🙌Belofte Donderdag – Sy Belofte Hou Ons Aan Die Lewe🙌

“Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.” Psalm 119:49-50

 Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte gedeelte uit vandag se My Beminde:

Dit moet jou vertroosting wees in die verdrukking wat jy in die gesig staar. Dit alleen sal jou laat opleef en by jou wees todat die oorwinning behaal is. Koester hierdie woord, geseënde dienskneg van die Here. Dit is Sy belofte aan jou.

Kosbare vrou onthou die Here is ons vertroosting, so deel asseblief vandag nog beloftes van vertroosting uit Sy Woord.

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

2 thoughts on “🙌Belofte Donderdag – Sy Belofte Hou Ons Aan Die Lewe🙌”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui