Die Rooi See Sal Geskei Word

♕ Belofte van vandag: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg maar nie deur God verlaat nie.” 2 Korintiërs 4:8-9

Luister na Adina  se ☊ Lofverslag

Liewe Bruide,

Uit “Vind die Oorvloedige Lewe”, Hoofstuk 14 “Jy Is Al Wat Saakmaak” het ek geleer: Hy is al wat saakmaak! As Hy ons alles is, ons Hemelse Man is, kan ons rus in Hom en niks wat teen ons kom, al lyk dit hoe sleg, sal saakmaak nie. As Hy die belangrikste in ons lewens is, sal die Rooi See geskei word wanneer ons daarteen gedruk word!

Niks anders as die Here maak saak nie. As dit die plek is wat Hy in ons lewens het, kan wie of wat ookal teen ons kom, ons sal dit met vreugde aan Hom kan gee en in die gesig staar.

Almal van ons moet Hom eerste in ons lewens en harte hê, ongeag of jy getroud of geskei is. Niemand anders as Hy kan ons waarlik gelukkig maak nie en net Hy kan ons beskerm teen enige situasies. Of ons mishandel, misbruik of verneuk word, deur Hom as jou Hemelse Man te hê, sal jy alles met vreugde kan hanteer en vir Hom gee en Hy sal dit hanteer.

Ons moet Hom loof en prys en vertrou in elke situasie en aanslag en Hy sal die Rooi See vir ons oopmaak sodat ons ongeskonde kan deurstap. Maar ons moet eers teen die Rooi See gedruk word, dinge moet eers hopeloos lyk voor Hy die Rooi See sal skei.

Ons moet net staan en kyk en vertrou nadat ons dit vir Hom gegee het, want Hy SAL vir ons baklei.

Toe die skeisaak aanhandig gemaak was, het dinge vir my baie sleg gelyk, ek het nie werk gehad nie en ek het Allles verloor. Maar Hy het oorgeneem en Hy het vir my 'n pad oopgemaak deur die Rooi See. En alhoewel my situasie tragedies "lyk" omdat ek niks het nie, het Hy sedert die egskeiding vir my gesorg deur my voormalige man se hart sag te maak om te sorg en deure wat Hy vir my oopgemaak het om ekstra geld te verdien.

Liewe Bruid,

Maak Hom jou Hemelse Man, laat Hy al wees wat vir jou saakmaak dan sal alles wat teen jou kom, niks beteken nie en kan jy met vreugde dit vir Hom gee en terugsit en kyk wat Hy daarmee doen. Hy is al wat jy nodig het om die Oorvloedige Lewe te leef wat Hy gesterf het om vir jou te gee!

“In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg maar nie deur God verlaat nie.” 2 Korintiërs 4:8-9

“So sê die HERE: ‘Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en wat van My af wegdraai; hy is soos n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; ‘n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wêreld waar niemand woon nie.’” Jeremia 17:5-6

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #VOL Tag om die LOF uit hierdie lewensveranderende boeke te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!