Lees Valerie se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Vandag is my Man 'n Toegwyde Vader"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

WOTTSeries-768x541

 Hoofstuk 6 “Twisgierige Vrou”

“'n Aanhoudende gedrup op die dag
van 'n stortreën en 'n twisgierige
vrou is net eenders. Wie haar wil teëhou,
hou wind teĂ«, en sy regterhand ontmoet olie.”

—Spreuke 27:15–16

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Vra Jouself, “Is Ek ‘n Twisgierige Vrou?

Dalk ‘n moeilike vraag om te beantwoord, omdat jy nie heeltemal seker is wat ‘n twisgierige vrou is nie. As ons dit naslaan in die Strong’s Konkordansie beteken die word: ‘n wedstryd, stry, twis, ‘n twisgierige gees, teĂ«praat.

Was jou gesprekke met jou eggenoot gewoonlik ‘n wedstryd om te sien wie wen of wie kry sy sin? Het jy meestal gewen? Kom ek deel met jou dat ek ‘n twisgierige vrou was en baie, of eerder, meestal gewen het—maar eintlik het ek verloor! Ek het my eggenoot en my gesinslewe wat ek gehad het verloor!

Stry jy ooit met jou eggenoot? “Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek” (Spr. 17:14). Tog vertel die wĂȘreld en sogenaamde “huwelikskenners” ons dat om te baklei goed is vir die huwelik. Moenie dit glo nie! Stryery sal jou huwelik vernietig, en as jy aanhou om met jou eggenoot te stry en te twis sal jy die geleentheid verbeur om jou huwelik te restoreer!

Is daar twis in jou huis? “Beter is ‘n stuk droĂ« brood en rus daarby as ‘n huis vol offermaaltye met getwis” (Spr. 17:1). Is jy ‘n sagmoedige en stil vrou, waarvan 1 Pet. 3:4 praat, wat kosbaar is vir God? Is jou kinders raserig en ongehoorsaam? Jou eggenoot sal nie vir jou of die kinders kom kuier as hy twis in die huis ervaar nie. Al verander jy, maar jou kinders is steeds ongemanierd of ongehoorsaam sal jou eggenoot vrede en troos gaan soek in die arms en die huis van ‘n ander vrou.

Het jy ‘n twisgierige gees? “En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek; en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra” (2 Tim. 2:23,24). Is jy ‘n “ek-weet-alles”? Of gee jy teenstrydige kommentaar op dit wat jou eggenoot sĂȘ? God sĂȘ: “Wees gou goedgesind teenoor jou teĂ«party so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teĂ«party jou nie miskien oorgee aan die regter . . .” (Matt. 5:25). Pasop vir die egskeidingshof!

Praat jy teĂ«? “Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teĂ«praat nie” (Titus 2:9). Is jy Jesus se diensslaaf? Het Hy jou duur gekoop? Dan is jy dit aan Hom verskuldig om welbehaaglik te wees. Ons sien nou wat dit beteken om ‘n twisgierige vrou te wees en God se Woord noem vyf keer hoe aaklig ‘n twisgierige vrou is. Kom ons kyk daarna.

‘n Twisgierige Vrou

Twisgierige vrou. Het jy ooit ‘n druppende kraan gehad wat jou gek gemaak het? “. . . En die gekyf van ‘n vrou is ‘n aanhoudende gedrup” (Spr. 19:13). Soms is dit net nodig dat iemand daarna kyk (miskien ‘n vriend of jou skoonpa), en jou eggenoot daarop uitwys sodat jou eggenoot dit kan raaksien en wanneer dit gebeur is dit al wat hy sal hoor! Het jy al ooit gewonder hoekom mans uit hulle huise trek om dikwels saam met ‘n ander vrou in te trek! Spr. 21:9 vertel ons dit is oor hierdie rede: “Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.”

Twisgierige en moeilike vrou. Weereens, ‘n man sal eerder sonder water lewe en in die hitte van die woestyn as met ‘n vrou wat hom en sy gesag uitdaag. Weereens “Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis” (Spr. 21:19). God is onbuigbaar oor hierdie vers—Hy herhaal dit! Luister jy? “Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis” (Spr. 21:9).

Konstante gedrup. God vergelyk ‘n konstante gedrup met ‘n twisgierige vrou en dit veroorsaak dat die eggenoot gevolglik uittrek. Hoekom herstel jou eggenoot nie maar net die dak nie? Want God sĂȘ dit is onmoontlik! “‘n Aanhoudende gedrup op die dag van ‘n stortreĂ«n en ‘n twisgierige vrou is net eenders. Wie haar wil teĂ«hou, hou wind teĂ«, en sy regterhand ontmoet” (Spr. 27:15–16).

Wees Onderdanig

Baie van jou twisgierigheid mag gewortel wees in die feit dat jy glo die huwelik is ‘n vennootskap. Dit is wat ek ook geglo het totdat ek later uitgevind het dat dit nie die waarheid is nie. Inteendeel, God het die familie en die res van sy skepping in verskillende vlakke van gesag geplaas. Ons eggenote is ons gesag. Dit is belangrik dat jy dit verstaan. “Maar ek wil hĂȘ dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (1 Kor. 11:3). “Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees” (Efe. 5:24).

Wat is onderdanigheid en onderwerping? Dit is om gehoorsaam te wees sonder om iets te sĂȘ, al is jou eggenoot ook ongehoorsaam aan God se Woord. Dit is nie belediging in ruil vir sy beledigings of dreigemente nie. 1 Pet. 3:9 sĂȘ: “Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seĂ«n inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seĂ«n kan beĂ«rwe . . .” “Maar seen eerder” beteken om met ‘n kompliment en ‘n goeie houding te reageer op ‘n belediging “as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het” (1 Pet. 3:2).

Is onderdanigheid steeds toepaslik vandag? “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb. 13:8). In Matt. 5:18 sĂȘ Jesus, “Want voorwaar Ek sĂȘ vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.”

God is die hoof van elke man. Hoe kan ons seker wees dat God oor Jesus is, en my eggenoot (gered of nie) is oor my? “Maar ek wil hĂȘ dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (1 Kor. 11:3).

Respekvolle gedrag. Nou dat ons seker is dat God met alle vroue praat, wat beveel Hy ons? “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het” (1 Pet. 3:1–2).

Om Onderdanig te wees. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees” (Efe 5:22–24). Hierdie vers verduidelik aan ons dat ons verhouding met ons mans dieselfde moet wees as Christus s’n met die kerk. Is dit nie hartseer dat soveel kerke nie hulle onderwerp aan Christus en sy leringe nie, so ook is baie vroue nie aan hulle mans onderdanig nie.

Heilige Vroue. Waar is ons hoop in onderdanigheid? “Want so het vroeĂ«r ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig” (1 Pet. 3:5). Ons hoop en vertroue is in God, nie in ons eggenoot nie. So ons hoef nie te vrees as hulle verkeerde dinge doen nie! “Soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie” (1 Pet. 3:6).

Beskermer. Hoekom het ons ‘n eggenoot nodig as ons vroue onsself beskerm as ons voel ons kan ons “eie stryd veg”? Was dit jy wat die verkoopspersoon afgesit het, of ontslae geraak het van die persoon by die deur, en heelwaarskynlik met meer geesdrif as wat jou eggenoot sou. Het jou eggenoot vergeet hoe om vir jou op te staan, aangesien jy gewoonlik oorneem? Wie dra regtig die broek in die huis? Wie was regtig sterker?

Het jy vir jou eggenoot gesĂȘ om na sy eie belange te kyk toe hy vir jou gesĂȘ het om kalm te wees en dinge rustiger te neem? Wat het jou eggenoot gedoen toe jy aangehou het met jou rebellie? Eers het hy teruggestaan want hy wou nie nog ‘n argument hĂȘ nie, daarna het hy uit die “konstante druppende” huis uitgetrek; en toe vind hy ‘n ander vrou aan wie hy sy liefde kon gee!

As jou eggenoot kom kuier, bel of ‘n epos aan jou stuur en jy bly twisgierig, sal dit hom herinner hoekom hy jou verlaat het. Dit is die rede hoekom sommige vroue nooit hulle eggenoot sien nie.

Die eerste keer as God jou eggenoot huis toe stuur op antwoord van jou gebede, moet jy “totaal getransformeer na die beeld van God” wees. As jou eggenoot hou waarvan hy sien en hoor, sal hy terugkom vir ‘n tweede keer. Dit is wat lei tot restorasie. As God jou eggenoot se hart draai, maar sy wil oorheers as gevolg daarvan dat jy nie verander nie, dan kan jy nie vir God blameer nie.

Die Wortel van ons Twisgierigheid . . .

Selfwaarde!

Hoe het so baie vrouens twisgierig geword? Ons vrouens is twisgierig omdat ons wie christene is, die wĂȘreld en die denke van die wĂȘreld naboots. Die boeke wat ons lees, die beraders wat ons besoek, en klasse wat ons bywoon weerspieĂ«l nie God se Woord—wat rein en onbuigbaar is nie. Die meeste christen vroue is gevul met sielkunde.

Gif gedoop in sjokolade is steeds gif! My liewe susters in Christus, sielkunde is meer gevaarlik wanneer dit gedoop is in christenskap want ons neem dit alles net in! Ons is gebreinspoel deur te dink dat “eieliefde” en “selfwaarde” goed is, maar dit is niks meer as hoogmoed nie. Dit was die sonde wat veroorsaak het dat Lucifer Satan geword het.

Die twisgierige, hoogmoedige vrou wat dink “ek-weet-alles,” is die vrou wat argumenteer en haar sin wil hĂȘ want sy “dink” sy is altyd reg. En as sy verkeerd is, moet haar selfbeeld beskerm word. Daar is nooit ‘n nederige woord of “Ek is jammer ek was “verkeerd” nie. Die twisgierige vrou is geprogrammeer om te dink dat ‘n verskoning te vernederend is.

Ons hoogmoed lei tot selfregverdiging en dit is hoekom menigte vroue hulle eggenoot se sonde bekend maak, want hulle kan nie hulle eie sondigheid sien nie.

Hoe om Ontslae te raak van jou Twisgierigheid en Selfregverdiging

As ons bely. Ons kan duidelik sien dat om saam met ‘n twisgierige, selfregverdigde vrou te woon, is niks minder as ‘n nagmerrie nie. Nie net vir ons eggenoot nie, maar ook vir ons kinders. Kom ons bid en vra God se vergifnis. Kom ons soek Sy genade om ons te help om sagmoedige en stil vrouens wat kosbaar is vir Hom en ons eggenoot, te wees. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9). Te veel vroue verstaan hierdie vers verkeerd en in plaas van hul eie bely hulle, hulle eggenote se sondes. Die vers sĂȘ dat ons, ons sonde moet bely.

Bely. Wanneer ons eggenoot huis toe kom om te kom kuier, vra sy vergifnis vir jou twisgierigheid en jou selfregverdiging. As jy geen kontak met jou eggenoot het nie, bid vir ‘n geleentheid om vergifnis te vra oor die telefoon of teenoor hom in lewende lywe. (Moet hom asseblief nie kontak nie!) “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16). Weereens sĂȘ hierdie vers dat ons, ons sonde en nie ons eggenoot se sonde moet bely nie, sodat ons gesond kan word.

Wanneer jy bely, moenie aanhou en aanhou met jou “klein toesprakie” nie. Vertel hom kortliks dat God dit op jou hart gelĂȘ het dat jy twisgierig is en dat jy hoogmoedig en selfgeregverdig is. Vertel hom dat met God se hulp jy bid om te verander. Soen hom en verlaat die vertrek of sĂȘ totsiens en sit neer! Daarna bely teenoor jou kinders en verduidelik aan hulle hoe God jou gaan help om te verander deur nederig te wees. Menige male hoor hulle net van hulle vader se sonde; dit is belangrik dat hulle verstaan dat die egskeiding nie net van een kant af kom nie.

Word versoen! As jy nie “gelei” voel om dinge reg te maak nie, moenie teruggaan kerk toe nie. “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe” (Matt. 5:23–24).

Genade aan die nederiges. Wees ook seker dat jy nederig is; moenie te trots wees om reguit te erken en te sĂȘ dat jy ‘n twisgierige vrou is nie. “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd” (1 Pet. 5:5–6). Hou aan bely elke keer wanneer jy twisgierig is teenoor iemand. Wanneer jy moeg raak van jou sonde en jy waarlik uitroep tot God om jou te verander, dan sal jy ophou om twisgierig te wees.

Hier is God se voorskrif. “En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara” (Eksod. 15:23). Moses het ‘n boom in die water gegooi, ‘n verteenwoordiging van die kruis op Golgota. Jy moet ook die kruis in die see van jou bitterheid gooi. Christus het gesterf om jou te verlos van al jou sonde, insluitende jou twisgierige argumente en hoogmoedige self-absorberende gedrag.

Jesus moet ons voorbeeld wees, te alle tye, in alles en in die manier hoe Hy op die aarde gewandel het. “Want hierdie gesindheid (nederigheid) moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis” (Fil. 2:5–9).

Persoonlike verbintenis: om ander meer belangrikte ag as myself deur afstand te doen van my twisgierige en hoogmoedige weĂ«. “Gebaseer op wat ek geleer het van God se Woord, verbind ek om my gedagtes te hernuwe en om ‘n doener van die Woord te wees deur nederig te wees en afstand te doen van my twisgierige weĂ«.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui