Whitley, hoe jy jou herstel eintlik begin?

Wel, dit het alles begin toe my seun siek geword het en ek hom na die pediater toe geneem het. My seun se pediater het gesê dat as dit nie verbeter nie om hom in kennis te stel. My seun het nie verbeter nie so toe stuur ek vir hom ‘n boodskap om te vra hom wat ek kon doen. Van daar af het ek elke dag ‘n boodskap van hom ontvang om te vra of my seun verbeter het en ons het gou vriende geword. Hy het my en my wonderlike moedersorg begin komplimenteer, maar toe dit gebeur het, het ek probeer verander want ek was ongemaklik. Dit was nie beplan, toe ons vriende begin word het nie, maar destyds, het ek nie die skade gesien om vriendelik met my seun se pediater te wees nie omdat dit makliker was as hy ‘n probleem gehad het.

My fout was dat ek te onskuldig of miskien onnosel was, omdat ek eenvoudig nie besef het wat besig was om te gebeur nie. In een van ons gesprekke het die dokter gesê dat hy daarvan hou om gedigte te skryf en dit is eintlik my passie. Ek is ‘n onderwyseres en ek het myself baie gedigte geskryf, maar niemand het ooit omgegee nie. So, toe hierdie man eintlik wou lees wat ek geskryf het, he ek regtig opgewonde geraak. Daardie dag, alhoewel ek baie gehad het, het ek hom net twee gestuur om te lees.

Natuurlik, het ek dit vreemd gevind om so baie komplimente van hom te ontvang, dit het voorgekom asof hy vir my elke dag ‘n boodskap gestuur het met ‘n nuwe onderwerp om te bespreek maar ek het net die aandag geniet. So net om seker te wees dit is reg, het ek besluit om ‘n gedeelte van die gesprek te kopieër en dit vir ‘n vriendin te stuur.  

Toe een dag, was ek besig om te probeer om ‘n vriendin te help wie ook probleme in haar huwelik het en vra toe my man om vir my ‘n epos vir haar te stuur. My rekening was oop omdat ek niks gehad het om weg te steek nie. Toe sien hy al die pediater se boodskappe wat ek vir my vriendin per epos gestuur het wat ek van my foon gekopieër het. Hy was woedend. Daardie dag het hy ‘n sak gepak en is vir 4 dae weg van die huis af. Toe hy terugkom het, het hy ‘n egskeiding papier vir my gehad om te teken—alhoewel niks gebeur het nie.

Hoe het God jou situasie verander Whitley soos wat jy Hom heelhartig nagestreef het?

Ek was ‘n Christen vandat ek 19 is maar ek het afgedwaal. Baie keer, ek sou nie kerk toe gaan sodat ek by die huis kon bly saam my man om hom gelukkig te hou. Min het ek geweet dat deur hierdie houding te hê, nie net oor kerk nie, maar deur hom eerste te sit bo alles—het bewys dat ek onopsetlik my man eerste gesit het. Toe alles gebeur het, en my man gesê het hy wil ‘n egskeiding hê, het ek finaal na God toe gekeer vir hulp. Ek het die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel gehad maar het dit nog nie gelees nie. Ek kan nie onthou wie dit vir my gegee het nie, of waarom nie, maar daar was dit.

Desperaat het ek vir ‘n kerk naby die huis gesoek, maar toe ek UiteindelikHoop.com gelees het, het ek geweet dat dit nie ‘n kerk was wat ek nodig gehad het nie. Dit was Hy wat ek nodig gehad het. Van daar af het ek die Here my nommer een prioriteit gemaak. Ek het begin om die HJH boek te lees en notas te neem. Ek het alles gelees wat ek kon om my naby aan God te hou. Ek het begin om in baie dinge in my lewe suksesvol te wees, een dag op ‘n slag. Ek onthou dat my man vier dae in ons plattelands se huis spandeer het en toe hy terugkom het hy alreeds die besluit geneem om van my te skei. Ek het vir hom gesê dat ek God bedank het dat ek deur hierdie nagmerrie gegaan het omdat net toe het ek besef dat niks die plek van die Here in my lewe kon neem nie.

Watter beginsels, uit God se Woord (of deur ons hulpbronne), Whitley, het die Here jou deur hierdie beproewinge geleer?

