Lees Ariana se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Hy Wil HĂȘ Ons Moet die Alles HĂȘ"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 12 “Hy Lei die Hart” 
 

“Die koning se hart is in die 
hand van die HERE soos waterstrome:  
Hy lei dit waarheen Hy wil..” 

Spreuke 21:1

Het almal al vir jou vertel dat jou eggenoot ‘n wil van sy eie het; daarom sal hy dalk “kies” om nie terug te kom nie?  

Waaneer jy op die pad van huweliksrestorasie is, sal jy gebombardeer word (soos almal wat hulle huwelike probeer restoreer) deur ‘n stormloop van mense wat vir jou sal vertel dat dit jou eggenoot se keuse is en sy “vrye wil” om te besluit of hy jou wil los om by ‘n ander vrou te wees. Maar, Prys die Here, dit is nie waar nie!!  

Wanneer ek vir die antwoorde gesoek het, vir hierdie verknorsing van mens se wil teen God se wil, het ek gevind dat die Bybel altyd God se wil genoem het en nooit mens se wil nie.

Laat my toe om jou te wys wat Hy vir my gewys het:

Dit is nie mens se wil nie maar God se wil!!

“
gee aan wie Hy wil .” (Dan. 4:32).

“
gee aan wie Hy wil.” (Dan. 4:25).

“
dan sal Hy ons verlos
” (Dan 3:17).

Neem in ag NebukadnĂ©sar.  Nadat sy trots hom laat kruip het soos ‘n dier, sĂȘ hy van God, “En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leĂ«r van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sĂȘ: ‘Wat doen U nie?’” (Dan. 4:35). Is dit nie dieselfde God wat Sy eie wil volg nie? Is jou eggenoot grooter as Koning NebukadnĂ©sar?

Neem in ag ook Jona. Jona was onwillig om te doen wat God wou gehad het hy moes doen, maar God het hom gewillig gemaak. “En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.” (Jona 1:17). God is meer as instaat om jou eggenoot gewillig te maak!!

Laastens, neem in ag Saulus. “Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here
 omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af; en hy val op die grond
 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oĂ« oop was, het hy niemand gesien nie. Die Here het my gestuur, naamlik Jesus sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. En dadelik het daar iets soos skille van sy oĂ« afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.” (Hand. 9:1–18).  

God is meer as instaat om jou eggenoot binne oomblikke te verander!! Ek het dit al baie keer gesien gebeur, met my eie eggenoot en met ander se eggenote! Indien jy sĂȘ “Maar jy ken nie my eggenoot nie,” sou ek sĂȘ—Jy ken nie vir God nie!! Hy het jou verander het hy nie?

Hy lei die Hart

Jy sal pastore en ander christene hoor sĂȘ dat dit jou eggenoot se wil is om jou te los, van jou te skei, of by ‘n ander vrou te wees. Maar ons het nou net uit die Bybel geleer dat dit nie mens se wil maar God se wil is nie.  

Dit mag dalk jou eggenoot se wil wees om jou te los en van jou te skei of met iemand anders te wees. Nie te min, God kan sy hart verander!

Ons hoef nie oor sy wil bekommerd te wees nie. Instede moet ons bid dat die Here ons eggenoot se hart sal lei. “Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.” (Spr. 21:1).

Bid dat God vir hom ‘n nuwe hart sal gee en sy hart van klip vervang met ‘n hart van vlees! “En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.” (Eseg. 36:26).

Die eerste stap om te neem voordat God jou eggenoot se hart kan lei, is om God se beloftes te soek, Sy waarhede te vind en dit dan toe te pas. Hierdie is die verse wat ek gememoriseer het en gebruik het om Dan se hart terug te lei.

“As die HERE behae het in die weĂ« van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.” (Spr. 16:7).

“
en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” (Ps. 37:4).

“Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer.” (Ps. 37:5).

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matt. 6:33).

Onthou dat jy God eerste in jou lewe moet plaas; Hy wil nooit tweede plek in jou hart hĂȘ nie. Wanneer jy Hom eerste plek in jou hart gegee het, sal Hy jou begin vorm sodat jy meer soos Hy word. Dit is dan, wanneer jy sal sien hoe jou eggenoot se hart na jou gelei word.

Indien jy sukkel met die prinsiep van God se wil teenoor mens se wil, sal jy, God se Woord moet studeer en Sy beloftes in die dieptes van jou hart bĂȘre, sodat dit jou siel begin hernu!

Kom ons kyk na ‘n paar Bybelverse wat vir ons vertel hoe God die harte van mense en konings gelei het:

“Hy wat so iets in die hart van die koning gegee het 
” (Esra 7:27–28).

“Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard
” (Eksod. 14:17).

“Die HERE het Farao se hart verhard 
” (Eksod. 10:27).

“Die HERE lei die koning se hart waarheen Hy wil.” (Spr. 21:1).

In the boek van Spreuke leer ons wysheid. Spreuke 1 vers 2 tot 7 gee vir ons ‘n beskrywing van Wysheid.

Om Wysheid en tug te ken.

Om Woorde van insig te verstaan.

Om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid.

Die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry.

Die woorde van die wyse manne en hulle raaisels te verstaan.

Om aan die eenvoudiges skranderheid te gee.

Aan die jongeling kennis

Lees Spreuke elke dag vir Wysheid! (Gaan na ons webblad seksie genoem “Daily Devotional” om elke dag bybelverse te lees.)

Eggenote wat Onwillig is

Nie alle eggenote kom huistoe nadat God hulle harte gelei het nie. Baie eggenote, gaan teen hulle harte omdat hulle vrouens nog dieselfde is as wanner hulle, hulle vrouens gelos het. Weereens, God is meer as instaat om jou eggenoot se hart terug te lei na jou.  Maar, as jy nogsteeds twisgierig is, vriendelike onderrig nie op jou tong is nie en jy nie ‘n sagmoedige en stille gees toon nie, dan, wanneer sy hart terug gelei is na jou, sal die ou jy die oorsaak wees dat hy sy hart teenoor jou verhard en ‘n willige besluit maak eerder as ‘n hart besluit!

Maak seker dat jy hierdie boek oor en oor lees! Maak seker dat jy die Woord uitlewe. Maak seker dat jy ure in Sy Woord en in gebed spandeer. Jy moet ‘n nuwe vrou wees om te veroorsaak dat jou eggenoot sy hart volg en huistoe kom! Onthou, die rede dat jou eggenoot jou in die eerste plek gelos het en met ‘n ander vrou deurmekaar geraak het is omdat jou huis nie op die Rots gebou was nie. Dit was gedeel; dit was deur jou eie hande afgebreek en ook deur jou houding—met ander woorde, jou twisgierigheid en arrogante houding.

Kom ons kyk na Spreuke en ‘n paar Nuwe Testament Bybelverse:

Met eie hande. “Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.” (Spr. 14:1).

Huis van die hoogmoedige. “Die Here sal die huis van die hoogmoedige afbreuk.” (Spr. 14:1).

Huis wat teen homself verdeeld is. “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.” (Matt. 12:25).

Dit het nie geval nie. “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reĂ«n het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.” (Matt. 7:24–25).

Saam opgebou. “
Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.” (Efe. 2:21).

Mag geen mens skei nie. “En Hy antwoord hulle en sĂȘ: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesĂȘ het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Matt. 19:4–6).

God het belowe om te genees, restoreer en die vrug van jou lippe te skep! “Ek was toornig vanweĂ« die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg. Ek het hulle weĂ« gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges. Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sĂȘ die HERE; en Ek sal hulle genees.” (Jes. 57:17–19).  

“Want miskien is hy om hierdie rede 'n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit, nie meer as 'n slaaf nie, maar mĂ©Ă©r as 'n slaaf [van sonde], as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.” (Filem. 1:15–16).

Jy moet toelaat dat God jou breuk en verander sodat wanneer (nie indien) God jou eggenoot se hart draai, hy ‘n nuwe jy sal sien! (Sien ‘n Wyse Vrou vir hulp.)  

Niks is by God onmoontlik nie!

Die Here lei die Hart waarheen Hy Wil!

Persoonlike verbintenis: om God te vra om my eggenoot se hart te lei en nie te bekommer oor die mens se wil nie. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself om te vertrou dat God my eggenoot se hart sal lei. Ek glo nie dat my eggenoot sy eie wil het nie; daarom, sal God ingryp om my onthalwe en my gebede beantwoord. Instede, daarvan dat ek glo dat my eggenoot sy eie wil sal volg, glo ek dat God sy hart huistoe sal lei.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui