Hy het dit alreeds uitgewerk

My Hemelse Man het my weereens een van die begeertes van my hart gegee.

Dit was Donderdag my dogter se verjaarsdag en ek sou die oggend deur ry na hul dorp, dan vir haar eetgoed vir haar klaspartytjie gaan aflaai, by my vriending gaan sit en wag tot die skool uitkom en dan die middag saam haar en my seun spandeer by my vriendin se huis tot hul pa van die werk af kom. Volgens ons toesig reelings is ons altwee geregtig om die kinders ten minste 3 ure op hul verjaardae te sien.

Ek het als reggekry en net voor ek sou ry het my voormalige man (Kevin) my gebel om die reelings te bevestig. Hy het vir my gese dat hy die spesifieke week nagskof werk en al 6uur by die werk moes wees. Ek het vinnig ‘n skietgebedjie opgestuur en Kevin gevra of ek nie dan maar die kinders na skool huis toe kon bring en dan die volgende oggend net weer terugvat nie, my dogter moes in elk geval ook leer vir die volgende dag. Kevin het tot my verbasing gese dit is reg en hy het nie ‘n probleem daarmee nie. So toe kon ek die kinders huis toe bring en hul vir die aand by my he en my dogter help met haar leerwerk.

Dit was nog ‘n begeerte van my hart wat my HM vir my gegee het, ek het vir Hom gese dit sal vir my lekkerder en beter wees om hul huistoe te bring, maar agv die toesig reelings het ek geweet dis nie moontlik nie en wil ook nie Kevin se tyd saam hulle op hul verjaarsdae van hom af wegvat nie. Maar HM het dit so uitgewerk dat Kevin die week nagskof moes werk om produksie in te haal en in elk geval nie tyd saam haar sou he nie. HM het ook Kevin se hart versag om ja te se en alhoewel ek nooit vir Kevin iets vra nie, het ek net gevoel dat my HM vir my gese het dit is okay om KEVin te vra want HY het alreeds dit als uitgewerk\o/\o/\o/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Hy het dit alreeds uitgewerk”

  1. Liefste Adina, so so lekker om jou getuienisse te deel van wat ons Groot Vader doen in jou lewe en hoe die Vader vir jou, jou hartsbegeertes gee en veral op jou kind se verjaarsdag.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui