Herstel na ek DEUR die vuur gegaan het!

Wat ‘n ontsagwekkende reistog! My huwelik is al vir TWEE JAAR herstel. Dit het alles begin toe ek en my man vir die tweede keer probeer het om te skei. Ek was raadop en was vasbeslote om my wandel met God met of sonder my man voort te gaan. Ek was vasbeslote dat die probleem met my man was en ek was die “goeie” vrou en ek was raadop met my man se ontrouheid. Ek het alles probeer, maar alles het misluk. My pogings om die huwelik te “red” het in ‘n nimmer eindigende sirkel gedraai. Ek het vasgevang gevoel en het finaal alle hoop verloor. Dank die Here dat Hy nie hoop verloor nie en dat Hy betroubaar is! Ek het altyd tot God gebid oor die situasie, totdat ek finaal die leuen geglo het dat “God iemand beter vir my het, (‘n regte goddelike man).”

Een dag in Oktober het ons kerk ‘n familie toevlug gehou. My man en ek het besluit om te gaan vir die onthalwe van ons twee kinders. Die Saterdag aand het die Heilige Gees geweldig beweeg en die Here het my hart aangeraak om my man weereens te vergewe. Ek dog dit was gek en onmoontlik, maar ek het geweet ek moet gehoorsaam wees! Ek het op my knieĂ« geval uitgeput, moeg, en swak; ek het gebid dat ek Jesus nodig gehad het om my te versterk. Ek het dit alles voor Hom gelĂȘ; wat ek in ‘n man wou hĂȘ, eggenoot, en pa vir ons kinders. Dieselfde aand, het ‘n vrou na my toe gekom en vir my haar telefoon nommer gegee. Sy het gesĂȘ dat sy regtig met my wou praat! Ek het haar geskakel en ons het dieselfde week ontmoet. Sy het my aan Herstel Ministeries voorgestel en vir my ‘n afskrif van Erin se boek gegee. Sy was besig om vir ‘n ander suster in Christus op die telefoon te bid toe besluit ek om aan te sluit!

Ek prys die Here vir Erin en haar bediening. Die boek was ‘n openbaring. Die manier wat die Here Homself aan my openbaar het was ongelooflik! Ek het so baie gehuil toe ek my foute en skuld besef het. God is so barmhartig dat deur die pyn, was ek vrygelaat! Ek het myself heeltemal aan Hom oorgegee. Hy het my verander, gevorm, en my nuut gemaak. Deur vergiffenis het hy my ‘n nuwe liefde vir my man gegee en ek was verblind tot enige van my man se foute. Ek bemin, eer, en onderwerp myself aan my man soos aan die Here. Ek glo werklik dat wat ek deurgemaak het was God wat my aandag wou kry om heeltemal op Hom te vertrou! Wanneer ons probeer om dinge reg te stel, is die verandering tydelik. Ons moet laat gaan en laat God! Hardloop alleenlik na Hom toe in alle dinge; Hy is die hoof van alle mans!!

Deur al my veranderinge, het die stryd net begin. Die moeilikste deel het nog voorgelĂȘ, maar “Hy wat in ons is, is groter as hy wat in die wĂȘreld is.” My geloof was getoets en ek was vasbeslote om DEUR die vuur te gaan, nie daarin te bly nie! My man was weereens saam die AV. Hy het dit nooit openlik gedoen nie en hy het die kinders betrek wat baie moeilik was. Hy het nooit die huis verlaat nie alhoewel hy gesĂȘ het hy gaan! Ek het die Skrif geneem en was gehoorsaam aan die Woord. God het my ongelooflik die krag gegee om die situasie sien soos wat dit was: tydelik, nie permanent! Toe my man weg was, het ek die tyd geneem om nader aan my Here te kom. Ek het meer en meer verlief op Hom geraak. Hy het “alles” vir my geword, en niks kon my vreugde wegneem nie, geen omstandighede of situasie nie!   

Dit was nie ‘n maklike reis nie! Ek het aanhoudend gebid, gevas, en Bybel verse met God se beloftes verklaar. My houding, gedagtes, en aksies het alles God se Beloftes weerspieĂ«l. My geloof en oortuiging het nie gekom van wat ek gesien het nie, maar van wat God vir my gehad het. Elke vers met elke woord wat in Erin se boek geskryf is het my leeffstyl geword. Ek het so baie geleer! Hoe meer ek laat gaan het, hoe meer het ek die wonderwerke en veranderinge gesien. Ek was nie meer besig om in die vlees te probeer nie; ek het nou my vertroue in God se Heilige Gees geplaas. Ek het geweet die veranderinge wat Hy gemaak het was permanent!  

Soos wat die Skrif sĂȘ, die owerspelige vrou is so soet soos heuning, maar word dan so bitter soos wildeals. God se woord versuim nie! Teen Januarie, het my man opgebreek met die AV. Hy het om vergiffenis gevra en ek was verstom hoe ek voortgegaan het om hom lief te hĂȘ maak nie saak wat nie! Ek dink vir die eerste keer het ons onvoorwaardelke liefde vir mekaar ervaar. Ek gee al die glorie aan Jesus! Ons het ‘n wonderlike huweliks herdenking in Februarie gehad.

Sedert ons herstel, het ek voortgegaan om sterk in my wandel met die Here te bly. Ek sou dit op geen ander manier wou gehad het nie! Ek vertrou op God met alles, my man is ons voorsiener, geestelike leier, en ‘n Goddelike man! Ons het nou ‘n sterk huwelik wat op die Rots staan! Ek het so baie getuienisse dat ek soveel moontlik met ander vrouens wil deel wat geen hoop voel nie. Ek moet aan almal van julle sĂȘ: “GOD KAN EN SAL JOU HUWELIK HERSTEL! NIKS is onmoontlik met God nie!”

As ek terugkyk, het dit alles begin terwyl ek ‘n familie toevlug met my man en kinders bygewoon het. Ek het alreeds ‘n prokureur vir ons egskeiding gekry en was daar vir die “kinders”. My man was verskeie kere ontrou en ek het genoeg gehad. Op daardie punt, was daar nie meer trane nie omdat ek beter verdien het. Die Saterdag aand by die toevlug het my dogter, wat 11 was ten tye, na die altaar toe gegaan en begin huil. Ek het opgegaan om haar te ondersteun. Sy het vir my gekyk en gesĂȘ, “moet my asseblief nie los nie.”  

Die kinders was nie bewus van die egskeiding nie, maar ek raai sy het dit in haar gees gevoel. Ek het begin huil omdat Nina my man se dogter is uit ‘n vorige huwelik, maar ons het haar grootgemaak vandat sy 3 was. Ek het nie geboorte aan haar geskenk nie maar ek was lief vir haar soos my eie. Op daardie oomblik, het ek belowe dat ek haar nie sou los nie. Ek het op my knieĂ« geval en uitgeroep na God toe om my asseblief te help met my hart se begeertes en het dit by Sy voete gelos. Daardie aand het ek ‘n vrou ontmoet wat my die HJH boek gegee het en my lewe was nooit weer dieselfde nie. Wonderbaarlik, het die prokureur ons nooit weer gekontak nie. 🙂

Toe het ek die boek gekry en dit begin lees. Ek onthou net ek het vir God gebid om my hart aan Hom oop te maak. Ek het al almal se advies gehoor, maar ek wou hĂȘ Hy moes met my praat. Ek was geskok toe die Woord van God so waar en duidelik geword het. Ek het gevoel asof die sluier van my oĂ« verwyder was en ek  al my foute duidelik kon sien en wat God se doel vir my was. Hy het vir my ‘n nuwe hart en ‘n nuwe liefde vir Hom gegee. Hy het my genees en en al my seerkry genees en die vermoĂ« om my man met Sy oĂ« te sien.

My reis het begin, soos wat ek die boek gelees het was ek gereed om die vrou, eggenoot, en ma te wees wat God wou gehad het ek moes wees. En toe kom een van die moeilikste dinge wat die Here wou gehad het ek moes deurloop. Een aand het my man my laat sit om te praat. Hy het my vertel dat hy iemand anders ontmoet het en dat dit ernstig was, so ernstig hy wou gehad het die kinders moet haar ontmoet. (In die verlede het hy AV gehad, maar nooit openlik met my of die kinders nie.)  

Die “ou ek” sou woedend geword het, maar God het my net die kalmte en vrede gegee so ek het net geluister en aanvaar. My man kon dit nie glo nie en moes seker maak ek was besig om te luister en verstaan. Ek het hom vertel ek verstaan en hy is toe weg. Hy het nooit fisies die huis verlaat nie, maar ek het hom laat gaan en nooit vir hom gesoek of hom geskakel nie.

God het my alles geword. ELKE traan, kommer, gevoel, en behoefte het ek vir God gegee. Ek het nie baie gepraat nie net wanneer dit nodig was en nooit vrae gevra nie, dit was nie meer my probleem nie maar God sin. Hy onderhou my en ek wou gehad het dat al die glorie syne moes wees. Daar was sooooo baie beproewings maar ek het hulle altyd as dit gesien, toetse.  

Ek het geweet dat God in beheer was en Hy het dit met ‘n doel toegelaat. Hy het die vrees weggeneem en vervang met ‘n gewilligheid om hom te dien. Ek was altyd onderdanig aan Sy wil en het deur enige beproewing gekom wat Hy toegelaat het want Hy is waardig. Ek was liewer vir Hom as enigiets en enigiemand. Ek sal ‘n hele ander afdeling nodig hĂȘ om alles te lys waardeur Hy my gekry het. 🙂  

In die begin, het ek gebid en Hom altyd nagestreef. Ek was nie gewoond daaraan om dit te doen nie so ek het nie “veel” gevoel nie. Ek het volhard en vooruitgedring omdat Hy al was wat ek gehad het. Hoe meer ek na Hom toe gehardloop het hoe meer het ek Hom gesien beweeg en ek het werklik op Hom verlief geraak.

Ek het een aand gebid soos wat ek al ‘n geruime tyd gedoen het en ek was besig om Bybel verse te verklaar wat ek op kaarte afgeskryf het. Eensklaps het ek gevoel hoe hierdie moed oor my kom en die KRAG van Sy woord het my regtig aangeraak. Dit was asof my geestelike self nie meer ‘n baba was nie maar gegroei het. Dit was toe dat ek gevoel het dat Sy woord lewendig word: AS GOD VIR ONS IS WIE KAN TEEN ONS WEES. Al my vrese was weg en my vertroue was heeltemal in Hom. Ek het nie nodig gehad om bekommerd te wees oor die toekoms of wat vorentoe lĂȘ nie, ek het die Here en Hy is al wat ek nodig het en wil hĂȘ.

Daar is baie beginsels wat die Here my geleer het, een is om Lief te hĂȘ. As God binne ons lewe en Hy liefde is hoe kan ons nie dieselfde wees en deernis vir ander hĂȘ nie? Vergiffenis is baie belangrik. God het my al my foute gewys en Hy is so genadig om te vergewe hoe kan ek nie dieselfde aan ander doen nie. Dit stel jou vry sodat God kan beweeg. Liefde vergaan nooit nie. Ons is Sy instrument om onvoorwaardelike liefde aan ander te wys. Dit mag die enigste keer wees wat hulle ‘n kykie het van God.

Vir my, was die HJH boek die mees belangrikste RMI hulpbron aangesien dit ‘n geruime tyd na my herstel was wat ek die webwerf besoek het.

Ek wil jou aanmoedig my liewe vriend/vriendin, jy is waar God wil hĂȘ jy moet wees. Jy mag dalk nie verstaan nie en wil vĂȘr weghardloop, maar God wil hĂȘ jy moet stil word. Gee hom jou hart en jy sal nooit weer dieselfde wees nie. Prys God altyd. Wanneer die beproewings taai raak is jou seĂ«n naby. Laat God jou voorsiener wees en keer na Hom vir alles.

Om herstel te wees vir 10 jaar was nie maklik nie, maar God is so betroubaar. Bly getrou aan jou geloof en gehoorsaamheid aan God. Sy woord is altyd waar en duidelik. Moenie dit kompliseer met die besonderhede en omstandighede in jou lewe nie. Gehoorsaam Sy woord en wees liewer vir Hom as enigiets en enigiemand. Jy was geroep met ‘n doel, om nie te doen soos wat die wĂȘreld doen nie, maar om vir Hom te lewe. Hy is elke traan, opoffering, en vernedering werd. Hy verdien alles en nog meer. Wanneer jy kies om lief te hĂȘ, vergewe en te gehoorsaam vlug die vyand!  

Seëninge!!

~Lota in Miami is ons Spaanse Herstelde Huweliks Minister wie deur God gebruik is om nou met RMI se Spaanse ministerie te werk vandat haar huwelik herstel was meer as ‘n dekade terug.

 

 Lota is ons Spaanse Minister

Hierdie getuienis en nog baie meer is
BESKIKBAAR in SAGTEBAND 

By the Word of Their Testimony (Book 2): No Weapon Formed Against Me

KLIK HIER om jou eie copie te kry en merk en lees hoe ander, soos jy, dit deur hulle Reis na Herstel gemaak het en 'n HERSTELDE HUWELIK ervaar het.