Hy Sal Dit Vat En Ek Kan Dit Los

♕ Vandag se Belofte: “Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!” Psalm 139:14

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Wat ek geleer het uit Lewenslesse, week 4 “Skuldigbevinding,” is dat gewoonlik as ons 'n fout gemaak het, wat sal gebeur, ons sal skuldig daaroor voel of ons sal aangekla word deur die vyand oor die fout wat ons gemaak het. Maar dit is wat ons moet besef, dis negatiewe gevoellens en daarom kom dit nie van ons Hemelse Man af nie, Sy genade en liefde is groot vir ons en daarom sal dit nooit negatiewe gevoellens veroorsaak nie.

Ons moet al ons gevoellens na Hom toe vat en voor Sy voete lê, asook ons mislukkings. Vra vergifnis en los dit daar, Hy vergewe ons, en rus dan in Hom.

Ek het myself (of die vyand het my) gewoonlik gemartel oor elke fout wat ek gemaak het. Ek het skuldig gevoel, aangekla, soos 'n mislukking en nie werd om iets van Hom te vra nie.

Maar ek het geleer dis nie nodig nie, ek gaan foute maak en struikel, moeg word, maar Sy genade is groot en as ek dit alles na Hom toe vat, sal Hy dit vat en ek kan dit los. Enige negatiewe gevoellens kom van die vyand af..

Om na elke fout en val eers na my Hemelse Man toe te gaan. Dit vir Hom te gee en Hom vra om daarmee te help. En aangesien ek nou weet ek hoef nie skuldig of aangekla te voel nie, help dit my baie.

Liewe Bruid,

Om skuldig en veroordeel te voel oor foute wat ons maak is nie van ons Hemelse Man af nie. Die vyand wil ons so laat voel en verslaan. Maar ons is meer as oorwinnaars in Hom wat vir ons aan die kruis gesterf het. Hy het ons wonderlik gemaak, Hy ken ons by die naam. Gee die negatiewe gevoellens vir Hom.

“Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!” Psalm 139:14

Hy het my gemaak presies soos wat Hy my wou gehad het.

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!