“Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 1 – Moenie In Jou Man Se Pad Staan Nie

"Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie." Psalm 1:1

Elke Maandag deel ek 'n gedeelte uit Herstel Jou HuwelikHierdie week begin ons met Hoofstuk 1 "My Geliefde":

Indien jou man jou verlaat het, moet jy ophou om hom te agtervolg, druk of in sy pad te staan. Hy sal net harder probeer om van jou af na die bose toe te hardloop. “WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.” (Ps. 1:1). Die enigste padblokkade behoort “doringtakke” te wees. (Hos. 2:6). Jy moet die boek van Hosea in jou Bybel lees. Ons het vir jou ‘n gebed geskryf wat jy kan memoriseer gebasseer op die “pad versper met doringtakke.” (Jy sal dit in hoofstuk 17, “Om in die Bres te Tree.” vind). Bid dit daagliks vir jou man.

Deel asseblief in die komentaar gedeelte hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe dit wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Ek hoop die gedeelte/s wat ek gedeel het, het jou aangespoor om meer van ons boeke te lees.

Te danke aan ons kosbare Geliefde Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke. Die boeke is te koop by ons Encouraging Boekwinkel asook by ons Boekwinkel Kiosk. Daar is ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word, so ek wil jou aanmoedig om aan te sluit.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

2 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 1 – Moenie In Jou Man Se Pad Staan Nie”

  1. Dankie aan Ons Geliefde, vir elke lering wat Hy aan Erin gegee het, sodat sy daardie Waarhede wat Lig in ons lewens gebring het, aan ons kon oordra.

    1. Ek is ook baie dankbaar dat Erin ons Geliefde Here se leiding gevolg het en al hierdie boeke geskryf het en ek is so dankbaar vir wat die Here my met dit alles leer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui