“Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 3

"Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak." H11:1

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel, hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Vandag deel ek 'n gedeelte uit die boek: Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 3 "Jy moet Geloof in God Hê"

Vrees is een van die grootste aanvalle wat jy sal moet oorwin. Rom. 12:21 sê vir ons: “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Vrees sal jou geloof steel en van jou ‘n kwesbare teiken maak vir die vyand. Wanneer jy na ander luister oor jou eggenoot se doen en late, instede daarvan dat jy, jou oë op Jesus en Sy Woord hou, sal jy begin sink!

2 thoughts on ““Deel is Omgee” Boekdag – Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 3”

  1. Die enigste manier om daardie stemme wat slegte nuus bring stil te maak, is om onsself in die Woord van die Here te verdiep. Ek het dit al baie keer ervaar, en met Sy Belofte kan ons in vrede vorentoe beweeg, selfs wanneer die storm voortduur.
    Dankie Janine

    1. Dankie vir jou kommentaar kosbare Liza. Ek het dit ook al ervaar, hoe meer ons, ons net verdiep in die Here en Sy Woord, hoe makliker is dit om nie na ander stemme te luister nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui