Hy Gee Ons Die Begeertes Van Ons Harte

♕ Belofte van vandag: “...en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.” Psalms 37:4-6

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Ek is so opgewonde oor die jaar. Die Here het my gebed gehoor en die begeertes van my hart vervul. Die jaar gaan ek kans kry om my kinders tuis te onderrig. En as ek nou terug kyk dan het Hy dit alles perfek uitgewerk.

Dit is iets waarvoor ek die Here al 'n hele paar jaar vertrou en nou sien ek die wonderwerk voor my gebeur. Hierdie is net nog een van die dinge wat Hy iets slegs soos die pandemie gebruik om goeie goed mee te bring.

En om alles te kroon, dit was nie eens my idee nie, dit was my vorige man se idee! Iets wat ek nie vir 'n oomblik kon dink hy ooit sou gedoen het nie. Net weereens nog 'n bewys van my Hemelse Bruidegom harte kan verander!!!

Iemand saam met wie ek voorheen gewerk het, het vir my 'n nommer gegee van 'n familielid wat ook haar kinders tuisonderrig gee. Ek het haar gekontak en sy was so behulpsaam en sy het my vertel hoe dit hier in ons land werk en wat die beste roete is vir ons om te gaan en soos ek altyd sê natuurlik is daar meer met HOM!!! Sy het nie net haar eie kinders tuisonderrig gegee nie, sy is ook nou die hoof van 'n klein tuisonderrig skooltjie en sy spesialiseer in kinders wat op die spektrum is vir autisme. Sy het my raad gegee van hoe om die beste met my seun te werk en ook vir my gesê dat as ek ooit raad nodig het kan ek haar enige tyd kontak.

My lof het vandag nog 'n ekstra stukkie by wat my laat glimlag vir net hoe absoluut fantasties Hy is! My vorige man het my gebel en gesê hy het so bietjie met sy skoonma gesels wat 'n onderwyseres is en hulle het gepraat oor die voordele en nadele van tuisonderrig en beslis het sy bevestig wat hy alreeds weet dat die voordele veel meer is as die nadele.

Ek spring uit my vel uit van vreugde omdat ek weet ek het 'n Hemelse Bruidegom wat so lief is vir my dat Hy harte draai en sag maak en ons die begeertes van ons hart gee.

Die lof en die eer is alles Syne. Niks wat ek ooit sou doen of sê sou teweeg gebring het dat ek kon tuisondderig gee nie. Daar was niks in my menslike vermoë wat ek sou kon doen nie, net hoop, glo en vertrou dat Hy die werk wat Hy begin het sal voltooi en kyk net!!!

Liefste bruid, waarvoor vertrou jy Hom vandag? Gee dit oor en weet Hy is so lief vir jou. Die liefde waarmee Hy jou liefhet is 'n ewige liefde wat nooit vergaan nie. Vertrou Hom en geniet elke oomblik van die reis en as jy deur 'n donker tyd gaan, sit jou kop sy skouer en weet Hy neem elke tree saam met jou.

PSALMS 37:4-6

“...en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.”

Verlustig, wat 'n pragtige woord. Ek het die betekenis gaan opsoek en sinonieme is: Geniet, bly wees, opvrolik, vermaak, genot skep in.

Die ou woordeboek wat ek het is 'n 1991 druk en Psalm 37:4 is daar as voorbeeld van die betekenis van die woord!! Kan jy dit glo?

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!