Hy Het Alles Onder Beheer

♕ Belofte van vandag: “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.” Johannes 10:10

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Ek het so rukkie terug vir die Here gevra dat Hy 'n geleentheid sal maak vir my en die kinders om so bietjie op vakansie te gaan.

Ek het nie die geld vir vakansie nie, maar ek is besig met die kursus, die Armoede Mentaliteit, en het daarom vir my Hemelse Man gesê dat ek weet as dit Sy wil is, Hy die geleentheid sal maak vir ons.

Laasweek sien ek daar het geld in my rekening betaal van my vorige werk. Ek werk al 3 jaar lank nie meer vir hulle nie.

Dadelik maak ek natuurlik planne om dit en dat te betaal. Toe herinner die Here my dat ek gevra het om 'n paar dae weg te gaan saam met die kinders en toe om dit te bevestig het die Oom oorkant die straat vir my vertel van 'n vakansie oord wat net 'n uur se ry van ons af is.

Ek bel hulle toe en hulle het vir ons plek, maar dit is duurder as wat ek gedink het. Ek sê toe vir die Here, wel ek gaan nie my hieroor bekommer nie, want ek weet U het dit alles onder beheer.

Toe die kwotasie deurkom, laat die eienaar my weet dat die bedrag minder is omdat ons nog eintlik buite seisoen gaan. Prys die Here!!

Maar daar is meer, natuurlik probeer die vyand mos maar altyd om ons seëninge te steel en my vorige man bel en laat my weet dat daar 'n moontlikheid is dat hulle daai tydperk gaan weggaan, maar hy maak dit ook duidelik dat ek nie nodig het om my datum te skuif nie en dat die kinders saam met my kan gaan.

Ek wil egter nie hê dat my kinders moet voel hulle moet kies nie, want ek weet hulle stiefboetie sal hulle vra saam met wie hulle eerder wil gaan.

Ek praat toe weer met my Hemelse Man en sê ek sal bel en hoor of ek dit 'n week kan aanskuif en as hulle nee sê dan weet ek Hy het 'n groter plan met alles.

Ek bel hulle en die eienaar laat my weet, ja, hulle het die volgende week plek in presies dieselfde chalet en hy sal dit aanskuif vir geen ekstra koste nie!!!

Hoe wonderlik is die Here?!?

Elke dag verstom Hy my met Sy liefde en goedheid. 

“Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.” Johannes 10:10

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!