Voorheen, het ek kortliks gepraat van “Sonde in die kamp van Ai.” Ek weet dat baie van julle aangespoor was om groot veranderinge in julle lewens te maak, maar vir dié wat gefaal het om tot aksie oor te gaan, wil ek ‘n beroep op jou doen. Jy het duidelik geen idee wat op die spel is nie. Wanneer daar sonde in die genootskap is, kan en sal dit Sy salwing blok.

Omtrent ‘n jaar gelede het ons Sy geblokkeerde salwing ervaar. Toe ons aanvoel waar dit was, het dit verskeie e-pos gesprekke gevat om een van ons top bedienaars te oorreed om skoon te kom. Alhoewel ek aangevoel het dat daar meer was as wat sy vroeër erken het, toe sy uiteindelik onthul het dat sy die ander vrou geword het van ‘n getroude man, het my hart vir haar gebreek. Dit het gebreek vir haar, die vrou (wie seker niks geweet het nie) en my hart het gebreek omdat dit so baie gekos het om haar te oortuig om oor alles te bely, eerder as om aan te hou lieg, wat sy vir amper ‘n maand gedoen het. Vir meer as agt maande het ons 'n stryd gevoer wat van alle kante teen ons gekom het, maar geen idee gehad wat die oorsaak was nie.

As jy deel van hierdie genootskap is of hierdie bediening as ‘n vrywilliger bedien, dan is dit vir net een rede—om vir ander om te gee. Ons is hier om ons eie lewens te herstel en dan om te draai om elke vrou te help wat die Here se liefde wil vind en Sy bruid wil word “sonder vlek of rimpel”—net omdat sy met die water van Sy Woord gewas is. ALMAL VAN ONS smag daarna om geseënd te wees, maar om deur God geseën te word beteken dat ons die dinge MOET skoonmaak en opruim wat herstel sal inhibeersonde in die kamp.

Nie een van ons wil werk waar daar verborge sonde is nie. Wil jy alles doen wat jy doen en dan maande later besef dat jy nie net tekort gekom het aan "voorspoed" in ALLES wat ons gedoen het nie, maar het eintlik gely as gevolg van iemand wat sonde verberg het? God belowe dat as ons IN HOM BLY, kan ons vra wat ons wil hê (elke belofte wat ons na aan ons hart gehou het) en Hy sê Hy sal dit vir ons Gee. Maar sonde is nie in die vergelyking nie. Dit kan nie wees nie.   

Kom ons laat die salwing toe om in ons lewens te vloei en veral in ons genootskap. Neem die tyd om met God te gesels oor hoe jy die sonde vandag uit jou lewe kan haal en praat met Hom deur die res van hierdie week, en bieg dan. 

Beweeg Aan Na Veelvoudige Seëninge.  

Verlede week het ons geleer dat “sing te midde van die vlamme” en om die paal te omhels wat ons gaan stilhou, die seëninge in ons lewens sal vermenigvuldig. Die tweede beginsel, om die beproewing te vat en om te draai in ‘n GELEENTHEID vir ‘n seëning (en 'n VEELVOUDIGE seën), wat ons in hierdie verse vind:

Matteus 5:39-41—

Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.”

As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.”

As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.

1 Petrus 3:8—

Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want DAARTOE is julle geroep, sodat julle die SEËN van God KAN verkry.”

Jy sal agterkom dat dit nie sê AS hulle jou vra om “twee kilometer” te gaan of AS hulle jou vra vir jou “boklere,” nadat hulle alreeds jou “onderklere’ gevat het nie. Dit sê duidelik vir ons dat wanneer hulle NET vir jou onderklere vra, is dit wanneer ons ons boklere vir hulle moet AANBIED. As hulle ons vra om een kilometer te gaan, is dit wanneer ons AANBIED om twee te gaan.   

Die seën is nie om die kwaad met die kwaad te vergeld of belediging met belediging nie, maar dit is wanneer ons na die “hoër” grond styg en hulle ‘n seën GEE!

Dit is in die KRAG van die ongevraagde boklere, die MAG van die tweede kilometer geloop en die INTENSITEIT van die belediging-gedraai-seën, wat ons opwaarts en vorentoe loods! 

Dit is omdat ons in “‘n tyd soos hierdie” lewe (Ester 4:14), wanneer dit eintlik baie maklik is om beloon te word met lof van mede Christene wanneer ons eenvoudig nie “teenklag” doen nie of wraak neem op die persoon wat ons seermaak, ons gebruik en misbruik nie. Hulle dink aan ons as ‘n heilige! Maar, o! hoe ver het ons geval om te lewe in die krag van die Almagtige! En dit gaan voort om erger te raak. Mede “Christene” sal ook die einste wees wat sal probeer om jou te oorreed dat jy geen ander “keuse” het as om iemand te dagvaar nie.

Ek en my dogter Tara, het hierdie skok ervaar toe ons uitgevind het dat ons vorige sekretaresse by RMI, vir JARE by ons gesteel het. As gevolg van etlike ander persoonlike sekretaresses wat oorgevat het, het hulle nooit besef dat die sellulêre maatskappy wat outomaties betaal was nie myne was nie, maar die sekretaresse wat ons moes laat gaan het s’n. Toe kom die eerste “geleentheid” nadat ek die diefstal ontdek het, wat oor die jare vermeerder het. Eers was dit net haar selfoon, maar teen die tyd wat dit ontdek was, het sy elke jaar omtrent een familielid bygesit!    

Toe ek na die bank toe gegaan het, soos die selfoon maatskappy ons aangesê het om te doen, het die bank bestuurder dit duidelik gestel dat die bank nie ons fondse kon terugkry nie, maar dat ons enigste toevlug was om hierdie persoon te laat arresteer, of haar ten minste te dagvaar vir die geld. Toe ek verduidelik het dat ek ‘n bedienaar is en as ‘n Christen, daar geen manier was dat ek ooit enigiemand sal dagvaar nie, het die man gesê, “Wel ek is self ‘n ingeseënde bedienaar en ek moes my eie ouers dagvaar, ek het geen ander keuse gehad nie.” Toe het hy aangegaan om te sê dat hy nog vir God wag om hom te gebruik.

Glo jy in jouself dat jy ‘n ware Christen is, wat 'n volgeling van Christus beteken. “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg . . . toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel” (1 Petrus 2:21-23)? Indien so, moet jy anders kyk, optree en reageer en as ‘n beloning, sal Hy jou lewe verregaande seën. 

Efesiërs 3:20 AFR 83—

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink”

Die Boodskap—

God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.”

Jesaja 30:18NLV—

Tog WAG die HERE gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die HERE is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.”

Nou is dit tyd om te...