Hy Sal Voorsien en Ons Bederf

♕ Vandag se Belofte: “Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.” PSALMS 25:4‭-‬5         

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

 In Lewenslesse, Week 17 “Dit is Alles Sy Idee” het ek geleer dat ons nie bang of bekommerd moet wees oor geld nie. Partykeer lĂȘ Hy iets op ons hart, wat gaan geld kos, maar ons hoef nie bang te wees nie want Hy sal voorsien en Hy sal sorg dat ons dit kan doen en die beste pryse en "specials" kry. Ek het dit ook al self in my lewe ondervind in tye wat my finansies beroerd lyk. Dit het al gebeur dat ek moet gaan kruideniersware koop maar ek gaan met vrees want ek het net soveel geld en dit wat gekoop moet word kom nie ooreen met my finansies nie:). As ek by die winkel kom het hulle so baie "specials" en koop 2 vir 1 aanbiedinge dat ek als kan koop wat ek moet en bietjie ekstra.

Ons moenie vaskyk in ons finansies of bankrekening nie, wanneer Hy ons man is sal Hy voorsien en ons ook bederf al "lyk" dit asof ons dit nie kan bekostig nie.

Liewe Bruid, Moenie bekommerd wees oor wat jy sien nie, jou bankrekening, jou situasie. As jy Sy Bruid is sal Hy sorg en voorsien. Hy WIL vir jou sorg en selfs bederf, vertrou Hom en moenie bekommerd wees nie!

“Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.” PSALMS 25:4‭-‬5 NLV

 

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!