Ek het vir God gevra vir wysheid en geduld, maar die basiese beginsel was om die bose met die goeie te oorkom en om my man sonder ‘n woord te wen. Stil te bly. My man het ‘n punt daarvan gemaak om my te verneder elke kans wat hy gekry het. Hy het vir my aaklige goed vertel, my vir die gek gehou, goed op sosiale media geplaas, maar elke keer het Hy gesê ek moet niks sê nie, niks doen nie. God het my gehelp om daardeur te gaan. Stilte is die mees magtigste wapen wat ons het en wat meeste stryde sal wen. Aan almal van julle wat hoop vir herstel, wag alleenlik en uitsluitlik op die Here. Plaas al jou hoop in Hom

Liewe Bruide, ek moedig julle aan om die Vind die Oorvloedige Lewe, veral “Jou Beste Beskerming," te lees. Almal van ons dames hunker na beskerming, dit is in ons DNA geskryf, so waarom nie tyd neem om regtig na te dink oor ‘n ingebore basiese behoefte vir elke vrou nie? Ons weet wat ons Redder vir ons gedoen het, en wat Hy in staat is om te doen as ons op Hom vertrou, andersins, mag ons, ons lewens lei as onvoorspoedige en behoeftige vroue terwyl dit alles alreeds deur ons HM voorsien is. Met my hele hart, moedig ek jou aan om te lees oor jou beste beskerming ooit - jou BRUIDEGOM. 

Soos wat ek gesê het, ek beveel hoogs die kursus,  Vind die Oorvloedige Lewe boek aan!!! My geloof is soveel meer verbeter as enigiets wat ek gelees het, en my hele lewe is verbeter deur die beginsels wat onderrig word.

Hy het ‘n puik lewe vir ons almal, vir al Sy BRUIDE. Somtyds GAAN HY ons van die bose uitlewer, maar ander kere gaan ons die bose in die gesig staar, so ons moet leer om liefdevol te wees teenoor die enes wat ons leed wil aandoen. Sodra ons leer om na HOM te luister, en om stil te raak in SY arms en om SY geselskap te geniet, sal dit die spoed wees om vrede vir ons siele en werklike vreugde te vind.

Om eenvoudig te praat, alles op te som—al wat ons nodig het is die versekering dat Hy met ons is, HY IS LIEF vir ons en versorg ons goed. Dit is wat HY DOEN, dit is sy natuur, HY IS ONS MAN.

Sodra ons ontdek het dat ons reg is in die presiese situasie wat ons in is, die posisie wat ons is omdat HY die Een is wat sal voortgaan om alle dinge ten goede te orkestreer, omdat ons lief is vir Hom en omdat HY WEL ‘n plan vir ons lewens het.

Deur hierdie boek, word ons gelei om ander te vergewe, minder te verwag van mense wat om ons is, om onsself te vergewe, om bly te wees oor ons wagtydperk, om dankbaar te wees oor elke detail van ons reis. Michele help ons om die groot WAARHEID met hierdie boek te verstaan. Sy help al ons Bruide, om ons oorvloedige lewe te vind wat in ONS BRUIDEGOM WEGGESTEEK IS.

Op die ou einde, maak tyd nie meer saak nie, sodra ons, ons met ons BEMINDE verheug. Die scenario maak nie saak nie, HY GAAN daar saam ons wees, en ons kan op HOM vertrou, HY sorg altyd goed vir SY BRUIDE. Leer asseblief om die BESTE te geniet, SY GESELSKAP IS DIE BESTE!

‘n Oorvloedige lewe? Ek het dit alreeds, Hy het dit lank voor my herstel vir my gegee, en ek behoort aan HOM, HY is my oorvloedige lewe!!

Whitley, wat was die “keerpunt” van jou herstel?

Die keerpunt was van die begin af toe ek dit duidelik gemaak het dat ek nie meer my eerste Liefde sou los nie. Ek het vir myself gesê, vir God, vir my HM gesê dat Hy eerste is, maar ek het die heel tyd van my AM gepraat. My gevoelens vir hom was duidelik en waar hy in my lewe was, nommer een en nommer een afgod. Toe ek WERKLIK getrou was aan my HM, het die mees ongelooflikste dinge gebeur. Eerstens, geen pyn. Maak nie saak wat ek gehoor het of nie gehoor het oor my AM nie, dit het my nie in die minste affekteer nie. Wat ‘n WONDERWERK tog is dit alles wat RMI ons vertel, Erin sê, en elke HHG wat ek lees sê. Maar ek kon dit nie verstaan en ek het myself net geflous dat ek laat gaan het en my HM was eerste tot dan.   

Die volgende ding is dat my AM se gevoelens vir my VERANDER het. Dit het voorheen gebeur, maar elke keer vantevore, het ek gou van hom en my huwelik ‘n afgod gemaak, net om my AM te sien wegdraai en my weer verwerp. Maar toe ek nie omgegee het nie, toe my HM werklik my, MY EERSTE LIEFDE was, het ek net nie omgegee wanneer my AM gaaf met my was. Dit het veroorsaak dat hy my agterna gesit het! Nog ‘n wonderwerk maar weer wat hierdie bediening vir my van DAG EEN af gesê het. 

Vertel ons HOE dit gebeur het Whitley? Het jou man net by die voordeur ingestap? Whitley, het jy dit vermoed of kon jy sê jy was na aan herstel?

Hoe dit gebeur het was toe ek swanger geraak het twee maande in my HR. Alhoewel hy ‘n egskeiding aanhanig gemaak het, was dit duidelik dat hy gevoelens vir my gehad het. So, aangesien ons nog getroud was, en gebaseer wat ek by HBI geleer het, was ek onderdanig vir sy toenadering. Tog, eerder as om my wonderwerk te wees, was my swangerskap aaklig. My AM het gruwelik verwyder geword, maar ek het vir niks gevra nie: geen ondersteuning, geen toegeneentheid. Vir my AM was dit asof ek nie swanger was nie.

Toe ons seun gebore was en hy begin het om meer met my te praat, het ons begin om ‘n goeie verhouding te hê, maar daar was nog steeds ‘n groot kloof tussen ons. Dit was duidelik hy was nie ten volle in nie, so toe vra ek Hom of Hy my sou wys dat herstel plaasvind. My AM het nog steeds nie sy trouring gedra nie en dit het my familie baie gepla. Eendag nadat ek van my familie gehoor het hoe skandelik dit was, het ek vir God vertel dat die teken dat my huwelik herstel gaan wees is wanneer hy die ring weer aansit. Dit sou die teken wees dat dit Sy wil was.

Toe eendag toe ek uit die badkamer kom en hy inkom van die ander kamer af en sê het dat hy gedink het ek verdien beter en ek sien dat hy weer sy ring aan het. In alles, het my reis ‘n jaar geduur, maar die WAARHEDE en my HERVORMING sal vir ‘n LEEFTYD hou.

Sou jy enige van ons hulpbronne in besonder aanbeveel wat jou gehelp het Whitley?

Eerstens sal ek die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel  aanbeveel en die Bemoediger te lees en natuurlik, die aanlyn kursusse wat deur RMI aangebied word. Dit is baie belangrik om altyd naby aan alles wat jou na die Here toe lei te bly en hierdie bediening doen dit. Om jou HM te ontdek en die Vind die Oorvloedige Lewe Kursus is wanneer jou lewe regtig sal verander.

Ook, as jy aanvoel dat jy nie geseën word nie en daar is iets wat dit stop, sal ek daarna kyk om vir jou voorraadkamer jou tiende te gee. Dit is toe my wonderwerke opgehou het om gesteel te word, die oomblik wat hulle gebeur het. Lees hoe om aan Hom oor te gee en te vertrou en waar jy geestelik gevoed word.

Sou jy belangstel om ander vrouens aan te moedig Whitley?

Ja

Hoe dit ook al sy Whitley, watter soort aanmoediging sou jy van hou om, ter afsluiting, met vrouens te los?

Gee jou hart heeltemal vir HOM. Laat jouself toe om gebreek te word, gee dan jouself aan Hom OOR. Vra om vergifnis vir jou sondes. Praat altyd met HOM asof dit jou laaste gebed is. Vertrou. Glo in Sy beloftes. Vra vir WYSHEID. Sê NIKS. Stilte is jou beste wapen. Streef God meer en meer na. Hy sal jou hoor. Ontdek jou HM. Raak verlief. Maak Hom jou nommer Een. Ek weet nie hoe lank jou geveg sal hou nie maar wees seker God gee jou die Oorwinning. Moet nie haastig wees nie, dit is alles in Sy tydsberekening, nie joune nie. Myne het ‘n jaar gevat, joune kan meer of minder hou. God weet wat elkeen van ons moet deurmaak sodat ons kan verander. Vind jou HM vroeg sodat jy jou reis kan geniet.

 

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND

Deur Die Woord Van Hul Getuienis (Boek 7): Hou Moed: Ek Het Die Wêreld Klaar Oorwin

KLIK HIER om jou eie afskrif te kry om te merk en te lees hoe ander, net soos jy, dit deur hulle Herstel Reis gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.