Hy Gee Vir Ons ‘n Nuwe Lewe

Vandag se Belofte:  "Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind." Mat.10:39

Luister na Adina se ☊ Joernaal

Soos meeste van ons wat ons pad na RMI vind, het my lewe geval en die val was groot! Maar Hy, ons Hemelse Man, wil vir ons 'n nuwe oorvloedige lewe gee. 'n Lewe wat gebou is op die Rots van Jesus, 'n lewe gevul met vrede en vreugde. Hy wil jou hê, Hy wil jou liefhê, jou koester en veilig in Sy arms vashou, geen aardse man kan jou dit gee nie, wel nie soos Hy nie! Om Sy bruid, Sy metgesel te wees, is elke traan werd wat jy oor jou ou lewe gestort het!

Wanneer jy die lewe verloor wat jy geken het, die lewe wat jy op sinkende sand gebou het, die lewe wat JYself uitgelê en beplan het, dan kan jy 'n veel beter, gelukkiger en vreedsame lewe kry. Dit is die lewe wat op die Rots van Jesus gebou is, 'n lewe waarin jy vrede en vreugde kan ervaar wat alle verstand te bowe gaan.

Die Here wil ons as Sy bruide hê, Hy wil ons koester en liefhê, ons veilig hou en op elke gebied vir ons sorg!

Dis 'n lewe wat ten spyte van omstandighede, niemand kan beskryf of verstaan nie, jy sal glimlag maak nie saak wat rondom jou gebeur of wat teen jou kom nie.

Jy sal versorg wees maak nie saak wat jou bankrekening sê nie, want as Sy Bruid sorg Hy vir jou.

Niks sal jou meer kan seermaak en vernietig soos dit waardeur jy is nie, nie as Sy liefde jou volmaak nie!

Net soos die skrywer het ek my lewe verloor en is ek besig om in my oorvloedige lewe in te stap. Om als vir Hom te gee, my voormalige man, my baie dooie huwelik:-), my kinders, my (tekort:-)) finansies. Alles wat my terughou, al die seer, alles gee ek vir Hom. En die vrede en vreugde wat jy verkry is oor en oor die moeite werd! Ek en my kinders het altyd kos, altyd klere en partykeer selfs 'n bederfie! Om net heeldag met Hom te kan praat en saam met Hom deur die dag te gaan is die beste ervaring!

Natuurlik is daar nog bietjie hartseer partykeer of bekommernis oor geld, maar dit gaan so vinnig verby as ek dit net vir Hom gee! Of as iets teen my kom, dadelik te vir Hom te sê: "Jy is al wat ek wil he en al wat ek het".

Jy moes jou lewe verloor sodat jy 'n nuwe, oorvloedige lewe kon kry. 'n Lewe wat nie gebou is op jou planne nie, maar Sy planne, Hy het 'n oorvloedige lewe vir jou beplan wat net Hy vir jou kan gee, jy kan dit nie self verkry nie en geen aardse man kan dit vir jou gee nie. Maar om jou ou lewe te verloor is oor en oor die moeite werd as jy bereid is om as Sy bruid, in jou nuwe oorvloedige lewe in te stap!!

"Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind." Matteus 10:39

"Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het." Johannes 10:10

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina  Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!