"In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen. Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig." Psalm 34:5(DB)
Elke Maandag deel ek 'n gedeelte uit Herstel Jou Huwelik. Hierdie week begin ons met Hoofstuk 1 "My Geliefde":
Die Here het hierdie beproewinge in jou en jou kinders se lewe toegelaat, vir ‘n tyd, om jou nader aan Hom te trek en sy werk in julle almal te volbring en dan jou saam terug te bring vir Sy glorie. Wanneer jou man nie naby is om te blameer nie, kyk na God! Wanneer jy nader aan Hom is, kan Hy jou meer na Sy beeld verander! “Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.” (Ps. 34:5).
Deel asseblief in die komentaar gedeelte hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe dit wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Ek hoop die gedeelte/s wat ek gedeel het, het jou aangespoor om meer van ons boeke te lees.
Te danke aan ons kosbare Geliefde Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke. Die boeke is te koop by ons Encouraging Boekwinkel asook by ons Boekwinkel Kiosk. Daar is ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word, so ek wil jou aanmoedig om aan te sluit.


So was dit. Hierdie reis het my na die Here gebring, my nader aan Hom gebring, my lewe verander, en ek weet Hy sal my elke dag meer verfyn.
Dis danksy hierdie boek dat my Geliefde my hoop gegee het. Dankie, Janine.
Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza. Al my beproewinge het my ook nader aan ons Geliefde Here gebring en ek is dankbaar daarvoor.