"En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie." Jesaja 58:11
Elke Maandag deel ek 'n gedeelte uit Herstel Jou Huwelik. Hierdie week begin ons met Hoofstuk 1 "My Geliefde":
Niemand, behalwe God weet waardeur jy nou gaan nie of watter antwoorde jy nou nodig het nie. As jy bid (praat net met God) en luister na Hom (lees Sy Woord, die Bybel), dan sal Hy jou lei na die oorwinning wat Hy vir jou het. Moenie kies om te doen wat ander mense sê nie, die mense van die wêreld, vriende in die kerk, pastore, of enige ander raadgewer wat jou iets vertel wat hy gelees of gehoor het nie. As jy bid en God se Woord lees, sal God eerste met jou praat, in jou hart, gedurende die tyd wat jy, jou Bybel lees; dan sal iemand bevestig in watter rigting Hy jou stuur, wat in lyn met Sy woord sal wees!
Deel asseblief in die komentaar gedeelte hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe dit wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Ek hoop die gedeelte/s wat ek gedeel het, het jou aangespoor om meer van ons boeke te lees.
Te danke aan ons kosbare Geliefde Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke. Die boeke is te koop by ons Encouraging Boekwinkel asook by ons Boekwinkel Kiosk. Daar is ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word, so ek wil jou aanmoedig om aan te sluit.


Hierdie spesifieke gedeelte het tot my hart gepraat, want dis werklik net ons kosbare Geliefde Here wat werklik weet waardeur ons gaan en net Hy verstaan ook werklik.
Hierdie Beginsel is baie sterk, en dit is daar waar ek die Here vra om my te lei, om die stemme van die wêreld af te skakel, wat ons net van HOM distansieer
Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, ja hierdie is ‘n baie belangrike beginsel. Ek vra die Here ook om veral my eie stem stil te maak.