was meer as ‘n skoonma vir my, sy was my vriendin, my sielsgenoot, my tweede moeder. Ons het ‘n ongelooflike verhouding gehad, sy was baie lief vir my en ek was net so lief vir haar. Ek kan nie die pyn wat ek gevoel het en nog steeds voel beskryf nie. Gedurende hierdie onverwagte tragedie, het ek die heeltyd by man se sy gestaan. Hy was platgeslaan deurdat hy sy moeder so jonk verloor het, so vroeg, en so onverwags. 

Na dit, het ons saam gebly, en vir die volgende paar dae in haar huis geslaap. So, ten midde van al die swaar kry, die dag na sy oorlede is, het ons gepraat en my man het gesê God het dit op so manier gedoen wat geen keuse vir hom gelos het nie. Hy het gesê dat hy terugkom huis toe om weer saam my te bly. Ek weet my herstel was nie eens naby aan wat ek my verbeel het nie, maar ek het geweet dat God dit gedoen het soos wat Hy dit reg sien, so ek kan nie murmureer of kla nie. Ek weet dat God nog steeds Sy werk in albei ons lewens, en ons familie, voltooi. Hy het al reeds begin om soveel te doen.  

My man het gewillig die verhouding wat hy met die AV gehad het beëindig, wie ek nooit van geweet het totdat ons herstel was nie. Dit, natuurlik, het my baie gelukkig gemaak, dat hy dit van my af weggesteek het en dit beëindig het sonder dat ek hoef te geweet het. Dit was ook my HM se werk glo ek.

Ons stap nog steeds op ons restorasiereis, maar nou is dit saam, een tree op ‘n slag, en elke dag sien ek positiewe veranderings in ons verhouding, alhoewel, natuurlik, niks is perfek nie. Tog, weet ek ons het baie dinge om te herstel, maar ek weet ook dat my God voortgaan om agter die skerms te werk en ek weet dat “die glorie van die tweede huis beter sal wees as die eerste.” En omdat Hy so gesê het, glo ek! Hy het nog steeds so baie van wat ek gevra het herstel, en ek het vir so baie gevra. Een wat belangrik was, was my moeder se hart teenoor my man. Sy was baie verhard, baie kwaad vir hom, maar met hierdie tragedie, met alles wat gebeur het, het sy eenvoudig van alles vergeet en behandel hom nou soos haar eie seun! Sy het eintlik begin om hom nou te “moeder.” God is wonderlik!

Ons mag dalk nie God se doel vir ons lewens verstaan nie, maar ons weet Sy wil is goed, perfek, en aangenaam.

My skoonma, wie so vasberade was en geveg het vir die herstel van ons huwelik, was tot haar dood deur God gebruik. En dit het haar dood gekos om al haar begeertes (en myne) waar te maak. Soos wat Job sê, “God gee, God neem weg. Geseën wees die naam van die Here. “Alle eer en glorie kom Jou toe Here! Jou weë is perfek!!

Sou jy enige van ons hulpbronne aanbeveel wat jou gehelp het Paloma?

Ek het alreeds aan so baie ander vrouens wat deur ‘n krisis in hulle huwelik gaan die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel  en die webwerf aanbeveel. Alles wat julle aanbied,  Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel, ‘n Wyse Vrou, Deur die Woord Van Hul Getuienis, en deur julle aanlyn kursusse te gaan wat ek aanbeveel. Ook Vind die Oorvloedige Lewe Kursus omdat elkeen van julle hulpbronne my gehelp het en ek is seker elkeen sal ander vrouens ook help.

Sal jy geinterreseerd wees om te help om ander vrouens aan te moedig Paloma?

Ja! Ek wil deur God gebruik word.

In elk geval Paloma, watter soort aanmoediging sal jy ,ten slotte, ander vrouens mee los?

Ek bemoedig elkeen van julle, liewe beminde bruide aan, om voort te gaan op jou Herstel Reis, deur altyd julle lewens totaal in die hande van God te los. Nooit op te geen nie en elke beginsel na te volg, moet nie een enkele een afskeep of ignoreer nie, selfs al is dit moeilik of onmoontlik. God tree op, op Sy manier en in Sy tyd, maar Hy sal optree, as ons getrou en gehoorsaam is. Hy wys niemand wat reg lewe soos wat Hy jou leer van die hand nie. Wees lief vir jou God en verwyder jou man van die troon af waar die Here alleen in jou harte en gedagtes moet regeer!

Dankie my liewe HM, vir jou genade en Jou betroubaarheid. Ek verdien nie so baie liefde maar ek sal vir ewig myself in jou liefde en in Jou deurdrenk. Jou liefde kan ook die lewens van al die vrouens wie my getuienis lees affekteer en verander. Liewe Here, ontbloot Jou krag en Jou liefde in hulle lewens, in die naam van Jesus. Amen! 

 

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND

Deur Die Woord Van Hul Getuienis (Boek 6): Verkondig die Goeie Nuus Aan Almal

KLIK HIER om jou eie afskrif te kry om te merk en te lees hoe ander, net soos jy, dit deur hulle Herstel Reis gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui