Liewe dames ek wil graag met julle deel hoe my Geliefde Here weereens vir my deurgekom het met my belasting. Ek het in vorige lofverslae oor my belasting gedeel hoe Hy ‘n boekhouer oor my pad gestuur het wat my al die afgelope 3 jaar help. Ek is heeltemal dom met belasting invul en het Hom gevra om my te help, toe stuur Hy hierdie wonderlike dame oor my pad.
Ek het weer al my inligting gestuur vir 2024 en die keer was daar geen vrees in my hart nie, ek het geweet dit is in Sy hande soos vorige jare. Skuld ek hul iets sal Hy my help en voorsien om dit te kan betaal.
Eers het die boekhouer vir my bedrag gestuur wat my amper laat omval het want dit was nogal ‘n groot bedrag. Maar ek het dit vir my Geliefde Here gegee en nie verder daaroor gedink nie, wat ook al moes gebeur, Hy is in beheer. Die boekhouer het gese sy gaan kyk of hul dalk iets vir vorige jare eis. En toe paar dae later laar weet sy my ek skuld hul niks!
Dis net my Geliefde wat dit kon doen!!! Dit het my weereens herinder daaraan dat ons net elke situasie aan Hom kan gee en laat gaan want net Hy kan in situasies werk, en wat ook al binne Sy plan gebeur, Hy sal ons nie alleen los om dit te dra nie, Hy is by ons en SAL ons help!