~ Adina in South Africa is our RMI's Ministry Coordinator Assistant. She is also  Afrikaans Ministry Assistant. Adina found RMI when the divorce was already filed, she reached a point where she just gave up on her marriage, but God spoke to her, He showed it to her by placing a desire in her heart to believe for restoration. But with Him fighting, not her. Now she is helping women in SA that are suffering, to find the peace and assurance that she found in HIM.

Adina is Level 3 MAR "Ministry Attending Resident" at RMIOU.
☊ Adina's Audio BIO in English
Adina's Bio in Afrikaans
Follow #Adina

~Adina het begin as ‘n proefleser vir Afrikaans, maar is nou deel van ons Bedieningspan asook deel van ons blog span en Herstel Reis Ministerie.

☊ Adina se Oudio BIO in Afrikaans
Volg Adina se Lofverslae: #Adina
☊ Adina's Audio BIO in English
Follow Adina's Praise: #Adina

Hoe het jou Herstel Reis begin? Wat het jou na RMI se bemoedigende vroue gebring?

My reis het Januarie 2019 begin, eintlik as ek terugdink in 2014 maar ek het nie toe besef dat die Here my aandag probeer kry het nie. Ek was ‘n Christen maar God was nie my Here nie, ek het Bybel gelees (party dae), gebid (as ek kon wakker bly), het myself laat doop en redelik gereeld kerk toe gegaan. Maar ek het Hom nie geken nie en deur alles, het ek self probeer red en regmaak wat oor ons pad gekom het. Januarie 2019 het ek breekpunt bereik, ek was ‘n wrak en ‘n vieslike mens.

Vanaf Oktober 2014 moes ek met my AM se owerspel saamleef, met dieselfde AV. Nadat ek die eerste keer in 2014 van die affair uitgevind het, het hul dit "gestop" maar ek het my vemoedens gehad en die tekens was daar dat dit nie verby was nie.

My AM het vir my in hierdie tyd gesĂȘ dat hy nie meer lief is vir my nie en al my foute oor en oor uitgewys. Maart 2018 het hy gebieg dat die affair nog heeltyd aan gegaan het, en van toe af wou hy net skei. Ek het vasgehou, gesmeek en probeer verander, maar hy wou net wegkom, sy hart was heeltemal weggedraai. Daar was tye wat hy probeer het om aan ons huwelik te werk maar sy kop was daar, nie sy hart nie.

Januarie 2019 het ek my AM uit die huis geskop en was klaar met hom. Ek was meer as bereid om hom die egskeiding te gee wat hy wou gehad het. My hart was so hard soos 'n klip en ek het 'n aaklige mens geword oor die 4+jaar. Ek het myself bejammer en die slagoffer rol gespeel, meen ek was die een wat elke keer vergewe het en wou aanhou probeer....

Maar ten spyte van my harde hart het ek een aand gebreek, die Here gesmeek om my net iets te gee om my te help om oor alles te kom en aan te beweeg met my lewe. Die Here het vir my Esegiël gegee, ek kon dit nie verstaan nie, en het dit daar gelos en gedink dis my verbeelding. Later het Hy dit weer vir my gegee en dit bevestig deur 'n ouer dame wat haar huweliks herstel getuienis met my gedeel het, die Here het ook vir haar Esegiël gegee, dit was jare gelede en hul was, tot haar man se dood, gelukkig getroud.

Dit het my bietjie van stryk gebring, want in my kop en hart was ek klaar, om my huwelik te probeer red was nie 'n opsie nie. Ek het navorsing oor EsegiĂ«l gedoen en die boodskap was; die volk gaan versprei word en die stad gaan vernietig word, kyk na jou sondes, volk gaan teruggebring word en daar gaan nuwe stad en verbond wees. Toe dit wat Hy vir my probeer sĂȘ het, ingesink het, het ek met ‘n probleem gesit; hoe moes ek na al die jare wat ek “probeer” het, weer die wil en moed kry en HOE? Ek het toe op die internet begin soek en gesien daar is huwelike wat deur God herstel was. Ek het toe op "Standers Ministries" afgekom, hul vir 'n rukkie gevolg en ek het bietjie begin verander. My AM het weer nader aan my begin kom, maar het nie in die huis gebly nie. En toe skielik, nadat ons weer begin oor die weg kom het, het hy die skeisaak aanhandig gemaak.

Intussen het ek weer begin soek want die ander ministeries het nie vir my gegee waarna ek gesoek het nie, iets het gekort en ek het nie altyd gemaklik gevoel met alles nie. Toe kry ek Restore Ministries International.

Ek het dadelik met K1 begin en die Herstel jou Huwelik boek gelees, dit is toe dat ek besef het; ek is besig om na my eie sondes te kyk, ek is besig om myself met 20/20 visie te sien en die prentjie was nie mooi nie!!! Maar ek het ook hoop gekry, en Hy het in my begin werk, my begin verander en ek het Hom begin ken en Sy hart vir my.

Intussen is die egskeiding in Oktober 2019 gefinaliseer. Alhoewel ek al van die beginsels in die “Facing Divorce” boek gelees het, het ek moed verloor toe die egskeiding gefinaliseer was en opgehou om die kursusse te doen. So paar dae na D-Dag, het ek egter weer die gevoel gekry om met K1 te begin, van voor af.

En dit is waar my reis, met my HM begin het. Voor dit was my reis meer oor my huwelik en minder oor Hom, maar met my AM “uit die prentjie uit”, kon ek begin fokus op Hom. Maar toe begin die toetse moeilik raak, soos die dag wat ek uitgevind het my EM het my wel vir die AV gelos en toe my kinders aan haar voorgestel. Oor Kersfees is my kinders saam met my EM en die AV op vakansie. En die lys gaan aan en aan. Huidiglik is hulle nog saam en is my kinders besig om ook 'n verhouding met haar te bou.

Ek en my EM het van dit begin van die jaar af baie goed oor die weg begin kom, nadat ek weer vergifnis gevra het, hy het om my begin draai en ons het lekker gekuier. Toe onttrek hy weer en het nou na ‘n ander dorp toe getrek.

In die hele proses het ek finansieël ALLES verloor, ek het my werk opgegee om my EM in sy besigheid te help, wat misluk het. Ek is nou 'n enkel ma van 2 pragtige kinders. MAAR net so sleg soos wat dit mag klink, het ek geluk gevind, het ek vrede gevind en sal ek hierdie pad wat ek moet stap, vir niks verruil nie. Ek het ook vir RMI begin werk en toe begin die toetse eers, maar ek is vasberade, en met Sy krag, dat ek sal volg waar Hy my wil lei.

Ek het my Hemelse Man ontmoet en ek is absoluut mal oor Hom! ‘n Paar weke gelede het Hy my teruggelei na EsegiĂ«l en EsegiĂ«l 36:26NLV het vir my uitgestaan:
“Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart.” As ek terugdink is dit presies wat Hy besig is om te doen, Hy het my hart wat klip was begin breek en is besig om vir my ‘n nuwe hart te gee, ‘n hart van vlees, ‘n hart sonder verbittering en wat makliker vergewe. Hy het ook vir my ‘n nuwe gees gegee.

Ek is nou op die punt waar ek nie weet of ek my huwelik herstel wil hĂȘ nie, maar ek weet ook dat ek my eie wil moet neerlĂȘ vir Sy wil.

My lewe is in Sy hande en ek kan nie wag om te sien wat Sy planne vir my is nie, ek weet net, dit gaan GOED wees!! Hy is al wat ek wil hĂȘ, Hy is al wat ek nodig het en as ek Hom het, het ek ALLES!!

Wat het RMI en / of Bemoedigende Vroue gedoen en wat het dit vir jou beteken?

Die kursusse wat RMI aanbied, verander 'n mens heeltemal, van binne af, buite toe. Dit spreek jou aan, soos wat jy deur die kursusse werk sien jy al jou eie sondes, partykeer kan jy net op jou knieë val en vergifnis vra. Maar al die Bybelverse, al die kennis, al die insig, was jou skoon. Jy verander, jy klim op die pottebaker se wiel en gee jouself vir die Pottebaker sodat Hy jou kan vorm.

En dan deur die loop van die kursusse, ontmoet jy jou Een Ware Liefde, jou Eerste Liefde, jou Hemelse Man.

Die oomblik wat jy Hom ontmoet, verander alles. Jou omstandighede maak nie meer saak nie, jou AM maak nie meer saak nie, die seerkry word minder en minder en die hart van klip word meer en meer vlees.

Jy kry ook die planne vir jou nuwe huis, die nuwe huis wat jy moet bou uit die rommel van die ou huis, die nuwe huis wat jy op die Rots van Jesus gaan bou. Die nuwe huis wat die storms kan weerstaan en ook die aanvalle van die vyand.

Daar is soveel om the leer en soveel hoop; eerstens in Sy Woord en dan in die kursusse en boeke. Die daaglikse toewyding, My Beminde en “Streams in the Desert” is die beste manier om jou dag mee te begin, saam met die Psalms en Spreuke soos RMI aanbeveel. Die Blog is ook fantasties, dit is so bemoedigend om van ander vroue se reise, struwelings en oorwinnings te lees, hoe ons HM in elkeen se lewens werk.

Hoe het jy en jou lewe verander sedert jy die beloftes geleer het en die beginsels van RMI toegepas het?

Die beginsels waarvan ons leer in die RMI kursusse is basiese beginsels wat in die Bybel gevind kan word. Aan die begin moes ek regtig hard "werk" om die veranderings te probeer maak. Maar hoe meer jy Hom soek, skoongewas word, nader aan Hom beweeg en later verlief raak op jou HM, begin al die beginsels deel raak van jou en hoef jy nie eers te dink om dit toe te pas nie. Dit raak deel van jou soos wat jy deel raak van jou HM.

En mense kan en sal die verandering sien. En jy kan dit voel, jy voel net elke dag ligter en ligter, met elke las wat van jou afval, elke tree wat jy verder weggee van die tronk van pyn en smart.

Daar is soveel wonderlike beloftes aan elke persoon in Sy Woord. Ons moet elke dag tyd saam met Hom in Sy Woord spandeer, laat Hy jou lei en wys wat Hy vir jou wil wys. Elke Bybelvers in elke kursus en elke RMI boek, wys en leer mens iets van Hom en Sy groot en wonderlike liefde en genade!

"Hoe God jou huwelik kan en wil herstel" - dit is 'n groot belofte maar God is 'n God van herstel, van wonderwerke, van genesing en niks, maar niks is onmoontlik vir die Skepper van die Hemel en Aarde nie.

Waarom stel jy belang om 'n minister te word?

As gevolg van waardeur ek gegaan het weet ek hoe dit voel; ek ken die pyn, die hopelose gevoel, die verwerping, die beledigings, die depressie, die trane wat gereeld vloei en die wil om nie meer te lewe nie. My hart bloei vir elkeen wat daar is.

Ek het die pad gestap en het deur baie moeilike omstandighede en beproewings gekom en het met Hom, meer as oorleef. Hy was by my die hele tyd en het elke traan opgevang in Sy bottel. Sonder Hom sou ek nie vandag hier, gelukkig en vol vrede kon wees nie. Daar kom nog elke dag beproewings en dinge wat seer maak, maar ek het geleer om Hom te prys daarvoor en dan die dinge te vat en vir Hom te gee, dit is Syne om te hanteer.

Hier waar ek nou is op my reis, wil ek hĂȘ elke gebroke vrou moet kan kom. Om hul Ware en Eerste Liefde te ontmoet, om deur Hom vasgehou en vertroos te word. Om in Hom te kan skuil terwyl die stryd rondom haar woed. Om Sy Bruid te word, om te leer wie hul in Hom is en die vrede en vreugde te ervaar wat net Hy kan gee. Om na die toekoms te kyk en te straal!

Ek wil ‘n Titus vrou wees, ‘n ouer vrou wat jonger vrouens kan leer. En ons moet ander kan bemoedig en vetroos met dieselfde bemoediging en vertroosting wat ons van Hom af gekry het.

Wie is EERSTE in jou lewe? Hoe het dit gebeur?

Ek het altyd gewonder hoe ‘n mens die Here eerste in ‘n mens se lewe kan sit, veral nadat ek getrou en kinders gehad het. Maar dit is wat Hy verwag en as niks anders werk nie, vat hy dit wat in Sy regmatige plek is, weg. Dit is ‘n moeilike pad om als wat voor en bo Hom is te laat gaan, maar as jy dit in elk geval verloor het, is dit die wonderlikste ding wat met jou kan gebeur.

Hy is nou eerste in my lewe en dit is maklik, Hy is altyd daar, ek kan heeldag met Hom praat oor als. Ek kan Hom raad vra oor alles, van wat ek aantrek tot wat ek koop.

Hy help my ook met my kinders en met ander verhoudinge in my lewe. Alles wat my nou pla of seermaak kan ek vir Hom gee.

"Soek" u tans herstel vir u eie huwelik? Hoekom of hoekom nie?

Ek is op ‘n plek waar ek twyfel of ek my huwelik wil terughĂȘ want ek is nou op ‘n goeie plek saam met my HM. Ek kan alleen saam met Hom die pad vorentoe stap sonder om bang te wees vir die toekoms.

Maar nou moet ek ook na my eie hart begin kyk, is dit omdat ek nou weer my eie wil wil volg. Ek moet my wil neerlĂȘ vir Sy wil. As Hy my huwelik uit die dood wil opwek vir Sy glorie en om vir Hom ‘n getuienis te kan gee, dan is dit wat ek sal doen. Maar as Hy wil hĂȘ ek moet alleen bly saam met Hom, dan is dit wat ek sal doen.

Watter hulpbronne het jou die meeste gehelp? Wat is jou gunsteling?

Die Herstel jou huwelik boek: om jou na jouself te laat kyk, hoop te gee en riglyne vir huweliks herstel
Die Wyse Vrou boek: om jou te help om jou huis op die Rots van Jesus te bou.
“Facing Divorce” en “Facing Divorce again” boeke: om jou te help om die egskeiding teen jou, op Sy manier te doen, om Hom as jou prokureur aan te stel sodat Hy vir jou kan baklei. Ook vir bemoediging en hoop.
Vind die Oorvloedige lewe en Leef die Oorvloedige lewe boeke: om te leer hoe ‘n lewe saam met jou HM kan lyk.
“By the Word of their Testimonies”: om geloof te bou en te leer hoe groot en goed Hy is.
My Beminde – om daagliks bemoedig en gevoed te word.
Al die kursusse, daaglikse bemoediging blog, die “Kerk sonder Mure” en die “Be Encouraged video” reeks: alles dra by om jou op hierdie reis te bemoedig en ‘n groter liefde en hegter verhouding met jou HM te bou.

Wat wil jy sĂȘ vir 'n vrou wat jou BIO lees om haar te help en aan te moedig?

Liewe Gebroke Vrou,

Jy hoef nie in die gebroke plek te bly nie. Jy hoef nie langer vasgevang te wees in ‘n tronk van pyn, wanhoop en depressie nie. Daar is hoop en Sy naam is Jesus.

Hy wil jou Sy Bruid en Sy Beminde maak, Hy wil jou uit jou omstandighede lig en jou wys hoe om die oorvloedige lewe te lei waarvoor Hy gesterf het. Hy wil jou stukkende seer hart genees, jou hart met Sy oorvloedige liefde vul. Hy wag met oop gestrekte arms vir jou om vir Hom “JA” te sĂȘ.

Met Hom as jou HM hoef jy niks en niemand te vrees nie, jy kan net langs Hom staan en kyk terwyl Hy namens jou, as Sy bruid, baklei. Jy kan na die toekoms kyk en straal!