Hy Beantwoord Onmoontlike Gebede

♕ Belofte van vandag: “Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.” Psalm 50:15 

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Dames, ek het nie vandag woorde vir julle nie, maar ek moet die Here die eer en die lofprysing gee omdat Hy gebede beantwoord wat ek gedink het net nie moontlik is nie!!!

Die begin nou so rukkie terug. Ek tuisonderrig die kinders, maar met behulp van die skool. Die skool waar die kinders in is, laat toe dat ons die kinders van die huis af leer. Ons moet net skooltoe gaan as hulle eksamen moet aflê.

Ons sou die plan weer hersien gedurende die 3de kwartaal vakansie wat natuurlik net 'n week lank is. Toe ek my vorige man herinner hieraan toe sê hy: "Jy is die een wat hulle tuisonderrig gee, so besluit jy." Ek was uit die veld geslaan!! Natuurlik was my keuse om hulle by die huis te hou vir die 4de kwartaal ook.

Die begeerte van my hart is natuurlik om kinders tuis te onderring en hulle floreer met tuisondderig. Daar is egter meer met my wonderlike Hemelse Man. Ja, altyd soveel meer:)

Vandag het my vorige man my gevra om hom te ontmoet vir 'n koppie koffie en toe vra hy my of ek al gedink het aan wat ons volgende jaar met die kinders gaan doen rakende skool. Om eerlik te wees dames, daar was nog nie regtig eens tyd vir my om aan volgende jaar te dink nie:):):) Wat ek wel kan sê dat net vroeër in die week het ek vir die Here gesê dat dit nogal dol is vir my om my huis te onderhou, tuisonderrig te doen en te werk. Ek is nie seker hoe ek dit alles gaan doen nie en sou Hy nog 'n Herstelde Huwelik in die pot gooi, weet ek nie wat ek gaan doen nie, maar Hy ken my hart, Hy ken die toekoms en ek dank Hom, want Sy woord sê Hy laat alles ten goede meewerk en daarom kan ek spog oor my swakheid, want as ek swak is, is hy sterk!

Ek laat toe my vorige man weet dat ek nog nie regtig daaroor gedink nie, maar ek weet wat my hartbegeerte is. Hy sê toe wel hy het so bietjie navorsing gaan doen en hy weet wat hy graag wil doen. Hy is net nie seker of dit die beste is vir die kinders nie. Hy oorweeg dit om hulle uit die skool te haal sodat ons hulle tuisonderring kan gee!!! Ek moet daaroor gaan nadink vir 'n paar weke en hom laat weet of ek dit sal kan doen.

Kan julle sien hoe die Here al my hartsbegeertes laat waar word! Dalk nie in die tyd wat ek dit wil hê nie, maar in Sy perfekte tyd! En ek moet ook lag, want dit is glad ook nie die volgorde wat ek in gedagte gehad het nie.

Ek loop vandag oor van vreugde, trane van blydskap vloei oor my wange, want my Hemelse Man is die beste Man en die beste Pa ooit.

Ek wil elkeen van julle aanmoedig om Sy gesig te soek met alles wat in julle is. Moet nooit ophou om te smag na meer van Hom nie. Wees lief vir Hom met alles wat in jou is en staan terug en kyk hoe Hy wonderwerke doen in jou lewe, ter eer en verheerliking van Sy wonderlike naam.

“Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.” Psalm 50:15

Vanoggend het ek vir 'n oomblik op die vers stilgestaan en onthou hoeveel keer ek Hom aangeroep het in die dag van nood en hoeveel keer Hy my verlos het en daarom wil ek Hom vandag eer met my Lofverslag.

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!