Gee in Enige Spesifieke Situasie

♕Belofte van vandag: "Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort." Filippense 4:19

~Mercy in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Mercy

'n Paar jaar gelede het ek 'n wegneem pizza winkel besit, en ek het 'n Zulu dame gehad wat vir my gewerk het en die pizzas gemaak het. Ons het 'n regte wonderlike verhouding gehad, sy het die Here gedien en ons het goeie vriende geword. Ek het nie die pizza plek baie lank gehad nie en besigheid was regtig skaars en ek was forseer om my deure te sluit. Die laaste maand wat die besigheid nog oop was was regtig moeilik en ons het alles probeeer om die deure oop te hou maar dit was nutteloos. Sy het elke dag getrou ingekom om te werk alhoewel sy nie seker was of sy aan die einde van die maand 'n salaris sou kry nie. So toe ek die besigheid toegemaak het was ek nie in staat om haar salaris vir haar te betaal nie. Ek het toe vir haar gesê dat ek die geld onmiddellik sou stuur sodra ek dit gehad het.

Soos wat die jare verby gegaan het het ek nie werk gehad nie en het regtig nie die geld gehad om dit vir haar te gee nie. Toe begin ek vir RMI werk en het die geld gehad om vir haar te stuur maar ek het heeltemal daarvan vergeet. So 2 maande gelede toe ek weer vir RMI begin werk het, het my HL (Hemelse Liefde) vir my gesê dat dit 'n seën was vir my en dat Hy wou gehad het dat ek ander so ver as wat ek kon moes seën.

Ek het gehoorsaam en haar gekontak en die geld in haar rekening inbetaal. Sy was so bly sy kon nie ophou om my te bedank nie. Die heel tyd het ek gewonder waarom my HL dit nou onder my aandag gebring het en nie vroeër nie omdat dit al 8 jaar was vandat ek die deure toegemaak het!!!! Toe stuur ek vir haar 'n bodskap nadat ek die geld gestuur het en sê vir haar dat sy dit wyslik moet spandeer. n Paar dae later toe stuur sy vir my 2 fotos een van 'n rok wat sy vir haarself gekoop het en een van pragtige gordyne wat sy gekoop het.

Toe ons gepraat het oor waarom my HL so lank geneem het vir my om die geld vir haar te gee. Toe verduidelik sy dat dit was omdat sy dit nie nou NODIG gehad het nie. Jy sien sy het onlangs in 'n nuwe huis ingetrek en sy het nuwe gordyne NODIG gehad!!!! Wow is Hy nie net ongelooflik nie. o, Dames Hy voorsien in al ons behoeftes, maar ons moet die tiende beginsels toepas. Ek is net so dankbaar dat ek vir RMI werk nie vir myself nie maar sodat ek ander kan seën. Sy tydbserekening is perfek so onthou dit in enige situasie waarin jy jouself bevind. Wees ook seker om te gehoorsaam wanneer Hy met jou hart praat om te gee in enige spesifieke situasie. Dankie my HL dat jy my seën sodat ek 'n seën kan wees.

Filippense 4:19 Die Boodskap
"Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort."

Hy het in my vriendin se behoeftes voorsien deur my, en vir my die mees ongelooflikste vreugde gegee in die seën.

Volg#Mercy Follow #Mercy
En Mercy is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!