Dankbaar Vir Kosbare Geskenke

Vandag se Belofte:  "Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort. Al die eer en respek en belangrikhied in die wêreld is God sin vir ewig en altyd. So is dit en so sal dit wees." Fill 4:19-20

Luister na Mercy se ☊ Lofverslag

Ek het 3 dogters en ‘n seun, my seun bly al vir die afgelope 10 jaar in Londen en ek het twee kleinseuns uit daardie huwelik (Owen en Liam). My middel dogter Tanya het in Junie 2016 emigreer en toe my jongste dogter Heidi in Jan 2018. Tanya het in Edinburg Skotland gaan woon en Heidi in Londen. Tanya het haar eerste baba, ‘n seuntjie (Luke) in Nov 2019 gehad, en Heidi haar eerste baba ‘n dogtertjie (Riley) in Junie 2020. Ons het verlede jaar besprekings gehad dat ek na Londen toe sou reis aan die einde van Junie hierdie jaar net na Riley se geboorte om met my kinders en kleinkinders tyd te spandeer sodat ek daar kon wees om te help omdat Heidi ook na ‘n ander huis sou verhuis net na Riley se geboorte..

Maar as gevolg van die Covid 19 epidemie, was daardie planne in die wiele gery. Nietemin my HM in Sy oneindige Wysheid het ‘n ander plan gehad. Tanya het ‘n nood keiser gehad as gevolg van komplikasies by die geboorte, alhoewel dit haar hart se begeerte was om natuurlik geboorte te gee. Kort na Luke se geboorte het Tanya se man ander werk gekry wat beteken het dat hulle Londen toe getrek het (nader aan Heidi!!!). En as gevolg van komplikasies by Riley se geboorte het Heidi ook opgeeindig om ‘n keisersnee te hê. So terwyl ek nie daar kon wees nie het my Hemelse Man voorsorg getref eerstens dat Heidi in staat was om Skotland toe te gaan om Tanya te help en toe vir Tanya om daar te wees vir haar suster in Londen! En sy was in staat om advies en hulp te verleen aangesien hulle albei keiersnitte gehad het!

My Hemelse Man het geweet dat my hart seer was omdat ek nie daar kon wees spesiaal om my eie baba dogter Heidi te help nie, maar Hy het iemand beter gestuur iemand wat beter gepas was vir die situasie ( Dit is nogal ‘n lang tyd vandat ek ‘n baba gehad het :). Wat so ontsagwekkend is is dat hierdie twee susters al beste vriende van kleins af is, en het altyd gesê dat hulle daarvan sal hou om saam babas te hê. Hoe ontsagwekkend is U my Hemelse Man. Hoe dankbaar is ek vir hierdie twee kosbare geskenke , my nuwe kleinkinders. Ek is werklik deemoedig deur Jou genade en Jou nimmereindigende liefde vir my en my familie. Ek bemin Jou met my hele hart.

"Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort. Al die eer en respek en belangrikhied in die wêreld is God sin vir ewig en altyd. So is dit en so sal dit wees." Fill 4:19-20

~ Mercy in Botswana
Volg #Mercy  Follow #Mercy
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!