Die Perde Waarvoor

Tara Gehoop Het

Beloftes

God Doen die Onmoontlike

Want niks is onmoontlik vir

God nie!!

GOD het gesĂȘ: “Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie [vir ewig].”

Gou na Macy se familie van nege na ‘n klein plasie toe getrek het, het Macy se suster, Tara, ‘n geleentheid gekry om die bure se perd 🐎, Denny, te ry.

Dit is toe wat Tara en haar suster albei gehoop het vir ‘n perd van hulle eie. Maar toe hulle hulle pa gevra het, het hy geantwoord: “So jammer meisies, nie moontlik nie. Perde is net te duur. “Maar wat sĂȘ God? Hy sĂȘ: “Niks is VIR GOD onmoontlik nie.”

En omdat Tara en haar broers en susters geleer is om nooit weer te vra nie, het hulle vinnig gehoorsaam “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.“ Om hulle ouers te eer, het hulle eenvoudig vir God, hulle Hemelse Vader, gevra. Want hulle het onthou het wat GOD gesĂȘ het, “Wat vir die mense onmoontlik is, is VIR GOD moontlik.”

Hoe het God vir Tara en haar suster die “begeertes van hulle harte gegee”? 

Jy sal lag as jy hoor dat dit begin het toe Macy en Tara se broer, Edward, besluit het om ‘n vark 🐖 groot te maak vir hulle gesin. Omdat hulle altyd in die stad gebly het, het Edward hulp nodig gehad om te leer hoe om ‘n vark groot te maak. So hulle ma het gesĂȘ die beste oplossing was om by ‘n 4-H klub aan te sluit, wat kinders in landelike gebiede geleer het hoe om dinge op ‘n plaas te doen soos om vir verskillende soorte diere te sorg.  

Tara en haar suster het ‘n lang tyd gewag vir God om hulle gebede te beantwoord, maar om te wag is ‘n GOEIE ding!! Weet jy hoekom? Dit is omdat GOD gesĂȘ het: “Maar diĂ© wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” Nadat hulle vir ‘n lang tyd geduldig gewag het vir God om die meisies se gebede vir ‘n perd te beantwoord, was hulle meer as gereed vir die besit en uitdagings van dit wat God op die punt was om hulle mee te seĂ«n!

Dit is nie al nie, deur op God te vertrou, het Tara seker gemaak dat sy “stralend” was omdat sy “opgesien het na Hom” en sy het geestelik sterk gebly (die belangrikste krag van alles!) deur eenvoudig te wag vir God se “vasgestelde tyd”!!

Ons Vark, Vark Tjop

Watookal jy voor vra, maak seker jy onthou dat “Die openbaring geld vir ‘n BEPAALDE tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly WAG as dit nie gou kom nie want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” Onthou ook dat God mal is daaroor om ons te seĂ«n met DUBBEL—baie keer met selfs meer—soos ek hoop jy sal lees in Macy se Skuur Kat.

Net soos Macy, het God op die “bepaalde tyd" alles georkestreer!

Dit het skielik by die eerste 4-H vergadering gebeur! Nadat ons met die leier (wie Edward sou leer om ons vark te versorg) gepraat het, het ons ma die ruiterkuns leier gesien en oorgegaan om met haar te praat. My ma het geweet dat haar dogters graag ‘n perd wou gehad het (maar natuurlik sou niemand daaraan gedink het om hulle ma te vra as hulle pa, Nee,  gesĂȘ het nie). 

Gou, nadat sy oorgestap het, het my ma haarself voorgestel en verduidelik dat ons familie so pas na ons plaas getrek het van die stad af en toe gesĂȘ dat haar dogters, Tara en haar suster, daarvan sal hou om meer oor perde te leer.

Toe gebeur die wonderwerk!! Op die bepaalde tyd het ‘n ander ma opgewonde onderbreek en gesĂȘ:

“‘n Mal vrou het nounet gebel en gesĂȘ dat sy vir iemand in ons klub twee perde wil gee!!”

Onmiddellik het my ma opgewonde uitgeblaker:

“O! Daardie perde is vir ons!”

Die leier het verbyster na ons ma gekyk,

“Maar het jy nie nounet gesĂȘ dat jou dogters nie weet hoe om perde te versorg nie?”

My ma het gelag met ‘n groot glimlag,

“Ja, ek het, maar daardie twee perde is vir ons! My meisies het gebid om ‘n perd te kry!”

Die leier het na my ma gekyk en gedink sy was mal. Maar maak nie saak wat enigiemand gedink het of gesĂȘ het nie, ons almal weet dat God belowe om te “voleindig wat Hy begin het”!! 

Die ruiterkuns leier, Norma, was ook in verwondring toe die eienaar van die twee perde aangebied het om vir Tara, haar suster en Edward te leer hoe om die perde te versorg. Die twee perde se name was Twiggy en Halo😇.

Het jy geweet dat dit baie werk is om perde te versorg? Dit is deel van die rede waarom God seker gemaak het dat hulle wag. Jy moet hulle borsel en voer. Jy moet weet hoe om hulle korrek op te saal sodat jy nie afgly nie. Jy moet weet hoe om die harnasse of tooms korrek op die perd te sit sodat jy ‘n perd kan lei na waar jy wil dit moet gaan. En jy moet ook weet hoe om hulle hoewe skoon te maak, wat ‘n vuil, stink werk is.

Na net een dag van opleiding by haar plaas, het die eienaar Twiggy en Halo met haar perd sleepwa na ons plaas gebring. Raai wat? God het ons ma se gebed ook beantwoord. Sy het gebid vir kalm, veilige perde omdat perde gevaarlik kan wees, wat nog ‘n rede is om te wag vir GOD om perde te bring eerder as om te smeek vir iets wat die potensiaal het om jou skade te doen.

Die twee perde wat God eerste vir ons gegee het, was baie ou perde wat beteken het dat een van hulle, Twiggy, ‘n rug gehad het wat geswaai en afgesak het—wat dit minder waarskynlik gemaak het dat ons sou afgly terwyl ons gery het! Hulle het ook nie regtig gallop nie, maar meestal geloop. Somtyds kon jy hulle kry om te draf deur hulle met jou hakskene aan te por en ‘n klik geluid met jou tong te maak.  

Om perde te hĂȘ, was 'n droom wat waar geword het, net soos wat God sĂȘ! “God 
 is magtig om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink of selfs DURF om te vra of selfs van te DROOM—oneindig verder as ons hoogste BEGEERTES, of HOOP.”

HH4.8-1536x229 (4)
HH4.9

Elke dag nadat Tara, Macy en hulle jongste broer hul tuisskool klaar gemaak het, en hulle huis en plaas takies verrig het, het hulle haastig uitgegaan om op hulle perde te ry! En omdat hulle nie sterk genoeg was om die saalbande vas te maak nie, soos Edward, het hulle hul eie perde bloots gery! Hulle jonger broer het sy Wapenrusting van God helm en onderbaadjie gedra—gemaak asof hy God se ridder was. Terwyl Tara en Macy Sy prinsesse sou wees! 

Kan jy onthou dat hulle pa nie perde wou gehad het nie omdat hy gedink het dat dit te duur sou wees om hulle te voer? Dit is omdat hy vergeet het dat God gesĂȘ het dat HY “in elke behoefte van ons ryklik sal voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom”! Dink jy ons Hemelse Vader sou kinders met perde seĂ«n (dubbel wat hulle God voor gevra het), maar faal om kos voor te sien om die perde te voer?! Natuurlik nie! God belowe om in elke behoefte te voorsien! Dit is nog ‘n rede hoekom ons moet wag vir die “bepaalde tyd” om te sien hoe God dit sal doen! Wat ‘n verrassing toe ons Hemelse Vader ons ander buurvrou gekies het.

HH4.10

Om die perde te voer was nie aan die begin ‘n probleem nie, want die perde het gedurende die grootste gedeelte van die jaar op akkers groen gras in die veld gewei. Maar as dit sneeu of as dit te koud is, word die grond hard en het perde bale hooi en bietjie graan nodig.

God het skeilik in elke behoefte voorsien! Een Saterdagoggend het ons buurman oorgekom vir een van die bekende Thiele Plaas Ontbyte. Hy het ons pa gevra of hy ons weivelde kon gebruik vir sy vee om te wei. Het jy geweet dat beeste koeie is wat vir vleis groot gemaak word, nie koeie vir melk nie?

Wel, dadelik het ons pa gesĂȘ, “Natuurlik!" Toe het GOD dit gedoen! Ons buurman het geantwoord: “Puik, en in ruil, sal ek my mans kry om bale hooi te bring vir daardie nuwe perde van julle”!

Dit is hoe ons 30 hektaar velde nie oorgroei word nie—deur diere wat wei en die gras eet. So, as die gras gesny en bymekaar gemaak word om bale hooi te maak, het ons perde altyd baie gehad om gedurende die winter maande te eet!!

“Armoede Mentaliteit”

As jy God se belofte vergeet toe Hy gesĂȘ het, “En my God sal in elke behoefte van ons ryklik sal voorsien volgens SY wonderbaarlike rykdom” kan jy begin om ‘n “Armoede Mentaliteit” aan te neem. Dit is maklik om te doen— veral as jy ‘n baie groot familie het en ook plaasdiere om te voer. Maar my ma het seker gemaak om ons altyd te herinner dat dit ons Hemelse Vader se hart seer maak wanneer ons dink (en dan praat) asof ons weeskinders is, eerder as ‘n kind van die Koning van Konings. En as ons 'n kind van die Koning van Konings is, maak dit ons, JY, Tara, en haar susters, Sy Prinsesse!

Raai wat? Onthou hoe God Macy, Tara en haar suster geseĂ«n het met dubbel wat hulle vir gevra het? Wanneer ons geduldig wag vir die bepaalde tyd, beloon Hy ons nie net met dubbel nie—Hy vermenigvuldig ons seĂ«ninge! Moet nie die einde van Macy se Skuur Kat vergeet nie! Omdat dit is wat, weer,  gebeur het!

Dubbel Seëninge!

Terwyl ons op ons plaas gebly het, het God ons gesin geseĂ«n deur vir ons twee perde of dubbel, drie maal, te gee! Niemand het al ooit gehoor van enigiemand wat ooit gratis perde kry nie. Maar God wou bewys dat dit Hy was wat ons gebede beantwoord het! So Hy het vermenigvuldig wat ons geduldig voor gevra het—drie verskillende kere!!

HH4.11-1536x1016
HH4.12

Nadat ons geleer het om beter te ry, het die eienaar van Halo en Twiggy vir ons gesĂȘ dat sy kleinkinders het wat perde wou hĂȘ. So ons het laat gaan en God het ons geseĂ«n met nog twee perde! Die tweede keer het God die wonderwerk verrig om perde te kry (sonder om enigiemand behalwe God te vra
nadat ons ons pa net een keer gevra het)—twee verskillende families het vir ons ‘n vulle aangebied! ‘n Vul is ‘n baba perd en watter dogtertjie is nie lief vir babas nie?!?! Die een vul was alreeds “Hoop” genoem—”Hoop”—God se manier om ons te herinner aan Sy belofte dat “dinge gehoop vir” is “dinge nie gesien nie”

Die tweede vul het ons “Yen-ta-me” genome. Jenta Mi wat “my meisie” in Noors beteken.

Ons familie het baie geleer deur perde te hĂȘ. Voordat ons na die plaas toe getrek het, het ons gedink dat ‘n baba perd ‘n ponie genoem word, maar nee. ‘n Ponie is ‘n klein perd wat nooit groot word nie.

Wel, dit is die einde van hierdie storie wat ons HOOP jy weer en weer sal lees sodat jy God se beginsels kan leer om JOU lewe op die Rots te bou. Ons hoop veral dat jy in God se beloftes begin GLO deur hulle “in jou hart weg te steek.”

Kyk hoe God doen wat almal dink onmoontlik is—deur jou storie te deel, jou getuienis! Dit is die enigste manier wat mense God sal leer ken en liefhĂȘ soos jy doen en ook in staat sal wees om “die goddeloosheid te oorkom” deur die “woord van jou getuienis.”

HH4.13-1536x1010

Voordat ons sĂȘ “Die Einde,” wil ons ook ‘n kort getuienis deel van wat God gedoen het nadat ons ons perde gekry het—iets ongelooflik wat nog ‘n deel is van Sy Prinsesse storie. Ons storie oor hoe Macy dit reggekry het om te ry en selfs ‘n geleentheid gekry het om ‘n ponie met die naam van Dynamite Joe (alhoewel sy te jonk was) “af te wys ” en hoe Tara ‘n poniekar in vertonings gery het!!  

HH4.14-1536x902

Ons broer, Edward, het ook die begeertes van sy hart gekry. By sy eerste skou het Edward musiek gehoor en omgedraai om 'n seun op sy perd by die arena te sien inry wat die Missouri-staatsvlag gedra het om die kompetisie te begin. Edward het vir my ma gesĂȘ dat hy dit wil doen. So hy het toe haastig oorgestap en vir Norma gevra of hy dit die volgende keer kon doen. Norma het net gelag en gesĂȘ: "Jy moet nog 'n paar jaar ry voordat jy die kompetisie kan open en die vlag dra."

Maar raai wat? Jy is reg!! Deur geduldig te wag, het God die onmoontlike op die bepaalde tyd gedoen en Edward was skielik gevra om die vlag te dra!!

HH4.17-1536x905

O, en hoe ons ook nie net ons eie perde kon ry nie, want onthou hoe GOD mal is daarvoor om seëninge te vermenigvuldig wanneer ons geduldig wag? Die leier het ons geleer om in ruiterkuns kompetisies te ry en Norma het selfs haar opgeleide perde vir ons gebring om te ry!!

HH4.15-1536x1071
HH4.16

ONTHOU

As jy vir iets ongesiens hoop, vra God, jou Hemelse Vader. Wag dan geduldig vir die “bepaalde tyd,” sodat God jou kan seĂ«n met dubbel en vermenigvuldig — en jou met die beste getuienis voorsien om met jou familie, vriende en klasmaats te deel.

HH4.18-1536x1052

“God het My Gebede Beantwoord!!!!”

Dit is belangrik om te verstaan dat GOD somtyds Nee sĂȘ—maar dit is net omdat GOD iets baie meer belangrik het wat vir jou in jou toekoms wag. Die beste getuienis storie gaan oor ‘n meisie met die naam van Amy Carmichael wie God gevra het vir blou oĂ«. Toe sy wakker word het sy opgewonde na haar ma toe gehardloop en gesĂȘ, “God het my gebede beantwoord!!!! God het, Nee! gesĂȘ” Jare later het Amy 'n legioensendeling in IndiĂ« geword, God het geweet dat haar blou oĂ« in die pad sou staan van die plan wat Hy vir haar lewe gehad het!

Maak dus seker dat jy grootword om 'n Wyse Vrou te wees. Wag net geduldig vir die bepaalde tyd. Wees dankbaar vir wat jy het—en weet dat hoe langer jy wag—hoe groter die seĂ«n wat kom! Dan wanneer jy dankbaar is vir wat jy het, op die bepaalde tyd, mag GOD dalk JA sĂȘ, net soos wat Hy gedoen het vir my dogter, Tara!

Die Einde

HH4.19-1536x1024

Die KRAG van God se BELOFTES

 

Leer om GOD SE BELOFTES te ken en steek hulle in jou hart weg deur hulle in jou Bybel op te soek.

GOD het gesĂȘ, "Niks is vir God onmoontlik nie!" Lukas 1:37

GOD het gesĂȘ, "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” HebreĂ«rs 11:13 

GOD het gesĂȘ, “wat ons sien is tydelik, maar die onsigbare is ewig.” 
 Ons oog is nie op die sigbare gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 KorintiĂ«rs 4:18 

“Daarom is die dinge wat ‘n mens kan sien, nie baie belangrik vir ons nie. Die dinge wat ‘n mens nie kan sien nie, is belangrik. Die dinge wat ‘n mens kan sien, is net ‘n kort tydjie daar, maar die dinge wat ‘n mens nie kan sien nie, is vir altyd.” 2 KorintiĂ«rs 4:18 ABA

“So ons gee nie op nie
Dit wat ons vandag sien, is in elk geval nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wĂȘreld.” 2 KointiĂȘrs 4:18 DB

“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.” 2 KorintiĂ«rs 4:18 NLV

GOD het gesĂȘ, "Niks is VIR GOD onmoontlik nie!" Lukas 1:37

GOD het gesĂȘ, “Die openbaring geld vir ‘n BEPAALDE tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly WAG as dit nie gou kom nie want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.”’ Habakkuk 2:2-3.

GOD het gesĂȘ, "Niks is vir GOD onmoontlik nie!" Lukas 1:37

God het gesĂȘ, “sodat dit goed gaan met jou en jy ‘n lang lewe sal hĂȘ’... “‘ Eer jou vader en jou moeder, soos die Here God jou beveel het, dan sal jy ‘n lang lewe hĂȘ en dit sal goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.” Deuteronomium 5:16 AFR 83.

“Jy moet jou pa en jou ma liefhĂȘ en na hulle luister, want Ek, die Here jou God, vra dit van jou. Dan sal jy lank lewe. Dan sal dit met jou goed gaan in die land wat die Here jou God aan jou wil gee. “ Deuteronomium 5:16 DB

“Behandel jou pa en ma met respek, soos wat die Here jou God jou beveel om te doen. Dan sal jy lank en gelukkig lewe in die land wat die Here jou God aan jou gee.” Deuteronomium 5:16 NLV

“‘Behandel jou pa en ma met respek, soos wat die Here jou God jou beveel om te doen. Dan sal jy lank en gelukkig lewe in die land wat die Here jou God aan jou gee.” Deuteronomium 5:16 ABA

GOD het gesĂȘ, “Wat vir die mense onmoontlik is, is VIR GOD moontlik.”

GOD het gesĂȘ, “wat jou hart begeer”...”Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Psalms 37:4

GOD het gesĂȘ, “maar diĂ© wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” Jesaja 40:31.

GOD het gesĂȘ, “sien op na Hom” "DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie." Psalms 34:6

“Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.”

"DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.“ Psalms 34:6 AFR 83

GOD het gesĂȘ, “voleindig wat Hy begin het”... “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” Filippense 1:6

GOD het gesĂȘ, “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon DROOM nie. “ EfesiĂ«rs 3:20 DB

GOD het gesĂȘ,  “in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens SY wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” Filippense 4:19

En my God sal “in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens SY wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” Filippense 4:19 AFR 83

“Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.” Filippense 4:19 DB

“My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom.” Filippense 4:19 ABA

GOD het gesĂȘ, “dinge wat ons hoop” is dinge wat ons nie sien nie.” HebreĂ«rs 11:1

“Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” HebreĂ«rs 11:1 NLV

“Dit is waar: Mense wat in God glo, is baie seker dat God die dinge sal doen wat hulle hoop. Geloof is 'n bewys van die dinge wat 'n mens nie kan sien nie." HebreĂ«rs 11:1 ABA

GOD het gesĂȘ, “Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” Psalms 119:11

Deur die Woord van JOU Getuienis

Ons is lief vir God se Woord maak nie saak watter weergawe dit is nie, omdat elkeen die Here verhoog, LEES al die redes hoekom Hy ons seĂ«n om vir ons ‘n getuienis te gee, of ons eie storie om met familie, vriende, en mense wat ons in ons lewens ontmoet, te deel.

“Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. “Die Openbaring 12:11

“Hulle het hom behoorlik gewen. Hulle wapens was die bloed van die Lam en die boodskap wat hulle met soveel oortuiging aan ander vertel het. Alles het nie net vir hulle om hulleself gedraai nie. Hulle was bereid om tot die dood toe met hierdie wapens te veg. Die Openbaring 12:11 DB

“En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie.” Die Openbaring 12:11 NLV

“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Die Openbaring 12:11 AFR 53

“Maar die gelowiges het die Satan [hom] oorwin omdat die Lam gesterf het en omdat hulle vir almal vertel het wat hulle geglo het. Ja, hulle was nie bang toe die mense hulle doodgemaak het nie.”Die Openbaring 12:11 ABA

*hom. Wie is “hom”?

“hom” is die vyand.

“hom” is ‘n leuen of ‘n persoon.

“hom” kan ‘n hom of ‘n haar wees.

“hom” is enigiemand of enigiets wat teen God en wat God sĂȘ gaan.

Dit is tyd om jou JOERNAAL in te vul

Begin om jou Joernale in te vul soos jy in jou dagboek sou doen, deur eenvoudig vir jou Hemelse Vader alles wat op jou hart is te vertel en hoe die storie jou gehelp het.

Onthou net wat jy hier in jou joernaal skryf mag gekies en gedeel word met meisies rondom die wĂȘreld om hulle aan te moedig (as jy ons jou toestemming gee). So maak seker jy is diskreet (versigtig met wat jy sĂȘ), maar skryf nog steeds wat op jou hart is en wat jou Hemelse Vader jou gewys het in die hoofstuk van hierdie storie.

Lees LOF đŸ™ŒđŸŒ wat Bemoedigende Vrouens op ons Bemoediger plaas oor om ‘n Hemelse Vader te hĂȘ #HV.

As jy Hom VRA, sal Hy jou wys wat om te sĂȘ. Jy kan ook jou Ma vra om te help om seker te maak.

As dit jou EERSTE joernaal is, gaan nou om Jou SN “Splinternuwe Naam.” te kry. Weereens kan jy jou ma vra om te help aangesien jou ma dalk self ‘n SN gebruik—’n naam wat sy vir haar bediening gebruik.

Ek is seker jy is baie opgewonde om te begin en ons is opgewonde om van jou te hoor, so lees elke vraag versigtig en as jy nie seker is van iets nie, kan jy op die vraag klik en ‘n grys blok sal aan die kant verskyn om jou die instruksies te wys. Jy kan ook jou ma vra om jou te wys as jy nie weet nie.

Dankie!

As jy die geleentheid wil hĂȘ om 'n donasie te gee,
wat gebruik sal word om boeke aan lande te versprei
in die behoefte van aanmoediging, klik hier.

★★★★★ ~ Paula in BrasiliĂ«

Terwyl ek "Die Perde Waarvoor Tara Gehoop Het" in Portugees geproeflees het, was ek so geraak en het geweet ek moet dit met my kinders deel! Dit is 'n wonderlike manier om te praat oor die wonderlike Hemelse Vader wat hulle het! So ek het hulle gevra om te kom luister na 'n wonderlike storie genaamd "Die Perde Waarvoor Tara Gehoop Het" <3

Maar voor ek begin het, moes ek die foto's soek wat ons saam met Tara in ons huis het, ek het hulle gevra of hulle onthou toe Tara hier in BrasiliĂ« was en sy vir ons kom kuier het? Hulle sĂȘ: "Ja, ja!!" En my seun het die herinnering aan ons liefste Sara bygevoeg , hy het gesĂȘ: "Ons het twee van jou vriendinne hier gehad, Mamma, is dit nie?" Ek het ja gesĂȘ, met trane in my oĂ«, terwyl ek die groot oomblikke onthou het wat ons geseĂ«n was met die besoek van hierdie twee engele, Tara en Sara, gedurende verskillende tydperke, in ons huis \o/ - "want hulle mag engele van God wees wat opdaag as jou gaste." HebreĂ«rs 13:2

Wel, aangesien ons gereed was met sulke wonderlike herinneringe, het ons "Die Perde Waarvoor Tara Gehoop Het" begin lees en dit was 'n kosbare oomblik wat ons saam gehad het. My kinders hoop vir dinge wat hulle so graag wil hĂȘ, en albei van hulle het 'n "NEE" van hul pa gehad, so hulle het vertel, en ek het dieselfde gevoel. Terwyl hulle gelees het hoe Tara opgetree het, vertrou en gekry het waarvoor sy gehoop het, kon hulle die woorde van bemoediging vind om hul wagkamer op te helder🙂

Dit was 'n spesiale tyd wat ons saam gehad het, al die beloftes gelees het, geweet van die vrugte van gehoorsaamheid, gevolg hoe dinge op die vasgestelde tyd ontvou het, terwyl Tara en haar broers en susters gewag het vir hul Hemelse Vader, wat in al ons behoeftes voorsien, gee ons in dubbel selfs met ons denke dat dit onmoontlik is, want daar is nie die onmoontlike vir Hom nie!

Ek bely dat ek baie van die tyd voel asof ek misluk om my kinders te leer, terwyl ek lees het ek my HM gevra om met hulle te praat, om hul harte oop te maak, hulle is nou 12 en 14 en dinge verander in hul gedagtes en harte, maar ek weet Hy sal oneindig meer bereik as my grootste versoek, my mees ongelooflike droom, en my wildste verbeelding oortref! Dankie my lief!

Die volgende dag het ek met Tara die kosbare oomblikke wat ons gehad het as gevolg van haar getuienis gedeel, en ek het ook gedeel oor my "mislukkende gevoelens" en sy het vir my sulke bemoedigende woorde teruggeskryf wat ek met jou wil deel sodat jy dit ook kan voel, sien jou kinders groei en begin om dinge te ervaar wat jy nie wil hĂȘ hulle moet ervaar nie of ten minste as jy kon, sou jy hulle beskerm teen die boosheid van die wĂȘreld. So hier is Tara se pragtige woorde wat ek weet jou sal bemoedig soos hulle my aangemoedig het:

“Paula, wat is belangriker as dat jy met jou kinders praat, dit is hoe jy jou dag-tot-dag lewe leef wat hulle waarneem, en jy is die mooiste weerspieĂ«ling van Hom... Jy leer hulle deur jou optrede. Boonop het ek 'n gevoel dat jy so baie deel ❀❀waarna hulle luister en nie sal wegdwaal as hulle oud is nie." Dankie my liefste Tara!

Ek is so bly om al hierdie groot getuies te hĂȘ wat ons soos wolke omring, en wat hul lewens met ons deel sodat ons ook met ons kinders kan deel sodat hulle hul Hemelse Vader kan ken en liefhĂȘ, wat hulle baie meer liefhet as wat hulle kan dink. 🙂Ek voel so geĂ«erd en so geliefd om geroep te word om Sy bruid te wees sodat ek 'n beter ma vir my kinders kan wees.

Baie dankie Erin vir alles wat jy met ons gedeel het deur die "Sy Prinses" stories! Dankie dat jy jou hart oopgemaak het en ons leer 🙂En deur jou manier van lewe en vertrou, kan ons almal verlang om 'n spesiale verhouding met die Man van ons drome te leef, en dit is as gevolg van jou, liewe Erin, ons is lief vir jou!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui