Hy Draai Dinge Om

Vandag se Belofte: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.” Genesis 50:20

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Soos julle weet was die kinders vir die laaste paar maande baie min by my en daar is so baie maniere wat my Hemelse Man dit vir goed gebruik het dat ek Sy goedertierenheid met julle almal wil deel. Hierdie was ‘n baie moeilike tyd vir my gewees, om vir so lank van my kinders af weg te wees en die laaste keer was 3 weke wat ek hul nie gesien het nie.

Terwyl ek met die Here gepraat het, het Hy my gewys hoe Hy dit alles omgedraai het en vir goed gebruik het.  Eerstens, as jy vir so lank van jou kinders af weg is, kry jy nuwe waardering vir die tyd wat julle wel saam het. Elke keer wat hul my gevra het om iets saam met hulle te doen, het ek dit waarmee ek besig was gelos en tyd saam met hulle spandeer want skielik het al die ander goed net vervaag as jy beperkte tyd beskikbaar het.

Dit was vir my moontlik om bietjie geld te spaar om vir myself ‘n nuwe stel potte te koop.  Myne was al 20 jaar oud en het uitmekaar geval.  Met my kinders hier sou ek nie in staat gewees het om so vinnig die geld daarvoor te spaar nie:)

Gewoonlik, wanneer hulle by by hul pa kuier, bel ek hul eenkeer per week.  Hierdie laaste 3 weke was ek seker dat elke keer as ek gevra het of ek my kinders kan bel, die Here “Nee” gesê het.   Ek was nie seker of dit iets van Hom af was nie, want dit was nie iets wat ek in die Bybel kon bevestig nie.  Maar ek het geweet dat in hierdie omstandighede, wat ek moes doen is niks todat ek vrede gehad het oor wat ek moes doen.

My Voormalige Man (VM) het my gedurende die eerste twee weke gebel en hy het nooit iets gesê oor ek wat nie die kinders bel nie, maar die laaste week (week 3) het hulle vir die week weggegaan op vakansie so hy kon nie bel nie.

Soos wat dit toe uitdraai, het ek nie daardie week lekker gevoel nie en ek was veronderstel om my Voormalige Skoonma na die winkels toe te vat, maar ek moes kanselleer want ek wou nie haar nie aansteek met wat ook al ek gehad het nie.

Die Sondag toe my kinders sou huistoe kom, het my Voormalige Man gebel terwyl hy besig was om die kar vol diesel te maak en was baie bekommerd oor my en het gevra of ek okay is.

Nou teen hierdie tyd het ek heeltemal vergeet dat ek nie goed gevoel het nie want die ergste was verby.  Blykbaar het my Voormalige Skoonma vir hom vertel dat ek nie goed gevoel het nie en omdat ek nie die kinders gebel het nie, het hy geen manier gehad om seker te maak dat ek okay was nie want hulle was op vakansie, hy was nooit alleen om my te bel nie.

My Hemelse Man het my op hierdie manier gewys dat my Voormalige Man omgee en bekommerd was toe hy nie van my gehoor het nie, self al was dit net wanneer ek die kinders gebel het sodat hy kon weet ek is okay.

Is Hy nie wonderlik nie, die manier waarop Hy dinge omdraai en vir goed gebruik? Jy weet natuurlik daar is altyd meer...

Dit het toe so uitgedraai dat my kinders moet eksamen skryf en hulle moet dit by die skool skryf, maar omdat slegs 50% van die kinders by die skool mag wees, kan die grade nie almal saam skryf nie, wat beteken ‘n drie weke eksamen tydperk word nou uitgerek na ‘n 6 weke tydperk en daarom sal my kinders vir die volgende ses weke by my wees!!!

Hy het die 3 weke gevat, my dubbeld geseën met 6 weke en nogsteeds al die ander seëninge oor my gestort!!! Hoe kan jy nie van voor af verlief raak op Hemelse Man wat net een seëning op die ander ophoop nie?

Ek moet net vir jou vertel, natuurlik het ek gehuil omdat ek my kinders gemis het.  Natuurlik wou my vlees hulle bel. Ek kan weet dat met elke traan wat geval het, was Hy reg langs my om my te troos en dit in Sy patroon van herstel in my lewe in te weef.

En miskien red ek nie lewens nie, maar ek hoop dat my getuienis jou ten minste die hoop sal gee om aan te hou om Hom te vertrou, wetende dat wat Hy vir my gedoen het, Hy vir jou ook kan doen, maak nie saak wat jou omstandighede is nie, want Hy is lief vir jou met ‘n ewige liefde!

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!