Lees Gail se HERSTELDE Huweliks Getuienis,
"Het My Herstel Solied Gemaak"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons baie
Woord van Hulle Getuienis boeke
tom JOU te help om
enige twyfel en vrees te oorkom in
God se Vermoë en Begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

Die Rol van ‘n eVennoot en hoe om JOUNE te vind

eVennote

Voel jy nog verskriklik alleen?

Dit lyk nie asof enigiemand wat jy ken verstaan of omgee nie?

Vertrou my, toe ek my Herstel Reis dekades gelede begin het, in 1989, het almal gedink dat ek mal was en probeer het om die onmoontlike te doen!!

In 1990, na ‘n jaar wat ek mal gevoel het soos wat mense gesĂȘ het, het ek tot God geroep om vir my net EEN ander persoon te stuur wat verstaan het waardeur ek gaan—die Here het dadelik my hulpgeroep beantwoord.

Eerstens het Hy vir my Sy Woord gestuur (die Bybel wat my man agter gelaat het), wat my gelei en vertroos het.  En wat Hy vir my gewys het is nou geskryf en gedokumenteer in ons boeke en videos.  En nou het Hy jou hulpgeroep ook beantwoord, deur RMI te vind en alles wat ons aanbied.

Toe, omtrent ‘n jaar later, ‘n jaar in my Herstel Reis in, eers toe ek ‘n sterk fondasie van die waarheid gehad het en ‘n intieme verhouding met die Here—dis toe—wat Hy ‘n baie spesiale vriendin in my lewe gebring het wie ek uitgevind het, deur dieselfde situasie as ek geleef het!  Ek en Sue het ons bediening se eerste eVennote geword—’n Bemoedigende Vennoot wat saam met my op die res van my Herstel Reis kon stap!!  Alhoewel ek iemand gesoek het om my te bemoedig, wat Sue eindelik gedoen het, met die intieme verhouding wat ek met my HM gehad het, wou Hy gehad het dat ek daar moes gewees het om Sue te bemoedig, toe later, baie baie meer vroue!

Voordat ek verduidelik, laat ek teruggaan en verduidelik hoekom dit belangrik is dat ons ons tyd belĂȘ om God te soek en ander vroue te bemoedig.

Ek het die een ramp na die ander beleef nadat ek na so baie ander mense geluister het en selfs diĂ© wat beweer het hul is kenners. Mense wat vir my wou sĂȘ wat om te doen, insluitend om na 'n gesertifiseerde Christelike berader te gaan, wat my oortuig het dat ek nooit ooit weer na ‘n berader sal gaan nie en oop te wees deur vir ander vrouens te sĂȘ om ook weg te bly! Soos baie, baie, baie ander vrouens wat ons huweliks evaluasie vorms invul, het ek en my man vroeg in ons huwelik berading probeer—en elke keer het ons selfs MEER vernietiging ervaar wat ons verhouding verswak het!  Hoekom? Om mee te begin, nie een van die beraders wat ons gevind het, het self ‘n herstelde huwelik ervaar nie, so geen wonder dat hulle vir ons so baie dinge vertel het wat alles baie, baie erger gemaak het nie!! Ongelukkig moes ek op die harde manier leer dat ‘n “gesertifiseerde” berader, mense wie ons betaal het om vir my advies te gee, pas meeste van die tyd nooit eers dieselfde advies op sy of haar lewe of huwelik toe nie en soos ek gesĂȘ het, nie een het ‘n herstelde huwelik gehad nie!  Ek sidder om te dink hoeveel keer ek die aaklige fout gemaak het om ander mense se advies te volg wat uiteindelik my lewe en huwelik erger gemaak het?!   En dat die meeste vroue nog steeds dieselfde ding doen!  Dit is waarom jy wat die waarheid leer en ‘n hart het om ander vroue te help, so belangrik is.

Ek het ook nie iemand nodig gehad wat vir my dinge vertel, wat ek later uitgevind het op sielkunde gebaseer was nie en telkens, is dit vernietigende metodes met Christenskap daaroor gestrooi en is Bybelverse buite konteks geneem om hul teorieĂ« te bewys, wat as vals bewys is. Selfs wanneer die persoon ‘n Christelike Berader of ‘n pastoor was, het ek dieselfde antwoorde gekry wat my huwelik erger gemaak het. Dit was toe dat ek geweet het dat ek die waarheid van God se Woord nodig gehad het en direk van Hom af moes hoor watter rigting om te vat sodat ek nie al in die rondte bly beweeg en in een sloot na die ander val nie!

Hierdie is belangrik om te weet. Selfs al het jy Sy Woord geleer, jy (en niemand anders) is in staat om enige iemand anders op hul Herstel Reis te lei nie.  As ‘n eVennoot moet jy ander vroue bemoedig, famillie lede, enigiemand wat jy ontmoet, deur eenvoudig vir God te vertel dat hulle ‘n verhouding met Sy Seun wil hĂȘ, sodat HY hulle op hulle reis kan lei—om die baie vrae en bekommernisse te beantwoord en hulle vrese te kalmeer.

Ek was geskok toe ek hulp nodig gehad het, nie net het beraders vir my dinge vertel wat my vernietig het nie, maar ek het na van die beste predikers in ons area toe gegaan wat my totaal ontmoedig het en vir my dinge vertel het wat heeltemal teenstrydig was met wat die Bybel sĂȘ. Ek het eerste na my eie pastoor toe gegaan wat geen idee gehad het hoe om my te help nie alhoewel, kort na ons ontmoeting, het ek gehoor dat hy oor al die kerke in die omgewing aangestel sou word! Hierdie gerespekteerde en beminde pastoor het eenvoudig geskok daar gesit omdat ek hoegenaamd ‘n begeerte gehad het om selfs net my huwelik herstel te wil “hĂȘ,” nadat ek die situasie met hom gedeel het!!  En sy advies, wat ek gevat het maar gou spyt oor was, was om by die kerk se groep vir enkellopendes aan te sluit—en hy het geweet ek was nog wettiglik getroud!!

Hoekom het hierdie man van God my nie aangemoedig om direk met Hom te praat nie? Hoekom het hy nie verduidelik dat ek Sy bruid was nie?

Na die fiasko en skok omdat ek net een enkellopende groepbyeenkoms bygewoon het (toe ek deur minstens ‘n halwe dosyn mans genader is, ugh!), het dit ‘n volle jaar gevat wat ek alleen op my Herstel Reis moes reis, vir my om regtig op die plek te kom waar ek die nodigheid gevoel het om iemand te vind wat nie sou dink ek is mal nie, maar ek het niemand vertrou nie.  En die rede hoekom Hy so lank gewag het, was omdat ek ook eers op die punt moes kom wat ek ander vrouens wou help! 

So ek was baie versigtig omdat ek uiteindelik op die punt van genesing gekom het van die baie slegte en vernietigende advies en ek kon emosioneel eenvoudig nie bekostig het om nog iemand te hĂȘ wat my omstandighede erger sou maak as wat dit reeds was nie.  Dit was toe wat ek tot God uitgeroep het vir iemand, net een vrou, wat nie sou dink ek is gek nie!!  En Hy het!

Vraag: Ek sal graag nou ‘n eVennoot wil hĂȘ om te help met my Herstel Reis.

Kan jy vir my ‘n eVennoot gee?

Moenie enigiemand anders as God vertrou om vir jou jou eVennoot te wys nie. Wees seker jy lees die eVennoot bladsy en luister na die getuienisse om te hoor hoe ongelooflik Hy vir jou jou eVennoot wil wys!

Matteus 7:13-14—“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en diĂ© wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en diĂ© wat dit kry, is

So baie vroue kyk na hul vriendinne en groepe wat openlik oor hul verhoudings praat, dit is die poort wat na die verderf lei en is wyd en breed.  Deur die nou poort te kies beteken ‘n Herstel Reis waarop jy alleen saam met jou Hemelse Man gaan reis en Hom leer ken.  Dit is wat jou sal genees en uiteindelik voorberei vir jou herstel omdat jy jou HM selfs meer gaan nodig hĂȘ nadat jou huwelik herstel is.

Noudat jy een van die min is wie die nou poort gevind het, die manier om jou eVennoot  te vind is deur God te vra om vir jou te wys wie sy is sodat julle mekaar kan bemoedig. Op amper presies dieselfde tyd het ek en Sue vir God gevra vir iemand om te bemoedig. Nadat Sue se huwelik herstel was, het sy voortgegaan om individuele vroue wat sy ontmoet of geken het, te bemoedig, dit was wat God haar geroep het om te doen. Hy het my, soos jy weet, geroep om meer en meer vroue te help, soos jy! Wie weet, dalk roep Hy jou om jou eie bediening te hĂȘ. Of dit klein of groot is, in jou gemeenskap of aanlyn—daar is miljoene vroue wat elke dag verwerp en verkul word. Vroue aan wie vernietigende metodes gegee word, meer giftige leuens en oplossings, wat hul huwelike slegter maak.


Lees asseblief Erin se storie:

‘n Vriendin Genaamd Sue
Artikel geskryf vir Guidepost tydskrif
deur Erin Thiele

Dit was ‘n wonderlike herdenkingsete. Ons en die ander paartjie het soveel in gemeen gehad. Ek het die aand herleef en wou nie wakker word nie. Ek kon nie onthou dat ek ooit so gelukkig was nie.

Ek het my voet oor die lakens gegly om aan my man se voet te raak, toe het ek my hand oor die bed gerek. Ek het eenvoudig gedink “Hy moes al opgestaan het en so vroeg.”

Soos wat ek die kamerdeur gehoor oopkraak het, het ek my man in die deur gesien staan terwyl hy ‘n klein tassie in sy hand vashou.

“Waarheen gaan jy?” het ek verbaas gevra. “Ek gaan na Orlando toe” het Dave* koud gesĂȘ. “En wanneer ek terugkom, gaan ek in my eie woonstel intrek.” Daarmee het hy omgedraai en was weg.

Dit het gevoel asof die skok my oorweldig. My kop het gedraai. My geloof in ons huwelik was so hoog, wat het fout gegaan? Waarom die skielike verandering?

Dit is nou sewentien maande wat ek die tuimeltrein rit ry wat begin het toe ek uitgevind het van die ander vrou. Al wat ek geweet het was dat ek wou afklim.

Gedurende die eerste paar maande wat ons uitmekaar was, het dit gelyk asof hoe meer ek probeer doen het, hoe slegter dinge geword het. Ek het myself konstant in my Bybel gevind in ‘n poging om vrede en vertroosting te vind. Dit is daar waar ek die verse oor die twisgierige vrou ontdek het. Nadat ek oor haar gelees het, was daar geen twyfel by my dat ek daardie twisgierige vrou was waaroor Spreuke praat nie. So hoekom sou Dave my nie wou verlaat en in die woestyn gaan bly nie, of op die hoek van die dak? As ek net ‘n bietjie meer tyd gehad het om te verander, tyd om my kop bymekaar te kry, maar daar was nie tyd nie. Hy was alreeds weg, ek het ernstiglik gebid vir God om my te help.

Na amper ‘n jaar, toe Dave nog steeds weg was, het ek regtig paniekerig begin word. Ek het besluit om God aan te help. Ek het ‘n plan beraam en God daarvan vertel. Ek het vir Hom gesĂȘ dat al wat ek nodig gehad het om te doen, was om swanger te raak gedurende Dave se Kersfees besoek. Alles het volgens plan verloop. Toe hy van my swangerskap gehoor het, het hy terug huistoe getrek. Maar, waarvoor ek nie beplan het nie, was ‘n miskraam. Die dag wat hy by die huis aangekom het, het ek begin om die baba te verloor. My plan het misluk. Hy was by die huis, maar teruggetrokke, behalwe vir die aand van ons herdenking. Daardie aand was ek heerlik gelukkig, hoopvol.

Toe ek uiteindelik opgestaan het, ons vier kinders het nog geslaap, het ek ondertoe gegaan en by die venster uitgestaar na die mistige weiding agter ons meenthuis. Deur my trane het ek gepleit, “God, U het gesĂȘ dat ‘Niks vir U onmoontlik is nie’, U het gesĂȘ dat ‘as ek geloof het, ek berge kan versit’, U het gesĂȘ dat U ‘nooit vir my meer sal gee as wat ek kan dra nie’!”

Daardie oggend terwyl ek my Bybel gelees het, het ek agtergekom dat daar verskillende geleenthede was waar sommige van die Bybel karakters deur moeilike situasies gekom het met die hulp van iemand anders. Die apostel Paulus het hulp in die tronk nodig gehad, Koning Dawid en Jonatan, self Jesus het na sy sewe apostels gekyk om saam met Hom deur die strate van Jerusalem te loop. Ek het my kop laat sak en gebid, “Here, toe Dave vanoggend geloop het, hoe min geloof het ek ook oorgehad. Stuur asseblief vir my iemand, enigiemand, wat my sal help om die situasie deur te sien. Iemand wat nie sal dink wat ek doen is mal nie.”

My gedagtes het teruggegaan na die tyd toe ek begin glo het dat God wou gehad het ek moet my huwelik herstel.  Almal met wie ek gepraat het, het vir my dieselfde ding gesĂȘ, “Erin dit is hopeloos. Dit is Dave se wil om jou te verlaat.  Dave is gelukkig. Beweeg net aan met jou lewe.” Sommiges het selfs vir my voorstelle gegee om sy aandag te kry. Dit het alles rampspoedig geĂ«indig. Maar iewers diep binne my was ‘n klein vonkie hoop—dalk sal God vir my iemand stuur om my te help.

‘n Paar dae later, terwyl ek gestryk het, het ‘n vrou se gesig na my gedagtes toe gekom. Sy was ‘n vrou wat ek nog nooit ontmoet het nie. Sy was in ‘n vroue Bybelstudie wat ek ook bygewoon het. In plaas daarvan om te wag tot die volgende Woensdag oggend, het ek my onderwyseres gebel en haar nommer gevra. Sy het gesĂȘ haar naam was “Sue” en dat sy alreeds gebel het om my nommer te kry!

My hart het uit my bors uit geklop terwyl ek geskakel het, Wat sal ek sĂȘ? Hoe gaan ek die onderwerp aanraak? Toe sy geantwoord het, het ek eenvoudig gevra of sy die volgende aand vir aandete by my sal aansluit?

Ons het aan tafel gesit en ek het begin, “Sue, ek glo ons leef deur ‘n soortgelyke situasie in ons lewens.” Ek het vir haar vertel hoe my man my onlangs weer gelos het en my gebed vir iemand om my te help. Sue het geglimlag, maar het stil gebly. Ek het gewonder of ek ’n aaklikge en vernederende fout gemaak het. Toe het sy uiteindelik gepraat. “Erin, my man het my vyf jaar terug gelos. Hy bly in ‘n ander staat en ek glo hy bly saam met ‘n ander vrou. Ek glo nogsteeds daar is hoop maar ek begin moeg voel. Net laas week het my dogter getrou en my man het na die troue toe gekom. Terwyl ons in die ontvangs ry was het hy oorgeleun en my gevra vir ‘n egskeiding. Ek het vir hom gesĂȘ dat dit vir my moeilik was om op daardie stadium daaraan te dink en gevra of ons later kon praat.” Dit was daardie aand wat ek ook vir iemand gebid het om my te help.

Daardie aand in die restaurant het ons vir ure gesels oor alles waardeur die Here ons tot op daai stadium gebring het en het notas vergelyk. Die ooreenkomste in ons situasies was ongelooflik. Ons het altwee daardie aand bemoedig weggeloop en het beplan om die volgende week by ‘n plaaslike kitskos restaurant te ontmoet.

Van daardie aand af het ons elke Vrydagaand ontmoet en dit was die hoogtepunt van my week. Ons het al die Bybels wat elkeen van ons besit het saamgevat en het aandagtig deur die Bybels gesoek om die antwoorde vir al ons probleme en ons baie vrae te kry.

Omtrent ‘n maand se Vrydae het verby gegaan toe Dave gebel het om vir my te sĂȘ dat hy die Vrydag gaan oorkom in plaas van sy gewone Saterdae. Dit het my onverhoeds gevang en my hart het gesink. Om tyd saam met Sue en ons Bybels te spandeer het vir my die enigste vrede elke week gebring. Toe ek nie dadelik geantwoord het nie, toe gestamel het, “O, goed so” het dit Dave agterdogtig gemaak.

Gewoonlik nadat die kinders in die bed was, was Dave vinnig om uit te kom en by die vrou te kom saam met wie hy gebly het. Maar daardie aand, in plaas van vertrek, het hy na my gedraai om my te konfronteer en gesĂȘ dat hy geweet het ek sien iemand! Dit is hoekom ek gehuiwer het toe hy die Vrydagaand wou oorkom. Hy het vir my gesĂȘ dat ek nie eers dieselfde lyk nie—my gesig het gestraal. Dave het gesĂȘ dat hy kon sien ek was verlief.

Dit het ‘n rukkie gevat voor ek iets kon sĂȘ, wat daartoe gelei het dat hy nooit werklik my verduideliking geglo het nie.  Die “liefde” wat hy gesien het was nie vir enige persoon nie, maar vir die Here, na wie toe ek en Sue altwee gedurende ons week gedraai het vir hulp. Ons het nie net begin om die Bybel aandagtig te deursoek nie, maar ons was ook nie meer bekommerd oor ons mans soos ons eers was nie. In plaas daarvan het ons gedeel hoe werklik die Here besig was om in ons lewens te word, notas vergelyk en besef die behoeftigheid was nie meer daar nie. Ons was nie meer desperaat vir ons mans om terug te kom nie; ons het liefde gevind wat eerlikwaar “die vrees uitdryf.”

