Macy se

Skuur Kat

Beloftes

Want niks is onmoontlik vir

God nie!!

Lukas 1:37

Ek is mal oor katte!

Hou jy ook van katte?

My Ouma was mal oor katte, maar my Oupa het niks van katte gehou nie.

Net voordat ek gebore was, het my Oupa hemel toe gegaan. So, toe ek 3 jaar oud was, het my mamma vir haar ma, Ouma, haar eie kat as ‘n Kersfees geskenk gegee.

Spade

Ouma het het haar Calico kat Spade genoem. Spade was mal oor my Ouma maar sy het nie van my gehou nie. Ek was nie sagmoedig met Spade nie.

Wanneer ek by my Ouma gaan kuier het, het Spade vir my weggekruip onder ‘n tafel of diep agter die bank.

Wanneer sy wegkruip, sou ek onder die bank ingekruip het agter haar aan en Spade aan haar pote probeer uittrek om haar vas te hou.

Wanneer ek haar vasgehou het, het ek haar baie styf vasgedruk want as ek nie het nie, sou Spade uit my arms gespring het en weggehardloop het.

Meeste katte sal krap of byt of sis sodat jy ophou. Spade het nie gekrap of gebyt of gesis nie, maar ek het nie opgehou om haar te probeer vang nie.

Toe my Ouma hemel toe gaan om by Oupa te wees, wou ek Spade vir myself gehad het. Maar ons het ‘n baie groot hond gehad met die naam Sam.

Ons Hond Sam

Sam was ‘n Duitse Herdershond en hy was mal daaroor om katte te jaag. Ons het ons hond die Engelse naam vir Simson in die Bybel, Samson, gegee want hy was baie sterk. Ons hond Sam, was baie sterk en het ons gesin beskerm.

Duitse Herdershonde is goeie honde en ons Sam was ‘n buitelug hond met ‘n dik, olierige pels.

Aangesien ons Spade nie binne kon hou nie, want my broer is allergies vir kat hare en Spade was nie veilig buite saam met Sam nie, het God vir haar ‘n nuwe huis gekry. ‘n Dierbare dame by ons kerk het Spade gevat omdat sy ook mal was oor katte.

Sonder Spade vir wie ek kon gaan kuier het, wou ek so graag ‘n kat gehad het en ek het gehuil. Ek het my pa gevra en hy het gesĂȘ, “Jy hoef nie te huil nie want ons gaan ver weg trek om op ‘n plaas te bly.  En as ons plaas ‘n skuur het, kan jy ‘n skuur kat kry.”

Toe ons na ons plaas toe getrek het, was ek baie bly want ons het baie skure gehad. Maar toe ek vir my kat gevra het, het my pa, “Nee” gesĂȘ. Toe ek by my ma gehuil het, het sy gesĂȘ, “Moenie weer jou pa vra nie, bid net Macy en sien wat jou Hemelse Pappa sal doen.”

God Beantwoord My Gebed

So, elke keer as ek aan die kat gedink het wat ek nie gekry het nie, of as ek aan Spade gedink het, het ek my Hemelse Vader, God, gevra om vir my ‘n skuur kat te gee.

Eendag het iets slegs gebeur wat God vir goed gebruik het en dit was hoe Hy beplan het om my gebed te beantwoord toe ek Hom die eerste keer gevra het!

 

Ek was agter ons groot skuur toe een van ons perde op my voet getrap het.  My voet het vet geword en het begin pers word. Ek het probeer maar ek kon nie ophou huil nie. My pa het gesĂȘ, “Macy, sĂȘ vir almal om in die bussie te klim, ons gaan na ‘n spesiale plek toe. Ons gaan vir jou ‘n skuur kat kry.” Ek het in ons groot, lang bussie geklim en ons het gery tot in die heuwels.

Toe ek in die bussie klim, het ek vergeet van my seer voet. Ek was gelukkig!! God het hierdie hartseer, slegte ding gebruik—net soos wat Hy altyd doen.

Terwyl ons tot in die heuwels gery het, het ons deur ‘n vlak stroom gespat voordat ons by ‘n ou plaas gestop het. Almal van ons: ek, my drie broeties en my twee sussies het uit die bussie gespring toe ons die dosyne klein katjies orals gesien het!!

My pa en ma het vir my gesĂȘ, “Macy, gaan soek jou skuur kat.” Ek het dadelik my skuur kat gesien.  Ek het haar in my arms opgeraap, haar gesoen en vir God dankie gesĂȘ omdat Hy my gebed beantwoord het!

Ek het geleer dat wanneer jy bid, God jou Vader, jou hoor bid en Hy wil jou seĂ«n met dubbel waarvoor jy gehoop het! As iets nie regverdig is nie, wat die Bybel sĂȘ onregverdig is, beteken dit dat God jou DUBBEL wil seĂ«n of twee keer soveel!

Hierdie is een van God se miljoene beloftes. Jy kan dit lees in jou Bybel in Jesaja 61:7-8—waar Hy al Sy beloftes vir my en JOU gelos het!

 

Latte

Latte se pels het soos ‘n koppie koffie gelyk met baie room in—net soos wat my mamma daarvan gehou het om dit te drink.

Toe my mamma my kom soek het, het ek gesien dat sy Latte se mamma vashou wat ek ChiChi genoem het, dit klink soos “She-She” in engels, my mamma se gunsteling Franse gebak wat sy saam met haar koffie geĂ«et het! My ma het gesĂȘ dat Latte te klein is om van haar mamma af weg te wees, so God het vir my DUBBEL gegee! Ek het nie net een skuur kat gekry nie, ek het twee gekry! ‘n Mamma kat en haar sagte, baba katjie!

Gelukkige Einde

God is nie net mal daaroor om ons met DUBBEL te seen —deur vir ons twee te gee as ons bid nie!! Hy is regtig MAL oor die woord vermenigvuldig—en vermenigvuldig beteken wanneer twee vier word en vier verander in BAIE skuur katte!

God het my met meer en meer skuur katte geseën, baie werpsels.

Baie vining het ons baie katte gehad wat die muise uit ons skure en uit ons huis gehou het, wat my pappa baie bly gemaak het dat ons skuur katte gekry het!

Die Einde

Toewyding

Hierdie boek word toegewy aan kleindogters. Moet nooit die storie van Macy vergeet nie, ook nie wat God 3 keer oor onmoontlikhede gesĂȘ het nie...

Moet nooit die storie van Macy vergeet nie, ook nie wat Matteus, Markus en Lukas vir ons vertel het nie


Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” Matteus 19:26

Wees seker om Macy se Skuur Kat met jou vriende te deel—van “elke nasie, stam, volk en taal” (Die Openbaring 7:9) sodat hulle ook in God se Beloftes sal glo!

Dit is tyd om jou JOERNAAL in te vul

Begin om jou Joernale in te vul soos jy in jou dagboek sou doen, deur eenvoudig vir jou Hemelse Vader alles wat op jou hart is te vertel en hoe die storie jou gehelp het.

Onthou net wat jy hier in jou joernaal skryf mag gekies en gedeel word met meisies rondom die wĂȘreld om hulle aan te moedig (as jy ons jou toestemming gee). So maak seker jy is diskreet (versigtig met wat jy sĂȘ), maar skryf nog steeds wat op jou hart is en wat jou Hemelse Vader jou gewys het in die hoofstuk van hierdie storie.

Lees LOF wat 🙌 Bemoedigende Vrouens op ons Bemoediger plaas oor om ‘n Hemelse Vader te hĂȘ #HV.

As jy Hom VRA, sal Hy jou wys wat om te sĂȘ. Jy kan ook jou Ma vra om te help om seker te maak.

As dit jou EERSTE joernaal is, gaan nou om Jou SN “Splinternuwe Naam” te kry. Weereens kan jy jou ma vra om te help aangesien jou ma dalk self ‘n SN gebruik—’n naam wat sy vir haar bediening gebruik.

Ek is seker jy is baie opgewonde om te begin en ons is opgewonde om van jou te hoor, so lees elke vraag versigtig en as jy nie seker is van iets nie, kan jy op die vraag klik en ‘n grys blok sal aan die kant verskyn om jou die instruksies te wys. Jy kan ook jou ma vra om jou te wys as jy nie weet nie.

Dankie!

As jy die geleentheid wil hĂȘ om 'n donasie te gee,
wat gebruik sal word om boeke aan lande te versprei
in die behoefte van aanmoediging, klik hier.

Hallo! Ek is hier om die pragtige oomblikke wat my Man vir my en my dogter gegee het, wat ons saam beleef het die afgelope week, met julle te deel. My dogter sou 'n oudio-opname van 'n boek genaamd "Macy se Skuur Kat" in Portugees doen.

Toe ek met haar daaroor praat, was sy baie opgewonde, want sy is mal oor katte, en toe sy die storie lees, was sy nog meer mal daaroor. Dit was so mooi om te hoor hoe sy die storievertelling oefen en leer hoeveel haar God en Hemelse Vader drome laat waar word en dat niks, absoluut niks vir Hom onmoontlik is nie.

Wel, op die dag van die opname, voor ons begin het, het ons gebid en God gevra om haar te help, vir haar 'n sagte stem te gee, haar geduld en konsentrasie te gee, sodat alles goed sal verloop. Ek bieg dat ek 'n bietjie angstig was, en toe sy begin opneem, kon ek sien hoeveel my Man haar geleer het oor lees, en sy was baie ontspanne ...

Wel, op 'n stadium, nad 'n paar keer se probeer en foute maak, het sy na my gekyk en gesĂȘ: "Ma, kan ons weer kniel en tot God bid?"

O skat, ek kon nie my trane bedwing toe sy so gebid het nie: "God, net soos ons U reeds gevra het, vra ek U weer om my te help om dit op te neem. Gee my die stem wat my ma aan die begin gevra het, ek wil U werk doen, Here, help my asseblief."

Ek was so geraak deur haar gebed dat my angs weg was, en van daardie uur af kon ons sulke wonderlike oomblikke hĂȘ, waar ons gehuil, gelag en by 'n finale opname uitgekom het! En ek kon net my Man en die beste Vader in hierdie wĂȘreld prys, en Hom dank dat Hy ons elke dag verander in vroue na Sy hart.

Dankie, my Liefde, vir U toegeneentheid, aandag, sorg en liefde waarmee U ons op ons reise lei!

"Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan." Deuteronomium 11:19

"Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe." 3 Johannes 1:4

~ Marta in Brasilië

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui