Hy Het Ons Verras Met Nog ‘n Lekker Dag!

♕ Belofte van vandag: “Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God. En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Filippense 4:18-19

☊ Adina Lofverslag Potgooi

Ek wil net weereens vandag vir my Hemelse Man dankie sê vir NOG 'n lekker dag wat Hy vir my en my kinders gereël het!!

Laas naweek was my kinders vir die eerste keer by my, na hul drie naweke na mekaar by my voormalige man was. Partykeer voel dit vir my "moeilik" om my kinders oor naweke by my te hê want as gevolg van my finansies (wat genoeg is om te voorsien waar my voormalige man se onderhoud tekort skiet) kan ek nie altyd met hul doen wat ek graag wil nie. Maar my dierbare Hemelse Man het al baie vir ons heerlike dae gereël wat nie baie gekos het nie, of niks gekos het nie.

My bure in die kompleks waar ons woon is 'n paartjie wat albei voorheen getroud was en die man se twee dogters was ook laas naweek by hulle. Al die kinders in die kompleks het Saterdag gespeel tot hul later die aand doodmoeg was, ek moes my kinders omtrent smeek om in te kom of iets te kom eet...hulle het in die bome geklim, trampoline gespring, wegkruipertjie gespeel en nog baie ander speletjies wat ons as kinders ook buite gespeel het. Dit het eintlik 'n glimlag op my gesig gesit om hulle so te sien speel, veral in vandag se lewe waar tegnologie die kinders se lewens oorheers...

Maar Sondag het ek vir hulle gesê ek gaan hulle na my boetie toe vat, eers wou hulle nie want hulle wou weer met al die maaitjies speel...Maar toe ek my broer bel om vir hom te sê ons is oppad, het ek 'n verassing gekry wat net my Hemelse Man kon gereël het...

My broer bly by die rivier en so paar huise van hom af bly 'n afgetrede paartjie. Die vrou hou van fietsry en my broer gaan ry saam met haar sodat sy nie alleen hoef te ry nie. Sy wil baie graag my broer as skoonseun he:). Nou hulle het 'n boot en pas ook haar vennoot se bote op wat by die rivier gestoor word. Toe ek my broer bel en sê ons is oppad, het hy vir my gesê dat toe die vrou hoor ons kom kuier, het sy gereel dat ons almal saam met hulle op een van die bote op die rivier gaan vaar!!! En dit sou ons niks kos nie!! Toe my kinders dit hoor, hulle was nog nooit op 'n boot nie, het hulle dadelik vergeet van die maaitjies!

Hulle het ons uitgevat op die rivier en ons het omtrent twee ure lank rondgevaar. Ons het baie dasies, likkewane en ape gesien op die rivieroewer en dit was vir die kinders nogal 'n belewenis!!

Na die tyd het ons gebraai en nog bietjie gekuier voor ons huistoe gekom het.

Dit is vir my net absoluut wonderlik hoe Hemelse Man ons so verras het met nog 'n heerlike dag!! En die wonderlikste van alles, dis nie eers iets waaraan ek gedink het nie, of voor gevra het nie...Hy het net besluit om ons te bederf!!!!

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!