Hy Het Iets Beters Beplan

♕ Belofte van vandag: “Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd.” Psalm 30:13

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

My Liefste Here is die beste ooit! 💞

Hierdie week het Hy vir my en my kinders die geleentheid gegee om alleen weg te gaan. Hierdie is die eerste keer wat ek alleen met die kinders op vakansie gegaan het. Dit was al klaar vir my 'n deurbraak. Ek is nie seker wat my weerhou het om dit voorheen te doen nie, miskien omdat my gesin nie volledig gevoel het nie. Ek weet egter nou dat al wie ek nodig het om volledig te wees is HY!!!

Die Maandag het begin met 'n beproewing met iets wat met my motor gebeur het. Ek het natuurlik dadelik dit vir die Here gegee en toe na my wertuigkundige gegaan wat my verseker het dat dit niks is om my oor te bekommer nie. Ek het vir my Hemelse Man gesê ek gaan nie dat die vir my 'n aanduiding wees van die res van die week nie, want ek weet Hy het alles onder beheer.

Wel, die res van die week was PERFEK!!! Hy het ons so geseën en ons het so 'n wonderlike tyd gehad. Daar is so baie dinge wat Hy gedoen het, maar ek wil net 'n paar noem sodat julle kan sien dat dit wat Hy doen altyd met 'n doel is.

In a vorige Lofverslag het ek genoem hoe ek die datum moes verander van ons vakansie omdat my vorige man dalk ook sou weg gaan daai tydperk en op die einde het hulle besluit om nie te gaan nie, maar ek het klaar die datum verander. Wel, die Here het 'n plan gehad.

Daar is 6 chalets in die rondte met 'n gesamentlike lapa/kombuis in die middel. Wel, ons was die enigstes wat DAAI week in die chalets ingeboek het. Ons het die hele gedeelte daar vir onsself gehad. Reg lanks ons was 'n warm water swembad wat meestal net ons was wat hom gebruik het!! Presies die stil vakansie wat ek begeer het.

Die een dag was ons op 'n Wildsrut en ons het soveel diere gesien. Ons was so naby aan die renosters dat ons hulle kon hoor eet. Die toergids het ons vertel dat hulle die vorige dag 'n leeu met haar welpies gesien het en ek het vir die Here gevra of my kinders dit kan sien. Hy het egter vir my laat weet dat Hy iets beter vir ons het:)

Die volgende dag was ons geskeduleer om na die dieretuin toe te gaan. Aanvanklik wou ek nie regtig nie, want mens kan enige plek na 'n dieretuin gaan, maar die dame aan wie die oord behoort het my verseker dat die kinders dit sou geniet.

Daar aangekom, het ons betaal om in te gaan en toe vra die dame daar of ons dalk met die leeuwelpies wil speel? WAT?!?

So dit is die iets beters wat Hy vir ons beplan het!

En natuurlik weet julle hoe meeste van my lofverslae eindig... Dit is nie al nie, daar is meer!!!

Ons mag vir 10 minute met die leeuwelpies speel, maar daar was mense agter ons wat haastig was en toe vra die dame of ons sal omgee as ons nie haastig is nie of ons bietjie later sal terugkom. Alhoewel ek kon sien my kinders teleurgesteld was, het hulle ingestem om die ander mense 'n kans te gee.

Ons het toe verder gaan rondloop en toe ons terugkom, was daar niemand gewees nie en die dame wat daar werk het ons laat weet omdat daar niemand is nie, kan ons so lank met die babas speel soos ons wil. Die kinders het dit so geniet, ek ook. Daar was 'n baba tiertjie wat so dierbaar was.

Toe kon ek vir die kinders vertel hoe die Here altyd vir ons beter het as wat ons kan hoop of dink. Ek het met hulle gedeel wat ek die vorige dag vir die Here gevra het en hoe Hy laat weet het Hy het iets beter en ook hoe hulle bereid was om iemand anders kans te gee en hoe Hy hulle geseën het omdat hulle bereid was om later terug te kom.

Is Hy nie net so wonderlik nie? Hoe kan ons nie anders as om uit te bars in lofprysing elke dag want daar is sowaar NIEMAND wat ons ooit kan liefhê soos Hy nie.

“Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam.” Psalm 30:5

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!