Toe ek uiteindelik antwoord, was dit met ‘n effense giggel, “Ek ontmoet nie ‘n man Vrydagaande nie” het ek met ‘n grynslag gesĂȘ, “Ek ontmoet ‘n vriendin. Haar naam is Sue.” Dadelik kon ek jaloesie sien, wat so snaaks was want vir maande, toe die waarheid eers uitgekom het oor die ander vrou by wie hy betrokke was en saam wie hy nou gebly het, het hy male sonder tel vir my gesĂȘ om aan te beweeg en selfs om “iemand te kry.” As hy eerlikwaar wou gehad het ek moet aanbeweeg en iemand kry, hoekom het hy my ondervra? Hoekom was hy nie eenvoudig verlig nie?

Deur hardop te lag het nie gehelp om Dave te oortuig dat ek nie ‘n man gesien het nie. Wat hy gesĂȘ het wat my so geamuseer het was, “O seker! Jy bedoel seker ‘n man genaamd Sue!!”—Verwysend, natuurlik, na die “country western” liedjie.

Vyf maande na my en Sue se eerste ontmoeting, het sy my een Vrydagmiddag gebel. “Erin, ek sal jou nie vanaand kan ontmoet nie.” My hart het gesink. Toe sĂȘ sy, “Erin, my man het teruggekom!” My opgewondenheid oor daardie woorde was onbeskryflik! Ons het sulke hegte vriendinne geword dat dit was asof dit met my gebeur het.

Die volgende week het ek eintlik Sue se man vlugtig ontmoet by ‘n konferensie wat ek en sy beplan het om saam by te woon. Meeste van die tyd gedurende die vergaderings het my gedagtes weggedwaal as ek na die twee van hulle gekyk het wat saam gesit het en hande vasgehou het—gelukkig. Na die vergadering het hulle my genader en het ek Sue se man vir die eerste keer ontmoet. Hy het na my gekyk met ‘n intense staar en gesĂȘ, “Erin, ek wil vir jou sĂȘ dat alhoewel jou man sĂȘ hy is nie meer lief vir jou nie, hy is. En as jy hom selfs helfte so sagmoedig behandel soos wat Sue my behandel het, met liefde, selfs al het ek haar sleg behandel; dan sal hy terugkom. Moenie opgee nie.”

Om Sue se wonderwerk te sien, saam met haar man se woorde van bemoediging, het my deur sommige van die donkerste ure gedra. Slegs maande nadat ek en Sue vir die laaste keer ontmoet het, het my man ‘n week na die konferensie, van my geskei.

Al het dit op daardie stadium lank gelyk, was dit net vyf maande na Sue se wonderwerk wat ek nog ‘n onverwagse oproep ontvang het, hierdie keer, baie laat in die aand. Dit was Dave en ek kon agterkom hy bel van ‘n telefoonhokkie af, want daar was verkeersgeluide. Dave het gesĂȘ “Erin, as jy bedoel het wat jy gesĂȘ het en my sal vergewe. As jy wel nog lief is vir my en jy wil nog steeds hĂȘ ek moet huistoe kom, sal ek mĂŽreoggend kom.”

Terwyl ek die telefoon neergesit het, het ek op gekyk na die hemel toe, “Dankie Here dat U my nie verlaat het of in die steek gelaat het nie. Dankie dat U my man huistoe bring—en Here—dankie dat U vir my ‘n vriendin genaamd Sue, gestuur het.”



Die Rol van ‘n eVennoot

Soos ek gesĂȘ het, ek was omtrent ‘n jaar op my Herstel Reis om my huwelik te herstel, toe ek my eVennoot Sue, gevind het. Ek het teen hierdie tyd soveel teenkanting gehad en het nog nooit eers gehoor van selfs EEN huwelik wat herstel is nie. En soos ek ook gesĂȘ het, die rede hoekom die Here my vir ‘n jaar laat wag het, was sodat ek al die beginsels in Sy Woord kon vind—wat nou dadelik aan jou gegee word saam met boeke wat gevul is met herstelde huwelike! EN nog belangriker—om seker te maak dat my verhouding met Hom eerste was, sodat ek nie die fout sou maak om aan iemand anders meer gebind te wees nie (soos ‘n eVennoot) of dwaaslik verwag het dat sy my moet lei nie (of dink ek kan haar lei nie).

Laat ek met jou deel hoe dit vir my gebeur het, om jou te bemoedig hoe bonatuurlik dit vir jou kan gebeur!

Eendag terwyl ek in my gebedshoek was, nadat ek letterlik tot God gehuil het, het ek aan ‘n vrou gedink wat ek al gesien het, maar nooit ontmoet het nie, in ‘n Bybelstudie groep wat ek bygewoon het maar beĂ«indig het.

Ek het geen idee gehad wat haar naam was of hoe om met haar in aanraking te kom nie, maar op een of ander manier het ek geweet dit was iemand wat verstaan en wie die Here vir my gegee het as ‘n antwoord op my gebed, wie sou  kon bevestig dat ek nie mal was om te glo God kan die onmoontlike doen nie. Toe ek God gevra het om te bevestig dat ek Hom reg gehoor het, het Hy my na ‘n ou Bybelstudie notaboek gelei waar ek die telefoon nommer van my bybelstudie onderwyseres gekry het. Die Here het my verder gelei om haar te bel en toe ek bel, het ek gestamel om te probeer dink hoe om oor diĂ© vrou uit te vra wie se naam ek nie eers geken het nie. Ek het ook nie geweet hoe om te verduidelik hoekom ek haar wil kontak nie (teen daardie tyd het die Here my geleer om diskreet te wees en ek wou nie die onderwyseres van my huweliks probleme vertel nie). Selfs sonder dat ek enigiets meer gesĂȘ het, het my onderwyseres my in die rede geval en eenvoudig gesĂȘ, “Haar naam is Sue en sy het alreeds gebel om vir my jou telefoon nommer te vra”!! Die onderwyseres het niks verder gesĂȘ nie, maar het vir my Sue se nommer gegee. Ek het vinnig totsiens gesĂȘ en neergesit om Sue te bel.

Ek en Sue het ooreengekom om vir die eerste keer by ‘n aangename, stil restaurant te ontmoet en alhoewel ons altwee eers ongemaklik gevoel het, het ons vinnig oopgemaak en gedeel waarom God ons bymekaar gebring het. Sue het gesĂȘ dat haar man die afgelope 5 jaar in ‘n ander staat “gewerk” het, hy het slegs elke paar maande vir ‘n naweek besoek huistoe gekom, maar sy het al vroeg vermoed dat daar ‘n ander vrou was.  Anders as die fout wat ek gemaak het, het Sue wyslik nooit haar AM (Aardse Man) gekonfronteer of gevra wat aan die gang was nie.  Dit het aan my bewys dat sy vertrou kon word en my sou help om op die nou pad te bly wat ek geroep was om op te loop.

Toe sy klaar gepraat het, het ek my situasie gedeel en ‘n punt daarvan gemaak om ook te “spog” oor al my flaters en foute (lees 2 KorintiĂ«rs 12:9 om hierdie kragtige beginsel te sien). Dit het so goed gevoel om aan iemand te bely wie ek geweet het my nie sal oordeel nie, wat nie dwase en vernietigende “advies” sou uitdeel nie maar instede, was sy iemand wat ek kon sien verstaan het dat Hy die onmoontlike kan doen. Daardie aand was ek op die punt om geboorte te skenk aan my eie bediening, RMI. Daardie aand het ons saam gebid en het ek vir God gevra om vir my ander vroue te stuur wie ook die bemoediging nodig gehad het wat ons gevind het.

Nadat ons vir mekaar gebid het (Jakobus 5:16), het ons ooreengekom om elke Vrydagaand te ontmoet. En soos ek gesĂȘ het, ek het ook gelei gevoel om te bid dat as daar enige ander vroue was wat bemoediging nodig gehad het, om hulle asseblief ook na my toe te stuur. Min het ek geweet dat Hy duisende vroue na my toe sou bring, desperaat vir hulp, maar ek het nogsteeds baie gehad om te leer voordat Hy enigsins meer vroue na my toe sou stuur. Wat jy nou beskikbaar het aan jou!!”

So, die volgende Vrydagaand, het ek en Sue ons eerste gemeenskap ontmoeting by ‘n kitskos restaurant gehad. Vir ure het ons ons baie Bybel weergawes oopgesprei (KJV, New American Standard, NIV; Ek glo ons het in totaal 8 weergawes van die Bybel gehad) en daar het ons aandagtig deur Sy Woord gesoek vir elke krisis en beproewing wat ons in die gesig gestaar het.  Wat so opwindend is, is dat jy nou al hierdie hulpbronne op jou rekenaar of selfoon kan hĂȘ waar jy ook kan soek en enige krisis en beproewing vind wat jy en jou eVennoot in die gesig staar. Jy het ook ons kursusse om na te verwys en met ander vroue in nood te deel.

Ons het Vrydagaande gekies, want ons het geweet dit was wanneer baie paartjies ‘n “uitgaan aand” gehad het en ons het ‘n dapper verklaring gemaak dat wat ons begin het, ‘n konstante gebeurtenis sou word sodra ons elkeen herstel was.  En dit is presies wat gebeur het—dit het ‘n tradisie geword wat ons saam begin het en het toe later daarmee voortgegaan saam met ons mans nadat elkeen van ons herstel was—om ‘n Vrydag of Saterdag uitgaan aand te hĂȘ.  Selfs my getroude kinders dra die tradisie voort.

Maak dieselfde ooreenkoms met jou eVennoot. Begin deur net Een ander vrou te bemoedig. Begin deur uiteindelikhoop.com te deel en sĂȘ vir haar om die Huweliks Evaluasie Vraelys in te vul. SĂȘ vir haar om dan een les per dag te doen en kom dan ooreen om een keer per week te ontmoet om Lofverslae en beloftes te deel en ook om na antwoorde te soek vir enige spesifike krisis of beproewing wat enigeen van julle in die gesig staar. Julle kan “ontmoet” deur na mekaar se huise toe te gaan (as julle altwee uitmekaar of geskei is), of julle kan na ‘n kitskos restaurant toe gaan (as julle kinders het) soos ek en Sue. As julle nie naby aan mekaar bly nie, kan jy nou maklik jou eVennoot “ontmoet” deur ‘n “video chat” of Skype! Daar is selfs groep “video chats” wat jy kan begin deur Zoom te gebruik.

Wat belangrik is as jy ernstig is dat julle albei herstel sal word:

  1. Moet NOOIT fokus op die negatiewe of dit bespreek nie, instede, terwyl jy regmaak om mekaar te ontmoet, vra jou HM (Hemelse Man) om jou te herinner aan lofprysings om te deel om mekaar op te wek. As jy nie aan iets kan dink nie, deel wat jy in die week se Bemoediger blog gelees het.
  2. Moet NOOIT skinder of intieme besonderhede deel wat jy nie sal wil hĂȘ jou AM (Aardse Man) moet met sy vriende deel nie. Instede, deel wat julle geleer het, nuwe verse wat jou bemoedig het of dalk ‘n nuwe ♄ Liefdes Liedjie wat die Here gedurende die week vir jou gegee het.
  3. MOENIE begin om te ontmoet vir ‘n jammer partytjie wat jul albei sal vernietig nie. Instede bepaal dat al die krisisse en seerkry in jou eie gebedshoek bespreek sal word, met jou Hemelse Man, wie jou sal sal troos waar dit seer is. Dan sal jy vind dat jy nie nodig het om dit met enigiemand te deel nie, en jy sal vry wees om vorentoe te beweeg.

