Ek Is So Lief Daarvoor Oor Hoe Hy My Lei

 ♕Belofte van vandag: “Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen.” Kol. 3:23

~ Mercy in Suid Afrika

☊ Mercy Lofverslag Potgooi

Ek het op die internet gegaan om uit te vind hoe om 'n baie ou troeteldier vlek uit 'n tapyt te kry. Nadat Hy my na 'n tuisgemaakte middel gelei het, het ek besef dat ek 'n sproei bottel nodig gehad het om aan die vlek te spuit. 'n Paar weke vantevore het Hy my gelei om 'n middel op te maak om kombuiskaste mee skoon te maak die kaste het baie mooi uitgekom maar ek het nie 'n ekstra bottel gehad om te gebruik nie. Ek het my Hemese Liefde gevra wat moet ek doen ek het nie 'n ekstra bottel nie.

Dieselfde oggend was daar 'n paar koeldrank bottels wat ek wou weggooi maar iets het my gekeer 🙂 Soos wat Hy my gelei het het ek die middel opgemaak en in een van die koeldrank bottels gegooi. Maar ek het nog steeds met die probleem gesit dat ek nie die middel kon aanspuit nie. Toe Hy vir my gesê het om die boonste sproei gedeelte van die bottel bo-op die koeldrank bottel te probeer, en dit het gepas!

So nou is ek in staat om verskillende middels in verskillende koeldrank bottels te hê b.v. die kaste, of die vlek en ek het ook die oorspronklike sproei bottel wat water bevat wat ek vir my lug-plante gebruik..Ek maak net seker die strooitjie is skoon voordat ek dit gebruik om my plante te sproei. Dames hierdie les was 'n herhaling van wat ek gelees het terwyl ek die boek werkers by die huis oorvertaal het. Erin sê altyd om "God eerste te vra" Hy is net so ongelooflik om met die alledaagse take te help. Wel ek werk nog daaraan maar die vlek op die tapyt is stadig besig om te lig. Loof God vir Sy oneindige wysheid.

As jy nog nie die werkers by die huis boek gelees het nie, doen dit asseblief dit is propvol ongelooflike wenke oor kook, huishou en natuurlik hoe ons altyd ons Hemelse Liefde moet raadpleeg oor alles. Julle weet ek is so lief daarvoor oor hoe Hy my lei om die huis skoon te maak. Spesiaal waneer ek nie lus VOEL om iets spsifiek te doen nie. Soos om die vensters te was. Omdat ek dit as kind moes doen...aaaargh maar vandag het ek geweet ek moes hulle was...die vensters aan die Franse deure, omdat ek skaars deur hulle kon sien 🙂 Dit was 'n bewolkte dag en 'n bietjie koud so ek was regtig nie lus daarvoor nie, maar Hy het my herinner dat bewolkte dae die beste is omdat die son die vensters te gou droogmaak wat hulle streperig laat lyk. Wel ek het hulle met soveel gemak skoongemaak vandag en hulle lyk beter as wat hulle ooit vantevore gelyk het. Dankie my HL (Hemelse Liefde) dat ek 'n huis het om skoon te maak, ek is so dankbaar.

Kol. 3:23 Die Boodskap
“Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen.”

Ek kan net sê wat 'n gevoel van uiterste vreugde dit is wanneer ek iets klein doen soos om skoon te maak en ek kry 'n gevoel dat ek iets bereik het, dit is van onskatbare waarde. Spesiaal wanneer Hy jou gelei het.

Volg #Mercy Follow #Mercy
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #WbdH Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Werkers by die Die Huis is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!