Bly Wag Tot Hy Optree

♕Belofte van vandag: “Net een ding het ek van die HERE gevra—om sy goedheid te belewe” Psalms 27:4

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Wanneer ons onsself in 'n finansiële krisis, of enige ander krisis, bevind wat hopeloos lyk, is ons geneig om Hom te soek vir die uitkoms. Maar voor ons onsself in so desperate situasie bevind en eers alles in ons vermoë probeer om dinge self op te los, moet ons Hom van die begin af vertrou om ons te help.

In hierdie hoofstuk, [Hoofstuk 5 “Hopeloos Behoeftig aan Hom], het ek geleer dat ons dikwels hardkoppig is en dinge self wil oplos en wanneer dit nie werk nie, dan roep ons uit na Hom. Ons vertrou Hom nie van die begin af om vir ons uitkoms te bring nie, of voel ons moet Hom help.

Ons is bang mense gaan ons kritiseer omdat ons Hom blindelings vertrou of dat Hy ons nie gaan help nie omdat ons niks van ons kant af doen nie. Maar Hy het ons nie nodig om te help nie en gaan ons nie straf daarvoor nie. Ons moet Hom net vertrou.

En weereens wag Hy partykeer todat ons situasie so ongelooflik hopeloos of desperaat lyk dat Hy Sy glorie kan wys aan almal wat getwyfel het of sodat ons 'n getuienis kan hê van Sy glorie en die wonderwerke wat Hy vandag nog doen.

Ek het ook altyd eers alles in my vermoë gedoen om self uit my krissise te kom. Maar ek het al gesien en beleef dat dit baie keer op 'n groter gemors uitloop. En alhoewel ek al Sy uitkoms in baie situasies gesien het, moet ek net van die begin af op my HM (Hemelse Man) vertrou. Ek moet ek nog baie leer van hierdie beginsel. Ek het Hom desperaat nodig in my lewe, op elke gebied van my lewe en kan nie sonder Hom enigiets verbeter of oplos nie.

Ek gaan hierdie beginsel uitleef deur Hom meer te soek in elke situasie, veral as ek 'n naderende krisis sien kom. En om te bly wag tot Hy optree, met die wete dat dit dalk te laat mag lyk, want dis vir Sy glorie!

Liewe Bruide,

In elke situasie, maak nie saak hoe sleg of hopeloos dit lyk nie, vertrou dat Hy uitkoms gaan bring. Moenie self probeer om iets te doen nie, of Hom probeer help nie, Hy sal dit doen sonder jou hulp. Bly net in Hom en vertrou Hom, al lyk dit asof Hy te laat is, al voel jy teen die Rooi See vasgedruk, Hy sal die Rooi See oopmaak vir Sy glorie en om vir jou om 'n getuienis te he vir ander.

“Jy moet goed onthou dat die Here jou God nie hierdie goeie land vir jou gee om in besit te neem omdat jy volmaak is nie. Jy is ‘n hardkoppige volk” (Deuteronomium 9:6)

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!