Elke week, sonder faal, het ek en Sue in ‘n vriesende, oor lugversorgde hokkie gesit, foute belei, aandagtig deur al die baie weergawes van Bybels gesoek wat oopgesprei op die tafels gelĂȘ het en het die beginsel van diskresie begin uitleef.

  1. Moet NOOIT vir mekaar antwoorde vra oor enigiets of vir mekaar vra vir besonderhede nie. As julle mekaar begin vra (wanneer nie een van julle weet waarnatoe jul individuele Herstel Reise gaan nie), sal julle vinnig begin verlore raak EN heel waarskynlik sal Hy veroorsaak dat elkeen vir die ander een afskuwelik word soos Psalm 88:18 sĂȘ, “U laat my vriende en my bure ver van my af staan, die duisternis van die dood is my geselskap. U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.”

Ek en Sue het ook seker gemaak dat ons nooit vir mekaar die antwoorde vra oor enigiets nie of vir mekaar besonderhede vra wat ons gevoel het ons nie aan mekaar moet openbaar nie (ons het dus ons mans se naaktheid bedek, sien Genesis 9:22–25).

In plaas daarvan het ons na die Here toe gegaan, vir Hom ons vraag gevra en dan sou Hy vir ons die antwoord wys deur ons na ‘n Skrifgedeelte te lei, dan na ‘n ander en ‘n ander wanneer ons dit hardop gelees het uit al die Bybel weergawes—todat ons geweet het ons verstaan die beginsel.

By die huis, sou elkeen dan een 3x5 kaartjie na die ander volgemaak het om die beginsel oor en oor te kon lees. Hierdie roetine en wat ons geleer het, is wat uiteindelik Hoe GOD Jou Huwelik Kan en Sal Herstel en 'n Wyse Vrou geword het.  Nou kan jy hierdie maklik op jou selfoon laai en hulle oral saam met jou ronddra op dieselfde manier—hulle oor en oor en oor lees!

Die rede hoekom ons saam ontmoet het was om die waarheid te soek oor alles waaroor ons vrae gehad het—met betrekking tot ons huwelike, ons mans (wat altwee weg was) en ons kinders. Sue het drie tienderjarige dogters gehad, terwyl ek 3 klein kinders gehad het: 3 seuns wat nege, sewe en vier jaar oud was, en ’n dogter wat twee jaar oud was.

Elkeen van julle sal meer vrae hĂȘ, meeste sal iewers op jou reis beantwoord word. Moet net nie die ongelooflike geleentheid mis wat jy het om God te vra en dan jou HM (Hemelse Man) te hĂȘ wat jou beantwoord nie! Dit is so bemoedigend terwyl dit jou help om nader en nader aan Hom te kom!

  1. Bely JOU foute, spog oor hulle, maar moet nooit die sondes van ander ontbloot nie of oor ander praat nie.

“Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.  Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking”—Jakobus 5:16

2 KorintiĂ«rs 12:9-11, “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.”

Spreuke 28:13, “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”

Nadat ons elke week oor ‘n nuwe beginsel gelees het, wanneer ek of Sue besef het ons het opgemors, het ons gestop om te bely en dan belowe om vir mekaar te bid. As gevolg hiervan, het ons elke week ‘n LOFPRYSING gehad om te deel terwyl ons elkeen gesien het hoe Hy genees het en wat Hy belowe het, het in elkeen van ons se lewens gebeur!

Byvoorbeeld, een aand het ons God gevra om ons te wys hoe ons ‘n komende vakansie moes hanteer, wat Hy gedoen het. ‘n Ander keer het ons Hom gevra om ons te wys hoe om ons mans se besoeke te hanteer en Hy het.  En ook, hoe om dit te hanteer as ons mans sĂȘ hulle gaan kom maar wanneer hulle dan nie opdaag nie. Elke Vrydagaand het ons gevra, Hy het ons gelei en ons het verse gevind wat bevestig het wat Hy vir ons gewys het, wat gelei het tot meer en meer wysheid.

“As julle reageer op my berisping, sal ek my gees op julle uitstort. Ek sal my woorde aan julle bekendmaak.”—Spreuke 1:23NLV. Toe ons hierdie waarheid ontdek het, het ons begin om ‘n Spreuke elke oggend te lees om wysheid te verkry. Later van tyd, toe ons altwee ‘n konferensie bygewoon het, het ons geleer dat ons elke maand deur al die Psalms en Spreuke moet lees, ons het altwee dit toe ook begin doen.

Van die een waarheid, het ons toe hierdie vers gevind wat ons oë oopgemaak het....

“Moenie slegte mense beny nie, moenie by hulle wil wees nie...Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lĂȘ, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en moor goed”—Spreuke 24:1, 3–4.

Ons het geweet dat Hy vir ons gesĂȘ het dat dit nog nie tyd was vir ons om te “begeer” om by ons mans te wees nie.  Instede wou Hy gehad het dat ons opgewonde moes wees oor ons nuwe vriendskap, maar baie belangriker—om opgewonde te wees oor ons verhouding met die Here as ons Hemelse Man. En vir ons om ons belangrikste verhouding te bevorder, met Hom, het ons ooreengekom om mekaar nooit gedurende die week te bel nie sodat ons versigtig sou wees om na die Here toe te draai en nie na mekaar toe nie en om ons diepste gesprekke met Hom te hĂȘ.

Deel van Sy wysheid wat ons gesoek het was om te weet hoe om die “ander vrou” in ons mans se lewens te hanteer:  een wat ons geweet het bestaan en een waaroor ons nie seker was nie, maar vermoed het. Ieder en elke vraag wat ons gehad het, het ons na Hom toe gevat.  Die verse wat ons gevind het gedurende ons eerste paar weke saam is nou saamgevat in Hoofstuk 14 “Eerste ‘n Klip op Haar Gooi” in die Herstel Jou Huwelik boek.

Deur die verloop van slegs een somer, het die Here bonatuurlik, liefdevol en geduldig vir ons een nuwe vers na die ander gewys in die Bybel, wat ons geweet het om te omhels en te oordink as die waarheid en daarom was ons in staat om elke beginsel te volg in geloof. En elke keer as ons dit gedoen het, het ons ons herstel sien verbeter!!

Ons het elke Vrydagaand in die maand van Mei begin ontmoet en teen September, minder as vier maande later, was Sue se huwelik inderdaad HERSTEL!  Ek sou nooit geglo het dat dit moontlik was as ek nie deel was daarvan en dit met my eie oĂ« gesien het nie!! Nadat hy vir vyf jaar in ‘n ander staat gewoon het, ons het vermoed (en toe hy eers by die huis was uitgevind het) hy het saam met ‘n ander vrou gebly—het Sue se man teruggekom huistoe en getrou aan haar alleen geword!! Hierdie selfde man, dieselfde een wie almal gesĂȘ het nooit sal terugkom nie, wat hulle gesĂȘ het onmoontlik was—het teruggekom huistoe. EN, nie net het hy teruggekom huistoe nie, maar hulle het vir altyd gelukkig geleef vir jare en jare en jare.

Die Here het my ‘n geleentheid gegee om Sue en haar man saam te sien ‘n paar weke nadat hulle herstel was, hy het van die geleentheid gebruik gemaak om my te bemoedig. Hy het gesĂȘ, “Erin, ek wil vir jou sĂȘ dat alhoewel jou man sĂȘ hy is nie meer lief vir jou nie, hy is. En as jy hom slegs helfte so sagmoedig behandel soos wat Sue my behandel het, met liefde, alhoewel ek haar aaklig behandel het; dan sal hy terugkom.  Moenie opgee nie.”

Dit was kort nadat Sue se huwelik herstel was, wat God ander vroue in my lewe begin bring het—desperaat vir hulp en bemoediging. En, as gevolg van die sukses met my verhouding met Sue en hoe ons dinge gedoen het, het ek dieselfde dinge met hulle begin deel.

Alhoewel elkeen my eVennoot wou wees of een van hul eie wou hĂȘ, het ek hul aangemoedig om God te vra.

Onthou, ek en Sue het mekaar nie dadelik gevind nie, maar toe elkeen redelik ver op haar eie Herstel Reis was—so as God nie vir jou wys wie jou eVennoot is nie—Hy wil jou vir nou, net vir Homself hĂȘ.

*Ek het geweet dat daar geen manier was wat ek self daar kon wees vir elke vrou nie en jy kan ook nie. Buitendien, Wie anders as God weet waar elke HR (Herstel Reis) heen sal lei of wie hul perfekte eVennoot is?

Word ‘n Brug Bouer

Ons moedig jou aan om jou eVennoot te begin vind deur ‘n Brug Bouer te word.

Baie van julle het vroue wat julle ken wie nodig het om die nou poort te vind wat jy gevind en ingegaan het, vroue wat jy ken of moontlik gaan ontmoet wie sal voordeel trek uit ons Kursusse, net so baie soos jy het.  Jy mag weet dat hul probleme ervaar OF jy mag glad nie bewus wees daarvan nie omdat baie van ons huweliksprobleme (soos owerspel of as ons mans ons verlaat) vir onsself hou.  Maar GOD weet!

Dit is hoekom dit so belangrik is vir jou om diskreet te wees, want baie keer as die AV “ander vrou” weet dat jy geïnteresseerd is in herstel, sal sy selfs harder probeer om die man vas te hou wat sy gevang het (lees Spreuke 5:3-4) en mans sal aanhou om ‘n sterker haat muur te bou.

Dit is hoekom die Here vir jou hierdie tyd gegee het, om jou verhouding met jou HM (Hemelse Man) solied te kry, om dan vir God te vra om vir jou jou eerste eVennoot te stuur, wat basies die begin is van jou ministerie. 

Klik hier om Jou Splinternuwe Naam te ontdek

 

My eVennoot en Wie is in die Middel!!

Hierdie week was heerlik!  Ek het bevestiging op bevestiging van my Hemelse Man se liefde vir my ontvang! Ek kon Sy liefde voel, veral vandag.  Vandag het ek my beste vriendin ontmoet, wie toevallig ook besig is om haar vehouding met die Here te vestig.  Sy het die Bybel gelees en ons ontmoet gereeld om oor die skrifte te praat en wat God gepraat en gedoen het in ons lewens.

In die verlede, aangesien ons nou al vir meer as 9 jaar vriendinne is, het ons gewoonlik ontmoet om koffie te drink en oor ons verhoudings te “praat”. Ons het gedink ons was die goeies in die verhouding en ons Ams (Aardse Mans) was die slegte ouens. Jy kan jou nie voorstel hoeveel dinge ons gedeel het en hoeveel “goeie” advies ons vir mekaar gegee het nie.

Natuurlik was hierdie gesprekke meer gesentreer rondom ons lyding en ons oplossings was nie gebaseer op wat ons HM (Hemelse Man) beplan vir vroue nie. Maar vandag, was dit anders!

Ons het vir omtrent 2 ure ontmoet. Ons het soos gewoonlik ons koffie gehad en sonder enige gesprek planne hoegenaamd, want Hy is nou die middelpunt van ons lewens, het ons van nature oor al die wonderlike dinge begin praat wat die Here vir ons gedoen het gedurende die week. Ons het nie negatief oor ons huwelike gepraat nie of enige persoonlike situasies bespreek wat ons affekteer nie. In teen deel, die Here het ons gelei om positief te praat. Ons tyd saam was hierdie keer so anders!  oe ons totsiens gesĂȘ het, het ek vir my vriendin gesĂȘ hoe gelukkig ek was, want ons het oor ons HM gesels. Ons het besef dat dit die eerste keer was wat die middelpunt van ons gesprek die Here was en niks anders nie. Die tyd het gevlieg en toe ons loop het ons baie geseĂ«nd gevoel om Hom as ons Man te hĂȘ. ‘n Man oor wie jy nooit kan kla nie!!!

“Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.” (Spreuke 17:17)

“Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood” (Romeine 1:16)

~ Sara in ColĂłn

Onthou, omdat ons ons reise dokumenteer in die Herstel Jou Huwelik boek, Kursus 1 en ‘n Wyse Vrou, Kursus 3—kan jy baie vinniger deur jou Herstel Reis kom terwyl jy God vra vir jou eVennoot want jy kan hulle ook verwys na Uiteindelikhoop.com sodat ons hulle hande kan ophou in lofprysing.  Eksodus 17:12, “Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. AĂ€ron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder.”

Een van die belangrikste beginsels wat ek en Sue geleer het en getrou gevolg het was:

Jakobus 1:5 sĂȘ, “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

Dit beteken, eerder as om met enigiemand anders te praat, wie maklik skinderstories kan versprei en ‘n slegter situasie in jou huwelik kan veroorsaak—wees seker dat jy ‘n “eensgesinde” eVenoot kry wie jou sal bemoedig maar die ware vertroosting sal ALLEENLIK in jou gebedshoek gevind word by die “God van alle Vertroosting”, jou HM.

2 KorintiĂ«rs 1:3-5 sĂȘ, “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus.”

Slegs hierdie waarheid sal jou laat aanhou vorentoe beweeg op jou Herstel Reis.  En die enigste manier om eensgesind te wees is deur jou vriendin of familielid of vroue wat jy ontmoet, te bemoedig deur hulle te help om Uiteindelikhoop.com te vind. Moedig haar aan om die HEV in te vul.  an, moedig haar aan om die Kursusse te doen, een les per dag en kom dan ooreen om een keer per week te ontmoet om Lofverslae te deel en om antwoorde te soek vir enige spesifieke krisis of beproewings wat een of albei van julle in die gesig staar. Julle mag dalk ook op net EEN Herstelde Huweliks Getuienis fokus—bespreek die verskillende beginsels en waarhede wat elkeen opmerk wat jou sal help om in die posisie te wees vir God om jou huwelik te herstel!

Eerder as om enige advies aan te bied, kom ooreen dat as eVenote, julle nie net die Here individueel en saam sal soek nie, maar dat julle daar sal wees om mekaar op te help wanneer een val. Want “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie” Prediker 4:9-10

Ek en Sue was nie gevra om hierdie beginsel op mekaar toe te pas nie, want my “val” het later gebeur toe my herstel skielik “gebeur” het—toe slegs ‘n paar weke later, het my man weer weggeloop toe ek alle hoop verloor het.

Dit was toe dat die 4 vroue wie ek mee ontmoet het, vroue in wie ek alles gestort het wat ek geleer het, wie die 4 vroue van geloof geword het wie my na Wie my kon help, gedra het. Net soos die Verlamde wie in Markus 2:1-12 gedra en by Jesus se voete neergelĂȘ was, was hierdie vier vroue, wie ek geleer en bemoedig het, geestelik sterk genoeg gewees om my te dra na die voete van Jesus toe.  ‘n Maand later was my huwelik ten volle herstel en het my bediening begin uitbrei.

Dit is hoekom ons jou aanmoedig om ‘n Brug Bouer te word en aan te gaan om jou eie klein bediening te begin.

Ons wil jou ook aanmoedig om te oorweeg om by Herstel Gemeenskap aan te sluit wat ‘n groep vol unieke vroue is waarmee jy kan vereenselwig.

Herstel Gemeenskap

“Moses se arms het naderhand begin moeg word. AĂ€ron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het”— Eksodus 17:12

“Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar”--Matteus 18:20

Ek het dit onmoontlik gevind om enigiemand in my kerk te kry wat geglo het soos ek. Kort nadat ons ontmoet het, het Sue vertroulik gesĂȘ dat sy nie na die kerk toe gegaan het waar ons mekaar ontmoet het nie, sy het opgehou om haar kerk by te woon as gevolg van die skinderstories en “advies” wat haar pastoor vir haar gegee het. Haar pastoor het vir Sue gesĂȘ dat haar man nooit sal terugkeer huistoe nie EN dat dit “onbehoorlik” van haar sou wees om selfs net haar ontroue man by die huis te wil hĂȘ!

Iets soortgelyks het met my gebeur, toe my pastoor my na die enkellopende bediening toe gestuur het (jy sal meer oor die besonderhede lees later in een van ons opkomende Lesse). So vir ‘n tyd, het ek ook, opgehou om kerk by te woon, maar dis toe wat ek my gemeenskap begin het om ander vroue te help—todat ‘n pastoor wie gehoor het wat ek besig was om te doen, my gevra het om te kom en my bediening vir vroue in sy kerk te bou.

Ons het oor die jare van bediening gevind dat die vroue wat die fout gemaak het om te veel te deel, dikwels voel dit is noodsaaklik om hul kerke te verlaat.  So vir die vroue wat die voordeel daarin sien om hulle kerk te laat gaan, oorweeg asseblief om by ons Herstel Gemeenskap aan te sluit waar jy sal ontdek JY is Sy kerk, Sy bruid en jy sal jouself geestelik en emosioneel sien groei soos nooit vantevore nie.

Gevolgtrekking

Sodra jou HM jou eVennoot onthul, maak seker jou eVennoot begin deur die Nou Poort van Uiteindelikhoop.com binne te gaan, behalwe as sy nie internet toegang het nie. As Hy nog nie iemand onthul het nie, gaan voort en word ‘n Brug Bouer.

En sodra jy jou eVennoot gevind het—wees seker om ‘n Lofverslag in te dien! Deel hoe die Here jou gelei het om haar te vind, gebruik Erin vind Sue as voorbeeld.  Bemoedig ander Bemoediger blog lesers om hulle HM te vra waar om hul eVennote te vind om hulle bediening te begin en om hul wedloop te voltooi deur hul Bediening te begin—Word ‘n minister net soos jy!

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui