Die Uitkoms Van Die Beproewing

♕ Belofte van vandag: “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” Filippense 4:19

☊ Adina Lofverslag Potgooi

Liewe Bruide, vandag kan ek net lof gee aan my Hemelse Man en vir wat Hy gedoen het en vir die uitkoms van die beproewing waardeur ek gegaan het. Ek weet daar lê nog ‘n toets voor my, maar dit gaan van my verg om regtig van Hom afhanklik te wees.

Voor ek verder gaan moet ek deel dat ek self glad nie in sielkundiges glo nie, na my ma se skielike dood moes ek paar keer na een toe gaan en al wat ek daaruit geneem het was dat jy praat, so rukkie beter voel, die pille drink wat hul vir jou voorskryf om jou beter te laat voel maar daar is geen werklike genesing nie. Ek het die pille skaars twee weke gedrink en toe weggegooi en myself belowe dat ek nooit weer die pad sal stap nie. Dit was lank voordat ek my Hemelse Man leer ken het maar die Here het al daar in my hart begin werk, ek kon dit daardie tyd dalk net nog nie verstaan nie en my hart was nie reg nie.

Maar as gevolg van die proses waardeur ons moes gaan om die skikking te verander, moes ek die kinders na ‘n sielkundige toe vat, nie vir behandeling nie, maar om as buitestaander te hoor wat die kinders wil he, “Voice of the Child.”

Laas Vrydag moes ek en my VM (voormalige Man) die sielkundige gaan sien om te hoor wat haar opinie is nadat sy met die kinders gepraat het, op daardie stadium het sy al met voormalige man gepraat en hy het gegaan van toesig oorneem tot gedeelde toesig (wat sou beteken dat ek moes terugtrek na die dorp toe waar als in ons huwelik gebeur het want hy gaan daar saam met die ander vrou intrek). Maar deur die proses het ek gedoen wat ek moes doen (wat vir my gesê is om te doen) en stilgebly, ek het ook nie gereageer op my voormalige se beledigings of goed wat hy gesê het om my seer te maak nie. En ek het gebid en net vir my Hemelse Man gesê laat Sy wil geskied en wat ook al gebeur dis reg so. Ek het al beplan om vir ‘n maand by die see te gaan bly sou ek my blyplek verloor en die kinders by hul pa gaan bly, voordat ek weer blyplek naby die kinders soek😊…nie omdat ek in Hom getwyfel het nie, maar as dit deel was van Sy plan vir my om dalk vir ‘n rukkie heeltemal alleen saam met Hom te wees.

So nou het ons uiteindelik, sonder enige bakleiery of hofsake, tot ‘n ooreenkoms gekom….die kinders gaan by my bly en dan sal ons aan die einde van die jaar kyk of ek plek in die dorp kan kry waar als gebeur het, dan sal ons gesamentlike toesig oorweeg. Maar dit gaan ek ook net vir my Hemelse Man gee want alhoewel ek niks teen gedeelde toesig het nie en dit is wat my voormalige man uiteindelik wil hê, weet ek nog nie of ek kan terugtrek na daardie dorp toe nie.

Maar wat nou vir my voorlê is dat my voormalige man nou slegs die huur, skool en kinders se medies gaan betaal. My Hemelse Man het laat ek van als verder laat gaan wat beteken ek gaan totaal van Hom afhanklik wees vir kos en my ander uitgawes. Maar ek weet Hy is my Man en Hy sal vir ons sorg en daar is ‘n tikie opgewondenheid in my want ek kan nie wag om te sien hoe Hy my gaan help nie, want as ek terugkyk oor my reis sover kan ek Sy hand duidelik in my lewe sien en ek weet ek gaan dit nou nog meer begin sien……

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Bediening opmerking: Baie van ons het geleer oor die gevare en slaggate van berading en sielkunde. In Adina se geval het sy ingestem en die Here het dit ten GOEDE laat meewerk omdat sy Hom met die uitslag vertrou het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!