Hy Gebruik Ons Om Mekaar Te Seën

♕ Belofte van vandag: “En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want ‘God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.’”  1 Petrus 5:5

☊ Yvonne Lofverslag Potgooi

Is dit nie wonderlik om Sy bruid te wees nie? Somtyds gebeur daar dinge in ons lewens wat uitloop op so groot seën, nie net vir ons nie, maar ook vir ander om ons.

My vriendin se suster skryf boeke, maar sy bly nie naby ons nie, so ek ken haar nie. Ek weet maar net dit wat ek by haar sussie hoor:)

So rukkie terug het sy op Facebook 'n geskenkpakkie weggegee en my vriendin het my genomineer. En toe wen ek! 'n Paar weke later kry ek my geskenkpakkie. Haar nuutste boek en parfuum en not so paar ander oulike geskenkies.

Ek gebruik deodorant, maar nie parfuum nie, want as ek dit die heeltyd aan myself ruik, maak die reuk my naar, maak nie saak hoe min ek opsit nie. My dogter is natuurlik lief vir parfuum, so sy kry al my parfuum.

Ek het gedog ek kan dieselfde doen met hierdie, maar toe ek dit ruik, wow, so ligte reuk en ek kan dit heeldag aanhou en nie eens naar voel nie. Hoe wonderlik is my Hemelse Man dat Hy geweet het presies watter parfuum om vir my te stuur.

Soos altyd is daar meer. Toe ek die boek begin lees, het ek dit baie geniet en ek kon sien dat sy dit self gepubliseer het. Ek het gelei gevoel om haar 'n boodskap te stuur en vertel dat ek hier by RMI geleer het hoe om die formaat van die boeke te doen en as sy wil sal ek haar help om haar volgende boek te proeflees en die formaat vir haar te doen.

Ek het haar ook vertel van die drukkers waarheen Hy ons gelei het, en nou is ek seker dit was Sy leiding, want sy het bevestig dat sy nie gelukkig was met die laaste boek nie en dat sy beslis van my aanbod sal gebruik maak met haar volgende boek.

Is dit nie fantasties hoe Hy ons gebruik om mekaar te seën en sodoende meer vrouens te bereik vir Hom nie?

Ek het vanoggend my lieflike Ester parfuum aan myself geruik en geweet ek moet Hom net die lof gee vir alles wat Hy doen.

En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” - 1 PETRUS 5:5 (AFR83)

Ons word geroep om die Goeie Nuus te verkondig, maar ook om mekaar te help en ons Hemelse Man is sou getrou om ons op die regte tyd na die regte plek toe te lei.

~ Yvonne in Suid Afrika
Ons Afrikaanse Bediening Pastoor and RMI se Bediening Direkteur.
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!