Deel Sy Liefde En Vrede Met Ander

♕ Belofte van vandag: “Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee.Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word." Lukas 6:38

Luister na Adina se ☊ Joernaal

Liewe Bruide,

Ek wil graag my joernaal vir Leef die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 2 “Gee is die Geheim”, met julle deel:

Gee en vir julle sal gegee word! Wanneer ons iets kort moet ons dit gee om te ontvang. As ons geld te min is moet ons gee (volgens Sy leiding) om sodoende te ontvang. As dit tyd is moet ons tyd gee, as dit energie is moet ons energie gee om meer te kry.

Gee gaan nie net oor geld of tyd nie. As Hy ons aangeraak het met Sy liefde, vrede en vreugde moet ons dit deel met ander stukkende en seer vroue sodat hulle ook hul Hemelse Man kan ontmoet en Sy liefde en genesing vir hulle sal ervaar. Elke area of gebied waar ons tekort het, moet ons gee. As ons 'n tekort aan geld het moet ons gee. Wanneer ons 'n tekort aan tyd het moet ons ons tyd gee om ander te help om self meer tyd te kry. Maar ons moenie net blindelings gee nie, ons moet altyd Sy leiding volg en Hom vra en soek vir wie en wanneer ons moet gee.

Wat gee ook meer kragtig maak is wanneer ons meer gee as wat gevra word, veral as dit van ons vereis of gesteel word van ons "vyande". Wanneer iemand jou boklere vra moet jy jou onderklere ook gee, wanneer jy vir iemand een myl moet loop, loop twee. Moet jou nie teen kwaadwillige mense verset nie. As ons bang is om iets te gee want ons gaan dan dalk nie genoeg hê nie, dan het ons nie genoeg van ons Hemelse Man nie.

Liewe Bruide,

Wanneer dit moeilik is om te gee, wanneer dit van ons vereis word of net gevat word, is wanneer ons sonder verset meer moet gee want dit gaan vir ons die grootste seëninge bring. Wanneer ons 'n tekort het moet ons gee om meer te ontvang. Alles wat ons het behoort aan ons Hemelse Man daarom moet ons dit vir ander kan gee. Ons moet ook Sy Liefde en Vrede gee en deel met die wat Hom nie ken nie, deur hoe ons lewe en die vreugde in ons.

“Gee, en vir julle sal gegee word:

‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol,

sal hulle in julle hande gee.

Met die maat waarmee julle meet,

sal ook vir julle gemeet word."

—Lukas 6:38

“Verder sê Hy: ‘’n Dag sal kom wanneer die graan en die druiwe vinniger sal groei as wat hulle kan oes. Die sap sal afdrup van die wingerde teen die berghange, dit sal teen die skuinstes afvloei. Ek sal my volk Israel uit ballingskap laat terugkom. Hulle sal die verwoeste dorpe weer opbou en bewoon. Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink. Hulle sal boorde aanplant en die vrugte daarvan eet.’ Die Here hulle God sê: ‘Ek sal hulle in hulle land hervestig. Ek sal nooit weer toelaat dat iemand hulle wegneem uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.’” (Amos 9:13-15NLV).

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Tag om die LOF uit hierdie lewensveranderende boeke te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!