Lees Barb se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"Vat My Hand"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 4 “Allerhande Versoekinge”

“Ag dit louter vreugde, my broeders,
wanneer julle in allerhande versoekinge val,
omdat julle weet dat die beproewing
van julle geloof lydsaamheid bewerk.”
—Jakobus 1:2

Wat is God se bedoeling vir ons beproewing? Daar is baie christene wat nie weet waarom God toelaat dat ons beproef word nie. Sonder hierdie begrip, is dit enigsins 'n wonder dat christene vandag so maklik vernietig word? Ons sien dat daar baie voordele gepaard gaan met beproewing, soos om meer geloof te hĂȘ en uithoudingsvermoĂ« om ons vaart klaar te maak, wat God ons voorgelĂȘ het. 

Dit is belangrik om te weet dat gedurende hierdie beproewinge, toetse, en versoekinge, God altyd in beheer is! Dit is God se Hand wat toelaat dat hierdie beproewinge ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy beproewinge toelaat, gee Hy vir ons ook die genade om dit te kan verduur. 

Toestemming vir teenspoed. Die grootste vertroosting, is die wete dat satan nie aan ons kan raak sonder God se toestemming nie. “Daarop sĂȘ die HERE aan die satan: ‘Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie’” (Job. 1:12). Satan het nie net toestemming nodig nie, maar hy word ook spesifieke instruksies gegee oor hoe hy aan ons kan raak. “En die Here sĂȘ: Simon, Simon, kyk, die satan het vurig begeer om julle soos koring te sif . . .” (Luk. 22:31).

Versoeking. Die Woord van God sĂȘ dat die versoekinge wat julle sal aangryp menslik is, maar saam met die versoeking sal God ook die uitkoms gee. “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Kor. 10:13). Hy sal jou nie uit die vuur haal voordat jy nie bereid is om daardeur te loop, daarin te loop en dit te verdra nie! 

Deur sy eie begeerlikheid weggesleep. Sondige lus is eenvoudig wat ONS wil hĂȘ. God kan ons nie in die versoeking bring nie, dit is ons eie sondige lus wat ons in die versoeking bring, sodat ons dinge doen wat ons weet nie reg is nie! “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sĂȘ: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jak. 1:13-14). Vrouens word vasgevang in hulle eggenote se sondige luste (egbreuk, dwelms, alkohol of pornografie), maar hulle sien nie hulle eie sondige lus, soos vir kos, geld uitgee of hulle huwelike, raak nie! Sondige lus is sondige lus—eenvoudig iets wat ONS begeer! 

Ons is in Sy Hande. “Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is . . .” (Pred. 9:1). Ons maak ‘n fout, deur te probeer om iets vanaf ander mense te kry, veral van ons eggenote, maar ons besef nie dat alles wat ons kry van die Here afkomstig is nie! 

“Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE” (Spr. 29:26). 

“Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE” (Spr. 21:31). 

“In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE” (Spr. 16:33). 

“Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spr. 21:1). 

Bekering tot redding. “Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie. Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wĂȘreld werk die dood” (2 Kor. 7:9-10). God laat toe dat ons verdrietig raak sodat ons tot redding kan kom. Wanneer jy probeer om jou eggenoot verdrietig te maak oor iets wat hy gedoen het, sal hy nie ware berou toon oor sy dade nie, maar in plaas daarvan sal dit sy hart verhard teenoor jou (en die Here)! 

Ons het genade nodig. “En Hy het vir my gesĂȘ: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk” (2 Kor. 12:9–10). Jou huwelik sal nooit herstel word voordat jy nie tevredenheid toon tydens jou beproewinge nie. 

Wonderlike Genade 

Hoe kry ons die genade wat ons nodig het om deur ons beproewinge te kom? Ons kry genade deur nederigheid. 

“Maar Hy gee groter genade; daarom sĂȘ Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade” (Jak. 4:6). 

“. . . want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word” (Luk. 18:14). 

“Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beĂ«rwe” (Matt. 5:5). 

“Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry” (Spr. 29:23). 

Om oor ons swakhede te spog, om belydenis te doen oor ons sondes, en om nederig te wees, sal die Heilige Gees in staat stel om in ons te woon. Dan sal ons leer om tevrede te wees in alle omstandighede. Wanneer ons tevrede is, kan God vir ons gee wat ons so graag wil hĂȘ—‘n herstelde huwelik! 

Geleer om vergenoeg te wees. Jy moet leer om vergenoeg te wees in moeilike omstandighede. “Nie dat ek dit uit gebrek sĂȘ nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hĂȘ; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly” (Fil. 4:11). 

Gehoorsaamheid geleer. Jesus het ook gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het. “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het” (Heb. 5:8). 

God maak ons volmaak. “. . . omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Fil. 1:6). Sodra God ‘n goeie werk in jou (jou eggenoot en geliefdes) begin het, dan sal Hy dit voleindig. En moet asseblief nie probeer om “junior heilige gees” met jou eggenoot te speel nie! 

Ons moet ander troos. Ons moet nie net troos vind in God nie—ons is voorgesĂȘ om ander te troos, maak nie saak watter smart hulle ervaar nie! “GeseĂ«nd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons dié wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word” (2 Kor. 1:3–4). 

Tugtiging van die Here. Die lyding wat ons baie keer ervaar is omdat ons nie God se Wet gehoorsaam nie. “En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want hĂșlle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word” (Heb. 12:5–10). Wanneer ons beproef word, moet ons vra: “Is God besig om my te tugtig, of is Hy besig om my te toets om te sien hoe ek reageer?” 

Dissipline is ‘n seĂ«n. Ons moet die voorbeeld van die Profete in die Bybel volg, oor hoe om lyding te verdra. “Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is” (Jak. 5:10).

Om geseĂ«n te word. Wanneer iemand ons beledig of kwaad aandoen, moet ons dit verdra, sonder om hulle te beledig of kwaad aan te doen, sodat ons geseĂ«n kan word. Ons moet onthou dat kwaadhede en beledigings oor ons lewenspad kom, om ons ‘n kans te gee om geseĂ«n te word. 1 Pet. 3:9 sĂȘ: “Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seĂ«n inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seĂ«n kan beĂ«rwe.” “Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie” (1 Pet. 3:14). Indien jy aanhou om te beledig of kwaad te doen, moet jy nie verwag om geseĂ«n te word nie. 

Dissipline kan droewig wees. Dissipline is nooit aangenaam om te ervaar nie! Maar, dié wat God se dissipline ervaar het, ken die beloning van regskapenheid—vreugde en ‘n herstelde huwelik. “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir diĂ© wat daardeur geoefen is” (Heb. 12:11). 

Dit begin by die huis van God. Hoekom moet lyding begin by christene? Dit begin by christene omdat christene wat ongehoorsaam en vol sondes is, nooit mense na God sal lei nie. Weereens, dit is die “wil van God” dat ons moet ly. Ons moet onself toelaat om te ly (gewoonlik deur die hande van ander, ons eggenoot ook) deur onself aan God toe te vertrou. “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van diĂ© wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? So laat dan ook dié wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade” (1 Pet. 4:17-19). 

Die krag van Geloof. Dit is ons geloof wat deure oopmaak vir wonderwerke om te gebeur. U moet glo dat God u huwelik kan herstel, en nie in u hart twyfel nie. “Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: ‘Julle moet geloof in God hĂȘ.’ Want, voorwaar Ek sĂȘ vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sĂȘ: ‘Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sĂȘ, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sĂȘ.’ Daarom sĂȘ Ek vir julle: ‘Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry’”(Mark. 11:22–24). 

God het in Sy Woord gesĂȘ dat ons verdruk sou word. “Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesĂȘ dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet. Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie” (1 Tess. 3:4–5). Wat gebeur het in jou huwelik is nie ‘n teken dat dit verby is nie. Dit is wat God gebruik het om jou aandag te trek en nou gebruik om jou te verander. Moenie moed verloor nie! Moenie toelaat dat satan die wonderwerk steel wat God vir jou het, nadat jy die oorhand gekry het nie! 

By God. “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesĂȘ: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik” (Matt. 19:26). “Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: ‘By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik’” (Mark. 10:27). Niks (nie een ding) is onmoontlik by God nie. Werk saam met God. Moenie jou eie plan hĂȘ en verwag dat God dit moet seĂ«n nie. Jy moet “saam” met God werk; Hy gaan tog nie saam met jou werk nie. 

Woorde wat jy spreek. “. . . laat ons die belydenis vashou” (Heb. 4:14). “Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;” (1 Pet. 3:15). “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit U hand, o koning, verlos; maar so nie . . .” (Dan. 3:17). Ons moet God se Woord spreek, sonder om te twyfel, met hoop op ons lippe. Maar wag totdat jy gevra word, voordat jy getuienis lewer. Jy sal gevra word, indien jy met vreugde gevul is gedurende jou lyding! Wanneer jy gevra word oor die hoop wat jy het oor jou huwelik, maak seker dat jy saggies en met respek antwoord. Moet nooit God se Woord gebruik om met enigiemand te argumenteer nie! 

Nota: Indien dit jou eggenoot is wat vra, onthou dat hy “sonder ‘n woord” oortuig moet word! 

Omgord die lendene en wees nugter. “Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus” (1 Pet. 1:13). [Nugter beteken om helder te dink.] Wees helder oor die dinge waaroor jy dink en waarin jy glo, sodat jy nie die gevolge van dubbel-hartigheid dra nie. 

Wees vrolik. Ons moet vrolik wees tydens ons beproewinge omdat ons weet dat dit lydsaamheid bewerk sodat ons volmaak en sonder gebrek kan wees. “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep wor” (Jak. 1:2–6). 

Wees voorbereid—Jou geloof sal getoets word! Daar sal tye wees wanneer vrese en weifeling in jou gedagtes sal voorkom; moenie sulke gedagtes koester nie! Inteendeel, dink net goeie dinge. Wanneer jy twyfel, sal jy sukkel om te glo en die beproewinge sal al hoe moeiliker raak. En onthou, ons sal verskillende beproewinge deurmaak—party grotes en ander wat net klein prikkelings is. Ons moet God bedank vir al ons beproewinge. Dit is hoe ons vir God die grootste offer bring. 

Verbly julle! “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees” (Fil. 4:6–9). 

Baie van die stryd word in ons gedagtes ĂČf gewen ĂČf verloor. Volg die Here se raad vir vreugde gedurende jou beproewinge om oorwinning te kry oor hulle—prys die Here terwyl jy nog beproef word! Verbly jou in die Here omdat jy weet waarmee Hy besig is. Daarna moet jy net daaraan glo, daaroor dink, en daaroor praat. Moontlik sal jou vriendinne bel om jou te vertel waarmee jou eggenoot besig is. In sulke gevalle is hierdie gewoonlik nie “goeie verslae” nie en meestendeels is dit ook nie “regverdig,” “lieflik” of “rein” nie—dus, moenie luister nie! 

Geloof is onsigbaar. Baie vrouens skryf aan my dat hulle op die uitkyk is vir tekens van verandering in hulle huwelike of in hulle eggenote se houdings teenoor hulle. Jy moet onthou dat die Bybel dit baie duidelik stel—geloof is dit wat ons nie sien nie! Wanneer ander jou vra oor jou omstandighede, antwoord hulle met, “Prys die Here, God is besig om te werk!” 

“Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n allesoortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Kor. 4:16–18). 

Geloof is . . . dit wat ons nie sien nie. Wanneer jy “ligte smart” ervaar, soos Paulus dit noem, is dit nogsteeds baie pynlik en voel dit asof jou hart wil breek. Herinner jouself aan ‘n baie belangrike waarheid: hierdie beproewinge is verbygaande! En hierdie beproewinge is nie net tydelik nie, maar hulle is besig om iets wonderliks voor te bring—hulle is besig om jou gereed te maak vir ‘n nuwe en wonderlike huwelik. Onthou, die lyding is tydelik maar die gevolge bly tot ‘n ewigheid! “Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb. 11:1). 

Geloof—nie deur aanskouing nie. Meeste mense begin glo “sodra hulle iets sien gebeur,” maar dit is nie geloof nie! “Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie” (2 Kor. 5:7). 

Om na jou omstandighede te kyk. Wanneer Petrus na sy omstandighede gekyk het, het hy begin sink—en jy sal ook. “En Hy sĂȘ: ‘Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sĂȘ: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesĂȘ: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?’” (Matt. 14:29). 

Beproewing van julle geloof. Die heel belangrikste les om te leer terwyl ons glo en bid vir ‘n herstelde huwelik, is om die toets te slaag—die toets van ons geloof in Sy Woord en dat ons nie twyfel wanneer ons emosioneel is, of as ander aan ons valse getuienis lewer. “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie” (Jak. 1:2). Wanneer jy volmaak is en jou loutering volledig is, DAN sal jou eggenoot huis toe kom! 

Deur vuur gelouter word. “Daarin verheug julle jul, al word julle nou--as dit nodig is--'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus” (1 Pet. 1:6–7). 

Baie het geval, of loop nogsteeds in die woestyn rond, omdat hulle nie geloof getoon het nie. Hulle het gemurmureer en gekla, wat tot ‘n opstand gelei het. Die bewys van jou geloof—jou hart vol geloof en tevredenheid in jou huidige omstandighede—is meer as goud werd. 

Behou die geloof. Moenie van plan verander tydens moeilikheid nie; moenie stop waarmee jy begin het nie. Satan is bekend daarvoor om nuwe (en verkeerde) oplossings vir ons beproewinge te bring. Om te besluit wat die regte weg is, is deel van die toets wat ons moet slaag. “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelĂȘ die kroon van die geregtigheid . . .” (2 Tim. 4:7). 

Indien jy al ‘n lang ruk saam met God loop en besig is om moeg te word, vra Hom om een ander vrou na jou te stuur wat saam met jou die pad kan stap en wat saam met jou kan glo. “Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel. Verder, as twee bymekaar lĂȘ, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? En as iemand die een aanval, kan altwee hom teĂ«stand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie” (Pred. 4:9–12). Hier is ‘n paar voorbeelde van “driedubbele lyne” wat ons in die Bybel vind:

Moses, Aaron and Hur: “Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelĂȘ, dat hy daarop kon sit. En AĂ€ron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. Maar Moses se hande was swaar” (Eks. 17:12). Sien ook Sadrag, Mesag en Abed-nĂ©go in die boek van Daniel, hoofstuk 3. Jy, net EEN vriendin en die Here maak ‘n kragtige driedubbele lyn!! 

‘n Maklike verwysing na Beproewinge 

God is die Een in beheer, nie mens en ook nie die duiwel nie! 

1. Die reg van 'n mens kom van die HERE (Spr. 29:26).

2. Die antwoord van die tong kom van die HERE (Spr. 16:1).

3. Die hart is in die hand van die HERE: Hy lei dit waarheen Hy wil (Spr. 21:1).

4.Hulle dade is in die hand van God (Pred. 9:1). 

5. U (God) het dit gedoen (Ps. 44:9–15).

6. Hy (God) het die storm laatwoed (Ps. 107:1–32). 

7. Hy (God) het geliefdes en vriende van u vervreem (Ps. 88:8,18).

Wat doen ons beproewinge vir ons? 

1. Sodat die krag van Christus in my kan woon (2 Kor. 12:9–10).

2. Want ek het geleer om vergenoeg te wees (Fil. 4:9). 

3. Verder is vir my weggelĂȘ die kroon van die geregtigheid . . . (2 Tim. 4:7,19). 

4. Sonder gebrek wees en in niks kortkom nie (Jak. 1:2–4). 

5. Hy sal ons help om ander te troos (2 Kor. 3:1–4).

6. Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig . . . (Fil. 1:6–13). 

7. Ons geliefdes sal terug kom (Filemon 1:15).

8. Ons sal genade ontvang (Heb. 4:15).

9. Ons sal leer om gehoorsaam te wees (Heb. 5:7–8).

10. Die lydsaamheid sal tot volle verwerkliking kom (Jak. 1:2–4). 

11. Ons sal die Kroon van die Lewe ontvang (Jak. 1:12).

12. Ons sal ons Geloof tot die proef stel (1 Pet. 1:6–7).

13. Ons sal in Sy voetstappevolg (1 Pet. 2:21). 

14. Ons sal in Sy lyding deel (1 Pet. 3:13).

15. Hy sal ons volmaak, ons innerlike krag gee (1 Pet. 5:10).

Vra vir God om aan jou die pad te wys. “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weĂ«, dan sal Hy jou paaie gelykmaak” (Spr. 3:5–7).

Laat ons na God uitroep vir krag, en nader aan Hom beweeg in hierdie tyd van krisis. Laat ons vir God toelaat om ons te dissiplineer en om ons te toets. Kom ons verbly ons in alle dinge, nie net die goeie nie maar ook wanneer ons probleme ondervind. Kom ons hou hoop naby aan ons lippe en wees doelgerig in ons gedagtes. Laat ons altyd onthou dat dit Sy wil is dat ons deur hierdie beproewinge gaan en dat dit vir ons eie beswil is! 

“Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly!” —Handelinge 5:41 

“. . . en sy lag oor die dag wat kom.”
—Spreuke 31:25 

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,
vir hulle wat na sy voorneme geroep is.”
—Romeine 8:28 

Persoonlike verbintenis: om blydskap te toon gedurende my beproewinge. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek my om God toe te laat om my geloof te toets en om my te volmaak deur beproewinge te gebruik. 

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui