"Pappa!!!!"

Hoe het jou herstel eintlik begin?*

Toe ek eers die “Is jy Gereed?” reeks in my Aanmoediger, gelees het, het ek begin vermoed dat ek alreeds ‘n herstelde huwelik het maar het gewag vir wat ek my voorgestel het hoe my herstel moes lyk.

Soos wat ek die reeks gelees het, was ek verbaas, omdat ek nie herstel gevoel het nie, maar nadat ek gelees het en God nagestreef het vir wysheid, het ek besef hoe ondankbaar ek was..en so, hier is ek om die Beminde van my siel te bedank vir alles wat Hy alreeds gedoen het en vir alles wat vir my voorlĂȘ!

Hoe het jou Herstel Reis begin?*

My Herstel Reis het begin toe ek besef het dat my man besig was om ‘n parallelle lewe te bou. Ek het gesien dat sy vriende enkel was, en daar was altyd vieringe en “redes” om uit te gaan en laat en dronk te arriveer.

Aan die ander hand, het ek begin uitgaan saam die kinders, nuwe vriende gemaak en baie tyd saam hulle spandeer (en meeste van die tyd, ‘n gedrinkery, geskinder en ons mans sleg te sĂȘ!). Ter aanvulling, was ek getrou om die Sondag altaar diens by te woon, alleen of met met my kinders.

Ten spyte van die ernstige krisis in ons huwelik, het ek besluit om ‘n familie vakansie uitstappie te beplan. My man wou nie reis nie, maar ek het my verbeel dat dit ‘n manier kon wees om dinge beter te maak...Ek het nie geluister na wat hy wou gehad het nie en hy het opgehou om te stry, en hy het vir my gesĂȘ dat hy nie vir die rit gaan betaal nie, toe sĂȘ ek vir hom — sonder om enige respek te toon- dat ek dit kon bekostig!.

My man het ons na die hotel toe geneem, maar het nie saam ons daar gebly nie. Hy het vir my gesĂȘ dat hy terug werk toe moes gaan en dat hy teen die naweek by ons sal kom bly en ons terugneem huistoe. Maar hy het nooit gekom nie en ons het alleen huistoe gegaan.

Toe ons by die huis kom, het ek gedink dat my man vir ons sou wag en ten minste angstig sou wees om die kinders te sien, maar op daardie dag, het hy laat en afsydig arriveer! Van toe af, het dinge net vererger, ek het uitgevind oor die AV en sy gesig daarin gevryf! Ek het so verlore en verward gevoel dat ek besluit het om vir ‘n sielkundige te soek om my te help om iemand verskillend te word.

Ek onthou gedurende my besoek, dat ek begin het om my foute op te noem en sy het gesĂȘ dat ek nie so kan voel nie en dat dit alles my man se skuld was. Sy het my gevra om te begin om woede te voel en verduidelik dat deur woede ek  vry sou wees van die skuld wat ek toe gevoel het. Treurig en verward, het ek my man gevra om my te ontmoet sodat ons kan praat
 en so het ons die moeilikste en pynlikste gesprek ooit gehad! My man het daardie dag besluit om te loop.

Hoe het God jou situasie verander soos wat jy Hom heelhartig nagestreef het?*

Dit is toe wat ek besluit het om op die internet te soek vir huwelik getuienisse en toe wat ek Erin se boek: Hoe God Jou Huwelik kan en sal Herstel gevind het! PDH!

Ek het dit begin lees en kon nie stop nie, en toe het ek dit weer gelees en weer! Ek was in staat om die beginsels onmiddellik toe te pas, spesiaal die “laat gaan”. Ek moes iets doen - en om praktiese advies te hĂȘ oor hoe om op te tree, was al waarvoor ek gevra het! Ek kon die regte ek sien, my foute besef en verstaan wat besig was om te gebeur! Maar hoofsaaklik, het ek gesien dat ek nie alleen was nie en dat God die perfekte plan vir my gehad het! PDH!

Watter beginsels, uit God se Woord (of deur hulpbronne), het die Here jou geleer gedurende hierdie beproewing? *

God het my begin leer dat ek my hart so diep binne Hom moes wegsteek, en Hom altyd die eerste Een in my lewe maak! Deur my man te laat gaan, te wen sonder woorde en om ‘n stil en sagmoedige gees te hĂȘ was wat my die meeste gehelp het.

Wat was die mees moeilikste tye waardeur  God jou gehelp het? *

Die mees moeilikste tye waardeur die Here my gehelp het was met my kinders, wie na hulle pa gevra het, wie verlate gevoel het..ek het daarin geslaag om nie toe te laat dat hulle my sien huil nie. Ek het God nagestreef en het hulp deur die RMIEW hulpbronne gekry. So ek het nie verkrummel nie, maar het sterk in die geloof gestaan en getrou gebly nie net vir myself nie, maar vir hulle, vir ons familie en toekoms!

Wat was die “keerpunt” van jou herstel?*

Die keerpunt in my situasie was onmiddellik toe ek die beginsels van “laat gaan” begin toepas het en “wen sonder woorde” was nog ‘n beginsel wat ek toegepas het, spesiaal dat ek getrou my tiende aan my stoorkamer gegee het. Maar hierdie was die fundamentele beginsels wat dinge omgekeer het, omdat my man agter gekom het dat ek anders optree!

Een dag, nadat ek gelees het oor die belangrikheid van laat gaan en vir God gevra het om my te help om hom werklik te laat gaan het my AM vir my ‘n boodskap gestuur: Hoekom skakel jy my nie meer nie? Wat is besig om met jou te gebeur? God is wonderlik en getrou aan Sy Woord en beginsels!

Vertel ons HOE dit gebeur het? Het jou man net by die voordeur ingeloop?*

Vandat ek hierdie reis begin het, het ek gedroom oor hoe my herstel sou plaasvind: met blomme, nuwe verloofring, lieflike woorde..toe hou ek op om daaroor te droom, en besef dat dit alreeds gebeur het, nie op my manier nie, maar op die beste manier: op Sy perfekte manier vir my!

Nadat ek hierdie Ministerie gevind het (in Portugees), het ek die beginsels begin aanwend en skielik een dag het ek ‘n sleutel in die voordeur gehoor en my man het in die huis in gekom! My kinders het na hom toe gehardloop en uitgeroep “Pappa!!!!” Selfs nou bring hierdie toneel trane in my oĂ«! Ek hoor nog my jonger seun wat sĂȘ: “Pappa, jy het verdwyn en ek het jou so baie gemis! Moet dit asseblief nie weer doen nie!” My man het gaan sit en hom met  trane in sy oĂȘ omhels! Hy was so treurig en verward...

In my gedagtes het ek ‘n “model” herstel gehad wat ek vir myself geskep het! Soort van ‘n manuskrip in my kop met ‘n begin, middel en ‘n einde, maar God se planne is nie soos ons sin nie en ek weet dat sy planne beter as myne is. So ek kan net sĂȘ: Laat U wil in my lewe geskied Here!

Dankbaar toe my man nie by die huis was nie, het ek lang en intense dae in die teenwoordigheid van my Beminde Jesus gehad! Hy, deur hierdie ministerie, het my die verstandhouding gegee dat ek die reis van my lewe begin het en nie wil terugkeer na waar ek was en wie ek was vantevore nie. Bowendien, waar sal ek gaan? Hy alleen het die woorde van die ewige lewe!

Het jy vermoed of kon jy sĂȘ dat jy naby aan herstel was?*

Nee, ek het niks vermoed nie, ek was net besig om te probeer om gehoorsaam te wees aan wat ek geleer het, om my mond toe te hou, om my oĂ« toe te hou (om te sien, nie wat gesien kan word nie maar dit wat nie gesien kan word nie) en om Hom toe te laat in die persoon wat God wil hĂȘ ek moet wees en wat Hy wil hĂȘ ek moet doen!

Sal jy enige van ons hulpbronne aanbeveel wat jou spesifiek gehelp het?*

Die hulpbronne wat ek aanbeveel is: die boek Hoe God jou Huwelik kan en sal Herstel  - wat ‘n seĂ«n van God vir ons! Die boek ‘n Wyse Vrou wat praktiese en spesifieke leringe vir ‘n vrou gee wat ‘n geestelike oormaak wil ontvang!

Ek beveel aan dat jy die HHH aanlyn kursusse doen en die daaglikse Aanmoediger lees - sodat jy weet hoe om jou dag te begin, ek kan nie sonder hulle lewe nie. Ter aanvulling, stel ek voor dat jy Lof Verslae skryf, en jou hart aan Jesus uitstort in danksegging.

Sal jy belangstel om te help om ander vrouens aan te moedig? *

Ja, ek is  deel van die Ministerie Span en ek is al vir ‘n geruime tyd. Nou weet ek daar is geen groter vreugde as om ander vrouens te help nie! En dat God altyd ‘n perfekte plan vir my gehad het, om my Sy getuie te maak oor wat Hy vir enige iemand kan doen. Nou is ek so nederig en so gelukkig omdat ek weet alles wat ek deurgemaak het, het help my gehelp om my ministerie te verstaan en ek is so opgewonde om alles wat hy vir my gedoen het te deel.

Liewe Vriend, Jesus, die Beminde van ons siele, is gretig om goedhartig met jou te wees, om  sy liefde te manifesteer en Sy voorliefde vir jou! Onder baie ander vrouens, is jy gekies en sal jy geseën wees met die herstel van jou huwelik, sowel as alles wat Hy belowe het en Hy is getrou! Glo!

~ Paula is 'n bemoedigende vrou wat die liefde van haar HM gevind het toe sy uitgeroep het vir hulp in die krisis van haar huwelik. Sy het ontdek dat die mees belangrikste ding is om haar verhouding met Hom eerste te ontwikkel sodat sy vrede kon vind en harmonie in haar lewe en familie.

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND 

Deur Die Woord Van Hul Getuienis (Boek 2): Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie!

KLIK HIER om jou eie eksemplaar te kry en merk en lees hoe ander, soos jy, dit deur hulle Reis na Herstel gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.