"Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand." J64:8
Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by ons Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.
Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel, hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het. Laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit hoe die gedeelte wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.
Vandag deel ek 'n gedeelte uit die boek: Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 2 "Die Pottebakker en die Klei"
Wanneer ons deur ‘n krisis gaan in ons huwelik, is dit so maklik om op ons eggenoot se foute, en wat hy aan ons doen, te konsentreer. Hoewel, solank as wat jy dit doen, sal jy dit moeilik vind en nooit tot oorwinning kom nie. Ons leer in hoofstuk 8, “Gewen Sonder ‘n Woord” dat jou eggenoot nie die vyand is nie.


Ek het ‘n glimlag op my mond nadat ek hierdie gedeelte gelees het.
Net hierdie naweek het my God my terug geneem na hierdie hoofstuk toe.
Hoe waar is hierdie woorde nie. As jy dit aanhou doen sal jy nooit tot oorwinning kom nie.
Ek het hierdie bevestiging sò nodig gehad vandag.
Baie dankie dat jy dit gedeel het!
Dis reg, solank ons die foute van ander sien, kan ons nie vorentoe beweeg nie. Dit is wanneer ons die punt bereik waar ons deur ons sondes gebreek is, dat ons rein kan wandel, na Ons Geliefde toe, en dit is een van die beginsels wat ons siel die meeste beweeg, wanneer ons RMI bereik. en Herstel Jou Huwelik.
Dankie Janine vir die deel.