Hierdie week sal ek, gelukkig, klaarmaak met wat God se seëninge sal blok en volgende week aanbeweeg na ‘n opwindende onderwerp (een van my gunsteling “geheime”)—wat jou seëninge sal VERMENIGVULDIG! Maar, voor ek dit doen, wil ek 'n vraag beantwoord wat in ons kantoor gekom het en dit was:

“Wat presies bedoel jy (die Bybel) met 'n ‘besluitelose man?’” Is dit “twyfel dat God jou huwelik sal herstel”? (nie dat Hy nie kan nie, net dat Hy vir een of ander rede nie sal nie). Ook, was daar ooit ‘n tyd wat jy (Erin) gedink het dat jou huwelik nie herstel sou word nie? Dankie!”

Dit is ‘n goeie vraag omdat ek so baie Christene gehoor het wat besluiteloosheid vereenvoudig om eintlik te beteken twyfel of twyfelagtigheid. Sekerlik, is daar ‘n korrelasie tussen die twee, maar ek glo dat twyfel ‘n resultaat is van besluiteloosheid, maar hulle het nie dieselfde betekenis nie.

Besluiteloosheid word gedefinieer as “om verskillende gedagtes op verskillende tye te hê; verontrus; onstabiel; onseker.” Daarom lyk dit asof besluiteloosheid die staat is waar iemand verskillende gedagtes op verskillende tye het―gewoonlik, maar nie altyd nie, wanneer die vyand aanval. Deur “verontrus” te wees kan enige tyd gebeur wanneer daar nie ten volle in die ding (herstel) geglo word nie.

‘n Paar weke gelede (toe ek jou aangemoedig het om God te soek om uit te vind of dit SY wil is om jou te herstel), as jy dit gedoen het (soos so baie gedoen het) dan kan jy dit “vestig” sodat jy nie “onrustig” of “onstabiel” in al jou maniere sal wees nie. En sekerlik, enige persoon, sodra hulle die Here se versekering het dat Hy ‘n begeerte het om hulle huwelik te herstel, sal “vasberade” (eerder as onbepaald) wees om die “baan te voltooi.”

Volgende, om die tweede deel van die vraag te beantwoord, om heeltemal eerlik met jou te wees, totdat Hy dit herstel het, was ek nie seker dit sou herstel word nie, maar dit is omdat my fokus verander het net nadat my Herstel Reis begin het om eenvoudig meer van Hom te wil hê. Soveel so, dat ek naby aan die einde “geweet” het dat Hy binnekort sou herstel, selfs al het die normale “tekens” anders gewys. En dit was toe wat ek die Here begin herinner het net hoe heerlik dit was met net die twee van ons en om herstel te heroorweeg.

Laat ek jou verseker, hopeloos te veel vrouens vra vir God of dit Sy plan is en faal dan om dit aan die “deurpos van hulle harte” te skryf. Sodat wanneer die vyand inkom met ‘n goeie hou (wat herstel so hopeloos laat lyk deur iets wat hulle eggenote gesê het of iets wat iemand anders oor hulle eggenote gesê het, of iets wat hulle gesien het) dan bevraagteken hulle weer of dit God se wil is. Hierdie is die besluitelose wat God sê moet “niks van Hom verwag nie”.

Tog, om te verhoed dat jy enigsins platgeslaan word moet jy eenvoudig jou oë, hart en fokus van jou herstel met jou aardse man (AM) draai na jou Hemelse Man (HM) toe soos wat ek gedoen het toe ek Sy liefde so oorvloedig ervaar het! Dit is nie net om julle ontwil nie, maar om die ontwil van vrouens rondom jou wat glo dat hulle ‘n man nodig het om hulle gelukkig, vervuld en gelief te maak.

Dit is slegs wanneer jy suiwer liefde kry, die liefde wat net deur Hom vervul kan word, wat jy en ander vrouens nie meer kwesbaar is vir die hartseer van verwerping nie.

Dit gebeur nie dadelik nie, maar dikwels wanneer ons weer en weer en weer verwerp word, soos ek in my eie huweliksgetuienis gedeel het. Die vyand was in staat om my te slaan tot op my laagste punt toe hy my oorreed het dat ek my herstel teen Kersfees ontvang het, maar my “herstel” sou net vir daardie paar kort dae wees. Tog, soos wat ek ook deel, was dit die vrouens aan wie ek bediening gegee het wat my moes dra—wat my op ‘n palet na die voete van Jesus toe gedra het waar Hy my genees en herstel het aan Homself, toe ek heel en volkome Syne geword het!

So, as jy dit nog nie gedoen het nie, gaan saam met God om uit te vind of Hy jou huwelik wil herstel, jy mag dalk die vlieswol wil uitlê (lees Rigters 6:36-40). En as jy hierdie gedeelte lees, ek lê altyd die vlieswol twee keer uit aangesien dit is wat Gideon gedoen het. Vra God eenvoudig om jou te wys dat dit Sy wil is. Sodra Hy dit doen, “vestig” dit dan in jou gedagtes, deur die visie neer te skryf. Onthou ook, dit beteken nie dat dit nou herstel gaan word nie, maar op ‘n bepaalde tyd.

Habakuk 2:2-3—

“Die HERE het toe vir my gesê: ‘Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir ‘n bepaald tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly WAG as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.’”

Dit sal jou toelaat om nooit weer te twyfel in jou herstel nie EN jou ook toelaat om Hom te vra om vir jou te wys hoekom Hy toegelaat het dat dit gebeur. Soos baie wie gevra het, openbaar die Here dit om te help om ander aan te moedig! Selfs om moontlik opgelei te word as ‘n bedienaar, wat terloops, gratis en maklik is om van die huis af te doen wanneer jy aansoek doen by RMIOU.

Nietemin sal die vyand, amper onmiddellik, kom as ‘n dief om jou “beloftes” te steel en jou miskien selfs oorreed dat dit nie die tyd is om ander te help nie. Maar, as die grond of jou hart goed is, as dit opgebreek is, dan sal Sy Woord aan jou en Sy Beloftes aan jou te diep begrawe wees om te steel. Dan, sal die trane wat jy voor Hom gestort het (hopelik trane van vreugde sodra jy Sy liefde ervaar het) die Woord natmaak en sal dit jou oes voortbring—herstel in die gepaste seisoen—nadat Hy weet dat Hy jou as Sy eie het.

Daar is geen manier wat ek dit te veel kan sê nie, maar sodra jy regtig besef hoe baie die Here jou liefhet, weet ek dat die verhouding met wie jy vir HOM is, sal beteken dat niks anders regtig saak sal maak nie.

As ek dit moet beskryf, is dit amper asof jy “iemand” anders het, in die geheim (net soos jou eggenoot wat in owerspel betrokke is). Tog in plaas daarvan om sondig te wees, is dit heerlik heilig!! Wanneer iemand jou beledig sal jy nie seergemaak wees nie, omdat jy anders sal dink, “Wel, dit mag wees wat jy dink, maar ek het ‘n Minnaar van my eie wat sê Hy het my lief en ek behoort aan Hom!” (Sien Jesaja 62:4)

Selfs nou is ek mal daaroor om weg te glip en met Hom te praat; om planne te maak oor wanneer ons weer alleen sal ontmoet! Met hierdie soort liefde, in plaas van seerkry, kan ek vir enigiets en alles glimlag! Met al hierdie liefde wat oorloop, is ek ook in staat om selfs vir my vyande lief te wees en hulle te seën!

Dit is waar ek wil hê elkeen van julle moet wees!! Alhoewel baie van julle nog nie daar is nie, is dit ons missie en doel om so diep saam met God te gaan dat jy nooit vir lug sal wil opkom nie! Alleenlik op hierdie plek sal jy in staat wees om berge te versit en om die dinge te doen wat die HERE deur jou en my wil doen.

Eerder as om aan te gaan met wat ek van plan was om te sê, dink ek dit is belangrik dat ons stop en Sela. Ek wil nie aanbeweeg nie, want ek persoonlik wil net hier bly en peins. Ons sal dit volgende week afhaal en wat jou seëninge kan blokkeer, klaarmaak.

Kom ons onthou vandag om eenvoudig GESEËND te wees—deur in so 'n toestand van intimiteit te kom wat ons nooit gedroom het dat ons dit sou kon hê nie!

Jesaja 48:6— “Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor, dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie.”

Laat ek vandag eindig deur te sê dat ek eenvoudig LIEF is vir hoe Hy verborge dinge van die verlede ontbloot terwyl ek hierdie reeks van 2004 hersien het―soos ‘n woordeboek! Ek het altyd ‘n groot woordeboek gehad wat op my lessenaar gelê het waarna ek kon verwys, maar nou het ek ‘n AANLYN weergawe wat ek sopas geboekmerk het en in my Aanlyn Bybel lêer gesit het (wat ek elkeen van julle sal aanbeveel om te doen). Nou, in plaas daarvan om woorde in ‘n sekulêre woordeboek op te soek, kan ek teruggaan na die een wat ek glo die bron van alle wysheid is, die Bybel en verwys gereeld daarna!

Nou is dit tyd om te...