Verlede week het ons die eerste beginsel geleer van hoe om geseënd te wees en dit was:

God WIL jou Seën!

En die tweede deel is: 

Die Here wag en hunker om elkeen te seën wie na Hom hunker. Dit is Sy natuur om ons te WIL seën! 

Hierdie week wil ek hê ons moet verstaan hoekom daar sommige gelowiges is wat nie geseënd is nie, terwyl daar ander gelowiges is wat lyk asof hulle so geseënd is dat hulle dit nie kan inhou nie.

Wat ek bedoel is; hierdie individue is so geseënd dat seëninge letterlik oorloop en oorvloei en enigiemand wat naby aan hulle is seën. Ek weet nie van jou nie, maar hierdie is die soort seëninge wat ek wil hê. Die soort wat “ ingestamp en propvol” is. Ek wil soveel van God hê dat ek baie oor het om aan almal na aan my te gee. Wat van jou?

So as dit waar is dat God ons wil seën, hoekom ly sommige gelowiges dan?

Beginsel #2 Smart en Leiding help ons om volwassenheid te verkry om die seën te geniet!

Almal van ons hou daarvan om te dink dat ons wonderwerk na ons toe sal kom in die vorm van die lotery. Met ander woorde, dat ons, ewe skielik en oombliklik,  glorieryk geseënd sal wees en nooit weer ‘n enkele seën in die toekoms gaan nodig hê nie.  Nietemin, wanneer ‘n seën net in ons skoot val, is die waarheid dat ons heeltemal en uiters onvoorbereid is om dit te hanteer. So, in plaas daarvan dat dit ‘n ware seën is, kom die seën as ‘n vloek na ons toe. 

Die manier wat God Sy seëninge ontwerp het om te kom, was deur donker wolke. Deur geswoeg, pyn, lyding, najaging en smart leer en ervaar ons die volwassenheid wat benodig word om ons seën te behou en te geniet.

Daar was ‘n dokumentêr wat ons een keer gekyk het wat onderhoude gevoer het met mense wat die lotery gewen het. Almal, behalwe een wat net onlangs gewen het, het gevind dat die geld wat hulle gedroom het hulle gelukkig sou maak, hulle lewens verwoes het. Dit was aan hulle gegee voordat hulle gereed was om die verantwoordelikheid te aanvaar. Hulle het nie geswoeg of gely daarvoor nie, in plaas daarvan, het dit in hulle skote geval.   

Wanneer jy in die middel van jou beproewings is, soos in jou huwelik, wens jy elke dag dat jou gade daardie DAG sal huis toe kom of dat hy wonderbaarlik OORNAG sal verander. Dit is in ons natuur om nie te wil wag nie. En wie van ons wil voortgaan om seer te kry of nog een traan te stort? 

Tog, het ons nie vergeet hoe die lyding wat ons hiernatoe gelei het, ons na Hom toe gelei het, hoe ons beproewings tot dusver ons op ongelooflike maniere verander het nie? Nie een van ons is dieselfde persoon wat ons was nie. Ons is heeltemal getransformeer en wat nou vir ons saak maak is glad nie meer dieselfde as vantevore nie. As jy soos ek is, kyk jy terug na hoe jy was en ons krimp ineen. Tog, hoe gou vergeet ons dat die Here gesê het ons word verander van Glorie tot Glorie.

So kom ons lees die vers om te sien of ons meer daarvan kan leer. 

2 Korintiërs 3:18 AFR 83

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

As jy uitgemergel is en wonder “hoe lank” hierdie Herstel Reis gaan neem, stop vir ‘n oomblik en kyk terug en onthou hoe hierdie einste beproewings jou verander het.

Terwyl ek vandag aan ‘n paar Herstelde Huweliks Getuienisse gewerk het, was ek getref met totale verbystering omdat so baie in detail beskryf hoe moeilik hul beproewings was, maar dat elkeen dit nie wou gemis het nie of iets verander het nie! Ek voel ook so. Dan hoekom, toe ek hierdie reeks vir die eerste keer geskryf het, was ek mismoedig oor AL die beproewings wat ek gedeel het wat my getref het, die een na die ander, en hoekom het ek gewens hulle was verby? Klaarblyklik, het ek vergeet hoe ek op daardie plek in my lewe gekom het.

Daardie dag het ek besluit om te ontspan in 'n warm bad en het my "Streams in the Desert Devotional" oopgemaak en een van my gunsteling toewydings in Januarie begin lees.  

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. (Romeine 8:18)

Ek het een keer ‘n bottelvormige kokon van ‘n keiser mot vir amper ‘n jaar gehou. Die kokon was baie vreemd in die konstruksie daarvan. Die nek van die “bottel” het ‘n nou opening gehad waardeur die volwasse insek sy pad geforseer het. Daarom is die verlate kokon nog steeds so perfek soos een wat bewoon word, met geen skeuring van die verweefde vesels wat plaasgevind het nie. Die groot verskil tussen die grootte van die opening en die grootte van die gevange insek, laat 'n mens wonder hoe die mot ooit kan bestaan. Natuurlik, word dit nooit volbring sonder arbeid en moeite nie. Daar word geglo dat die druk waaraan die mot se liggaam blootgestel word wanneer dit deur so ‘n smal opening gaan, die natuur se manier is om vloeistof in sy vlerke te forseer, aangesien dit minder ontwikkel is teen die tyd van verskyning uit die kokon as ander insekte s'n.

Ek het toevallig die gevange mot se eerste pogings gesien om te ontsnap uit sy lang opsluiting. Die hele oggend het ek toegekyk terwyl dit geduldig gestreef en gesukkel het om bevry te word. Dit het gelyk asof dit nooit verby ‘n sekere punt kon kom nie en uiteindelik was my geduld uitgeput. Die beperkende vesels was moontlik droër en minder elasties as wat dit sou wees as die kokon die hele winter in sy natuurlike habitat gelos was, soos wat die natuur dit bedoel het om te wees. In elk geval, ek het gedink ek was wyser en meer medelydend as sy Skepper, so toe besluit ek om hom ‘n helpende hand te gee. Met die punt van my skêr, het ek die beperkende drade gesny om die uitgang net ‘n bietjie makliker te maak. Onmiddelik en met gemak, het my mot uitgekruip en ‘n groot geswelde liggaam en klein ingekrimpte vlerke gesleep! Ek het verniet gewag om die wonderlike proses van uitbreiding, waartydens die vlerke stil en gou voor my oë sou ontwikkel, te aanskou. Terwyl ek die delikate mooi kolle en merke van verkillende kleure ondersoek het, wat almal daar was in miniatuur vorm, het ek gehunker om te sien hoe hulle hulle finale grootte aanneem. Ek wou sien hoe my mot, een van die mooiste van sy soort,  in perfekte prag verskyn. Maar ek het tevergeefs gekyk. My misgeplaaste teerheid het bewys om sy verderf te wees. Die mot het 'n geaborteerde lewe gely, pynlik deur sy kort voortbestaan gekruip in plaas daarvan om deur die lug te vlieg op reënboog vlerke. Ek het dikwels aan my mot gedink, veral wanneer ek met trane in my oë kyk na dié wat sukkel met smart, lyding, en angs. My geneigdheid sou wees om die dissipline gou te verlig en uitlewering te bring. O, kortsigtige persoon wat ek is! Hoe weet ek of enige van hierdie pyn of gesteun verlig moet word? Die versiende, perfekte liefde wat die perfeksie van sy voorwerp soek, krimp nie in swakheid weg van die huidiglike, kortstondige lyding nie.  Ons Vader se liefde is te standvastig om swak te wees.  Omdat Hy lief is vir Sy kinders "tug Hy ons. . .sodat ons in sy heiligheid mag deel" (Heb 12:10). Met hierdie glorieryke doel voor oë, verlig Hy nie ons gehuil nie. Ons word perfek gemaak deur lyding, soos ons Ouer Broer, kinders van God word gedissiplineer om ons gehoorsaam te maak, ons word na glorie gebring deur baie beproewings. Van ‘n spoor, wat ek jou ook sal aanmoedig om te stop en lees, sodat jy kan verstaan van die pragtige mot wat nooit gelewe het om sy kleurvolle vlerke te gebruik nie, omdat die sukkelende mot verlos was uit sy lyding. Deur dit nounet weer te lees, was ek weer getref hoe die man wat gesien het hoe die mot sukkel, eenvoudig 'n klein opening oopgesny het sodat die mot nie meer sou bly sukkel om uit sy hegte omhulsel te kom nie             

Soos ek gesê het, dit was toe ek die storie klaar gelees het, wat ek skielik onthou het dat in al die beproewings van die week, ek misluk het om hierdie week se boodskap klaar te skryf. So toe klim ek uit die bad uit, maar in plaas daarvan om droewig te wees was ek dankbaar. Dankbaar vir ‘n Hemelse Vader wie my lief genoeg het om my te laat groot word; om my te verander om meer soos Hy te wees en ‘n geskikte bruid vir Sy Seun. Sy weë is nie my weë nie en Sy gedagtes is nie my gedagtes nie.  

En soos wat ek ook gesê het, dit het my bly gemaak om te weet dat Hy nog nie klaar is met my nie. Dankie Here vir die beproewings; weereens is ek verheug!

Dankbaar en nederig sien ek hoeveel jare dit geneem het vir die Here om my te verander en my te help om uiteindelik groot te word. Dit was net die afgelope paar dae wat ek besef het dat ek nie uitgelewer wou word of gespaar wou word van my huidige beproewings nie, want slegs in die vuur kan ek regtig Sy teenwoordigheid ten volle aanvoel. 

Daniël 3:24—

“Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra; ‘Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie?' En hulle sê vir hom: 'Dit is so, U Majesteit!' Hy sê toe: 'Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos ‘n hemelwese!'"

Wat van jou? Waar is jy in jou beproewings en hoe voel jy oor hulle? Nou is dit tyd om te ...