“Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 9

"Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde." 1 Petrus 3:4

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel, hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek 'n gedeeltes uit die boek: Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 9 "Sagmoedige en Stille Gees"

‘n Vrou met ‘n “sagmoedige en stille gees” word ‘n vloerlap genoem. Sy word vertel dat haar eggenoot haar nie sal respekteer tensy sy op haar regte staan nie.  

Mans vertel dikwels vir hulle vrouens om terug te baklei, of om op te staan vir hulself, en dan terselfdertyd gaan hulle voort met die skeisaak en gaan bly by die ander vrou. God het gesê dat ‘n sagmoedige en stille gees baie kosbaar vir Hom is, en is dit die enigste weg tot restorasie en genesing.

2 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 9”

  1. Ons wat dit ervaar het, weet alles wat hulle vir ons sê, want ander verstaan ​​nie; hulle wil net hê ons moet trots wees en kwaad met kwaad vergeld.
    Dis ‘n seën, en hoewel dit nie maklik is nie, weet ons Hy gee ons krag, en ons kan daardie sagte gees hê.
    Ek dank my Geliefde dat Hy my deur hierdie boek gewys het wat Hy ons vra om te doen en dat dit die Enigste Waarheid is.
    Dankie, Janine.

    1. Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, ek stem saam dit is nie altyd maklik nie, maar dit bewys net meer en meer hoe afhanklik ons van ons Geliefde Here is, want ek weet ek faal so baie sonder Hom en daarom wil ek dit nie sonder Hom aanpak nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui