🙌Belofte Donderdag – Rus en Stilte🙌

"Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees." P34:19

Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit vandag se "Strome in die Dorsland"

"Alleen gelaat!” Watter verskillende emosies bring hierdie woorde tog vir elkeen van ons in gedagte! Vir sommige beteken dit eensaamheid en hartseer, maar vir ander beteken dit dalk rus en stilte. Om alleen gelaat te word sonder God sal te aaklig wees vir woorde, terwyl om alleen met Hom gelaat te word, 'n smaak van die hemel is! En as Sy volgelinge meer tyd alleen saam met Hom deurgebring het, sou ons weer geestelike reuse hê.

Vandag laat hierdie gedeelte my sommer glimlag, want ek kannie eens dink daar was 'n tyd wat ek net nie alleen wou wees nie. Alleenheid het vir my die grootste eensaamheid veroorsaak, wat gepaard gegaan het met ongelooflik baie trane, maar ek kan vandag getuig dat ons kosbare Geliefde Here se liefde genesing bring. So kosbare vrou ek wil jou werklik aanmoedig om in jou eensaamheid met ons Geliefde Here te sit en alles vir Hom te gee.

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

2 thoughts on “🙌Belofte Donderdag – Rus en Stilte🙌”

  1. ‘ Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die Here, sê ek; daarom hoop ek op Hom. Goed is die Here vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek. Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die Here. ‘

    Klaagliedere van Jeremia 3:22-26
    https://www.bible.com/af/bible/3499/LAM.3.22-26

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui